RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Meerkatrehabilitasie 03.06.2024 9:46
Gert van Zyl vertel van meerkatrehabilitasie by die Kalahari Trails-meerkattoevlugsoord in die hartjie van die rooi Kalahari se duinevelde.
Dr. Lizelle se Ierland 03.06.2024 10:05
Haidee Muller-Isaacs hoor by dr. Lizelle Brundyn van haar ervaring van Ierland, waar sy soms locum.
Kook met inheemse plante 03.06.2024 10:42
Sjef Zanté Neethling praat oor volhoubaarheid en die gebruik van inheemse plante in haar kookkuns.
'n Fees van slakke 03.06.2024 2:02
Die Spaanse stad, Lleida, hou die wêreld se grootste fees vir slakke eet. Vanjaar is daar ‘n rekord 15 ton slakke deur 200 000 besoekers oor 3 dae verorber.
Kirkwood se “wilde” vrou 31.05.2024 7:37
Hierdie is ‘n storie van ’n vrou op Kirkwood in die Oos-Kaap wat mak begin het en toe al hoe wilder begin raak het. Jennifer Honsbein was amper bankrot toe sy jare gelede as teedame by die Kirkwood Wildsfees begin werk het, maar sy het baie vinnig tot feesdirekteur gevorder. Mariska Spoormaker het met haar gaan koffie drink.
360 Speseryroete - Deel 37 31.05.2024 7:46
Koshistorikus Hetta van Deventer-Terblache praat oor gemmer as een van die mees veelsydige speserye.
Konsertgeraas pla Madrid se inwoners 31.05.2024 2:31
Mense in Madrid wil hof toe om konserte in Real Madrid se stadion te stop. Die geraas pla.
HMS Arniston-uitstalling 30.05.2024 4:18
Kealan Simons vertel van die wrak van die HMS Arniston en die Arniston-uitstalling by die Skeepswrak Museum op Bredasdorp.
Die Meerkat Nasionale Park se vervloë stories 30.05.2024 11:26
Beth en Willie Engelbrecht vertel vir Martelize Brink stories van die Meerkat Nasionale Park se verlede. Dit bestaan uit 39 plase wat onteien is om plek te maak vir die SKA-radioteleskoop.
Onwettige bestuurder op heter daad betrap 30.05.2024 1:15
‘n Amerikaner het via Zoom voor ‘n regter verskyn op ‘n klag van bestuur met ‘n opgeskorte bestuurslisensie. Hy was egter besig om te bestuur toe hy die Zoom-oproep geantwoord het.
Dean John Smith se karakters 29.05.2024 11:09
Dean John Smith gesels oor sy liefde vir die verhoog, Suidooster en sy aanlynkarakter, Bettie, wat nou omskep is in ‘n volle teaterproduksie.
Skons en kuns 29.05.2024 2:56
Elize-Mari Schoonbee, kurator van die Rupertmuseum op Stellenbosch, nooi jou om op Wêreld Skon-dag ‘n afslag-skon te kom eet in hulle restaurant nadat jy die eksklusiewe werke besigtig het. Johan Rademan gee ‘n voorsmakie.
Wildernisterapie vir jongmense 29.05.2024 6:52
Haidee Muller-Isaacs vind meer uit oor wildernisterapie en die mentorskapprogram by Wilderness Therapy Namibia, waar gekwelde jongmense tydens 'n staptog in die natuur weer leer om hulle pad deur die lewe te vind.
Noord- en Suid-Korea se ballongeveg 29.05.2024 1:23
Noord- en Suid-Korea stuur ballonne met vrag na mekaar toe. Aktiviste in Suid-Korea stuur goed soos kontant, geheuestokkies met Koreanse popmusiek en musiekvideo’s, selfs eetgoed wat verbied word in Noord-Korea. Noord-Korea antwoord met sakke vol vullis en riool.
Brûe en padtekens, reëls en regulasies 28.05.2024 7:23
Siviele ingenieur Dawie Botha vertel in SO IS DIE LAND GEBOU van brûe en padtekens, reëls en regulasies.
Ds. Poppie se kerk 28.05.2024 8:45
Ds. Poppie Haramses en haar man Attie bly in Grootfontein in die noordooste van Namibië. Sy hou Sondae kerk vir die mense van Blikkiesdorp, die woonbuurt waar sy bly, onder 'n afdak by hulle klein sinkplaathuisie. Elke Saterdag kook sy 'n pot kos en deel dit uit aan honger kinders met die hulp van haar Bybelstudievriendin, Martie Smit.
SA dansgroep is wêreldkampioene 28.05.2024 7:02
Erna Ackermann vertel van klopdans en die groep, Dancin’Fool, wat die Dance Star klopdans wêreldkampioene in Kroasië geword het.
Toe tel die rekord nie 28.05.2024 1:17
In Kanada het hulle probeer om ‘n wêreldrekord vir die meeste mense geklee in dinosauruskostuums op te stel. Organiseerders was nie reg vir die sowat 6 000 mense wat opgedaag het om die huidige rekord van 252 te verbeter nie. Omdat hulle nie presies getel is en almal vir ‘n minuut saam gestaan het nie, bly 252 die rekord.
Post-traumatiese stresversteuring by reddingshonde 27.05.2024 7:56
Veearts dr. Ingrid de Wet vertel vir Martelize Brink van post-traumatiese stresversteuringsindroom (by soek- en reddingshonde asook honde in skuilings.
Struktuurpeste kan jou duur te staan kom 27.05.2024 8:41
‘n Onaangename verrasing kan op jou wag wanneer jy ‘n ouer huis wil verkoop. Struktuurpeste kan jou duur te staan kom. Gelukkig is dit behandelbaar deur die regte persone en stowwe. Johan Fourie, die president van SA Plaagbeheervereniging (SAPCA) verduidelik aan Johan Rademan wat gedoen kan word.
Burgemeester en waarsêer agter tralies 27.05.2024 1:11
Die Franse dorp, Agde, se burgemeester en ‘n waarsêer is agter tralies. Die waarsêer het die burgemeester laat glo dat sy oorlede pa en engele met hom praat. Hulle het vir hom gesê om onder andere vir die waarsêer luukse oorsese vakansies te betaal… met geld uit die staatskas...
Haidee ry trein 24.05.2024 8:11
Haidee Muller-Isaacs klim vir die eerste keer in jare op ’n trein, en kap aan Elgin toe. Sy gesels met die trein se gasvrou, Rina de Waal, en ook die baie vermaaklike treindrywer, Kassie Cartens.
360 Speseryroete - Deel 36 24.05.2024 7:26
Koshistorikus Hetta van Deventer-Terblache praat oor nigella, of swart komyn, een van die minder bekende speserye.
Internasionale krieketdebuut op amper 67! 24.05.2024 1:50
Sally Barton het op 66 jaar en 334 dae haar buiging gemaak as paaltjiewagter vir Gibraltar se nasionale vroue krieketspan, in ‘n T20 wedstryd teen Estland. Sally hou nou die rekord vir die oudste vroue T20 internasionale krieketspeler, maar ook as die oudste T20 debutant vir mans en vroue.
Ongelooflike ouma! 23.05.2024 7:56
Boomklim is nie net ‘n noodsaaklike oefening vir kinders nie, grootmense het dit nét so nodig. ‘n Uitstekende plaasvervanger is paalklim, sê Karin Schoeman, ‘n afgetrede fisioterapeut. Dié 74-jarige ouma is self ’n ywerige paalklimmer.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.