RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5345 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Robot-verbod op vliegtuie 19.05.2026

Southwest Airlines in die VSA het ‘n verbod geplaas op robotte wat soos mense of diere lyk. Hulle mag nie ‘n sitplek by passasiers kry, of in die bagasieruim wees nie. Die rede is dat hulle litiumbatterye groter is as wat op ‘n vlug toegelaat word.

Vloedskade by Cango Wildlife 18.05.2026

Heinz Guder vertel vir Martelize Brink hoe Cango Wildlife op Oudtshoorn die onlangse vloede hanteer het, die diere wat geskuif moes word, en die opruimingsoperasie wat tans daar aan die gang is.

In die wêreld van landbou 18 Mei 2026 18.05.2026

In hierdie week se landbounuus praat ons onder meer oor Suid-Afrika se 2026 wyndruifoes, plaaslike verkope van landboumasjinerie, die Suid-Afrikaanse tafeldruifbedryf se 2025/26-seisoen, en Agri Wes-Kaap se kandidate vir sy 2026 Jongboer van die Jaar-kompetisie.

Is daar lood in my biltong? 18.05.2026

Prof. Phillip Strydom praat oor lood in wildsvleis, -biltong en -droëwors, en verduidelik of dit iets is om oor bekommerd te wees.

'n Gestoei by die troue 18.05.2026

‘n Chinese paartjie het hulle bruilof in die vorm van ‘n stoeibyeenkoms gehou. Die bruidegom is ‘n professionele stoeier, en die hoofgeveg was hy teen die bruid. Die wenner van die geveg doen vir die duur van die huwelik nie huishoudelike take nie.

Elri, die stapkampioen 15.05.2026

Elri Coetzee vertel vir Martelize Brink van stap as sport. Sy is die onder 19-SA skolekampioen in 5 000 m stap.

360 Speseryroete: Burrata-kaas 15.05.2026

Kos- en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor burrata. Dis ‘n vars mozzarella-tipe kaas gevul met room en stracciatella, met ‘n sagte buitekant en ‘n ryk, romerige kern.

Sjef Ashley se restaurantdroom 15.05.2026

Sjef Ashley Wynand wou al lank sy eie restaurant bestuur. Die pad het eers ‘n paar ander kronkels gemaak, maar nou is sy droom uiteindelik bewaarheid. Haidee Muller-Isaacs het na Grabouw toe gegaan om te sien wat hy alles agter die kospotte aanvang.

Wolf! Wolf! Hoeveel bere is daar? 15.05.2026

‘n Maatskappy in Japan kan nie voor bly met bestellings vir hulle monsterwolf nie. Dit is ‘n sonkragaangedrewe robot beerverskrikker.

Jonk 14 Mei 2026 14.05.2026

Dieetkundige Valpré Huisamen praat oor voeding om jou immuniteit te versterk, en waar Vitamien C in die prentjie pas.

Hoog in die tak(ke)bokke 14.05.2026

Die Franse polisie waarsku bestuurders teen takbokke en ander wilde diere, wat gegiste vrugte en verrottende plantmateriaal eet. Dié dronk diere se gedrag is onvoorspelbaar.

Pretloop ten bate van jong kankerlyers 13.05.2026

DF Akademie se Tuinklub bied die eerste jaarlikse Lig Loop-aandpretloop aan ten bate van jong kankerlyers. Die skool se gewilde tuintannie, Lorinda Smit, vertel vir Haidee Muller-Isaacs van hierdie gemeenskapsdaad van hoop, liefde en saamstaan.

Lize Marié, die suiwelsommelier 13.05.2026

Lize Marié du Toit gesels oor haar werk as suiwelsommelier, en hoe beoordeling by suiwelkompetisies werk.

Kleurlose verpakking weens oorlog 13.05.2026

‘n Groot peuselhappie-maatskappy in Japan se verpakking sal nou swart-en-wit wees weens ‘n tekort aan ‘n bestandeel van ink weens die blokkade van die Straat van Hormoes.

Êrens oorsee 12 Mei 2026 12.05.2026

Theresa Wernich vertel vir Martelize Brink van Jiaozhou in Qingdao, China, waar sy al drie jaar woon. Seekomkommer en sandwurms is daar gesogte disse.

Prof. Pierre vertel wie hy nog wil ontmoet 12.05.2026

Ons kyk deur die 100-jarige bril van professor Pierre Volschenk, en hoor wat hy van sommige nuwe kuns dink. Johan Rademan het by sy huis op Gordonsbaai by hom gaan kuier kort nadat hy op 1 Mei vanjaar 100 geword het.

Hoe klink jou seemeeu? 12.05.2026

Die sesde jaarlikse Europese seemeeu-kryskampioenskap het onlangs plaasgevind. Deelnemers van 15 lande het in België saamgetrek om te maak soos ‘n meeu.

Seeperdjieredding 11.05.2026

Chanel Visser vertel vir Martelize Brink van seeperdjieredding, na hulle by die Keurboomsrivier die see in gespoel word weens die geweldige hoë reënval.

In die wêreld van landbou 11 Mei 2026 11.05.2026

In hierdie week se landbounuus hoor ons van ‘n nuwe geval van bek-en-klouseer in die Wes-Kaap; landboumaatskappy NWK open ‘n nuwe tegnologiesentrum; ’n wêreldbekende plaaslike plantpatoloog word vereer; die Suid-Afrikaanse wynbedryf verwelkom China se nul-invoertarief; en die sitrusbedryf toon stabiliteit.

Snyborde in die kombuis 11.05.2026

Prof. Pieter Gouws gesels met Martelize Brink oor jou snybord keuse in die kombuis.

Brood op die rooitapyt 11.05.2026

Realiteitstelevisiester Queen Mercy Atang het by die Africa Magic Viewers' Choice toekenings in Nigerië opgedaag in ‘n rok gemaak van 500 brode om haar bakkery te bemark.

360 Speseryroete - Deel 128 08.05.2026

Hetta van Deventer – Terblanche gesels met Martelize Brink in die DrieSestig speseryroete oor die gebruik van koffie as geurmiddel.

Nasionale krisanteskou 08.05.2026

Prof. Michael le Cordeur vertel vir Martelize Brink van die nasionale krisanteskou wat die naweek op Pniel plaasvind.

Hof toe oor 'n handdoek 08.05.2026

‘n Duitse toeris is hof toe oor ‘n Griekse vakansie-ervaring wat nie na wense was nie. Hy het min kans gekry om die sonbeddens te gebruik, want ander toeriste het voor sesuur soggengs al hul handoeke op die beddens gesit om hul plek te hou. Op die ou end moes die toeroperateur opdok.

Jonk 7 Mei 2026 07.05.2026

Valpré Huisamen gesels met Martelize Brink in Jonk oor gefermenteerd produkte soos jogurt, kefir, suurkool, amasi en mageu.

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.