RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
EARS-donkietoevlugsoord 22.01.2024 8:22
Therdon Duminy gesels oor die EARS-donkietoevlugsoord op Genadendal, wat ook mediese- en ondersteuningsdiense lewer aan nagenoeg 400 perde in vyf dorpe.
Pas op vir sonkrag-kansvatters 22.01.2024 8:10
Eskom se kragvoorsieningskrisis veroorsaak omtrent 'n stormloop na sonkragenergie, maar nou is dit ongelukkig ook so dat onkundige kansvatters die mark betree. Waarna moet die huiseienaar of sakeman oplet wanneer sonkrag geïnstalleer word, en hoe hou jy dié duur belegging in goeie werkende toestand? Mariska Spoormaker praat hieroor met Michael Stratton, wie se elektrisiteitsonderneming getaak is o...
Gemengde gevegskuns in SA 22.01.2024 13:15
Raymond Phillips vertel vir Martelize Brink van gemengde gevegskuns, en Dricus du Plessis se sukses.
Weeklikse "date night" by dieselfde restaurant vir 'n jaar? 22.01.2024 3:22
‘n Amerikaanse restaurantgroep het ‘n aanbod vir mense om weekliks romantiese afsprake by die restaurant te hê, waar hulle onder andere soveel as moontlik garnale of hoendervlerkies kan eet. Jy betaal $200 vir 52 weke se toegang, daarna is die eerste $30 dollar se kos gratis.
360 Speseryroete - Deel 19 19.01.2024 7:40
Hetta van Deventer-Terblache vertel vir Martelize Brink van ambergrys, ‘n spesery afkomstig van walvisse.
Werkgewer trotseer 'n sneeustorm om te sorg dat sy werknemers by die werk is 19.01.2024 5:30
Miljoene mense het ‘n TikTok video gekyk van mense wat tydens ‘n sneeustorm in Oregon, VSA, by die huis gebly het. Hul werkgewer gaan haal toe elkeen persoonlik by hul huis. Die werk moet gedoen word.
Soedan Honde Red 18.01.2024 9:01
Van 'n bomme-hel in die oorlog-geteisterde Soedan na 'n hondehemel in die Baai. Dit in kort , is die verhaal van die twee Skotse Terriers Nyala en Isla, wie se mense-ouers, Adam en Isla Young letterlik alles moontlik gedoen het om hul honde ook na veiligheid in Gqeberha (Port Elizabeth) te bring.
Nelleke Bakkes 18.01.2024 8:24
Haidee erken self dat sy nie 'n groot persoonlike admin-mens is nie. Trouens, sy HAAT dit. Toe trek sy die "admin-ghoeroe" Nelleke Bakkes nader vir eenvoudige wenke oor hoe jy jou lewe makliker kan maak veral wanneer admin net nie jou ding is nie.
DNS Databasis vir Italiaanse Honde 18.01.2024 2:00
Bolzano in Italië stel ‘n DNS databasis van die stad en omgewing se honde op om eienaars op te spoor wat nie agter hul honde skoonmaak nie.
Etienne van Heerden 17.01.2024 16:46
Etienne van Heerden gesels met Martelize Brink oor Litnet se 25ste bestaansjaar. Hy vertel van sy bedelstrategie om kostes so laag moontlik hou om Litnet se oorlewing te verseker.
'n Peperduur Toebroodjiesak 17.01.2024 1:48
Louis Vuitton het nou ‘n leer weergawe van ‘n kardoessak op die rak teen sowat R60 000.
Ella Genetics 17.01.2024 9:17
Haidee gesels met Elrise de Kock van Ella Genetics oor hoe jou ‘n DNS-toets die oplossing is om nooit weer te wonder oor jou gesondheid nie.
Dawie Botha 16.01.2024 9:15
Dawie Botha vertel vir Martelize Brink in "So is die land gebou" oor die spoorwegstelsel wat reeds in 1838 in Suid – Afrika begin is.
Maryke Musson 16.01.2024 4:32
Maryke Musson vertel vir Martelize Brink van die vulkaniese aktiwiteit in Ysland en die lawa wat in die dorp waar sy woon, Reykjavik, gevloei het.
Bosterapie 16.01.2024 8:46
In Japanees staan dit bekend as Shinrin Yoku en in Engels Forest Bathing. As jy na die aksie agter hierdie woorde kyk, kan ’n mens dit in Afrikaans seker maar Bosterapie of Bosheling noem. Dit is Mariska Spoormaker se mening nadat sy dit in ’n Baaise inheemse bos met Werner Marx as begeleier gaan beproef het.
Wilna van Heerden 16.01.2024 14:38
Skoolhoof Wilna van Heerden gesels met Martelize Brink oor die opvoedingsfilosofie by Hoër Meisieskool Bloemhof wat sedert 2020 die beste Afrikaans medium skool in die land is.
'n Parkeerde kar rits rond 16.01.2024 2:45
‘n Werknemer by ‘n langtermyn parkeringfasiliteit het oor ‘n periode van 4 dae ‘n voertuig 27 keer wederregtelik vir ritte geneem. ‘n Kamera in die kar het gebeure afgeneem.
Christine Wessels - Diereaktivis 15.01.2024 15:51
Christine Wessels gesels met Martelize Brink oor haar pad as diereaktivis. Deesdae is sy betrokke by Marine Dynamics op Gansbaai wat onder andere werk met pikkewyne, walvisse en haaie.
Elsabe Ebersohn oor Grafiese-Vaslegging 15.01.2024 8:14
Elsabe Ebersohn het o.a. vir die Afrika Unie “Grafic recording” of Grafiese-vaslegging gedoen. Johan Rademan het gaan uitgevind hoe die metode werk.
Amerikaanse Voetbal teen Minus 20 grade Celsius 15.01.2024 2:34
Die afgelope naweek is ‘n profesionele Amerikaanse voetbalwedstryd in ysige koue gespeel. Selfs die tuisspan se afrigter se snor het gevries.
360 Speseryroete - Deel 18 12.01.2024 8:37
In die DrieSestig Speseryroete verduidelik boer Dirk van der Merwe watter speserye in verskillende piekels soos biltong gebruik word.
Gerrie van Vuuren 12.01.2024 11:11
Gerrie van Vuren staan op die R23 Heidelberg/Standerton pad so 3km vanaf die N3 met sy padstal. Op 66 jaar het hy sy braaiwa self gebou. Hy bring hulde aan sy vriend Peter wat laasjaar by sy staanplek beroof en vermoor is.
Volstruis- en uieboer van die Karoo 11.01.2024 9:16
Volstruise het ‘n lang geskiedenis in die Klein Karoo. Dit is bekend dat die San al vir honderde jaar volstruise gejag het vir hulle vleis en die eiers gebruik het as ‘n voedselbron en die lee eierdoppe as houers gebruik het, veral vir hulle water. Jacqui January kuier vandag op Middelplaas in die Klein Karoo en gesels met Michael Joemat wat tussen die volstruis kuikens sit wat hy grootmaak.
Henco Posthumus 11.01.2024 8:39
Haidee gesels met die jong argitek Henco Posthumus wat vertel oor 'n konstruksiegedrewe organisasie gemik op versoening en herstel deur samewerkings pogings met gemeenskapgebaseerde bedieninge en nie-regerings organisasies in Suider-Afrika.
Die belangrikheid van 'n korrekte postuur. 11.01.2024 7:39
Martelize gesels met sportsmasseerterapeut en liggaamstegnikus, Miki Kruger oor die belangrikheid van 'n korrekte postuur en die impak op ‘n kind se gesondheid asook in hul volwassene jare is.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.