RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5345 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Die Groter Kabeljous-vennootskap vir bewaring 10.04.2024

Dr. Wentzel Coetzer praat oor die behoefte aan bewaring van die Kabeljous- en Papiesfonteingebiede se biodiversiteit en kulturele erfenis vir Khoisangroepe.

Hofmakery gaan hof toe 10.04.2024

‘n Amerikaanse man het 50 vroue hof toe gesleep nadat hulle op ‘n Facebookblad sy gedrag op romantiese afsprake veroordeel het.

Boogdamme 09.04.2024

Dawie Botha vertel in SO IS DIE LAND GEBOU van die Gariepdam se geboë vorm en die kinetiese kragte.

Brug tussen horende en dowe mense 09.04.2024

Melinda Botha vertel hoe Deafways die gaping tussen horende en dowe mense oorbrug - van gebaretaaltolke tot werksgeleenthede vir dowes.

'Enigiemand kan aanlyn geld maak' 09.04.2024

Baie mense glo dat entrepreneurskap slegs vir diegene in hulle twintigs of dertigs is. As jy ouers as veertig is, is dit maklik om te glo dat jy te oud is. Magriet Groenewald, ’n sosialemedia-bemarkingspesialis, sê niks is verder van die waarheid af nie. Sy verklap aan Haidee Muller-Isaacs hoe jy op enige ouderdom aanlyn ’n ekstra inkomste kan verdien.

Hofsake oor handsakke 09.04.2024

Twee Amerikaners het ‘n klasaksie begin teen die Franse vervaardiger van luukse goedere, Hermès. Hulle klagte is teen die manier hoe kliënte toegang kry tot hulle eksklusiewe Birkin-handsakke.

Die insekte wat die Knysnabos se bome bestuif 08.04.2024

Dr. Rudi Swart vertel van sy navorsing oor die insekte wat die Knysnabos se bome bestuif. Hy moes leer om professioneel boom te klim met ingevoerde toerusting, om bo by die bome se blomme uit te kom.

Sonsverduistering ervaring in Texas 08.04.2024

Annemarie Smith, ‘n Suid-Afrikaner wat in Houston in Texas woon, vertel vir Martelize Brink van die opwinding daar oor die sonsverduistering, en hoe Amerikaners die geleentheid vier.

Fleksiekultuur 08.04.2024

‘n Gonswoord tussen argitekte en kunstenaars in hulle werk en ontwerp, is fleksieruimtes. Johan Rademan hoor by Evert Esterhuizen, ‘n kunstenaar én argitek, wat dit is.

Kan kommersialisering biodiversiteit beskerm? 08.04.2024

Joernalis Elise Tempelhoff praat oor voorgestelde wetgewing oor die biodiversiteitsekonomie. Sy bevraagteken dat kommersialisering biodiversiteit kan beskerm.

Tsjetsjnië vat vinnige (en stadige) musiek vas 08.04.2024

Tsjetsjnië het ‘n nuwe wet wat bepaal dat musiek se tempo tussen 80 en 116 slae per minuut móét wees. Musikante het tot 1 Junie om hulle musiek te verwerk om aan die nuwe bepaling te voldoen, anders mag dit nie in openbare ruimtes uitgevoer word nie.

Die Baai se breë glimlag vir plesierskepe 05.04.2024

Eintlik moet die rooi mat ver uitgerol, en palmtakke geswaai word vir al die pasassiers wat met elke plesierboot die Baai binnekom. Sodra hulle voet aan wal sit, begin die ekonomiese wiele sterk draai in ’n streek wat dit baie nodig het. Dit skep sommer ’n karnavalgees, sê Alan Foggerty, ‘n Oos-Kaapse toeroperateur.

360 Speseryroete - Deel 29 05.04.2024

Koshistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor sout.

Hoeveel bokke wil jy hê? 05.04.2024

‘n Italiaanse eiland het ’n oorbevolking van bokke, en gee mense nou die kans om hulle aan te neem. Jy kan aansoek doen om tot 50 bokke te vang, op ‘n boot te laai, en weg te neem van die eiland af.

Stilte is goed vir jou 04.04.2024

Johannes de Villiers praat oor die rol en voordele van stilte in jou lewe.

Rene se Afrikaans 04.04.2024

Haidee Muller-Isaacs gesels met Rene Arendse oor die Afrikaans-100-veldtog, en haar passie vir die taal. Rene het in Distrik Ses grootgeword waar haar pa 'n Afrikaans-onderwyser was.

Franse paartjie se Noag-sindroom 04.04.2024

‘n Franse paartjie is in die moeilikheid omdat hulle 159 katte en 7 honde aangehou het in ‘n 80 vierkante meter woonstel. Hulle lei aan Noag-sindroom, die opgaar van diere sonder om noodwendig die vermoë te hê om vir die diere te kan sorg.

Wat is sintetiese pynstillers? 03.04.2024

Prof. Helmuth Reuter verduidelik wat sintetiese pynstillers is, en wys op die gevare van hierdie middels. Brittanje het onlangs die vervaardiging van 15 van hierdie middels verbied.

Johan Breunissen: Van Robbeneiland tot sakeman 03.04.2024

Haidee Muller-Isaacs gesels met sakeman Johan Breunissen oor sy grootworddae op Robbeneiland, en sy pa vir wie hy groot bewondering gekoester het.

Basketbal in 'n fraksie van 'n sekonde 03.04.2024

Twee Ierse basketbalspanne moet die laaste 0,3 sekondes van hulle kwarteindwedstryd oor speel ná ‘n dispuut. Dit moet vandeesweek gebeur om te bepaal wie deurgaan na die halfeindstryd.

Die Oranje-Visriviertonnel 02.04.2024

Dawie Botha vertel vir Martelize Brink in SO IS DIE LAND GEBOU van die Oranje-Visriviertonnel. Op sy dag was dié 82,45 kilometer lange tonnel die langste van sy soort ter wêreld.

“Daarom spesifiek ‘n vissersmanskruis” 02.04.2024

‘n Beeldhouer en kunstenaar van Nelson Mandelabaai, Michael Barry, glo dat kuns wat op ’n spesifieke plek in ’n gemeenskap uitgestal of opgerig word, ’n deel van daardie plek se plaaslike geskiedenis moet vertel. Mariska Spoormaker het met hom by een sy kunswerke, die Vissersmanskruis, in Suideinde gesels.

Traumatiese ervarings van verbrokkelde liefdesverhoudings 02.04.2024

Dr. Berte van der Watt vertel dat die nagevolge van traumatiese ervarings van ontluikende volwassenes van 18 tot 25 jaar ná verbrokkelde liefdesverhoudings, soortgelyk is aan dié wat ná fisieke of seksuele aanranding gesien word.

'n Lêplek langs Marilyn Monroe 02.04.2024

‘n Man het die graf langs dié van Marilyn Monroe vir $195 000 gekoop. Hugh Hefner lê aan die ander kant langs haar.

Suikerbekkies se migrasieroete herstel 01.04.2024

Prof. Sjirk Geerts vertel van die Ingcungcu-projek wat suikerbekkies se migrasieroete tussen die Tafelberg Nasionale Park en die Bolandse berge herstel, met behulp van Kaapse Vlakte-skole en hulle tuine.

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.