RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5345 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Caroline se Engelbert Humperdinck-ervaring 16.07.2024

Haidee Muller-Isaacs het ná die onlangse Engelbert Humperdinck-konsert in Kaapstad met Caroline Joemath gesels. Sy is een van die luisteraars wat kaartjies op RSG gewen het. Caroline vertel van haar kankerstryd en hoe haar oorlede man altyd Engelbert-liedjies vir haar gesing het.

Binneshuise brandveiligheid 16.07.2024

Ruan Vermaak praat oor die belangrikheid van brandveiligheid in huise, en gee ‘n paar praktiese wenke.

Singapoer se insekspyskaart 16.07.2024

Singapoer se Voedselagentskap het ‘n lys van 16 goedgekeurde insekspesies vir menslike gebruik bekendgemaak. Van nou af mag hulle sekere sprinkane, krieke, bye, motte, renosterkewers en sywurms as kos invoer.

Die stryd teen bek-en-klouseer 15.07.2024

Louis Wessels praat oor die bek-en-klouseer-uitdagings en die stappe wat gedoen word om die Wes-Kaap se bek-en-klouseer-vryestatus te handhaaf.

Jong sjef werk hard 15.07.2024

Sjef Matthew Dreyden vertel vir Martelize Brink van sy studies, en hoe hy self planne maak om sy voet in die deur te kry in die bedryf.

SA se vaardigheidslandskap 15.07.2024

Phillip Harmse praat oor die vaardigheidslandskap in Suid-Afrika en die soort opleiding wat in aanvraag is in die ekonomie.

Koop ammunisie by die supermark 15.07.2024

In die VSA is daar ‘n paar state waar jy deesdae ammunisie by muntmasjiene in die supermark kan koop.

Padtoestand-metingsvoertuie 12.07.2024

Prof. Wynand Steyn vertel hoe padtoestand-metingsvoertuie ingespan word om te bepaal wanneer onderhoud aan paaie gedoen moet word.

360 Speseryroete - Deel 43 12.07.2024

Koshistorikus Hetta van Deventer-Terblanche vertel van die speserye wat gebruik word in warm teedrankies.

Eerste Mej. KI gekroon 12.07.2024

Kenza Layli van Marokko is gekroon as die eerste Mej. Kunsmatige Intelligensie. Sy het die skeppings van 1 500 KI-skeppers uitgestof.

Kaap-Hollands dalk eerder Kaap-Duits? 11.07.2024

In elke gebou se boustyl is daar ‘n storie. Die Kaap-Hollandse gewel mag dalk eerder ‘n Kaap-Duitse gewel wees. En die koms van die sinkplaat het tot ‘n groot mate die gewel laat sneuwel. Johan Rademan het by Nikita van Zyl, ‘n argitek van Wellington, gaan hoor wat die storie is.

Jonk 11 Julie 2024 11.07.2024

Dieetkundige Retha Harmse praat oor die impak wat jou dieet op veroudering het.

Te min of te veel mense? 11.07.2024

Prof. Johan Fourie praat op Wêreld Bevolkingsdag oor die aantal mense op aarde.

Lughawe-drank is duur... 11.07.2024

‘n Switserse sakeman eis $6,8 miljoen van British Airways ná ’n gly-en-val-voorval op Heathrowlughawe in 2017.

Annelize, die reisterapeut 10.07.2024

Martelize Brink gesels met Annelize Gericke in Kaïro. Sy is ‘n reisterapeut vir ‘n prinses. Oor die prinses mag sy nie baie sê nie, maar sy vertel van die BBP-leefstyl wat sy regoor die wêreld ervaar.

Tieners en ouers 10.07.2024

Hildegard Havenga is 'n 15-jarige tienermeisie van Pretoria. Sy is 'n stem vir die jeug en ‘n tienerrolmodel. Sy gesels oor verhoudings tussen ouers en tieners, hoe om mekaar beter te verstaan, te kommunikeer en die verhouding te verbeter.

Sneeu- en yspark in China se koudste stad 10.07.2024

China het die afgelope Saterdag die wêreld se grootste binneshuise sneeu- en ys- temapark in Harbin geopen.

Êrens oorsee 9 Julie 2024 09.07.2024

May Hadlow vertel van die lewe in Skotland.

Stoom verleng wynvate se gebruikstydperk 09.07.2024

Die kuns van die gebruik van hout in wyn, hang van die kunstenaar, of wynmaker, af. Die prys van hout met die wisselkoers is ‘n duur kommoditeit, maar die leeftyd van die wynvate kan met die gebruik van stoom gerek word, volgens Pitniel Coetzee, wat vier maande lank in Kalifornië wynmaak studeer het.

Rommeloptel as toerisme-aktiwiteit 09.07.2024

Kopenhagen het ‘n projek om toerisme groener te kry. Só kan jy beloon word om rommel op te tel, fiets te ry of van openbare vervoer gebruik te maak. Op die spel is kos, wyn, koffie of die gebruik van ‘n kajak.

Hoekom hou katte van kattekruid? 08.07.2024

Veearts dr. Ingrid de Wet praat oor sommige katte se reaksie op kattekruid.

Sanja se uithouwedlope 08.07.2024

Sanja Steyn doen uithouwedlope om geld in te samel vir weeskinders in Zimbabwe, waar haar ouers sendlinge was.

Fondue vir die winter 08.07.2024

Nora Thiel van Delheim vertel vir Martelize Brink hoe om ‘n behoorlike kaasfondue te maak.

Hond stig 'n brand 08.07.2024

Colorado Springs se brandweer het ‘n video aanlyn geplaas van ‘n nuuskierige hond, ‘n bokser, wat ‘n stoofplaat aangesit en ‘n brand laat ontstaan het.

360 Speseryroete - Deel 42 05.07.2024

Wildsvleiskenner Lise Beyers gesels oor speserye vir wildsvleisgeregte.

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.