RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5345 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Eerste minister maak vragmotortoeters stil 20.03.2024

In Kambodja het vragmotorbestuurders hulle vragmotors se standaard-toeters vervang met toeters wat deuntjies speel. Kinders en jongmense dans in die straat op die toeters se klank. Die eerste minister het ‘n verbod op die toeters geplaas siende dat die dansery die openbare orde versteur en gevaarlik is.

So word spoorlyne gebou 19.03.2024

Jan de Beer vertel in SO IS DIE LAND GEBOU hoe spoorlyne gebou word.

Kort-opera oor Oscar Pistorius se verhoor 19.03.2024

‘n Kontemporêre herinneringsopera, TRIAL BY MEDIA, is van 11 April af by Kunstekaap op die planke. Die libretto is deur Schalk Scoombie en die musiek deur Conrad Asman. Johan Rademan gesels met Van Wyk Venter, wat die rol van Oscar Pistorius vertolk in die opera, waar die invloed van sosiale media en die media onder die soeklig kom.

Watter rol biblioteke nog? 19.03.2024

Die Wes-Kaapse minister van kultuursake en sport, Anroux Marais, en Lizelle Burger gesels oor biblioteekweek, en die rol wat biblioteke deesdae speel, veral in die platteland.

Skaapjag in Amerika 19.03.2024

‘n Amerikaner is in die sop nadat hy reuse hibriede skape geteel het vir die trofeejagmark.

Forensiese opleiding vir wildbewaarders 18.03.2024

Petro van der Westhuizen vertel van die Wildlife Forensic Academy wat wildbewaarders en ander rolspelers oplei om stropingstonele forensies te ondersoek.

Keith Abrahams se sportdrome 18.03.2024

Haidee Muller-Isaacs ontmoet vir Keith Abrahams van Sarepta in Kuilsrivier. Hy vertel hoe hy as jong kind groot drome gekoester het om homself in die sportwêreld uit te leef. In weerwil van moeilike omstandighede het hy so fluks gevorder, eers as Iiggamlike opvoeding-onderwyser, later as ’n vlootoffisier, en vandag bedryf hy sy eie gimnasium.

PALS en grondhervorming 18.03.2024

Gerrit van Vuuren van Partners in Agri Land Solutions (PALS) vertel van hulle inklusiewe private sektor inisiatief wat fokus op grondhervormingsuitdagings.

Klimaataktiviste teiken nou sportnutsvoertuie 18.03.2024

Klimaataktiviste blaas nou sportnutsvoertuie se bande af, en los ‘n pamflet om te verduidelik dat die voertuie nie planeetvriendelik is nie. Só probeer hulle mense ontmoedig om dié soort voertuie te koop, wat die grootste deel van die Verenigde Koninkryk se nuwevoertuigverkope uitmaak.

Haidee kuier by SA Suiwelkompetisie 15.03.2024

Haidee Muller-Isaacs het by die jaarlikse SA Suiwelkompetisie met twee beoordelaars, Deléne Boshoff en Bianca Moller, gesels oor hulle ervaring in die suiwel- en voedseltegnologie-wêreld.

360 Speseryroete - Deel 27 15.03.2024

Koshistorikus Hetta van Deventer-Terblanche gesels oor wasabi.

Duisende dollar se sand spoel weg 15.03.2024

‘n Groep Amerikaanse huiseienaars het 14 000 ton sand tussen hulle 15 huise en die see gegooi om die huise te beskerm. Die hoop was dat dit vir 3 jaar sou hou. Na 3 dae het ‘n storm reeds meer as die helfte van die nagenoeg $600 000 se sand weggespoel.

Jy is 60. Wat nou? 14.03.2024

Dr. Cobus Oosthuizen praat oor hoe jy van rigting kan verander wanneer jy ouer is.

Ant Suzie leer om te swem 14.03.2024

Suzie Mathys het in haar laat sestigs 'n besigheidseienaar geword. Op 70 was sy 'n strooimeisie vir haar vriendin, die bekende Marlene le Roux. En nou, op 71, spring sy sommer diepkant in en leer swem. 'n Mens is werklik nooit te oud om te leer nie, vertel sy vir Haidee Muller-Isaacs.

Wat is donker materie? 14.03.2024

Dr. JJ van Zyl vertel vir Martelize Brink wat donker materie is, en hoe dit waargeneem word.

Britte en hulle slakke 14.03.2024

Britse organisasies versoek dat Britte vriende maak met hulle sowat 150 slak- en naakslakspesies. Min soorte maak moeilikheid in die tuin, maar gif laat almal van hulle vrek. Krimpvarkie- en voëlgetalle het dramaties afgeneem met die vermindering van slakke in die platteland.

Charles J. Fourie se skryfwêreld 13.03.2024

Charles J. Fourie gesels oor sy wêreld van skryf. RSG se middagvervolgverhaal, As die Hadida roep, is sy pennevrug.

Die “Hoopfabriek” vir jongmense 13.03.2024

Oorkant die SABC in Gqeberha, ry jy deur die hekke van die Ray Mhlaba-sentrum om by die Conyngham koffiewinkel te kom. Op die groter perseel vind jy hoop in aksie, want hier word weerlose jongmense tussen 18 en 25 jaar vaardighede aangeleer wat hulle óf entrepreneurs óf werknemers in verskillende bedryfsektore maak. Mariska Spoormaker het meer gaan uitvind.

Anim se 500 km in die sneeu 13.03.2024

Anim Swart (58) vertel van die Lapland Arctic Ultra-wedloop in Swede sy meer as 500 km in die sneeu te voet afgelê het sonder ondersteuning. Sy was die eerste vrou oor die wenstreep en algeheel vierde.

Baarde of tatoeëermerke help gidshonde 13.03.2024

Brittanje se organisasie wat gidshonde vir siggestremde mense oplei, vra dat mense met tatoeëermerke op die gesig, baarde, snorre, en vreemde haarstyle soos ‘n mohawk, hulle moet help met opleiding. Navorsing wys dat honde skrik vir mense wat só lyk. As hulle met die klein hondjies speel, gee dit vir die honde ‘n positiewe ervaring, en help hulle om gemaklik en selfversekerd te wees.

Die spoorweë se gieterye 12.03.2024

Jan de Beer vertel in SO IS DIE LAND GEBOU van die spoorweë se gieterye, en wat hulle daar doen.

Mielieverbouing in Suid-Afrika 12.03.2024

Mielies is ‘n Amerikaanse graangewas wat sedert die 16de eeu ‘n stapelvoedsel in Suid-Afrika geword het. Jacqui January vind meer uit van die die Drie Susters-konsep, die tradisionele manier hoe mielies in Amerika verbou is. Dit behels die innoverende praktyk om mielies, boontjies en pampoen saam te plant as plantmaats. Professor Ben-Erik van Wyk van die Universiteit van Johannesburg en ‘n mielieb...

Is die karnivoordieet veilig? 12.03.2024

Dieetkundige Retha Harmse vertelvan die karnivoordieet waar slegs vleis en ander diereprodukte geëet word.

Betaal biblioteekboetes met foto van kat 12.03.2024

‘n Biblioteek in Worcester in Massachusetts in die VSA laat mense hulle boetes vir beskadigde of laat boeke betaal met ‘n foto of prent van ‘n kat.

Mense veroorsaak gehoorskade by diere 11.03.2024

Alida du Toit praat oor die skade wat menslike atiwiteit aan diere se gehoor aanrig. Skade aan walvisse se gehoor kan daartoe lei dat hulle op strande uitswem.

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.