RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5345 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Baai se weerghoeroe groet 09.02.2024

Vroeër jare het omtrent net die boere belang gestel in die weer, nou is dit stedelinge ook, sê Garth Sampson die woordvoerder by die Suid Afrikaanse Weerdiens in Nelson Mandelabaai. Garth, beter bekend as die Baai se weerghoeroe, staan op aftrede, maar eers verduidelik hy aan Mariska Spoormaker hoekom stedelinge deesdae ook hulle oë en ore op die weer hou.

Eiffeltoring deel van Olimpiese medaljes 09.02.2024

Stukkies van die Eiffeltoring sal deel uitmaak van vanjaar se Olimpiese en Paralimpiese medaljes.

Pas op vir bedrog met fop-webblaaie! 08.02.2024

Tertia en Mike Dixon vertel hoe hulle onderneming se webblad gekloon is, en hul klante bedrieg is. Mike vertel ook van die eerste stappe wat hul gedoen het om die fopwebblad te laat toemaak.

Magdel se krieket-eerstes 08.02.2024

Magdel Steyn vertel vir Haidee Muller-Isaacs hoe sy desjare op 14-jarige ouderdom die land se jongste vroue-krieketskeidsregter geword het.

Reëls kelder rekordpoging 08.02.2024

Ná 8 jaar se bou aan ’n replika van die Eiffeltoring met vuurhoutjies, tel sy rekord nie, siende dat al die Guiness Wêreldrekord reëls nagekom is nie.

Marlene Steyn se kuns 07.02.2024

Marlene Steyn vertel van haar kuns, en ‘n samewerking waar haar werk op swemdrag pryk.

Die klein kerkie met 'n groot geskiedenis 07.02.2024

By die ruïnes van die eens bedrywige St. Peterskerk met sy uitsig oor die Baai se hawe, is ’n belangrike deel van die stad se geskiedenis weer na vore gebring nadat die terrein besoekersvriendelik gemaak is. Die kerk in Suideinde, wat in 1871 sy deure geopen het, moes sluit ná die gedwonge verskuiwings in die jare 60 en 70 . Mariska Spoormaker het die kerk saam met toergids Tony Neveling besoek.

Boektrommelprojek 07.02.2024

Cheraldine van der Merwe vertel vir Martelize Brink van die Vriende van Afrikaans se boektrommelprojek, en die belangrike rol van hardop-lees.

Sneuwel oor snork 07.02.2024

‘n Stryery oor snork het gemaak dat die een buurman die ander doodgesteek het. Dit nadat die slagoffer aangebied het om te help betaal vir ‘n neusoperasie.

Die Gautrein se estetiese neus 06.02.2024

Dawie Botha vertel vir Martelize Brink in SO IS DIE LAND GEBOU van die Gautrein se mooi neus, en die natuurkragte wat daarop inwerk.

Wat is eilandsindroom? 06.02.2024

Gawie Smit se seiljagvaarte was vir hom nie net ‘n kopskoonmaker nie, dit het ook beroepsmoontlikhede geskep op St. Helena, waar Johan Rademan hom oor eilandsindroom uitgevra het. St. Helena is die mees afgeleë, bewoonde eiland in die Suid-Atlantiese oseaan. Dis sowat 1 200 km na hulle naaste bure, Ascension, en 2 000 km na die naaste kuslyn van Afrika.

Hy ontdek 15 nuwe plantspesies 06.02.2024

Dr. Brian du Preez vertel vir Martelize Brink hoe hy 15 nuwe plantspesies beskryf het as deel van sy doktorale studie in plantkunde.

So stadig moontlik - tot 2640 06.02.2024

Die avant-garde-komponis, John Cage, se ekspermentele komposisie, SO STADIG MOONTLIK, het in 2001beg in speel op orrel wat spesiaal hiervoor gebou is. Dit sal nog 616 jaar lank speel! Die stuk se akkord het vandeesweek die eerste keer in 2 jaar verander. Dit sal eers weer op 5 Augustus 2026 gebeur.

Opleiding en kwalifikasies in die perdebedryf 05.02.2024

Allister Jack vertel vir Martelize Brink van opleidingsprogramme en kwalifikasies in die perdebedryf. Hy is al vir 33 jaar lank ‘n hoefsmid.

Anna Emm se nuwe lewe in Londen 05.02.2024

Haidee Muller-Isaacs gesels met die plaaslike skrywer Anna Emm, wat sak en pak met haar gesin Londen toe getrek het. Sy vertel hoekom hulle die groot skuif gemaak het, en wat sy daar oorkant ervaar.

Aan die brand getroud 05.02.2024

‘n Paartjie wat beide waaghalse is, het met hulle klere aan die brand, kansel toe gestap.

Nege maande lank op 'n plesierboot 02.02.2024

Amike Oosthuizen vertel vir Martelize Brink van haar nege maande lang reis op ’n plesierboot, wat die verbeelding aangegryp het op sosiale media. Een van haar TikTok-video’s het al meer as 6,3 miljoen kyke gehad.

360 Speseryroete - Deel 21 02.02.2024

Hetta van Deventer-Terblache praat oor die geskiedenis van kruie, speserye en blomme wat gebruik word om kos te kleur.

‘Die boekwurm is nié ‘n bedreigde spesie’ 02.02.2024

Langs die besige Kaapweg in Gqeberha, net anderkant die Five Ways-kruising, is daar ’n klein besigheid. Dis een van die Baai se familiebesighede wat nog ‘n juweel is. Mariska Spoormaker het by Mundy’s Book Exchange gaan inloer.

My naam is Bond, Duif Bond... 02.02.2024

‘n Duif is in Indië daarvan verdink dat hy ‘n Chinese spioen is. Ná agt maande is daar besef dis ’n oopwater-resiesduif van Taiwan, en is toe vrygelaat.

Die impak van restauranttoekennings 01.02.2024

Jan-Hendrik van der Westhuizen gesels oor die formaat van restauranttoekennings, en die impak daarvan.

Marilie se reis met Bipolêre 2-versteuring 01.02.2024

Haidee Muller-Isaacs gesels met Marilie van der Merwe, 'n jong en passievolle onderwyser en ma van twee dogtertjies. Sy is in September 2019 gediagnoseer met Bipolêre 2-versteuring, en is uiteindelik nou op 'n plek waar sy haar reis met dié siekte wil deel om ander te inspireer, sodat hulle nie alleen voel nie.

Die Cape Wine Auction 2024 01.02.2024

Paul Cluver vertel vir Martelize Brink op die vooraand van die Cape Wine Auction, dat hulle die afgelope tien jaar R125 miljoen vir welwillendheid in gesamel het.

Die man met die yskas op sy rug 01.02.2024

‘n Man in Engeland, met ‘n yskas op sy rug, het die polisie se aandag getrek. Hy was besig om te oefen vir die London-marathon, waar hy hoop om ‘n Guiness Wêreldrekord te verbeter vir die vinnigste marathon, waar jy met huishoudelike toebehore draf.

Van ingenieur tot operasanger 31.01.2024

Conroy Scott vertel hoe hy as meganiese ingenieur gekwalifiseer het, en toe sy werk gelos het om opera te studeer. Dié basbariton bespeel ook verskeie musiekinstrumente.

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.