RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Eerste radio-uitsending van onder die see 27.12.2023 14:22
Eben Cruywagen vertel vir Ignatius Vlok hoe hulle die wêreld se eerste direkte radio-uitsending van onder die see in 1987 aangepak het.
Heuningbier 22.12.2023 9:35
Ernst Thompson vertel vir Martelize Brink van verskillende style heuningbier en verwante produkte wat hy maak by die Cape Town Meadery.
360 Speseryroete - Deel 16 22.12.2023 6:18
Hetta van Deventer-Terblache vertel vir Martelize Brink in die DrieSestig Speseryroete oor Kerskoeke van die wereld.
'n Baard met 15 rekords 22.12.2023 2:17
Amerikaner Joel Strasser hou 15 Guinness Wêreldrekords vir allerhande goed wat hy in sy baard druk. So byvoorbeeld het hy 1500 tandestokkies in sy baard gedruk asook 126 vurke.
Staptoere in Kaapstad 21.12.2023 9:10
Marina Zietsman vertel vir Martelize Brink van gratis begeleide staptoere in Kaapstad en wat jy te wagte kan wees as jy die stad te voet verken.
Thereza Raman vang graad 21.12.2023 8:47
Thereza Raman het eers op 40-jarige ouderdom haar matrieksertifikaat gekry. En nou die dag het sy, op 56, haar meestersgraad in onderwys en volwasse leer- en wêreldwye verandering aan die Universiteit Wes-Kaapland ingepalm. En dis nog lank nie al nie, Thereza begin in Januarie as skoolhoof van Hoërskool Namakwaland op Springbok
Mikrobiese ensieme wat plastiek afbreek 21.12.2023 9:11
Dr. Wessel Myburgh vertel vir Martelize Brink van tegnologie wat hul kommersialiseer wat mikrobiese ensieme gebruik om sekere soorte plastiek af te breek en dit moontlik tot waardevolle brandstowwe en chemikalieë te herwin.
Tuinier kan dalk 6 miljard Euro erf 21.12.2023 1:57
‘n Lid van die rykste familie in Europa wil sy tuinier aanneem sodat hy 6 miljard Euro kan erf. Tans gaan Nicolas Puech se volle erflating na sy stigting, maar daar is ‘n klousule in die kontrak dat ‘n kind ‘n deel van die erflating kan kry. Indien dit ‘n seun is, kan hy tot 50% van die beraamde 12 miljard Euro boedel erf.
Craig Adriaanse 20.12.2023 12:59
Craig Adriaanse gesels met Martelize Brink oor sy pad voor die kameras en deel word van die Suidooster – familie.
Viona Viljoen dehidreer haar eie kos wanneer sy op staptogte gaan 20.12.2023 8:08
Kos kan ‘n groot hap uit jou begroting neem wanneer jy gaan reis, maar Johan Rademan aanbieder van ReisSonderGrense op n Saterdagoggend tussen 10 en 11 het iemand opgespoor wat die probleem eiehandig getakel het.
Voor- en nadele van videospeletjies 20.12.2023 9:03
Izaan Booyens vertel vir Martelize Brink van die voor- en nadele van videospeletjies en hoe jy die blootstelling aan die speletjies kan bestuur.
Hardloop vir 'n bonus 20.12.2023 2:09
‘n Maatskappy in Sjina betaal hul werkers ‘n bonus as hul 50 km ‘n maand draf, 60% van die bonus vir 40 km en 30% vir 30 km.
Dinge wat by damme gebeur 19.12.2023 11:24
Dawie Botha vertel vir Martelize Brink in So is die land gebou, oor damme wat vir meer as water opgaar gebou is.
Louisa Da Silva 19.12.2023 7:00
Haidee kuier in Ravensmead by haarkapper Louisa Da Silva. Louisa se ma het op vyf uitgevind dat sy nie kan hoor nie. Vandag kan Louisa hoor danksy 'n kogliere inplanting en as opgeleide haarkapper wil sy nou die jongmense aan die hand vat en oplei.
Barbie en persoonlike beskermende toerusting 19.12.2023 2:01
‘n Studie kla dat die mediese Barbies se persoonlike beskermende toerusting te kort skiet en nie eens weggooibare handskoene dra nie.
Eekhoringredding- en rehabilitasie 18.12.2023 10:07
Lize Testa en Tracy Starke gesels met Martelize Brink oor eekhorings en wat hul redding- en rehabilitasie pogings behels.
Spyskaart angs 18.12.2023 2:17
Navorsing toon dat 86% van die Gen Z generasie angstig raak wanneer hulle met die keuses op ‘n spyskaart konfronteer word.
Die 35e Trans Agulhas Challenge 15.12.2023 10:15
Eben de Bod gesels Martelize Brink oor die 35e Trans Agulhas Challenge. Eben het die afgelope 3 jaar die taai opblaasbootresies gewen.
360 Speseryroete - Deel 15 15.12.2023 6:52
Hetta van Deventer – Terblache vertel vir Martelize Brink in die DrieSestig Speseryroete oor Kersspeserye van die wereld.
Bloukaasbier 15.12.2023 1:47
In Oregan VSA word ‘n bloukaasbier gemaak wat vir beina twee jaar in eikehoutvate verouder word.
Afrikaanseklasse op TikTok 14.12.2023 7:14
Anzel Roux vertel vir Martelize Brink oor haar onderwysloopbaan en sukses op TikTok.
Mary van die winkel op die hoek 14.12.2023 8:11
Haidee gesels met Mary Losper by die winkel waar sy al langer as 'n dekade werk in Bellville. Mary vertel van die lekker jare in die Noord-Kaap, haar komvandaan.
Vuurwapen opleiding vir selfverdediging 14.12.2023 8:24
Herman Bosman gesels met Martelize Brink oor opleiding indien jy ‘n vuurwapen vir selfverdediging kry.
Visum moeilikheid vir 'n smaakmaker 13.12.2023 2:03
‘n Sjinese smaakmaker het moeilikheid gekry na sy ‘n gewilde toerisme gebied in Thailand as onveilig vir vroue uitgebeeld het. Thailand bring dit toe onder haar aandag dat sy gewerk het terwyl sy daar was op ‘n toerisme visum.
Ondersoekende joernalis Jeff Wicks 13.12.2023 13:56
Jeff Wicks gesels met Martelize Brink oor die uitdagings van sy werk as ondersoekende joernalis en deel van News24 se ondersoekspan.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.