RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Die lewe op St. Helena 01.04.2024 7:27
Hoe leef ‘n mens met jou gesin op ‘n eiland wat soos ‘n sampioen 3 km uit die seebodem opstaan, en slegs 8 km by 16 km groot is en binne 7 km van seevlak af tot net oor die 800 m klim? Johan Rademan het met dr. Marjorie du Plessis op die vulkaniese eiland, St. Helena, gesels.
Warmbrak word komkommer ná klagte 01.04.2024 2:06
London se moltreinowerhede het ‘n komediant versoek om die plakkate vir sy vertoning, Hot Diggity Dog, se ontwerp te verander. Weens die verbod op advertensies vir gemorskos, is Ed Gamble versoek om ‘n foto van ‘n halwe worsie van die plakkaat te verwyder. Hy het dit met ‘n halwe komkommer vervang...
Dr. Jannas se beroemde "huisgaste" 28.03.2024 7:00
Dr. Jannas du Plessis, die algemene praktisyn op St. Helena-eiland, vertel van die beroemdes wat al in sy woning gebly het, soos Napoleon en kaptein Cook.
'n Klagte op Facebook word tronksake 28.03.2024 2:58
‘n Vrou in Nigerië het op Facebook gekla oor tamatiepuree. Dit het haar agter tralies laat beland. Sy het glo ‘n kubermisdaadwet oortree wat haar jare in die tronk kan hou.
Wynmaak en lyn natmaak 27.03.2024 10:09
Christelle van Niekerk vertel vir Martelize Brink hoe sy in Kanonkop se laboratorium beland het, en daarna junior wynmaker geword het. Ons hoor ook hoe die hengelgogga haar gebyt het.
Van skoonmaak to kaasmaak 27.03.2024 7:02
Haidee Muller-Isaacs gesels met Bruce Rowbotham oor hoe hy 'n kaasmaker geword het, hoewel sy pa desjare 'n hoenderboer was. Hy het eers lorries gelaai by die kaasfabriek waar hy allerhande werkies gedoen het, maar uiteindelik toe sy droom bewaarheid het om self kaas te maak. Hy sê jy moet eers kan skoonmaak voordat jy kan kaasmaak...
Motortoetsbaan in die Noord-Kaap 27.03.2024 3:41
Marnus Hattingh vertel vir Martelize Brink van ‘n geheime motortoetsbaan, ver van kameras en nuuskieriges in die hitte van die Noord-Kaap.
Denimsensuur in Noord-Korea 27.03.2024 2:08
’n BBC-tuinbouprogram is in Noord-Korea op TV uitgesaai, waar die aanbieder se broek net as ‘n dowwe kol te sien is. Denim word gesien as ‘n simbool van Amerikaanse imperialisme. Weens sensuur kon die tuinier se denim nie op TV gesien word nie.
Gariepdam en Oviston 26.03.2024 9:36
Dawie Botha vertel in SO IS DIE LAND GEBOU van die Gariepdam en Oviston.
Zac se passie 26.03.2024 8:03
Haidee Muller-Isaacs gesels met Zac Steyn oor sy loopbaan in die kunsdepartement van die filmbedryf. Hy vertel dat hy aanvanklik raad gekry het om eerder na skool te begin werk, want hy sou baie meer leer op regte fliekstelle. En dis sy eintlike passie.
Lego-verdagtes? 26.03.2024 1:36
‘n Polisiestasie in Kalifornië plaas foto’s van uitkenningsparades op sosiale media. Die mense se gesigte word egter vervang met dié van karakters uit rolprente soos Shrek. Die afgelope paar weke het hulle Legomannetjies gebruik, totdat Lego hulle herhinner het wie se intellektuele eiendom dit is. Nou gaan ander karakters moet skuldig lyk.
Skaapjag in die Karoo 25.03.2024 7:25
Johannes Pienaar vertel vir Martelize Brink van die bergskape in die Carnarvon-omgewing. Ons hoor hoe die bergskape, of aoudad, uit Noord-Afrika daar beland het, en die uitdaging om hulle te jag.
Afrikaanse Taalmonumente in die Baai? 25.03.2024 7:26
Baie Suid-Afrikaners is vertroud met die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl, maar nou het daar nog baie ander taalmonumente by die Nelson Mandela Universiteit in Gqeberha verrys. Mariska Spoormaker het gehoor dit hou verband met Afrikaans se Eeufeesvieringe in 2025, en het universiteit toe gegaan om meer uit te vind.
Liza se vis 25.03.2024 7:22
Liza van der Merwe vertel vir Martelize Brink hoe sy met haar kerrievis die sprong van ‘n klein onderneming tot op die groot winkelrakke gemaak het.
Bogota se omgeeskole vir mans 25.03.2024 2:26
In Bogota, Colombië se hoofstad, is daar omgeeskole vir mans. Van doeke te ruil tot hare vleg word gebruik om die manlike chauvinisme in die land te help bekamp.
Vliegtuie en 'n simfonieorkes 22.03.2024 4:56
Alewyn Burger vertel van die Stellenbosch Lugskou waar die Flying Lions in hulle Harvards se vertoning gekombineer word met ’n simfonieorkes-uitvoering.
360 Speseryroete - Deel 28 22.03.2024 8:08
Kultuur- en koshistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor Paasspeserye, Griekse Paasbrood en mastiek.
Nagmaal by die Dias-kruis 22.03.2024 6:12
Op 12 Maart 1488 het het die Portugese seevaarder, Bartolomeu Dias, tydens sy terugvaart na Portugal ‘n kruis by Kwaaihoek tussen die Boesmansriviermond en Boknes in die Oos-Kaap geplant. Meer as 500 jaar later het Marie Greyvenstein en ’n paar stappers by die kruis nagmaal gehou. Marie verduidelik aan Mariska Spoormaker hoekom hulle dit gedoen het.
Slanggifpartytjies 22.03.2024 2:21
‘n YouTuber is gevang omdat hy slanggif as ‘n dwelm by partytjies verkoop het.
Inklusiwiteit en gelykheid 21.03.2024 8:47
Thys Blom, die voorsitter van die Wes-Kaapse Vereniging van en vir Persone met Gestremdhede, praat oor die pad na inklusiwiteit en gelykheid.
Pa en seun se rolbal-samesyn bring sukses 21.03.2024 7:05
Michael Boshoff het besluit hy wil saam met sy tienerseun, Nicah, ’n lekker buitemuurse aktiwiteit, wat kompeterend is, aanpak. Altwee het saam besluit op rolbal. Nou is die 15-jarige Nicah lid van die Oostelike Provinsie se onder-18-rolbalspalspan wat hulle provinsie by die Nasionale Rolbalkampioenskappe in Bloemfontein sal verteenwoordig. Mariska Spoormaker het by die Millpark-rolbalbaan gaan ky...
Chinese boikot gebottelde water 21.03.2024 2:20
Chinese boikot hulle rykste man se gebottelde water. Motiewe op die waterbottels herhinner aan Japan, en die Chinese bevolking voel dis nie patrioties genoeg nie.
Anrich se droomrol 20.03.2024 10:05
Anrich Herbst gesels oor droomrolle, die op en af van die lewe as akteur, en wat hom gelukkig maak.
Wat doen die Downsindroom-vereniging? 20.03.2024 7:56
Haidee Muller-Isaacs kuier by die Wes-Kaapse Downsindroom-vereniging in Bellville, waar sy meer uitvind oor die werksaamhede van hierdie organisasie.
SA vrou se kuns na die maan 20.03.2024 6:49
Sue Tatham vertel vir Martelize Brink hoe dit gebeur het dat een van haar kunswerke in November saam met NASA maan toe gaan.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.