RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5345 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Modelbote is terapeuties 04.07.2024

Terapeuties, opwindend en ‘n bietjie adrenalien is deel van die resep van die Wes-Kaap Modelbootklub se voorsitter om selfs as kankeroorlewende die lewe nog te kan geniet. Johan Rademan het met hom gesels.

Jonk 4 Julie 2024 04.07.2024

Dr. Etienne van der Walt van Neurozone verduidelik wat die brein in die moderne lewe onder druk plaas, en wat ons moet doen om ons brein jonk en fiks te hou.

Therese by wêreldkampioenskap ná rugoperasies 03.07.2024

Therese Mitchell was in 'n motorongeluk toe sy 19 jaar oud was. Sy moes na vele rugoperasies weer leer loop. Later vanjaar neem sy deel aan die Tweekamp Langafstand Wêreldkampioenskap in Switserland.

Constance se groenvingers 03.07.2024

Haidee Muller-Isaacs kuier by Constance Stuurman, die vrou met die groenvingers by Babylonstoren, waar sy as blomkunstenaar en tuinier werk. Sy gesels oor haar gewilde tuintoere en vanwaar haar liefde vir die groenigheid vandaankom.

Êrens oorsee 2 Julie 2024 02.07.2024

RSG-kollega Hannes Kruger vertel van sy lewe in China.

Nina se passie 02.07.2024

Haidee Muller-Isaacs gesels met huiskos-kenner, Nina Timm, oor haar loopbaan in die onderwys en haar passie om leerders in verbruikerstudies touwys te maak.

SA se boerbokke 01.07.2024

Michelle Kruger vertel vir Martelize Brink van Suid-Afrika se boerbokke.

Boeke help sorg vir kosgeld 01.07.2024

Die destydse burgemeester van Port Elizabeth het 52 jaar gelede met 'n skoolvoedingsprogram begin. Die verkope van tweedehandse boeke was belangrik vir die geldinsameling hiervoor. Hierdie praktyk word vandag steeds voortgesit deur die tweedehandse boekwinkel, Books Etcetra, in die volksmond beter bekend as die Charity Bookshop. Mariska Spoormaker het gaan inloer.

Wat maak jy met die res van jou jaar? 01.07.2024

Ons doen middel-van-die-jaar-bestekopname saam met dr. Cobus Oosthuizen.

Monica se gasvryheid 28.06.2024

Haidee Muller-Isaacs gesels met tannie Monica Coetzee, wat vertel van haar grootwordjare op Springbok. Sy is op 86 steeds aan die gang in die gasvryheidsbedryf in Durbanville. Haidee het daar by haar gaan inloer.

360 Speseryroete - Deel 41 28.06.2024

Wildsvleiskenner Lise Beyers gesels oor speserye vir droëvleis en -wors.

Gimnasium gedrag in Suid-Korea 28.06.2024

‘n Gimnasium In Suid-Korea het ‘n kennisgewing aangebring dat “ajummas” nie welkom is nie. Dit verwys na vroue in hulle laat dertigs en ouer, wat hulle skuldig maak aan onaanvaarbare gedrag.

Pietman Geldenhuys se donkie in Radioteater 27.06.2024

Pietman Geldenhuys se debuutradioteater sluit die huidige dramaseisoen op RSG af. Regisseur Johan Rademan het met hom gesels oor O, DIE DONKIE.

Deense beesbelasting 27.06.2024

Denemarke gaan van 2030 af vee belas, met die doel om kweekhuisgasse te verminder. Die koolstofbelasting sal sowat R 1 800 per bees per jaar wees. Vanaf 2035 sal dit meer as R4 400 wees.

Botaniese kuns wen goud 26.06.2024

Daleen Roodt praat oor haar botaniese kuns wat 'n gouemedalje verwerf het by die Royal Horticulture Society se kuns- en fotografieskou in London. Dis ook aangewys as die beste kunswerk op die skou.

Port Elizabeth Afrikaanse Amateur Toneelvereniging 26.06.2024

Emercia de Lange vertel vir Martelize Brink van PEAAT, die oudste aktiewe Afrikaanse amateurtoneelvereniging in Suid-Afrika.

Politikus wed teen homself 26.06.2024

‘n Britse politikus wat gestaan het om lid van die parlement te word, is geskors nadat hy ‘n weddenskap daarop geplaas het dat hy nié sy setel in die komende verkiesing sal wen nie.

Die wonders van wetenskap, ingenieurswese en tegnologie 25.06.2024

Dawie Botha vertel in SO IS DIE LAND GEBOU van die STEMulator.org wat mense bekendstel aan die wonders van die wetenskap, ingenieurswese en tegnologie.

Oom Loekie se skool 25.06.2024

Haidee Muller-Isaacs gesels met Oom Loekie van Wyk oor die Loekie van Wyk Tegniese Hoërskool, 'n vaardigheidskool wat sy naam dra en op Fisantekraal buite Durbanville gebou gaan word.

KI en fotografie 25.06.2024

Fotograaf Miles Astray is sy prys kwyt nadat ‘n foto wat hy van ‘n flamink met ‘n kop onder die vlerk geneem het, derde gekom het in die Kunsmatige Intelligensie-afdeling van ‘n groot fotografiekompetisie. Sy inskrywing is gediskwalifiseer omdat dit ‘n mens se werk is, en nie kunsmatige intelligensie se skepping nie.

Diereambulans 24.06.2024

Bronwyn en Danfred Olifant vertel van hulle diereambulansdiens wat hulle in Eersterivier lewer.

Is dit kerk, kantoor of kleuterskool? 24.06.2024

Sondae is dit aanbidding in die kerk uit die NG-stal, maar in die week is dit ’n gemeenskapsentrum, kleuterskool en opleidingsentrum vir mense van enige geloof en kultuur. Dié besonderse kerk, die Anchor of Hope Church, is in Richmond Hill, die Baai se mees multikulturele voorstad. Mariska Spoormaker het met dominee Gillie Noeth, leraar van die kerk, gaan praat.

Wêreldoorskreidingsdag 24.06.2024

Prof. Jako Volschenk vertel vir Martelize Brink Suid-Afrika verbruik meer ekologiese hulpbronne per jaar as wat die planeet se kapasiteit is om dit in ‘n jaar hergenereer.

Tonne grond in huis vir dagga 24.06.2024

Daggakwekers het 10 ton grond in 'n huurhuis ingedra om hulle produk te verbou.

Die kwynende kuns van muskadel 21.06.2024

Henri Swiegers vertel vir Martelize Brink van muskadel. Dis een van die eerste druifsoorte wat aan die Kaap geplant is. Dié gefortifiseerde soetwyn word deesdae al hoe minder geproduseer.

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.