RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5345 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Vang vis met 'n borselwurm 19.02.2024

Prof. Carol Simon vertel van borselwurms soos wonderwurms, maanskynwurms, poedingwurms en bloedwurms, wat as aas vir visvang gebruik word.

Groenvlagstatus vir staproetes 19.02.2024

‘n Ekotoerisme spesialis, Gerhardt van Greunen, praat oor oor die gradering van staproetes, bergfietsroetes en perderoetes. Strande kry Blouvlagstatus, en roetes kry Groenvlagstatus.

Pieter se passie vir Afrikakos 19.02.2024

Sjef Pieter Malan vertel van sy ervaring by die Kulinêre Olimpiese Spele, waar hy onlangs brons gewen het. Hy het as ‘n individu ingeskryf toe Suid-Arika nie ‘n span stuur nie. Pieter is die groep uitvoerende sjef by die vooraanstaande Fiesta Hotels and Residences in Accra, Ghana.

Slim vang sy (hotel)baas 19.02.2024

‘n Man in New York het ‘n wet benut wat sê as jy in ‘n enkelkamer is, in ‘n gebou wat voor 1969 opgerig is, moet hulle vir jou ‘n ses maande huurkontrak gee. Só bly hy vyf jaar gratis. Toe besluit hy, siende dat hy die kamer gekry het, het hy indirek die hele hotel gekry, siende dat alles een eenheid is. Toe hy die eienaarskap van die New Yorker Hotel na hom toe probeer oordra, toe kom haal die po...

Lee se passie vir musiek 16.02.2024

Haidee Muller-Isaacs het gaan inloer by 'n teater in die Kaapstadse voorstad, Observatory, waar die blinde klavierspeler en sanger. Lee van Wyk. besig was om te repeteer vir haar nuwe vertoning. Lee vertel vir Haidee van haar intense passie vir musiek, in weerwil van snedige kommentaar van sommiges wat meen dat dit nie juis 'n regte werk is nie...

360 Speseryroete - Deel 23 16.02.2024

Hetta van Deventer-Terblanche praat oor MSG.

Wêreldradiodag: Koffiehuissanger Len Clark 16.02.2024

Op Wêreldradiodag het Radio Overberg, ‘n gemeenskapsradio op Bredasdorp, met Len Clark gesels wat vandag 98 jaar oud is. Len was betrokke by die SAUK vanaf 1949 as sanger by die program, Koffiehuis, en agter die skerms. Hier is 'n kort uittreksel uit die onderhoud wat Radio Overberg met ons gedeel het.

Kersbome in die sand begrawe 16.02.2024

In Lancaster in Engeland begrawe vrywilligers jaarliks duisende ou kersbome tot by hulle onderste takke in die sand op die strand. Dit vang waaisand op, om binne ses maande tot ‘n jaar duine te vorm, wat die natuur honderde jare sou neem.

Karina se Viëtnam-ervaring 15.02.2024

Karina Fullard vertel vir Martelize Brink van haar lewe en werk in Ho Chi Minh Stad in Viëtnam.

Baaienaars “red” St. Georges Park 15.02.2024

As ‘n mens deesdae na die lowerryke St. George’s Park langs die Sentraalgebied van Gqeberha kyk, is dit moeilik om te dink dit was voor 1861 ‘n windverwaaide vlakte. Benewens die lieflike tuine en konserwatorium, is die 73 hektaar-park ook die tuiste van onder meer Suid-Afrika se oudste tennis- en rolbalklub. Verval het egter oor die jare ingetree, en verslaafdes en misdadigers het die park oorgen...

Vrou saam met vullis in vragmotor gegooi 15.02.2024

‘n Vrou in die VSA het agter in die vullisvragmotor beland, en is vier keer saam met die vullis vasgedruk, voor die bestuurder op ’n kamera gesien het daar is iemand tussen al die vullis.

Zoë Brown se besige lewe 14.02.2024

Zoë Brown gesels oor haar loopbaan in die media, om dinge ‘n bietjie stadiger te vat, en drie maande van getroud wees.

Marlon en Riana se liefdesverhaal 14.02.2024

Haidee Muller-Isaacs gesels oor die liefde met pasgetroudes Marlon en Riana Macalagh. Hulle was jare lank aan dwelms verslaaf, en is nou heeltemal skoon. Hulle vertel hoe hulle mekaar in 'n nagskuiling ontmoet het, getrou het, en nou 'n reguit pad stap met mekaar met die Here aan die stuur van hulle huwelikskarretjie.

Liefdesdoepas vir Valentynsdag 14.02.2024

Prof. Helmuth Reuter verduidelik hoe liefdesdoepas werk.

Teksboodskappe kos 'n regter haar werk 14.02.2024

‘n Regter in Amerika het bedank toe dit bekend word dat sy 500 teksboodskappe aan die balju gestuur het, terwyl sy ‘n moordsaak aangehoor het.

Wêreldradiodag: Die Hertzogtoring 13.02.2024

Dawie Botha vertel vir Martelize Brink in SO IS DIE LAND GEBOU van die konstruksie van die Hertzogtoring in Brixton. Dit staan deesdae bekend as die Sentech-toring.

Werner se De Rust 13.02.2024

Jacqui January draai van die grootpad af, en kuier op De Rust in die Klein Karoo saam met Werner Alberts.

Stank vir brand 13.02.2024

Owerhede in Australië vra om verskoning nadat helikopters rioolwater vir brandbestryding gebruik het. Twee woonbuurte moet nou stappe doen nadat hulle blootstelling aan rioolwatersproei gehad het.

Afrikanerbeeste 12.02.2024

Pierre-André Cronjé vertel vir Martelize Brink van die Afrikanerbees se rol tans, en in die geskiedenis, waar hulle onder andere die ossewaens getrek het.

Moorddadige tarentale? 12.02.2024

Hier is die rare, maar ware verhaal van ’n klomp tarentale wat ’n baba-uiltjie wou doodmaak. Die uiltjie is deur ‘n mens gered, maar moet nog aansterk. Dan is daar ook die storie oor kraaie wat skilpadstropers is. Mariska Spoormaker het oor dit alles gepraat met Arnold Slabbert, natuurbewaarder en pesbeheerder in Nelson Mandelabaai en omstreke.

Internasionale Openbare Kunsfees in Kaapstad 12.02.2024

Roshana Naidoo praat oor die rol van openbare kuns, en die agtste Internasionale Openbare Kunsfees in Kaapstad.

Betoging oor deurtrekkers op strand 12.02.2024

Die organisasie, Free the Peach, het ‘n protesaksie aan Australië se Gouekus gehou ná ‘n versoek dat deurtrekkers as stranddrag verbied word. Deurtrekkers was die drag van die dag by dié saamtrek op die strand.

Baie Mercedes-Benz 300SL's by motorskou 09.02.2024

Waldo Scribante vertel vir Martelize Brink dat agt van die land se nege Mercedes-Benz 300SL motors by vanjaar se George Oumotorskou te sien sal wees.

Vulkaniese uitbarsting in Ysland 09.02.2024

Maryke Musson vertel vir Martelize Brink van die jongste vulkaniese uitbarsting in Ysland op 8 Februarie.

360 Speseryroete - Deel 22 09.02.2024

Hetta van Deventer-Terblanche praat op die vooraand van Valentynsdag oor liefdesdrankies, rose in kookkuns en rooiwarm rissies.

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.