RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Muntversameling ná 100 jaar te koop 15.05.2024 2:03
Die waardevolste muntsversameling wat tot nog toe te koop aangebied word, sal op ‘n veiling beskikbaar gestel word nadat daar ‘n 100 jaar verbod op die verkoop daarvan was. Die 20 000 stuk versameling se waarde word op £57,4 miljoen beraam.
Brugontwerpe - Deel 1 14.05.2024 8:06
Dawie Botha praat in SO IS DIE LAND GEBOU oor die verskillende soorte brugontwerpe in Suid-Afrika.
Pligte en regte van huishoudelike werkgewers 14.05.2024 13:17
Stephanie Cilliers praat oor die pligte en regte van 'n huishoudelike werkgewer.
'n Boot op die heining én agter die heining 14.05.2024 1:44
‘n Man in Kalifornië is aangesê om sy boot agter ‘n ses voet heining te kry. Uit verset het hy sy kunstenaar-buurman gekry om ‘n fotorealistiese skildery van die boot en die res van die oprit op die heining te skilder. Jy sien die boot, maar die boot is volgens die reëls agter die heining!
Trekvoëldag en Europese troupant-projek 13.05.2024 8:38
Dr. Hanneline Smit-Robinson vertel van ‘n dag vir trekvoëls, en ‘n Europese troupant-projek waarby Birdlife South Africa betrokke is.
Vanes-Mari se hoogste swem 13.05.2024 10:16
Vanes-Mari du Toit vertel van Madswimmer se suksesvolle aanslag op die wêreldrekord vir die hoogste swem. Hulle het die nuwe rekord in die Himalajas opgestel op ‘n hoogte van 6 405 meter.
Wêreldag vir plantgesondheid 2024 13.05.2024 6:56
Dr. Ida Wilson praat oor Wêreldag vir plantgesondheid. Sy vertel van vanjaar se tema: plantgesondheid, veilige handel en digitale tegnologie.
Rolls Royce om polisielede te lok 13.05.2024 1:07
Miami Beach se polisie het ‘n Rolls Royce ter waarde van $250 000 in ‘n patroliemotor omskep. Die doel is om mense te lok om by die polisie aan te sluit. Dink net hoeveel voubiljette jy vir $250 000 kon druk.
Aapstreke nie altyd oulik 10.05.2024 6:36
Aapstreke is een van die lekkerste dinge om dop te hou, maar blouapies kan ook baie lelike strepe toon, veral as die trop te groot raak. Arnold Slabbert, ‘n Baaise naturbewaarder, verduidelik aan Mariska Spoormaker hoe wilde diere, in die afwesigheid van predatore, probleemdiere kan word omdat hulle getalle te groot word.
360 Speseryroete - Deel 34 10.05.2024 7:40
Koshistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor die speserye wat voorkom in Suid-Afrika se eerste kookboeke.
'n Ma se herhinneringe 10.05.2024 4:57
Anné Pretorius vertel hoe kosbaar dit is om 'n ma se herhinneringe op skrif te stel en met haar kinders te deel. Anné het by haar ma so ‘n boek met herhinneringe gekry.
'n Panda wat blaf? 10.05.2024 1:07
Besoekers aan 'n dieretuin in China is ontstel deur die "pandas" wat daar gehuisves word. Dis toe eintlik honde wat soos pandas gekleur is!
Wat doen Johan Bloutrein nou? 09.05.2024 10:05
Haidee Muller-Isaacs gesels met Johan Brand, agt jaar ná die Bloutreindrywer se laaste rit, en hoor waarmee hy hom deesdae besig hou.
Robinson-droogdok vereer 09.05.2024 8:33
Prof. Chris Roth en Keith Mackie vertel van die Robinson-droogdok by die V&A Waterkant wat dateer uit 1882. Dis die oudste werkende droogdok van sy soort ter wêreld, en is deur SAICE se Geskiedenis- en Erfenispaneel vereer met ‘n toekenning.
Boegoestook en Sederboombewaring 09.05.2024 9:31
Hitte vir die ontkieming van sade en vir die maak van boegoe-olie is ewe belangrik, het Johan Rademan geleer toe hy Gert Theron van Heuningvlei in Wuppertal besoek het.
Etienne Fourie se besige lewe 08.05.2024 8:18
Etienne Fourie vertel vir Martelize Brink van sy besige lewe van films maak en boeke skryf. Hy werk tans aan 12 projekte en teken prentjies om sy stories agter mekaar te hou.
Skrywer van 'Reënbooogrant'-stories sterf 08.05.2024 7:53
Fanie Viljoen praat oor prof. Maritha Snyman se nalatenskap en sy interaksie met haar. Sy was ‘n pionier van die Afrikaanse kinderboek.
'n Mes sonder 'n lem? 08.05.2024 1:24
Die vervaardiger van die bekende rooi Switserse weermagmesse gaan nou nuwe modelle maak sonder lemme.
Suid-Afrika se brûe 07.05.2024 8:44
Dawie Botha praat in SO IS DIE LAND GEBOU oor brûe van die Lourensrivier tot by die Apiesrivier.
Stoutkat is dood, lank lewe Stoutkat 07.05.2024 7:03
Hou jou hande baie besig terwyl jy hartseer verwerk - dit in kort, is wat Tanja Smith gedoen het ná die dood van haar geliefde kat, met die naam Stoutkat. En só het Stoutkat post mortem baie meer as die spreekwoordelik nege lewens gekry, omdat hy nou op t-hemde, bekers, kussings en wat nog pryk. Mariska Spoormaker het by Tanja gaan hoor oor Stoutkat.
Sonkrag-bioskoop bring rolprent na die mense 07.05.2024 9:27
Dane Dodds vertel hoe hulle die gaping tussen wetenskap en kultuur probeer oorbrug deur die rolprent, !Aitsa, met ‘n sonkrag aangedrewe bioskoop aan landelike gemeenskappe in die Kalahari en Groot Karoo te vertoon.
Byevanger word 'n sportheld 07.05.2024 1:59
Byevanger Matt Hilton is ‘n bofbalheld nadat hy ‘n swerm bye gevang het sodat ‘n bofbalwedstryd kon begin. Aanhangers was so aangedaan, hy het selfs ‘n kontrak vir ‘n beperkte uitgawe bofbalruilkaart gekry.
Troeteltarantulas 06.05.2024 10:59
Andrew Saunderson praat oor die aanhou van tarantulas as troeteldiere.
Wêreld Trekklavierdag 2024 06.05.2024 8:53
Haidee Muller-Isaacs het gaan kyk en luister hoe Wêreld Trekklavierdag op Stellenbosch gevier word. Leon Oosthuizen het vir haar meer vertel.
'n 60-jarige Mej. Heelal? 06.05.2024 2:20
Die 60-jarige Alejandra Rodriguez is gekroon as Mej. Heelal Buenos Aires, wat gaan meeding om aangewys te word as Argentinië se verteenwoordiger by die Mej. Heelal-kompetisie. Voorheen moes deelnemers tussen 18 en 28 wees en nie kinders hê nie. Die reëls het in 2023 verander.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.