RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
360 Speseryroete - Deel 40 21.06.2024 6:25
Koshistorikus Hetta van Deventer-Terblanche gesels oor speserye en wildsvleis in die res van die wêreld, soos die Hongare wat ’n wildspot (ghoelasj) maak met baie paprika en knoffel.
Collective Arts se gemeenskapsteater 21.06.2024 7:00
Haidee Muller-Isaacs loer in by die Collective Arts Theatre in Boston, Bellville. Dis hier waar Gavin Wright gemeenskapsteater aanbied vir amateurs - kinders en volwassenes van alle ouderdomme.
'n Meestersgraad op 105! 21.06.2024 1:24
’n Amerikaanse vrou het op 105 haar meestersgraad by Stanford Universiteit gekry, 83 jaar nadat sy die kampus verlaat het!
Ná haaiaanval help Caleb met bewaring 20.06.2024 7:29
Caleb Swanepoel vertel hoe hy sy been in ’n haaiaanval verloor het, en nou saam met haaie swem om mense bewus te maak van bewaring van die oseaan. Dié sewemalige para-branderrykampioen en akteur se haaiswem is te sien in die kortfilm, Caleb: Beyond the Bite.
Wenners van RSG se matriekafskeidskompetisie 20.06.2024 15:05
Martelize Brink gesels met die twee wenners van RSG se Matriekafskeidskompetisie, Thembi Jane Buys en Tumelo Diale. Sy praat ook met Alicia Landman en Vicky Mynhardt van die Elizabeth Galloway Academy of Fashion wat die uitrustings vir die twee wenners sal maak.
'n KI-burgemeester? 20.06.2024 1:38
In Cheyenne, Wyoming, in die VSA staan ‘n kunsmatige intelligensie kletsbot vir die posisie van burgemeester. Dis egter teen Open AI se beleid om ChatGPT vir politieke veldtogte in te span.
Helmut Meijer se klankbaanmusiek 19.06.2024 12:43
Helmut Meijer gesels oor hoe hy betrokke geraak het by die skep van klankbaanmusiek, en hoe die proses verskil tussen projekte.
Oudtshoorn Vereniging vir Persone met Gestremdhede 19.06.2024 7:04
Haidee Muller-Isaacs het gaan kyk wat alles by die Oudtshoorn Vereniging vir Persone met Gestremdhede gebeur, en vind meer uit van hulle kunsprojekte.
Die KI in kitskos... 19.06.2024 1:05
McDonald’s het hulle kunsmatige intelligensie stemherkenningstoerusting in die pad gesteek. Die stelsel het klante se bestellings geneem. Daar was egter verskeie vreemde foute, soos ‘n bestelling vir roomys met spek!
Aqualibrium-kompetisie vir skoliere 18.06.2024 7:43
Dawie Botha vertel in SO IS DIE LAND GEBOU hoe die Aqualibrium-kompetisie tot stand gekom het, waar skoliere soos siviele ingenieurs oor water moet dink.
Hoeveel is 'n tiekie werd? 18.06.2024 9:26
As jy n ou tiekie in die kas het, het Pierre Nortje, sekretaris van die Numismatiese Vereniging in die Wes-Kaap, dalk vir jou nuus oor wat dit werd is. Hy vertel ook waar die woord, tiekie, sy ontstaan het.
23 x 2 tweelinge in een skool! 18.06.2024 1:22
‘n Skool in Massachusetts het 23 stelle tweelinge in hulle Graad 8-groep. Tien persent van die skool se graad 8’s is tweelinge!
Mense gewaarsku oor robbe met hondsdolheid 17.06.2024 8:10
Dr. Didi Claassen praat oor hondsdolheid by robbe.
Praat van ’n kop(pie) vir kodering! 17.06.2024 7:04
Van 2018 af het Tangible Africa aflyn rekenaarkoderingsklasse na skole wêreldwyd gebring met hul Tanks en Boats-programme. Nou is daar Juicy Gems, ’n koderingsprogram wat ook ’n kennis van landbou verg. ’n Internasionale Juicy Gems koderingstoernooi is pas gehou vir leerders in enige graad. Die wenner is die tienjarige Jonah Kruger, ‘n graad 4-leerder van die Laerskool Lorraine in die Baai. Marisk...
Twee SA leerders van by NASA se Ruimteskool 17.06.2024 7:28
Gabrielle Brook en Ruben Cruickshank vertel vir Martelize Brink van die United Space School wat hulle binnekort by NASA in Houston, Texas, gaan bywoon.
Kroeg word politieke party 17.06.2024 1:30
’n Kroeg in Engeland is as politieke party registreer. Die doel hiervan is eintlik om die kroeg op 77 000 stembriewe te adverteer.
Historiese Europese gevegskuns in Kaapstad 14.06.2024 8:14
Gerhard Boerssen vertel van Kaapstad se Hhistoriese Europese gevegskunsklub waar jy leer om soos in die Middeleeue met swaarde te veg.
360 Speseryroete - Deel 39 14.06.2024 8:52
Koshistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor Middeleeuse speserye soos asafoerida, duiwelsdrek.
Passievolle bloedskenker 14.06.2024 7:38
Nick van der Westhuizen vertel vir Martelize Brink van die 328 eenhede bloed wat hy oor 54 jaar en 7 maande geskenk het.
Bokjoggies 14.06.2024 1:28
Die gholfbaan van Silvies Valley Ranch in Oregon in die VSA het buitengewone joggies. Bokke word opgelei om die gholfstokke te dra op die baan wat te steil is vir gholfkarretjies.
Febbie se sandmarathon 13.06.2024 9:58
‘n Sakeman van Durbanville, Febbie Malherbe, het pas Die Comrades-marathon voltooi. Hy het in April ook aan die uitmergelende Marokko-sandwedloop oor ses dae in die Saharawoestyn deelgeneem. Daar was 870 deelnemers, wat die ses skofte van 250 km in 40 grade Celsius getakel het. Johan Rademan het oorgedraf om met Febbie te gesels.
Die belangrikheid van bloedskenk 13.06.2024 5:48
Monique Schreiner van die SA Bloeddiens praat oor die behoefte aan bloedskenkers op die die vooraand van Wêreld Bloedskenkdag.
Termietheuwels wat duisende jare oud is 13.06.2024 11:16
Doktorale student Teneille Nel vertel van die wêreld se oudste aktiewe termietheuwels wat in Suid-Afrika gevind is. Van die heuwels is 34 000 jaar oud!
Dene is warm onder die tong 13.06.2024 1:52
Denemarke het ’n verbod geplaas op Suid-Koreaanse ramen. Die land se voedseladministrasie het bevind dat dié kitsnoedels so warm is met soveel capsaïsien in een pakkie, dat dit tot akute vergiftiging kan lei.
Damaris Kiewiets se aktivisme 12.06.2024 14:48
Damaris Kiewiets praat oor haar aktivisme vir gesondheid, mense regte en sosiale ontwikkeling. Sy is veral bedrywig in die platteland.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.