RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Dano + Frans-Hendrik = Ysterman! 03.05.2024 9:22
In 2019 was Dano Swart in matriek en ‘n kranige sportman, maar toe doen hy ‘n ernstige nekbesering op wat hom rolstoel-afhanklik gemaak het. Tog mik hy om in Junie vanjaar, met die hulp van sy vriend, Frans-Hendrik Badenhorst, aan die Ystermankompetisie in Durban deel te neem. Mariska Spoormaker het by Dano in Kariega gaan kuier.
360 Speseryroete - Deel 33 03.05.2024 8:50
Koshistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat verder oor die gebruike van jenewer.
Italië verbied hondejoga 03.05.2024 1:55
Italië het "hondjiejoga" verbied omdat dié fiksheidsgier te stresvol vir die diere is. Daar is bewerings dat sommige hondjies toegang tot water geweier is, om te verhoed dat hulle tydens klasse op die vloer – of op jogapraktisyns – urineer.
Suksesvolle emigrasie 02.05.2024 9:46
Johan Oldenburg praat oor suksesvolle emigrasie. Hy het al in Asië en Nederland gebly, en help verskeie Oekraïners om in Nederland aan te pas.
Frieda Baardman van Worcester 02.05.2024 8:10
Haidee Muller-Isaacs gesels met Frieda Baardman van Worcester. Sy het vyf jaar gelede haar haarkapperbesigheid opgegee om bejaardes en verswaktes te help by die dorp se hospies. Sy vertel hoe sy steeds vandag vir haar volwassene kinders bid, en sy plaas elkeen se foto in haar Bybel. Dis hoe sy hulle salf, vertel sy.
Giftige boeke 02.05.2024 1:34
Die Franse Nasionale Biblioteek het vier boeke in kwarantyn geplaas wat op die giftige boekprojeklys verskyn. Die Victoriaanse era se drukkers het arseen gebruik om die omslag van boeke groen te kleur.
Oos-Kaapse aasvoëlpaar bring vreugde 26.04.2024 6:13
Die groot Vulpro-aasvoëltrek van Noordwes na die Shamwari Wildreservaat, het ook Mr G en Ms V, twee kransaasvoëls oorspronklik uit die Oos-Kaap, ingesluit. Nou het dié twee tot almal se grootste verbasing ’n eier gelê, lank voor enige eier in die nuwe tuiste verwag is. Mariska Spoormaker het met Kate Webster, Oos-Kaapse aasvoël-rehabiliteerder oor Mr G en Miss V gepraat.
360 Speseryroete - Deel 32 26.04.2024 6:05
Hetta van Deventer-Terblanche praat oor die gebruike van jenewer, veral by wildsvleis.
Troetelseekat verras met 50 kleintjies 26.04.2024 1:55
‘n Kind in Amerika se troetelseekat het ná ‘n week by sy eienaar eiers gelê. Skielik moes daar vir 50 klein seekatjies apart plek gemaak word, anders eet hulle mekaar.
Prof. Elain Vlok vereer vir gemeenskapsdiens 25.04.2024 13:17
Prof. Elain Vlok vertel vir Martelize Brink van haar werk by Clover Mama Afrika waarvoor sy by The Woman of Stature Awards™ vereer is met ‘n toekenning vir haar lewensbydrae tot gemeenskapsdiens.
Wanneer is die beste tyd om snoek te eet? 25.04.2024 6:04
Maryke Musson verduidelik vir Martelize Brink waarom mense sê dat jy nie snoek eet in die maande wat ‘n R in het nie.
Hoe keer jy wind op 'n brug? 25.04.2024 9:20
Jac Botha vertel vir Martelize Brink hoe jy ‘n brug soos die een by Du Toitskloofpas in die Wes-Kaap beveilig, waar daar elke nou en dan voertuie omwaai.
Los die slang buite die hospitaal! 25.04.2024 2:03
In Australië vra medici dat mense wat deur slange gebyt word, asseblief moet stop met die slange vang en saambring noodeenheid toe. Hulle kan in elk geval nie die slange daar identifiseer nie.
Gerben Kamper se lang loopbaan 24.04.2024 9:36
Gerben Kamper gesels oor sy loopbaan as akteur en die stem van Brakanjan!
“Gee terug aan die gemeenskap” 24.04.2024 6:43
Waar jy ookal werk, woon of studeer, moet jy ‘n bydrae aan die omgewing en die gemeenskap lewer. Steve de Beer, ‘n sakeman van Gqeberha, leef dié beginsel uit. Mariska Spoormaker het Steve by een van sy gemeenskapsprojekte gaan opsoek.
Biologiese pes- en plaagbeheer 24.04.2024 7:00
Ben Krog vertel vir Martelize Brink van die toenemende rol van biologiese pes- en plaagbeheer vir veiliger voedselproduksie en die omgewing.
Belg se dronk lyf 24.04.2024 1:43
‘n Man in België is aangekla vir dronkbestuur, maar vrygespreek siende dat hy Outo-brouerysindroom het. Sy liggaam vervaardig alkohol.
Die Gariepdam se kamers en galerye 23.04.2024 7:17
Dawie Botha vertel in SO IS DIE LAND GEBOU van die Gariepdam se kamers en galerye in die wal.
Sandra van de Rheede se hartsgoed 23.04.2024 7:50
Haidee Muller-Isaacs gesels met Sandra van de Rheede, wat vertel oor haar komvandaan, handwerk en hartsgoed. Jy kan haar altyd deur 'n ring trek, waar sy ook al gaan. En, dan is daar Sandra se manier van tafeldek vir daaglikste etes - soms selfs net vir een.
Wat is die verskil tussen LP- en natuurlike gas? 23.04.2024 6:17
Hyrone Thomas vertel vir Martelize Brink wat die verskil tussen LP-gas en natuurlike gas is. Aan LP gas is daar nie ‘n tekort nie.
Milan sê: Los die laatnag-gelato! 23.04.2024 1:37
Milan is van plan om gelato, pizza en ander wegneemetes by buitetafels te verbied op weeksaande ná 00:30 en naweke ná 01:30, vanaf middel Mei tot November.
Clanwilliam-sandvisprojek 22.04.2024 12:04
Riaan van der Walt vertel van die Clanwilliam-sandvisprojek, wat tot die spesie se redding kom.
Wuppertal se gesonde en gewilde rooibostee 22.04.2024 6:35
Langbome is een van talle buiteposte in die Wuppertalse Rhynse-sendinggemeenskap. Rooibostee is nie net die hoofslagaar van inkomste vir dié besondere gemeenskap nie, maar ook van die gesondste en onaangetaste biodinamiese produkte wat wereldwyd gesog is as gevolg van die skoon en ongerepte aarde waaruit dit kom. Johan Rademan het by die prosesseringsbaan ‘n draai gemaak, en buiten die bestuurshoo...
Daar gaan die lid se lit... 22.04.2024 1:24
Twee vroue in Mexiko was slaags in ‘n gimnasium. Nadat die 44-jarige gekla het dat die 66-jarige te lank besig is by ‘n oefenapparaat, is hulle in mekaar se hare in, en die 66-jarige byt die ander se vinger se voorste lit af.
Besoek Paarlberg-natuurreservaat 19.04.2024 6:00
Lindsay Lewis vertel vir Martelize Brink wat te sien is in die Paarlberg-natuurreservaat.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.