RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5345 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Viljoen Retief se musiek 19.04.2024

Viljoen Retief vertel vir Martelize Brink oor hoe hy in die musiekbedryf beland het, liedjieskryf en die droom om weer Kenia te besoek, waar hy gebôre is.

360 Speseryroete - Deel 31 19.04.2024

Vuur en vlam Kokkedoor Cindy Minego praat oor die gebruik van paprika in kookkuns.

Jacob Swann se musiek 19.04.2024

Jacob Swann gesels oor sy musiek, sy aanslag, en die musiek waarna hy luister.

Daneel van der Walt 18.04.2024

Aktrise Daneel van der Walt vertel wat sy as kelnerin geleer het, en die plesier daarvan om kinderprogramme vir radio skep.

Gershwin Cupido ploeg terug 18.04.2024

Haidee Muller-Isaacs gesels met Gershwin Cupido oor sy grootworddae in Albertinia, die bemagtiging van die jeug by Die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans, en nou bestuurder in eie reg. Hy ploeg steeds terug in sy gemeenskap op Albertinia waar hy 'n jeugfees gestig het.

Lyk moet geld trek in bank! 18.04.2024

‘n Vrou in Brasilië is met haar oom se lyk bank toe om met sy handtekening daar geld te kry.

Hoogste swem in die Himalajas 17.04.2024

Jean Craven gesels vertel van die volgende Madswimmer-avontuur waar hy en ‘n groep mense Himalajas toe gaan om ‘n nuwe wêreldrekord vir die hoogste swem op te stel. Meer as 7000 meter bo seespieël is waarvoor hulle mik, maar 6 500 meter is genoeg om die rekord te behou wat Madswimmer voorheen opgestel het met ‘n swem in die Andesgebergtes.

Sydene Cloete se omgeehart 17.04.2024

Haidee Muller-Isaacs gesels met Namakwalander Sydene Cloete oor haar omgeehart vir die kinders van die Masigcine Kinderhuis in Mfuleni. Daar versorg hulle verwaarloosde, verwerpte en mishandelde kinders.

Meeste steun verbod op enkelgebruik-plastiek 17.04.2024

Lorren de Kock vertel vir Martelize Brink van ‘n wêreldwye peiling wat wys dat 85% van mense ‘n verbod op enkelgebruik-plastiek steun.

'n Bollywood-superster, bokke en 'n bende 17.04.2024

‘n Bende wat aan ‘n godsdienstige sekte behoort, het op ’n Bollywood-superster geskiet. Salman Khan het glo in 1998 twee bedreigde bokke geskiet, en die sekte beskou dié bokke as heilig.

Damme en oorloopkragte 16.04.2024

Dawie Botha vertel in SO IS DIE LAND GEBOU van damme en hoe die oorloopkrag van water oor die wal verminder word.

Bakkery help jongmense met intellektuele gestremdhede 16.04.2024

Haidee Muller-Isaacs loer in by die Down with Dough-bakkery in Kaapstad. Dis begin deur Lynne Rutherfoord om jongmense met intellektuele gestremdhede se vaardighede op te skerp. Lynne se seun, Joshua, het Downsindroom. Sy wou graag hê dat hy en ander soos hy ook hulle plek kan volstaan as jong werkendes.

Hoe werk litium-ioon-batterye? 16.04.2024

Dr. Johann Strauss vertel hoe litium-ioon-batterye werk, en hoe veilig dit is.

Eksotiese motorhuise vir eksotiese motors 16.04.2024

Soms word motorhuise gebou om by die eksotiese motors daarin te pas. Hulle noem dit ‘n kunsgalery vir die rygoed.

KI en kuns 15.04.2024

Wie word die hardste geslaan deur Kunsmatige Intelligensie in die kunswêreld. Johan Rademan het met argitek en kunstenaar Evert Esterhuizen hieroor gepraat.

Groot jag op 'n klein diertjie 15.04.2024

Nieu-Seeland het helikopters, bote, honde, kameras en lokvalkundiges ingespan om ‘n wesel agt maande lank te jag. En 300 000 Amerikaanse dollar later is die wesel wel van kant gemaak.

Doen dit self aan die toeneem 12.04.2024

Terena le Roux vertel dat mense weer al hoe meer self dinge bou, maak en regmaak. Aanlynvideos wat stap-vir-stap verduidelik, maak dinge minder skrikwekkend vir beginners.

360 Speseryroete - Deel 30 12.04.2024

Koshistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat verder oor sout.

Britte sukkel met vervalsings 12.04.2024

Die Vernigde Koninkryk se Royal Mail het ‘n uitdaging met vervalste seëls. As jy ‘n brief met ‘n vervalste seël daarop ontvang, is daar ‘n £5 boete!

Klub vir edelstene en minerale 11.04.2024

Haidee Muller-Isaacs vind meer uit van edelstene en minerale by 'n klub vir dié stokperdjie waar belangstellendes selfs klippies uitruil. Die klub is al in 1962 gestig.

Swem só vir jou siel 11.04.2024

Hoe kouer die water, hoe beter. Dít, in kort, is waarop die Baai se maandelikse geestesgesondheidswem tot anderkant die branders neerkom. Mariska Spoormaker het gaan kyk hoe doen hulle dit.

Pyn en pynstillers 11.04.2024

Prof. Helmuth Reuter vertel vir Johan Rademan van pyn, en die middels wat daarvoor gebruik word.

'n Kunswerk kos 'n werk 11.04.2024

‘n Werker in ‘n Duitse kunsmuseum is sy werk kwyt nadat hy een van sy eie kunswerke in die museum gehang het.

Wayne Mckay se komedie 10.04.2024

Komediant Wayne Mckay vertel van Afrisnaaks, en sy ervaring met die taal op internasionale verhoë.

Van Adam Tas tot museumhoof 10.04.2024

Toe sy as kind op Kraaifontein grootgeword het, was dit haar droom om eggenote en moeder te wees. ‘n Laerskooluitstappie na die Kasteel in Kaapstad het egter haar kop na die geskiedenis geswaai, en het sy na matriek in dié rigting aan die Universiteit Stellenbosch gaan studeer. Vandag is sy doktor Anziske Kayster, bestuurshoof van Graaff-Reinet Museums. Mariska Spoormaker wou by haar weet wat in d...

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.