RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Phillip se horlosies 13.12.2023 7:37
Die slimfoon-horlosie het dalk weer die dra van horlosies ‘n hupstoot gegee – maar andersins is horlosie dra nie meer so algemeen soos ‘n paar dekades gelede nie. Een ding is verseker: dit bly steeds ‘n gewilde versamelaars item. Jacqui January het op Kleinmond in die Wes-Kaap met Phillip Lourens, 'n 2de handse en antieke winkel eienaar - oor sy versameling gesels.
Vuurwapens, selfverdediging en die wet 13.12.2023 7:08
Herman Bosman vertel vir Martelize Brink van die wetlike aspekte rondom selfverdediging met ‘n vuurwapen.
Kersliggies wat pla 13.12.2023 1:52
Ignatius Vlok deel sy wêreldstorie.
Mzingazi waterwerke, Catalinas en krokodille by Richardsbaai 12.12.2023 11:15
Dawie Botha vertel vir Martelize Brink in So is die land gebou van Mzingazi waterwerke, Catalinas en krokodille by Richardsbaai.
Susan en Eben White 12.12.2023 6:50
Sedert die Oudtshoorniete Susan en Eben White meer as 'n jaar gelede na Abu Dhabi verhuis het, het groot dinge gebeur. Hulle het onlangs intensiewe opleiding ondergaan om as wedrenbeamptes op te tree by die F1 Grand Prix van die seisoen in Abu Dhabi. Haidee het gaan uitvind wat hul werk behels as lede van die wedren-herwinningsspan.
Vuurwapens vir selfverdediging 12.12.2023 10:52
Herman Bosman gesels met Martelize Brink oor selfverdediging en of ‘n vuurwapens ‘n goeie opsie vir selfverdediging is.
70 jarige word ma van 'n tweeling 12.12.2023 2:07
‘n Vrou in Ghana het op 70 geboorte geskenk aan ‘n tweeling.
Honde vir beskerming 11.12.2023 11:13
Shaamil Majiet vertel vir Martelize Brink van honde vir beskerming. Hy bespreek onder ander rasse met ‘n geskikte temperament en jou verantwoordelikheid wanneer jou hond ‘n wapen is.
100 jaar van Radio in Suid–Afrika: ‘n Treinskaking in Nederland en 'n uitdagende uitsending vanaf 'n eiland 11.12.2023 11:05
Marius du Plooy gesels met Martelize Brink as deel van 100 jaar van Radio in Suid – Afrika oor uitsonderlike uitsendings soos ‘n treinskaking in Nederland waar gyselaars 20 dae aangehou is en 'n uitsending vanaf 'n eiland.
Besope Kersvaders 11.12.2023 1:56
In New York het Kersvaders Saterdagaand op groot skaal die stad se watergate besoek. Dit was SantaCon. Geld is ingesamel vir liefdadigheid.
Kaptein Alewyn Burger - Rally vlieg 08.12.2023 8:04
Kaptein Alewyn Burger vertel vir Martelize Brink oor rally vlieg. Hy en kolega Kaptein Steve van der Merwe is beide Proteas in rally vlieg en het vroeër van jaar ‘n brons medalje in Frankryk gewen. Hulle is beide vlieëniers by FlySafair en het die Springbokke rond gevlieg op hul oorwinningstoer.
Jean-Pierre swem met haaie 08.12.2023 8:10
Haidee loop Jean-Pierre Botha op Hermanus raak en hy vertel haar meer oor sy liefde vir diepseeduik en ook oor withaaie wat besig is om uit te sterf.
360 Speseryroete - Deel 14 08.12.2023 9:14
Hetta van Deventer – Terblache vertel vir Martelize Brink in die DrieSestig Speseryroete oor speserye in drankies, soos gemmerbier wat ons rondom Kersfees drink.
Van selfies tot sopnat 08.12.2023 1:52
Vyf toeriste het in ‘n kanaal in Vinisië beland toe hul die gondolier se instruksies oor staan en selfies neem verontagsaam het.
Callas Stigting en geslagsgebaseerde geweld 07.12.2023 9:29
Caroline Peters gesels met Martelize Brink oor die werk van die Callas Stigting en hoe hul slagoffers van geslagsgebaseerde geweld bystaan.
Stadslawaai te erg vir dié seuns 07.12.2023 8:26
Vir die twee boeties Adriaan en Andrè Ungerer, wat op die outisme-spektrum gediagnoseer is, het ’n stad soos Pretoria te veel geraas. Noudat hulle met hul ouers, Christiaan en Anina, in ’n eko-landgoed buite Thabazimbi bly én ouma Mariaan van der Merwe later ook soontoe getrek het vir tuisonderrig, gaan dit baie beter. Mariska Spoormaker het met ouma Mariaan gepraat.
Tronk toe of werk in 'n kitskosrestaurant 07.12.2023 1:51
‘n Vrou van Ohio wat ‘n werker in ‘n kitskosrestaurant met kos gegooi het, kon kies om 60 dae tronkstraf te ruil vir werk in ‘n kitskosrestaurant. Sy het ja gesê om vir 2 maande, 20 ure ‘n week aan te meld vir kitskoswerk.
Nadia Beukes kuier in die ateljee 06.12.2023 14:41
Nadia Beukes gesels met Martelize Brink oor haar loopbaan en die rol van Barones Schraeder in The Sound of Music. Luister na haar vertolking van Edelwiess, al sing sy dit nie in die vertoning nie.
99 kroeë in 24 uur 06.12.2023 2:00
Twee Australiërs het ‘n wêreld rekord opgestel deur 99 kroeë in 24 uur te besoek. ‘n Suid – Afrikaner was die vorige houer van die rekord.
Mamre se Bertie 06.12.2023 8:13
Mamre op weskus is as Morawiese Sending stasie gevestig
Van Reenenspas 05.12.2023 11:37
Dawie Botha vertel vir Martelize Brink in So is die land gebou oor Van Reenenspas. Van Reenenspas is sowat 7 kilometer lank en as jy bo is, is jy bykans 1743 meter bo seevlak.
Mel die Storieverteller 05.12.2023 8:37
Haidee gesels met Mel die Storieverteller. Sy hoor meer oor haar grootwordjare en hoe dit gebeur het dat sy storievertel 'n loopbaan gemaak het.
Vitamien C en velsorg 05.12.2023 5:18
Karen Bester vertel vir Martelize Brink waarom vitamien C deel van jou velsorgroetine behoort te wees.
Na 60 keer die leerlinglisensie toets deur 05.12.2023 2:00
‘n Persoon in Worcestershire, Engeland het eers met die 60 ste probeerslag sukses behaal met die skryf van die leerlinglisensie toets.
Herberghoes by honde 04.12.2023 10:15
Dr. Esmaré van der Walt vertel vir Martelize Brink oor herberghoes en ander aansteeklike siektes by honde.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.