RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5345 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Moeders se geestesgesondheid 23.05.2024

Prof. Renata Schoeman praat oor moeders se geestesgesondheid. ‘n Derde van Suid-Afrikaanse vroue ly aan perinatale depressie en angs.

Glas tot sand herwin 23.05.2024

Glass Half Full in Louisiana in die VSA herwin glas om dit tot te verwerk om erosie teen die kus teen te werk.

Gert Claassen se dae by die SAUK 22.05.2024

Gert Claassen vertel vir Martelize Brink van sy dae as hoof van operasies en bedryf by die SAUK in die 1990’s. ‘n Hoogtepunt was om die infrastruktuur te skep om die 1994 verkiesing te dek.

Wilma se hoop 22.05.2024

Wilma Josefs gesels oor haar pragtige dorpie, Lanquedoc, en sy mense. Sy het 'n groot hart en liefde vir haar gemeenskap. Twee jaar gelede het sy haar eie digbundel , Hoop, gepubliseer.

Wêreld Biodiversiteitsdag 2024 22.05.2024

Dr. Morné du Plessis praat op Wêrelddag vir Biodiversiteit hoe elkeen ‘n rol te speel het om ons biodiversiteit te beskerm en te ondersteun.

Musikante en vuurvreter pak mekaar 22.05.2024

‘n Groep Mariachi-musikante en ‘n vuurvreter het in Mexiko slaags geraak oor ’n straathoek, waar daar vir fooitjies opgetree word.

Driehoeke in brûe 21.05.2024

Dawie Botha vertel in SO IS DIE LAND GEBOU waarom driehoeke in brûe gebruik word.

SA maak skoonskip by die Chelsea Blommeskou 21.05.2024

Leon Kluge vertel van die sukses wat hulle met die Suid-Afrikaanse uitstalling by die Chelsea Blommeskou behaal het. Nie net het hulle ‘n gouemedalje ontvang nie, hulle het ook die toekennings ontvang vir die beste nuwe ontwerp en die beste uitstalling op die skou!

Groentelushof tussen townshiphuise 21.05.2024

Vir die inwoners van die Walmer-township in die Baai, het Xholani Siwa se groot groentetuin in hulle midde baie vars en bekostigbare groente tydens Covid-19 se grendelperiodes gelewer. Twintig jaar gelede het Xholani en lede van die Walmer-gemeenskap groente begin plant op die eens verwaarloosde stuk grond in die township. Xholani het naderhand die grond gekoop, en dit ontwikkel in ’n groentelusho...

Menslike potensiaal en KI 21.05.2024

Dr. Cobus Oosthuizen praat oor die ontsluiting van menslike potensiaal in die era van kunsmatige intelligensie.

Pynappel kos wat?!? 21.05.2024

Daar is nuwe pynappels met ‘n rooi skil in Amerika beskikbaar teen $395,99 elk!

Insekte en ekostelsels 20.05.2024

Dr. Charl Deacon praat oor die rol van insekte in die werking van ekostelsels.

Termiete is 'n gevaar vir huiseienaars 20.05.2024

Grasvretende termiete hou 'n reuse gevaar in vir huiseienaars. Volgens Johan Fourie, president van die SA Plaagbeheervereniging (SAPCA), is grondbehandeling om die fondasies van nuwe boupersele ’n móét.

Jou leefstyl bepaal jou gesondheid 20.05.2024

Amanda Oakes-Cornellissen praat oor die impak wat jou leefstyl op jou gesondheid en chroniese siektes het.

Ruik 'n seël, ruik 'n bakkery 20.05.2024

Frankryk het nuwe seëls uitgereik wat die baguette vier. As jy aan die seël vryf, ruik dit na ‘n bakkery.

Karen verbeter grotduik-diepterekord 17.05.2024

Karen van den Oever en Francois Bain vertel vir Johan Rademan hoe Karen haar eie grotduik-diepterekord by Boesmansgat verbeter het tot 246,56 meter.

360 Speseryroete - Deel 35 17.05.2024

Koshistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor Cartwrights se kerriepoeier wat nie meer in Suid-Afrika beskikbaar is nie.

Pniel se krisantefees 17.05.2024

Haidee Muller-Isaacs was by die onlangse kristantefees op Pniel, waar sy met ‘n meesterblomkweker gesels, en met ‘n stigterslid van die Kristanteklub op die dorpie.

Doen niks en wen 17.05.2024

Suid- Korea het onlangs die tiende niksdoen-kompetisie gehou. ‘n 34 - jarige tweemalige Olimpiese silwermedaljewenner het derde gekom. Vanjaar se wenner is ‘n vryskutomroeper.

Klimaatsverandering: Nelson Mandelabaai maak plan 16.05.2024

Stappe word nou al gedoen om die Baai en omstreke meer weerbaar te maak teen klimaatverandering, wat onder meer uiterste weerpatrone veroorsaak. Gary Koekemoer, streekvoorsitter van die Natuurlewe Vereniging van Suid-Afrika, kortweg bekend as Wessa, is die leier van die groter Nelson Mandelabaai se klimaatprojek.

Sterrekundiges trek in Augustus in Kaapstad saam 16.05.2024

Prof. Josef de Beer praat oor die Internasionale Astronomiese Vereniging se Algemene Vergadering wat in Augustus vir die eerste keer in Afrika aangebied word. Hy vertel waarom Suid-Afrika so ‘n goeie keuse vir die saamtrek van sterrekundiges is.

Oom Solly van Pniel 16.05.2024

Oom Solly Williams gesels oor sy grootwordjare in Pniel, en hoe sy hande vir byna niks verkeerd gestaan het nie. Vandag wonder hy oor 'n besonderse liedjie wat hulle altyd gesing het toe sy pa desjare moes oorlog toe. As iemand dalk die wysie en woorde herken, sou oom Solly graag meer daaroor wou uitvind, vertel hy vir Haidee Muller-Isaacs.

Moenie op die geld trap nie! 16.05.2024

In Nigerië word sosiale vlinders voor die hof gedaag oor ‘n praktyk met die naam “spraying”. Naira-geldnote word in die lug gegooi om waardering te toon. In die proses word daar egter op die geldnote getrap, en om dit te beskadig, is teen die wet.

Dr. Harold Adams vereer 15.05.2024

Dr. Harold Adams gesels met Martelize Brink nadat hy by die onlangse SA Sporttoekenings vir sy lewensbydrae tot atletiek vereer is.

24 uur se trap ter ere van sy pa 15.05.2024

Louis Burger was ‘n suksesvolle sakeman van Gqeberha met ’n groot hart en oop hand vir diere en mense in nood. Toe hy 2021 aan kanker oorlede is, het sy seun John besluit om sy pa se goeie werk voort te sit deur ‘n 24-uur fietsrymarathon, 24 Hours For Louis, te doen. Duisende rande vir diere in nood is reeds hierdeur in 2021 en 2022 ingesamel. John het onlangs op sy derde fietsrymarathon weggespri...

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.