RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5345 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Hartaanval in 'n KPR-klas 07.05.2026

‘n 72-jarige Karl Arps van Wisconsin was besig om die tekens van ‘n hartaanval aan studente te verduidelik tydens ‘n KPR-klas, toe hy self ‘n hartaanval kry. Gelukkig kon sy studente tot sy redding kom.

Paulette se stap vir 'n doel 07.05.2026

Paulette Govender het besluit om te begin stap ten bate van die geestesgesondheid van gemeentelede in haar kerk in die Paarl. Sy het dalk nie altyd die geld om by te dra nie, sê sy, maar met haar bene is daar nie fout nie. Intussen het sy 'n paar makkers aangemoedig om saam met haar te stap om sodoende geld in te samel vir diegene wat in stilte ly, vertel sy vir Haidee.

‘n Koerant in die hand in ‘n digitale era 06.05.2026

André-Pierre du Plessis vertel vir Martelize Brink van Die Promenader, ‘n splinternuwe gedrukte gemeenskapskoerant vir Seepunt.

Desireé Wentzel, die musiekjuffrou 06.05.2026

“Ek sal nooit ’n musiekjuffrou wees nie. Ek sal net drie jaar op ’n plek werk en dan skuif. Ek sal net in stede werk. Ek sal nooit op ‘n klein dorpie bly nie. Ek sal nooit op die platteland aard nie, en ek sal nooit met ’n boer trou nie.” Dit was die onderwyseres Desireé Wentzel se eintlike planne. Tog hét sy toe ’n musiekjuffrou geword. Sy woon al 55 jaar op Bonnievale. En ja, sy hét met ’n boer...

'n Pokémon-plan 06.05.2026

Wanneer nuwe Pokémonkaarte te koop aangebied word, staan mense tou voor die winkeldeur. ‘n Man in Pasadena, Kalifornië, het besluit om só ver voor in die ry in te druk, dat hy sommer gesorg het dat hy die vorige dag in die winkel toegesluit word.

Êrens oorsee 5 Mei 2026 05.05.2026

Alwyn Dippenaar vertel van Queensland, Australië, waar hy in die Outback boer. Daar maak hulle beeste met 'n helikopter bymekaar, siende dat die plase enorm is.

Prof. Pierre Volschenk word 100! 05.05.2026

Prof. Pierre Voschenk, kunsikoon, leermeester en kunsfilosoof is op 1 Mei 1926 op Paardekop naby Standerton in die destydse Transvaal gebore. Hy is die eerste Suid-Afrikaner wat ‘n doktorsgraad in kuns in Suid-Afrika verwerf het. Johan Rademan het by hom gaan kuier, en gevind dat hy op 100 nog ‘n onblusbare lewenslus het.

O, koek! 05.05.2026

In China is 67 000 spook-koekverkopers ontbloot wat deur aanlynbestelplatforms reeds 3,6 miljoen koeke verkoop het. Toe kom die boete...

Prostese vir diere 04.05.2026

Werner Smit vertel hoe hy prosteses maak vir diere - van troeteldiere tot kameelperde en renosters.

In die wêreld van landbou 4 Mei 2026 04.05.2026

In hierdie week se landbounuus hoor ons onder meer van ‘n veilingskraal buite Bloemfontein wat sy hekke moes sluit weens ‘n bek-en-klouseer-uitbreking, die Nasionale Oesskattingskomitee se eerste winteroesskatting vir die jaar, die positiewe impak van die hoë pistachiopryse op produksie in die Karoo, en SA Stamboek se jaarlikse elite-toekennings.

Jou naam se komvandaan 4 Mei 2026 04.05.2026

Dr. Willem Botha praat verder oor Afrikaanse met ’n Griekse oorsprong, soos Barbara, Helena, Charmaine, Philippus, George, Bartho en Jurie. Hy vertel ook hoekom die Grieke anderstaliges barbare genoem het. Ons hoor ook waar die naam, Ignatius, vandaan kom.

Op julle merke! Gereed! Slaap! 04.05.2026

Seoel het Saterdag hulle derde jaarlikse middagslapie-kompetisie aangebied. Honderde mense kom vir dié doel in ‘n park bymekaar. Vanjaar se wenner is in sy tagtigs, en die tweede beste slaper is ‘n 37-jarige kantoorwerker.

Wêreld Trekklavierdag 2026 01.05.2026

Haidee Muller-Isaacs gesels met Leon Oosthuizen oor Wêreld Trekklavierdag wat op 5 Mei gevier word. Hy vertel ook meer van die nuwe kategorie wat geskep is vir vryriet-instrumente by Paarl se Eisteddfod.

360 Speseryroete - Deel 127 01.05.2026

Herman Lensing vertel hoe hy droëvrugte in die kombuis inspan.

Hoendermoord met musiek 01.05.2026

‘n Hoenderboer in Indië is polisie toe nadat 140 hoenders gevrek het. Na bewering is die rede harde musiek wat ‘n platejoggie vir ‘n trougeselskap gemaak het.

Retief Scholtz se skryfwerk 30.04.2026

Retief Scholtz gesels met Martelize Brink oor sy skyfwerk. Hy is hoofskrywer van die sepie, Suidooster. Sy komedie, KRY VIR JOU ’N TUX, THOMAS, is tans op die planke.

Marika se modes 30.04.2026

Marika Opperman vertel vir Martelize Brink wat dit verg om ‘n model te wees anderkant 45, groter modelle op die loopplanke, en die modes wat by SA Modeweek te sien was.

Jonk 30 April 2026 30.04.2026

Dieetkundige Valpré Huisamen praat oor pasta wat van verskeie soorte meel gemaak word.

Boer val met bye aan 30.04.2026

‘n Vrou in Amerika het ses maande tronkstraf gekry nadat sy ‘n vriend wou bystaan. Sy is ’n byeboer, en het ‘n vrag byekorwe geneem om die balju te verhoed om op sy huis beslag te lê.

JBay se spekboom-labirint 29.04.2026

Zuanda Badenhorst vertel vir Martelize Brink van Jeffreysbaai se spekboom-labirint, en vanjaar se viering van Wêreld Labirintdag wat tydens die dorp se Kunskoors plaasvind.

Derrick Grootboom se kronkelpad 29.04.2026

Haidee Muller-Isaacs gesels met die menseregte-aktivis, Derrick Grootboom, wat ná meer as 24 jaar in die Nasionale Vervolgingsgesag uittree uit sy amp as staatsaanklaer. Nou keer hy terug na sy ander passie om stories te vertel op Robbeneiland. Sy pad het hele paar kronkels geloop voordat hy hier uitgekom het, sê hy.

Politikus ploeg 'n kolfblad 29.04.2026

‘n Plaaslike politikus in Indië was ongelukkig omdat hy nie genooi is na die eindstryd van ‘n krieketkompetisie nie. Toe saboteer hy die geleentheid deur met ‘n trekker op die veld te ry en die kolfblad om te ploeg.

Êrens oorsee 28 April 2026 28.04.2026

Rikus Grobler vertel vir Martelize Brink van die Ubuntu-bergfietsryroete wat hy in Payson, Arizona, VSA, aangelê het.

Die boubedryf se koolstofvoetspoor 28.04.2026

Sy bynaam is Johan Beton, en vir Johan Coetzee, ‘n gekwalifiseerde ingenieur, is ‘n droom bewaarheid toe hy met herwinde plastiekbottels, afvallap en oorskiet T-hemde sy koolstofvoetspoor dramaties kon laat daal. Sy Zerocrete het by die Wes-Kaap se Ekonomiese Nywerheidstoekennings die Innovasie-toekenning losgeslaan. Johan Rademan het met die deur in die huis geval toe hy hom besoek het.

'n Platter Lamborghini 28.04.2026

‘n Lamborghini van $250 000 is in ‘n parkeerterrein platter gery deur ‘n ekstra groot bakkie. Moontlik was dit die hoogte verskil, maar die bakkiebestuurder was onbewus van die sportmotor waarop die bakkie tot stilstand gekom het.

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.