RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Eiland van die Saints se lughawe geopen 31.01.2024 8:58
Die eiland, St. Helena in die Suid-Atlantiese oseaan, is een van die mees afgeleë eilande ter wêreld. Vir jare kon die eiland slegs per skip bereik word, maar die St. Helena-lughawe is onlangs amptelik geopen deur die Graaf van Edinburgh, Prins Edward. Die lughawe is deur Basil Read van Suid-Afrika gebou. ‘n Suid-Afrikaner, Martin Fourie, hou ‘n ogie oor die instandhouding van dié eksklusiewe lugh...
Fopnuus en die verkiesing 31.01.2024 11:15
Kuberkenner praat oor die gevare van fopnuus in aanloop tot die algemene verkiesing later vanjaar, en hoe dit ‘n oortreding van die Film-en Publikasiewet is.
Wat is in die kos wat jy eet? 31.01.2024 3:34
Die VSA se Voedsel- en medisyne-administrasie se kosstandaarde laat allerhande goed in kos toe, wat jou mag laat gril. Daar is byvoorbeeld aanvaarbare hoeveelhede knaagdierhare, mis, muf en insekdele in kos van koffie tot sjokolade!
Die Gautrein se dolomietuitdagings 30.01.2024 7:16
Dawie Botha vertel vir Martelize Brink in SO IS DIE LAND GEBOU van die uitdagings wat daar was met dolomietgesteentes tydens die konstruksie van die Gautrein.
Jan Dykema se passie vir die natuur 30.01.2024 8:22
Jan Dykema vertel vir Haidee Muller-Isaacs hoe hy as jong Vrystaatse seuntjie 'n liefde vir die buitelug ontwikkel het. Hy is uiteindelik weermag toe, maar toe roep die natuurlewe harder, en vandag is hy al 14 jaar lank 'n wildbewaarder in die Oos-Kaap. Jan vertel ook hoe hy op 'n keer amper leeukos was...
Van armoede tot sakesukses 30.01.2024 8:41
Sandra Jones vertel vir Martelize Brink hoe sy uit armoede ontsnap het, en begin floreer het toe sy deel geword het van TCB se Resell-program, wat jou leer om ‘n suksesvolle klerehandelaar te word. Deesdae bestuur sy haar besighede, en is ook ‘n opleier en mentor by TCB.
Wallis se noodnommer kry vreemde oproepe 30.01.2024 3:43
Wallis se owerhede maak bekend vir watter onvanpaste situasies hulle ambulansnoodnommer geskakel word - van te veel kebab eet tot verlore valstande!
Veeartsopleiding by Onderstepoort 29.01.2024 6:22
Prof. Rhoda Leask vertel vir Martelize Brink van veeartse se opleiding by Universiteit van Pretoria se Fakulteit Veeartsenykunde in Onderstepoort.
Baviaanskloof groet ’n groot gees 29.01.2024 8:00
’n Besonderse vrou is onlangs in die Baviaanskloof ter ruste gelê. Sy is Magriet Kruger, wat as 24-jarige pasgetroude met haar man, Pieter, op die plaas Zandvlakte in die Kloof aangekom het. Die Baviaanskloof was destyds ’n redelik onbekende plek, maar Magriet het ’n groot rol daarin gespeel om dit ’n wêreldwye gewilde toerismebestemming te maak. Só het die burgemeester van die destydse Baviaansmu...
Lara Markthaler by Winter Jeug Olimpiese Spele 29.01.2024 10:12
Judy Markthaler vertel vir Martelize Brink van haar dogter, Lara, Suid-Afrika se enigste atleet by die Winter Jeug Olimpiese Spele in Suid-Korea.
'n Diamant uit die modder 29.01.2024 2:44
‘n Fransman op besoek aan Amerika, het by ’n nasionale park ‘n diamant van 7,46 karaat opgetel. Die diamant is na sy verloofde Carine vernoem.
Grootste hervestiging van aasvoëls in Afrika 26.01.2024 7:58
Haidee Muller-Isaacs was by die Shamwari-wildreservaat in die Oos-Kaap om die grootste hervestiging van gerehabiliteerde aasvoëls in Afrika te aanskou. Sy het daar met die veearts, dr. Johan Joubert, gesels en meer uitgevind van die aasvoëlhokke wat 6 meter hoog is.
360 Speseryroete - Deel 20 26.01.2024 10:37
Hetta van Deventer-Terblache praat oor die geskiedenis van naeltjies, dat dit goed werk saam met waterblommetjies, en dat mense selfs naeltjiesigarette rook.
Amerika se sonbesiegeraas is oppad 26.01.2024 2:02
Amerika het sonbesies wat jare wag tussen verskynings bo die grond. Twee groepe sal vanjaar op dieselfde tyd uitkom. Die volgende keer is in 2245. Behalwe vir die groot geraas wat kom van die triljoene sonbesies, is daar ook die stank wanneer die insekte doodgaan.
Werklose ma’s word klerehandelaars 25.01.2024 8:41
Helene Brand vertel van ‘n program waar werklose ma’s die nodige vaardighede aanleer om suksesvolle klerehandelaars te word.
Waar is die Baai se lughawe-vliegtuie? 25.01.2024 8:00
Nog voor die Port Elizabeth lughawe na die Dawid Stuurman lughawe herdoop is, wou baie Baaienaars al weet wat geword het van die ou Albatros-vliegtuig wat op ‘n paal naby die parkeeterrein gemonteer was. Daar was ook 'n Impala op die dak van 'n restaurant by die lughawe, maar dié het ook verdwyn. Mariska Spoormaker het dié twee ikoniese vliegtuie in die SA Lugmagmuseum in Port Elizabeth gaan opsoe...
Stysel se veranderende glukemiese indeks 25.01.2024 7:58
Dieetkundige Mariza van Zyl praat oor stysel se glukemiese indeks wat verlaag wanneer dit afgekoel word.
Hofsaak oor hoenderresep 25.01.2024 4:05
In Indië is twee restaurantgroepe haaks, en in die hof, oor wie nou eindlik eerste botterhoender gemaak het. Nou soek hulle getuies wat kan help. Het jy dit al in die 1930’s in Pashawar geëet, of eers ná 1947 in Delhi?
Muis Roberts se jare in die saal 24.01.2024 14:41
Michael “Muis” Roberts gesels oor sy jare in die saal. Hy is was onder andere 11 keer Suid-Afrika se kampioenjokkie en een keer Britse kampioenjokkie. Hy is die afrigter van SEE IT AGAIN, die gunsteling perd om die 2024 Cape Town Met te wen.
Mari Conradie en haar grimeerkwas 24.01.2024 7:31
Haidee Muller-Isaacs kuier op stel by die talentvolle grimeerkunstenaar en stilis, Mari Conradie. Sy vertel hoe sy karakters in haar kop bou, en hulle dan daarvolgens omskep met die regte kleure met haar grimeerkwas.
Winston se tande 24.01.2024 2:36
Sir Winston Churchill se valstande is binnekort te koop op ’n veiling, waar dit na verwagting £8000 sal haal. In 2010 is die einste tande vir £15200 op ‘n veiling verkoop.
Van die Appeltrein tot die Gautrein 23.01.2024 9:59
Dawie Botha gesels in SO IS DIE LAND GEBOU oor die Appeltrein van die Langkloof, en die Gautrein-spogprojek.
Wat is 'n hoërsertifikaat? 23.01.2024 4:54
Dr. Cobus Oosthuizen vertel vir Martelize Brink wat ‘n hoërsertifikaat behels. Dis 'n alternatief tot ’n matrieksertifikaat, om toegang tot naskoolse studie te kry.
Biodiversiteit en bewaringsekologie 23.01.2024 8:36
Biodiversiteit en bewaringsekologie kry toenemend wêreldwyd aandag. Dis egter al vir meer as 150 jaar dat plantkundige akademici vergader om dié onderwerp deur te trap. Die volgende byeenkoms is in Julie vanjaar. Professor Stephen Boatwright van die Departement Biodiversiteit en Bewaringsekologie van UWK gaan dit bywoon. Op die agenda is nuwe navorsing oor alle velde van plantkunde en die wyse waa...
KI-kletsbot beswadder sy eienaar 23.01.2024 2:07
‘n Ongelukkige kliënt het ‘n afleweringsdiens se kunsmatige intelligensie-kletsbot gekry om die einste afleweringsdiens sleg te sê.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.