RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Besoekers stroom na vol Kougadam 04.12.2023 8:10
Nog nooit was daar soveel besoekers-belangstelling in die Oos-Kaap se Kougadam as in 2023 toe die dam na agt jaar se droogte begin oorloop het danksy goeie reëns wat in die opvangsgebied uitgesak het. Net voor die oorloop opgehou het, het Mariska Spoormaker saam met Leon Grundlingh, hoof waterbestuur van Gamtoos Water, die Kougadam besoek.
Die enigste Afrikaanse radiodrama wat volledig in stereo opgeneem is 04.12.2023 10:27
Johan Rademan gesels met Martelize Brink ter viering van 100 jaar van radio in Suid – Afrika oor Adam Small se Kanna hy kô hystoe, die enigste Afrikaanse radiodrama wat volledig in stereo opgeneem is.
Plofbare tuinversiering 04.12.2023 2:22
In Wallis staan ‘n kartets vir meer as ‘n honderd jaar in ‘n tuin tot die polisie kom sê die bomafdeling gaan die kanonkoeël moet verwyder en laat ontplof.
Klassieke marathon 01.12.2023 8:22
Die klassieke marathon van 42, 195 kilometer wat by die modern Olimpiese Spele gehardloop word, het meer as 2500 jaar gelede ontstaan. Johan Rademan het met die motorjoernalis, Marnus Hatting, oor sy ervaring van die die roete gesels.
360 Speseryroete - Deel 13 01.12.2023 7:59
Hetta van Deventer – Terblanche gesels met Martelize Brink in die DrieSestig Speseryroete oor Kerstyd se “mince pies” sonder maalvleis en “plum pudding” sonder pruimedante.
Hoe die MIV- en Vigsomgewing verander het 01.12.2023 8:42
Lynette Rademeyer – Bosman vertel vir Martelize Brink van At Heart. Sy vertel oor hul ervaring met MIV en Vigs oor die jare en hoe die landskap verander het.
Selfs 'n groot lotery wen laat laat die man nie leeglê nie 01.12.2023 1:51
Kanadees Pierre Richer het 36,5 miljoen dollar in ‘n lotery gewen. Daardie Maandagoggend 04:30 was hy terug by die werk. Al is hy in sy sestigs, is aftrede nie in sy beplanning nie. Ook nie vakansie nie.
Kosklub wen internasionale saketoekenning 30.11.2023 7:34
Jannie Beukes vertel vir Martelize Brink van kosklubs. Jannie is ‘n regeneratiewe boer van Stanford wat hoenders verskaf aan verskeie kosklubs onder andere aan die Constantia kosklub wat onlangs ‘n internasionale saketoekenning gewen het vir hul groen model.
Melt Sieberhagen oor sy grootword-dae op Ventersdorp 30.11.2023 4:56
Die akteur en komediant, Melt Sieberhagen, vertel vir Haidee van sy grootword-dae op Ventersdorp, die dinge wat hom nogal knorrig kan maak en wat sy oorlede pa hom geleer het.
Die brandseisoen en vrywilliger brandslaners 30.11.2023 6:58
Danny de Nobrega gesels met Martelize Brink aan die begin van die brandseisoen oor VWS se statistiek van die afgelope jaar, die verwagtinge om El Nino en die rol van vrywilliger brandslaners.
Die naald in die hooimied is 'n ring in 20 ton vullis 30.11.2023 2:20
In Windham, New Hampshire is ‘n trouring in 20 ton vullis opgespoor na 2 ure se soek vir die regte sak op die vullishoop.
Hoe staan sake in Ysland? 29.11.2023 3:31
Maryke Musson vertel vir Martelize Brink hoe sake tans verloop in Ysland na die onlangse aardbewegings en die dreigende vulkaan.
Tiere skep onmin tussen bure 29.11.2023 1:53
Daar is sonde met die bure oor hul tiere. In Accra, Ghana is ‘n vrou hof toe oor haar buurman se twee wit tiere. ‘n Jaar na die hof opdrag gegee het dat die tiere geskuif moet word, is hulle nog net daar onder die buurvrou se neus.
Dawie Botha - Vullisverwydering 28.11.2023 11:15
Dawie Botha gesels met Martelize Brink in So is die land gebou oor vullisverwydering en wat met ons vullis gebeur.
Louis-Napoléon en die Bonaparte familie se verbintenis met Oudtshoorn 28.11.2023 8:40
Carol French van die St. Saviour gemeente op Oudtshoorn vertel die verhaal van kroonprins Louis-Napoléon en die Bonaparte familie se verbintenis met Oudtshoorn.
'n Kind ry toe die polisie weg met 'n konstruksievoertuig 28.11.2023 1:55
'n 12-jarige het ‘n konstruksievoertuig gesteel en vir ‘n uur lank vir die polisie weggery. Tien voertuie het in die slag gebly.
Robbe en mense 27.11.2023 8:48
Belinda Abraham gesels met Martelize Brink oor die interaksie tussen robbe en mense en gee terugvoer oor die veskuiwing van 5 robbe vanaf Houtbaaihawe deur die Kaap Die Goeie Hoop DBV.
Sanvrou Babyrose 27.11.2023 7:52
Die Khoi San - as beoefenaars van die jagters- en versamelaarskultuur, bewoon die ontoeganklikste gebiede soos die Kalahari-woestyn waar hulle met groot vernuftigheid aan die lewe bly. Die eeue oue inheemse kultuur erfenis word uit verskeie oorde opnuut opgeteken en bewusmaking word gekweek. Jacqui January het langs die Wes-Kus naby Darling by ‘n kultuur erfenis van Khoi en San gebruike met die to...
Breek die siklus van geweld 27.11.2023 12:34
Marguerite Holtzhausen vertel vir Martelize Brink van die rol van organisasies in terme van die breek van die siklus van geweld deur bewysgebaseerde praktyke.
Rommel optel wêreldbeker 27.11.2023 1:48
Brittanje het die rommel optel wêreldbeker gewen. SpoGomi is rommel optel as sport en die eerste wêreldbeker het onlangs in Japan plaasgevind.
Die Boef is dood 24.11.2023 12:04
Ernest Mnyaka en Mariëtte Opperman gesels oor Ernest se digbundel, Die Boef is dood. Ernest is ’n petroljoggie, wat sy lewe in die tronk omgekeer het, en toe ’n Xhosa-digbundel daaroor geskryf het. Mariëtte het sy vorige onderhoud met Martelize Brink op RSG gehoor, en toe die bundel na Afrikaans vertaal.
360 Speseryroete - Deel 12 24.11.2023 10:18
Koshistorikus Hetta van Deventer-Terblache praat oor neutmuskaat en foelie, twee speserye van dieselfde plant.
Tech-ghoeroe Arlene Steyl maak tegnologie toeganklik 24.11.2023 8:37
Haidee Muller-Isaacs gesels met die tech-ghoeroe, Arlene Steyl. Sy het in 2019 die Forbes Woman Africa Technology and Innovation-toekenning gewen, en in dieselfde jaar op die voorblad van Forbes Women Africa gepronk. En, natuurlik is haar huis tech-slim. Arlene vertel ook hoe dit deesdae gaan met die tech-universiteit waar studente leer om te programmeer sonder enige dosente of klasgeld, 'n eerste...
Blitsskare besteel 'n winkel 24.11.2023 1:58
‘n Blitsskare van 17 het $12 000 se skoene en klere uit ‘n winkel in Los Angeles weggedra.
The Sound of Music binnekort weer op planke 23.11.2023 10:47
Janelle Visagie en Rylan Lemmetuis vertel vir Martelize Brink van hul rolle in The Sound of Music, wat binnekort by Kunstekaap en Montecasino te sien is.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.