RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Abundant Village: Toerisme = selfonderhoudend 12.06.2024 7:39
Haidee Muller-Isaacs vind meer uit van Abundant Village, waar die plaaslike inwoners ondersteun word om deur middel van toerisme en 'n eko-leefstyl, selfonderhoudend te word en nie net van buitelandse donasies afhanklik te wees nie.
Branderplanke van skaapwol 12.06.2024 7:14
Skaapboer Jurie Muller vertel van sy Gonzo-branderplanke wat hy van skaapwol maak.
Hoe lank toilet jy? 12.06.2024 1:45
‘n Toeristeaantreklikheid in China, die Yunghung-grotte, het in 2023 driemiljoen besoekers gehad. Dit is op van 1,98 miljoen in 2019. Dié toestroming het hulle genoodsaak om verbeteringe aan hulle toiletgeriewe vir dames aan te bring. Die keuse het op ‘n tydhoutoestel by elke toiletdeur geval, wat wys hoe lank daardie deur toe is.
Só word die jeug betrek 11.06.2024 8:18
Dawie Botha praat in SO IS DIE LAND GEBOU oor hoe ons die gaping tussen die verlede, die hede en die toekoms van Suid-Afrika kan oorbrug.
Fisantekraal Sentrum vir Ontwikkeling bemagtig mense 11.06.2024 7:16
Jane Gelderman van die Fisantekraal Sentrum vir Ontwikkeling vertel hoe hul mense oplei in basiese vaardighede soos rekenaars, ontvangsetiket en gasvryheid. Deel van die program is dat die
Diabetes-leefstyl 11.06.2024 11:05
Vickie de Beer praat oor ‘n lewe met diabetes in jou huis, en gee praktiese raad.
Mense vat rekenaars se werk 11.06.2024 1:04
Ikea het tien poste vir regte mense om op die Roblox-rekenaarspeletjieplatform in hulle virtuele winkel te werk.
Die impak van die mens op koraal 10.06.2024 8:40
Krish Lewis van die Twee Oseane Akwarium in Kaapstad vertel vir Martelize Brink van koraal, en die uitdagings wat dit deesdae in die gesig staar.
Mona Muller, geliefde vark 10.06.2024 7:34
Mariska Spoormaker het gaan kuier by Chris Muller, oud-skoolhoof en sy vrou Elise, wat sonder ’n oomblik se huiwering vir jou sal sê een van hulle kinders is ’n vark. Haar naam is Mona, sy weeg 110 kilogram, en wanneer sy verjaar, sing Elise vir haar...
Wolverwerkingsfabriek op plaaslike bodem 10.06.2024 12:48
Stefan Gerber vertel vir Martelize Brink van sy wolverwerkingsfabriek in die Paarl, wat sorg dat die volledige wolwaardeketting van begin tot einde weer op plaaslike bodem te vinde is.
Wanneer jy te vroeg vier... 10.06.2024 1:07
‘n Spaanse atleet in die 20km-stapitem by die Europese Atletiekkampioenskap is haar bronsmedalje kwyt toe sy vyf meter voor die wenstreep haar plek op die podium begin vier het, en sy twee meter voor die wenstreep van agter verby gegaan is.
Wildekus nié vir jakketrakke nie 07.06.2024 7:11
Facebook-plasings wat wys hoe ‘n groep branderplankryers in hulle viertrekvoertuie oor die groen heuwels van die Wildekus ry om die ideale branders te vind, het dr. Div de Villiers, voormalige hoof van die Oos-Kaapse Groen Skerpioene, rooi laat sien. Hy het aan Mariska Spoormaker gesê dié soort video’s skep die indruk skep dat jakketrakke kan maak soos hulle wil wanneer hulle die Wildekus besoek.
360 Speseryroete - Deel 38 07.06.2024 11:19
Koshistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor gemmer, borrie en galangal.
Medalje vir Eerste Minister 07.06.2024 1:23
Fidji se Eerste Minister het by die Oceania Atletiekbyeenkoms ‘n bronsmedalje vir gewigstoot in die 75 tot 79 jaar ouderdomsgroep gewen.
Anna Greene van Hollywood 06.06.2024 11:55
Hollywood-aktrise Anna Greene vertel hoe sy voor die kameras beland het. Sy gesels ook oor wat haar opgewonde maak in haar rol as filmvervaardiger.
Jan Rupert-museum se kunstenaarsprojek 06.06.2024 7:26
Johan Rademan vind meer uit van die Hester Rupert en Jan Rupert sustermuseums in die Juweel van die Groot Karoo, Graaff-Reinet. Kurator Elize-Mari Schoonbee vertel wat daar te sien is, en van hulle 2025-kunstenaarsprojek.
Kinders bou skaakbord vir siggestremdes 06.06.2024 11:05
Marelize Keyser vertel vir Martelize Brink van haar Robotikaleerlinge wat ‘n skaakbord vir siggestremdes ontwerp het. Jair February en Abigail Schubert sien darna uit om Suid-Afrika in ‘n kompetisie in Australië te gaan verteenwoordig. Jair se siggestremde ma, Velindie February, vertel hoe sy deel van hulle proewe was.
Waterval wat nie die pyp rook nie 06.06.2024 1:27
Chinese is onthuts ná ‘n video wys hoe ‘n waterval wat ‘n toeristeaantreklikheid is, met water uit ‘n pyp aangevul word.
Marlene se brandewyn is die beste in die wêreld 05.06.2024 12:01
Die brandewynmeester Marlene Bester se brandewyn vir twee jaar agtereenvolgens aangewys as die wêreld se beste. Dit was ook vier uit die laaste vyf jaar die beste ter wêreld.
Matriekintervensie op Graaff-Reinet 05.06.2024 7:45
Haidee Muller-Isaacs gesels met Cecile Murray-Louw oor die matriekintervensie-projek op Graaff-Reinet.
Wes-Kaap se konsep Ruimptelike Biodiversiteitsplan 05.06.2024 7:23
Coral Birss vertel vir Martelize Brink op Wêreld Omgewingsdag van die konsep Ruimptelike Biodiversiteitsplan vir die Wes-Kaap.
Halssnoer stop 'n koeël 05.06.2024 0:52
Die verskil tussen moord en poging tot moord is dat die slagoffer se ketting nie egte silwer is nie. Silwer is sag. Siende dat dit net silwer gelyk het, was dit hard genoeg dat ‘n koeël in ‘n Amerikaanse man se ketting vasgesit het.
Brûe wat in posisie swaai of skuif 04.06.2024 8:45
Siviele ingenieur Dawie Botha vertel in SO IS DIE LAND GEBOU van twee unieke maniere hoe brûe oor gapings gebou word.
Huishoudelike werkgewers en buitelandse werkers 04.06.2024 12:55
Stephanie Cilliers praat oor die regte en pligte van huishoudelike werkgewers teenoor werkers uit die buiteland.
Lepel maak kos souter 04.06.2024 1:45
In Japan is ‘n lepel beskikbaar wat ‘n swak elektriese stroom inspan om kos meer sout te laat smaak. Dit kan help dat mense minder sout eet.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.