RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Mej. Tiener - 31 jaar later 22.10.2024 8:34
Haidee Muller-Isaacs het Aloïse Nortjé onlangs op straat herken. Sy was in 1993 Huisgenoot se Mej. Tiener, toe sy 'n sewentienjarige plaasmeisie van George was. Jare later is Aloïse se dogter as Sarie se Nuwe Gesig 2023 gekroon. Haidee het by Aloïse gaan kuier om uit te vind wat sy deesdae alles doen.
Nuwe landbou-organisasie vir studente 22.10.2024 8:44
Meent Borcherds en Adriaan van Wyk vertel vir Martelize Brink van Stellenbosch Landbou, ‘n organisasie waar studente blootstelling kry aan die landboubedryf, weg van die boeke, waar hulle kan sosialiseer om netwerke te bou.
Sê vinnig koebaai! 22.10.2024 0:59
Die Dunedin-lughawe in Nieu-Seeland het ‘n beperking van drie minute op afskeiddrukkies in die aflaaigebied geplaas. Vir ‘n langer afskeid moet jy na die parkeergebied gaan.
Hier is honde jou stapgidse! 21.10.2024 6:03
Vroeër jare was Skollie, hond van die plaas Bo-Kloof in Baviaanskloof, wêreldbekend as ywerige stapgids wat besoekers op stap geneem het. Nou kan Oesterbaai in die Oos-Kaap weer spog met nie een nie, maar twee viervoetige stapgidse. Dit is Ruby en Charlie, twee skaaphonde wat stappers op die eerste dag van die Chokka voetslaan-uitdaging op die nagenoeg 18km-roete lei. Mariska Spoormaker het gaan s...
Skisofrenie en ondersteuning 21.10.2024 7:45
Chrisna Steenkamp vertel van haar belewenis van skisofrenie, en hoe belangrik dit vir jou ondersteuningsnetwerk is om ingelig te wees.
Amerika se barbeque-museum 21.10.2024 3:03
Kansas City kry volgende jaar die wêreld se eerste barbeque-museum.
David Kramer se Orpheus McAdoo weer op die planke 18.10.2024 10:59
In 1890 kom ‘n Afro-Amerikaner met sy vrou en die Virginia Jubilee Singers in Suid-Afrika toer. Tien jaar gelede het David Kramer se musiekblyspel oor dié man, Orpheus in Africa, groot byval gevind in die destydse Fugardteater. David en sy geselskap neem die produksie nou saam met Kaapstad Opera na ‘n nuwe vlak. Johan Rademan het van die laaste repetisies van Orpheus McAdoo bygewoon, en ‘n opgewon...
360 Speseryroete - Deel 56 18.10.2024 4:26
Hetta van Deventer-Terblanche praat oor die geskiedenis van beskuit.
Trourokmakers se Ozempic-uitdaging 18.10.2024 1:43
Die gebruik van Ozempic is ‘n uitdaging vir Amerikaanse trourokmakers. Aanstaande bruide verloor soveel gewig dat hulle rokke meer verstellings nodig het, maar daar word nie ekstra betaal vir die meer werk nie.
Van bedryfsingenieur tot bloemiste 17.10.2024 7:06
Corli Leonard vertel vir Martelize Brink van haar beroepskuif van bedryfsingenieur na bloemiste, en wat ‘n lewe met plante vir haar beteken.
Rooibosmiere 17.10.2024 4:00
Johan Rademan hoor dat die rooibosteeplant en die mier soos vinkel en koljander is.
Jonk 17 Oktober 2024 17.10.2024 6:53
Prof. Donita Africander praat oor vroulike hormone, spesifiek die gebruik van menopouse-hormone.
'n Everest van trappe 17.10.2024 0:54
Sean Greasley van Las Vegas het ‘n nuwe Guiness Wêreldrekord verbeter toe hy in 22 uur, 57 minute en 2 sekondes die ekwiwalent van die hoogte van Berg Everest (8 848,86 meter) met trappe die vinnigste op en af geklim het.
Kim se aksiebelaaide loopbaan 16.10.2024 9:12
Kim Syster gesels oor haar grootword in die Mamre-omgewing, en aksiefilms wat haar inspireer het om ‘n aktrise te word. Kim is ambassadeur vir die Kaapstad Vlieërfees wat die aandag op geestesgesondheid vestig.
Gemeenskappe help om “hulle” blomreservaat beskerm 16.10.2024 6:54
Jare lank het die Van Stadens Veldblomreservaat buite die Baai deurgeloop onder diewe, wat die proteas en speldekussings stroop om te verkoop. Nou help gemeenskapslede om blomdiewe aan die kaak te stel. Mariska Spoormaker het gaan uitvind hoekom dit so is by Clyde Scott, munisipale natuurbewaringsbeampte en bestuurder van die reservaat.
Amerika se nommer 1 toilet 16.10.2024 1:19
In die VSA word die beste toiletgeriewe jaarliks aangewys in ‘n aanlynkompetisie. Vanjaar se wenner is die Maverik-vulstasie naby die Salt Lake City Internasionale Lughawe.
Êrens oorsee 15 Oktober 2024 15.10.2024 11:11
Karlien Theron vertel van die lewe in Bahrein, waar sy onderwys by ‘n Britse skool gee.
Jamestown Erfenismuseum open deure 15.10.2024 8:57
Haidee Muller-Isaacs gesels met Chrisben February oor die eerste fase van die Jamestown Museum in die 100 jaar oue Rynse Ou Skoolsaal. Sy het gaan loer hoe die planne vir die museum vorder. Die eerste fase is in September bekendgestel.
Heuning se aroma 15.10.2024 8:59
Heuningsommelier Natasha Lyon praat oor heuning se kleur, aroma en voorkoms.
Honde met 'n CV 15.10.2024 1:24
In China moet honde en katte met CV’s aansoek doen vir werk by dierekafees. Mense betaal toegang tot die kafees om interaksie met die diere te hê. Vir die diere is daar kos, maar dit is ook ‘n plek waar diere opgepas word, terwyl hulle eienaars by die werk is.
Voëlkyketiket 14.10.2024 10:55
Dr. Hanneline Smit-Robinson van Birdlife SA vertel vir Martelize Brink van die moets en moenies om voëls en ander voëlkykers in ag te neem.
Wat is ‘n slimdorpie? 14.10.2024 7:32
Wie het al gehoor van neo-ruralism, direk vertaal as neo-landelikheid? In leketaal opgesom kom dit neer op ‘n sogenaamde slim dorpie in ’n landelike gebied, wat al die voordele van ’n stad bied. In ander lande het sulke soort neo-landelike ontwikkelings al jare gelede begin posvat, maar in Suid-Afrika het dit eers later ingeskop danksy die grendelperiodes en mense wat van die huis af begin werk he...
Heuning se kleur en aroma 14.10.2024 9:49
Heuningsommelier Natasha Lyon praat oor heuning se kleur, aroma en voorkoms.
Crocs vir honde 14.10.2024 1:24
Crocs stel later vandeesmaand skoene vir honde bekend. Dit sal in twee kleure beskikbaar wees, en vir die eienaars sal daar ook skoene in daardie kleure beskikbaar wees.
360 Speseryroete - Deel 55 11.10.2024 8:01
Hetta van Deventer – Terblanche vertel vir Martelize Brink in die DrieSestig Speseryroete die verhaal van vinkel.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.