RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5345 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Om te leer wat goeie werk is 11.03.2024

Baie werklose jongmense in Nelson Mandelabaai vind hoop en werk danksy die Work 4 A Living-program wat in vier sentrums in dié metropool aangebied word. Werksetiek, die opneem van eie verantwoordelikheid en persoonlike geldbestuur is van die fokuspunte in die opleiding. Mariska Spoormaker het die sentrum in Gelvandale besoek waar sy Matthew Solomon raakgeloop het.

Langste toutrek-rekord 11.03.2024

Wallis het ‘n rekord opgestel vir die langste toutrek van net meer as 516 meter met 100 deelnemers.

Alfred Thorpe se Kaapse driekamp 08.03.2024

Alfred Thorpe vertel vir Martelize Brink van die Calling Cape Town-driekamp, waar 50 atlete 8 km van Robbeneiland af swem, voor hulle die Kaapstad Fietstoer se 109 km plattrap. Daarna draf hulle die volgende 12 ure die 50 km roete tussen Kaapstad se drie ikoniese pieke.

360 Speseryroete - Deel 26 08.03.2024

Koshistorikus Hetta van Deventer-Terblanche gesels oor Cajun-speserye.

Japie en die kankerhuis 08.03.2024

Haidee Muller-Isaacs gesels met Japie Coetzee oor sy betrokkenheid by die Irma Bruchi Kankerhuis in George. Japie was op sy dag ‘n kranige sportman. Sy vrou is ‘n paar jaar gelede aan kanker oorlede. Japie het self kanker geklop, en vertel van die pad wat hy met die kankerhuis stap.

Groenland se ys na Dubai 08.03.2024

In Dubai kan jy ys van Groenland se ysberge in jou drankie kry. Die helderste en skoonste ys is ouer as 100 000 jaar, en smaak na niks.

Heuningvlei en gemeenskapstoerisme 07.03.2024

Die Morawiese sendingdorp, Wuppertal, se grondgebied strek oor 36 000 hektaar, met 16 nedersettings, of buiteposte. Daleen van der Westhuizen is die voorsitter van Heuningvlei Toerisme, een van die buiteposte. Johan Rademan het by haar in die Cederberge gaan kuier, en gevra om te verduidelik waar Heuningvlei is. Sy gesels oor gemeenskapstoerisme en hoe afhanklik Heuningvlei daarvan is.

Kry werk sonder werksondervinding 07.03.2024

Dr. Cobus Oosthuizen vertel hoe jy die uitdaging kan aanspak om 'n werk te kry sonder vorige werksondervinding.

K-Pop ster “verkul” aanhangers 07.03.2024

Die K-Pop-ster, Karina, het haar aanhangers om verskoning gevra nadat dit bekend geword het dat sy in ‘n verhouding met ‘n akteur is. Haar aanhangers het betoog omdat hulle voel sy verkul hulle. K-Pop-sterre word as romanties toeganklik bemark.

Prof. Karin se 50/50-veldtog 06.03.2024

Prof. Karin Baatjes gesels oor haar roeping in opvoeding, en die uitdaging met beurse vir studente. Vir haar 50ste verjaarsdag het sy ‘n 50/50-veldtog begin, waar sy mense nooi om weekliks 50 minute saam met haar te stap, draf of op ‘n ander manier te beweeg en geld vir beurse in te samel.

Grootmense se speelgoedland 06.03.2024

As jy nie mooi kyk wanneer jy in Gqeberha se Worrakerstraat ry nie, kan jy reg verby die Baai se speelgoedmuseum en restaurant ry. Mariska Spoormaker het betyds stilgehou, ’n koffie bestel en gesels met Emile Burger, mede-eienaar van die speelgoedmuseum, wat hy en sy vrou Yvonne 50 jaar gelede begin het.

Man kry 217 Covid-19-inentings! 06.03.2024

‘n Duitse man is 217 keer ingeënt teen Covid-19, oor ‘n tydperk van 29 maande! Hy weet egter nie hoe effektief dit is nie, siende dat hy nog nie Covid-19 gehad het nie.

Die spoorweë se werkswinkels 05.03.2024

Jan de Beer vertel in SO IS DIE LAND GEBOU van die rol van die spoorweë se werkswinkels. Hy fokus op die werkplaas by Koedoespoort in Pretoria.

Arashaad se strandkuns 05.03.2024

Haidee Muller-Isaacs kuier op die strand in Mosselbaai by met Arashaad Davids wat strandkuns beoefen. Hy vertel vir haar hoe hy sy talent ontdek het, en hoekom hy doen wat hy doen.

Vroue ondersteun vroue 05.03.2024

Salome Werner vertel vir Martelize Brink van Worthy Woman in Action, en hoe belangrik dit is dat vroue mekaar erkenning gee en ondersteun.

'n Hotelkamer in ruil vir te veel reën 05.03.2024

‘n Hotel in Singapoer vergoed jou met ‘n koepon ter waarde van ‘n nag se verblyf indien reën jou vakansieplanne beduiwel tydens jou verblyf.

Hoe gemaak met 'n wilde dier in nood? 04.03.2024

Deidre Joubert gesels oor die Wild and Free-rehabilitasiesentrum vir wilde diere in Mpumalanga. Sy vertel wat jy behoort te doen wanneer jy op ‘n wilde dier in nood afkom.

Trauma-aantekeninge word ‘n boek 04.03.2024

Toe die pa van haar vier kinders gesterf het ná ‘n ernstige aanranding drie jaar gelede in Kariega, het Thando Jonas die swaar pad na herstel begin loop deur elke dag haar gevoelens en mikpunte neer te skryf. Op 'n dag het 'n vriendin haar herstel-dagboek gelees en die kort van die lang storie is dat dit nou in boekvorm saamgevat en uitgegee word. Mariska Spoormaker het met Thando gepraat.

Gehoorverlies en sosiale isolasie 04.03.2024

Alida Naude vertel van die sosiale isolasie wat deur gehoorverlies veroorsaak word.

Sokker in die sneeu 04.03.2024

Los Angeles FC het die naweek teen Real Salt Lake in ‘n profesionele sokkerwedstryd teen mekaar gespeel. Eers is die afskop met twee ure uitgestel weens ‘n weerwaarskuwing. Ná vier minute se spel is die spelers weens weerlig vir ‘n uur van die veld af. Toe spel hervat, was dit in die sneeu. Die sneeu het swaar bly val vir die res van die wedstryd.

Penmaatklub vir senior burgers 01.03.2024

Sy was nog altyd baie bekommerd oor die vereensaming wat veroudering vir sommige senior burgers bring, daarom het Madelane Scholtz met ’n penmaatklub vir hulle begin. Sy bedryf dit vanuit haar winkel in Gqeberha. Mariska Spoormaker het daar gaan inloer.

360 Speseryroete - Deel 25 01.03.2024

Koshistorikus Hetta van Deventer-Terblanche gesels oor Tabasco en gefermenteerde speserysouse.

Wat sê die regter oor vloek? 01.03.2024

‘n Regter moes vandeesweek ‘n oordeel fel oor die manier hoe ‘n vloekwoord gebruik is - as werkwoord, selfstandige naamwoord of byvoeglike naamwoord? Die regter het bevind dis as byvoeglike naamwoord gebruik. Die woord was dus nie op die klaer gemik nie, en ’n landdros se vonnis van 12 maande tronkstraf vir vyf jaar vir die oortreding van ‘n beskermingsbevel, is omgekeer.

SA op voorpunt van laboratoriumtoetsing 29.02.2024

Jacqui January besoek ‘n chemiese analitiese labratorium by die Universiteit Stellenbosch. Wetenskaplikes Marius Pretorius en professor Marietjie Stander vertel van die toerusting, en die gebruik daarvan in die identifisering van molekules. Suid-Afrika word internasionaal erken vir sy bydrae in hierdie veld, en het al van dié toerusting gepatenteer. Marius waarvoor die masjinerie ingespan word.

Stand van SA se grondboonbedryf 29.02.2024

Adri Botha praat Suid-Afrika se grondboonbedryf, en die uitdagings wat ervaar word met produkte wat herroep word.

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.