RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5345 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Satiriese skrikkelkoerant 29.02.2024

In Frankryk is daar ‘n satiriese koerant wat sedert 1980 slegs op 29 Februarie verskyn. Tans druk La Bougie du Sapeur 200 000 kopieë per uitgawe.

Ismael Mahomed vereer vir sy bydrae tot die kunste 28.02.2024

Dr. Ismail Mahomed gesels oor sy loopbaan as kuns- en kultuuradministrateur waarvoor hy ’n lewensbydrae-toekenning by die Fiestas kry.

Afrikaans op 'n radiostasie op St. Helena-eiland 28.02.2024

Johan Rademan het tydens sy onlangse besoek aan die afgeleë Suid-Atlantiese eiland, St. Helena, met Deon en Anita Robbertse gesels. Deon is verantwoordelik vir die instandhouding van die paaie op die eiland, maar a.g.v. Anita se werk is hulle ook deeltydse uitsaaiers, wat af en toe Afrikaanse musiek op lug speel.

Voorkombare blindheid-operasies 28.02.2024

Dr. Schalk du Toit vertel van Bay Cataract Services, wat voorkombare blindheid in die Gqeberha-metro help bekamp. Waglyste by staatshospitale is tot twee jaar lank vir ‘n katarakoperasie wat 15 minute neem om te doen. Die waglys vir ’n kornea-operasie is tot vyf jaar!

Beserings by trampolienpark sink besigheid 28.02.2024

’n Trampolien-onderneming in Engeland het ná twee maande in bedryf hulle deure gesluit, nadat ‘n ongevalle- en noodgevalle-eenheid onraad vermoed het omdat besoekers daar soveel beserings opgedoen het. Onder andere het elf mense hulle rûe daar gebreek.

Die Kaap se hawens 27.02.2024

Dawie Botha vertel in SO IS DIE LAND GEBOU van die Kaapse hawens en hulle geskiedenis.

Sean Aucamp-van Noordwyk is terug! 27.02.2024

Haidee Muller-Isaacs gesels met Sean Aucamp-van Noordwyk oor die hergeboorte van sy lewe as ’n vryskutkunstenaar.

Koffie op jou nugter maag? 27.02.2024

Dieetkundige Retha Harmse vertel hoekom dit nie ‘n goeie idee is om jou dag met koffie te begin nie.

orajdnamiliK po tiuretgA 27.02.2024

‘n Brit het op en af teen Kilimandjaro gestap ten bate van liefdadigheid, maar nie sommer net so nie. Hy het in beide rigtings dit agteruit gestap!

Kakamas se klaslam 26.02.2024

Joanica Marais vertel van Martie Oosthuizen van Pofadder. Martie is ‘n skaaplam wat van Februarie af klas draf by Hoërskool Martin Oosthuizen op Kakamas.

Afluister lei tot binnehandel-klag 26.02.2024

‘n Amerikaanse man is in die sop nadat hy tydens grendeltyd sy vrou se werksgesprekke by die huis afgeluister het. Hy het met dié inligting aandele gekoop, waarmee hy ’n wins van $1,76 miljoen gemaak het.

Bekroonde Bouwer en dié boom 25.02.2024

In sy nagenoeg 50 jaar toewyding om onder meer volhoubare gemeenskapskore te vestig, én om die grootste orrel-studiebeurs tot stand te bring, is die Baaienaar Bouwer van Rooyen deur Nelson Mandela Universiteit met die alumni-prestasietoekenning bekroon. Aan die uitvoerende kant is Bouwer ‘n orrelis, pianis en koordirigent, maar hy is ook ’n wetenskaplike, en ‘n bewys hiervan is ‘n 47-jaar oue witm...

Pieter du Preez weer by Outeniqua Chair Challenge 23.02.2024

Martelize Brink gesels met sportlegende Pieter du Preez. Hy by die 2020 Paralimpiese Spele in Japan goud verower, en is die eerste kwadrupleeg in die wêreld wat ‘n volle Ysterman voltooi het. Hy gesels oor die naweek se 20ste Outeniqua Chair Challenge waaraan hy deelneem.

360 Speseryroete - Deel 24 23.02.2024

Koshistorikus Hetta van Deventer-Terblanche gesels oor Suid-Afrikaanse restaurante van die 18de en 19de eeu. Wat was op die spyskaart? Watter speserye het hulle gebruik?

Die Karoo se konka-kabouters 23.02.2024

Die storie van die Karoo se konka-kabouters langs die R75 het 50 jaar gelede begin toe ‘n aktrise met ’n Karooboer getrou het. Die aktrise, Rijkie van Nijkerk, ‘n boorling van die Strand, en Ice Lotter, boerseun van Jansenville-omstreke, het ewige liefde in mekaar gevind nadat albei by dieselfde toneelgeselskap beland het. Hulle dogter, Francie Taljaard, ‘n boervrou van Jansenville, het die storie...

Museum soek Taylor Swift-konsultant 23.02.2024

Die V&A Museum in London soek ‘n Swiftie. Hulle wil ‘n Taylor Swift-superaanhanger hê wat insig kan gee in die aanhangerskultuur en die memorabilia wat Swift se aanhangers versamel en skep.

Jors se wurmbesigheid 22.02.2024

Haidee Muller-Isaacs loer in by die wurmboerdery van Jors Opperman naby Stellenbosch.

Die Paarl kry 'n ondergrondse laboratorium 22.02.2024

Dr. JJ van Zyl vertel van Afrika se eerste diep ondergrondse laboratorium, Paarl Africa Underground Laboratory, wat beplan word in die Huguenote-tonnel.

Vlieg is goedkoper as woonstel 22.02.2024

‘n Kanadese student vlieg twee keer ‘n week tussen Calgary en Vancouver wat sowat 1 000 km van mekaar is, om klas te draf. Die vliegtuigkaartjies kos $1 200 ’n maand, terwyl die huur van ’n eenslaapkamer woonstel in Vancouver $2 100 ‘n maand is.

Sêrie se kort aftrede 21.02.2024

Suster Sarah Roberts, alombekend as Sêrie Roberts of Robbie, is eintlik afgetree, maar dit het net ’n dag gehou! Haidee Muller-Isaacs het gehoor dat Sêrie nou op die kassie gaan verskyn.

Motorfiets-wêreldrekordpoging 21.02.2024

Dr. André Hattingh vertel vir Martelize Brink van Pediatric Care Africa se Ride for a child-veldtog, en die komende naweek se wêreldrekordpoging om 4 500 motorfietsryers as ‘n groep saam te laat ry.

Daar's 'n vark in my koffie 21.02.2024

Starbucks in China verkoop nou varkgeur-koffie. Dit word met gebraaide varkvleis op ‘n stokkie bedien.

Die oprigting van die Hetzogtoring 20.02.2024

Dawie Botha vertel in SO IS DIE LAND GEBOU verder van die konstruksie van die Hetzogtoring, deesdae bekend as die Sentechtoring in Brixton, Johannesburg.

Van ‘slagoffer’ tot misdaadbestryder 20.02.2024

Drie jaar gelede het huisrowers Ilke Soine se huis in Nelson Mandelabaai binnegedring. ’n Skoot het haar skrams teen die kop getref. Ilke het besluit sy is nié ’n slagoffer nie. Vandag is sy, op 52 jarige ouderdom, een van die hoogs gekwalifiseerde veiligheidsbeamptes by Tac Net, ‘n private sekuriteitsbedryf in Gqeberha. Abri Pienaar, eienaar van Tac Net, het vir Mariska Spoormaker meer vertel.

Lotery se $340 miljoen fout 20.02.2024

‘n Man in Amerika gaan hof toe om $340 miljoen met rente te eis, ná ‘n fout op die lotery webblad. Foutiewe wennommers was drie dae lank op die webblad vertoon, en mnr. Cheeks se loterykaartjie het met daardie nommers ooreengestem.

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.