RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5605 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Oct 30, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Natasha Lyon- Heuning sommelier 11.10.2024

Natasha Lyon vertel vir Martelize Brink hoe dit gekom het dat sy in Italië kwalifiseer het as Afrika se enigste heuning sommelier met die kwalifikasie.

Tannie Anna en haar Oesterbaai 11.10.2024

Op die eerste dag van die Tjokka-voetslaanuitdaging tussen Kaap St. Francis en Oesterbaai, het Mariska Spoormaker vir tannie Anna raakgeloop. Haar pa het in 1956 ’n gedeelte van sy melkplaas verkoop sodat die kusdorpie, Oesterbaai, ontwikkel kon word.

Afgedank oor 'n huwelik 11.10.2024

Die Vatikaan bank het twee werknemers afgedank omdat hulle getrou het. Sedert Mei vanjaar het die bank ‘n beleid dat werknemers nie met mekaar getroud mag wees nie.

Nuwe grens vir Italië en Switserland 10.10.2024

Die bakens vir die grens tussen Italië en Switserland in die Alpe is gletsers en sneeuvelde. Met die gletsers wat smelt het die twee lande nou op ‘n nuwe grens ooreengekom.

Dr. Ria Smit - Voorkomende geneeskunde 10.10.2024

Dr. Ria Smit gesels met Martelize Brink in Jonk oor voorkomende geneeskunde en siftingstoetse spesifiek gerig op vroue.

Petrus de Beer - 'n Gesteelde viool vind sy pad terug. 10.10.2024

Petrus de Beer vertel vir Martelize Brink hoe hy sy 128 jaar oue viool terug gekry het, na dit 2 jaar gelede gesteel is. Hy het die viool by sy ma gekry en op die herdenking van haar geboortedag het hy dit terug gekry.

Wie is Riana Scheepers? 10.10.2024

Haidee Muller-Isaacs gesels met Riana Scheepers om die mens agter die skrywer te leer ken.

Pink trees for Pauline 09.10.2024

Adri Jansen van Nieuwenhuizen gesels oor liedjieskryf en fondsinsameling ter ondersteuning van mense met kanker.

Grabouw se musiekjuffrou 09.10.2024

Haidee Muller-Isaacs gesels met Betsie Ryke almombekend as juffrou Betsie daar op Grabouw. Sy gesels oor musiekopleiding vir plaaskinders

Wat doen Mensa? 09.10.2024

Dr. Karen Nel vertel vir Martelize Brink van Mensa, die grootste en oudste hoë IK-vereniging ter wêreld.

'n Boom uit 1 000 jaar oue saad 09.10.2024

’n Boom, wat uit ‘n 1 000 jaar oue saad gegroei het, het na 14 jaar nog nie geblom nie. Die spesie is andersins uitgesterf. Toetse wys dat die boom medisinale eienskappe het, en heel moontlik gebruik is om ‘n medisinale balsem te maak waarna daar in historiese tekste verwys word.

Êrens oorsee 8 Oktober 2024 08.10.2024

Mark Murray vertel van die lewe in Florida in die VSA. Dis die stilte, kort voor orkaan Milton, die tweede orkaan in twee weke, hulle bereik.

Erkenning vir Baaise opknappingsprojekte 08.10.2024

Om ‘n binnestedelike gebied, wat haglik en gevaarlik geword het onder die konstante aanslag van verslaafdes, vandaliste en misdadigers, weer na sy ou glorie te herstel, verg ’n vasbyt waaroor min mense beskik. Steve de Beer, ‘n Baaise sakeman, is een van dié soort vasbyters met die Russelweg-herlewingsprojek. Hy is onlangs deur die plaaslike Herald-koerant met die toekenning vir gemeenskapsaktivis...

Die Panneman 08.10.2024

Die Panneman, David Coetzee, vertel vir Martelize Brink sy plaas het afgebrand, maar ‘n boer maak ‘n pan! Sy beskuitpanne is al die wêreld vol. ’n Kwarteeu jaar later het hy al 600 ton se sink tot beskuitpanne en -drukkers verwerk.

Skattejag ná drie dekades verby 08.10.2024

Ná 31 jaar kom ‘n skattejag tot ’n einde, toe ‘n wenner 12 raaisels opgelos het om sy hande op ‘n goue uil, ter waarde van €150 000 te lê.

Olifantmis beskerm bome 07.10.2024

Riaan van Zyl verduidelik hoe gefermenteerde olifantmis gebruik word om onder andere kremetartbome teen olifante te beskerm, wat die bome se bas eet.

Velddrif se bokkoms 07.10.2024

Bokkoms is ‘n soort visbiltong. Daar is nie so iets soos ‘n bokkomvis nie, sê Gert Aggenbach van Velddrif. Hy verduidelik watter soort vis gebruik word om bokkoms te maak.

Geestesgesondheid in die skoolstelsel 07.10.2024

Liesl Blomerus vertel hoe kinders se geestesgesondheid in die skoolstelsel hanteer word.

'n Verlore brief, en 'n interessante lewe 07.10.2024

‘n Brief wat 48 jaar gelede gepos is, is terugbesorg aan die sender. Dit was ‘n werksaansoek om ‘n motorfietswaaghals te word. Die dame het egter ‘n interessante lewe gelei, van slanghanteerder tot akrobatiese vlieënier en vlieginstrukteur.

Mètzi tree af 04.10.2024

RSG Aktualiteit se Mètzi van der Merwe gesels oor haar loopbaanhoogtepunte. Sy tree vanjaar af.

Nuwe boek oor diensplig 04.10.2024

Bun Booyens gesels oor Troep!, sy boek waarin hy ‘n middeweg probeer vind om mense se dienspligervarings weer te gee.

The Incredible Journey of Tinkerbell van Tonder 04.10.2024

Amanda Strydom vertel van haar produksie, The Incredible Journey of Tinkerbell van Tonder, en hoe sy 29 jaar gewag het om dit weer verhoog toe te bring.

Hedda Gabler en die musiek vir die produksie 04.10.2024

Rolanda Marais en Charl-Johan Lingenfelder vertel van die produksie, Hedda Gabler, waar die karakter praat sonder om haar woorde te filter, en Charl-Johan vertel van die musiek wat die dramaturg vir sy produksies voorskryf.

Asem deur die oor 04.10.2024

Lynthia Julius en Danie Marais gesels hulle Woordfees-produksie, Asem deur die oor.

Coffee Snobs se Trein na Pretoria by Woordfees 04.10.2024

Vernette Wessels gesels oor die Coffee Snobs se musiek, en vertel van Trein na Pretoria, hulle produksie by die Toyota US Woordfees.

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.