RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Gesonder beskuit 01.11.2024 6:20
Koskenner Heleen Meyer vertel vir Johan Rademan wat haar aanslag tot gesonder beskuit is.
360 Speseryroete - Deel 58 01.11.2024 6:54
Koshistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor sitroengras.
Roei daai pampoen! 01.11.2024 1:33
In die VSA is ‘n nuwe Guiness Wêreldrekord opgestel vir die langste afstand geroei in ‘n pampoenboot.
Sheena Paulus, nuwe landbouer van formaat 31.10.2024 7:21
Sy is die wenner van die Wes-Kaap Nuwe Toetreder tot Landbou-toekenning. Nou is Sheena Paulus, eienaar van die Tri Toad-kwekery in Phillipi, ook binnekort op pad Pretoria toe vir die finale rondte van dié gesogte kompetisie. Sy vertel vir Haidee Muller-Isaacs hoe sy besluit het om self die leisels te neem in ‘n wêreld waar vroue, volgens haar soms onderskat word.
Sjef Bertus se kosinspirasie 31.10.2024 3:34
Sjef Bertus Basson praat oor hoe hy inspirasie in London kry om kos vir Suid-Afrikaners te maak.
Spoke maak geld 31.10.2024 1:37
Hotelle slaan munt daaruit as dit ‘n reputasie het dat dit daar spook.
Armand se besige lewe 30.10.2024 5:01
Armand Aucamp vertel vir Martelize Brink van vry in Afrikaans met Koer-'n-Boer in die Boerwoud, asook Kleinsake, Groot Drome Seisoen 3, waarmee hy tans besig is.
Jakes Gerwel-stigting se boekprojek 30.10.2024 7:57
Theo Kemp, hoof van die Jakes Gerwel-stigting, vertel vir Haidee Muller-Isaacs van sy hart vir die plaaskinders van Somerset-Oos in die Oos-Kaap, en hoekom hy 'n beroep doen op almal wat kan, om oor die Kerstyd ook na dié behoeftiges uit te reik. Hy gesels oor die Stigting se boekprojek wat spesiaal in daardie geweste geloods is.
Vlermuis-skoonheid 30.10.2024 1:22
In die VSA word daar jaarliks ‘n kompetisie gehou waar mense stem vir die oulikste vlermuis. Die wenner word op Halloween aangekondig.
Êrens oorsee 29 Oktober 2024 29.10.2024 11:53
Werner Prinsloo vertel van die lewe in Singapoer.
Denzil Swartz, wynmaker van formaat 29.10.2024 7:28
Haidee Muller-Isaacs gesels met Denzil Swartz, 'n wynmaker van formaat. Hy was 'n plaaskind wat die siklus wou verbreek, en het van jongs af vrae gevra waarvan sy ouers weggeskram het. Hy vertel vir Haidee sy storie van inspirasie en harde werk wat vrugte afwerp.
Timothée en Chalamet, die een is soos die ander 29.10.2024 1:11
Timothée Chalamet het ‘n opskudding veroorsaak toe hy opgedaag het by ‘n kompetisie vir mense wat soos Timothée Chalamet lyk.
Robbe langs SA se kus 28.10.2024 9:51
Pierre de Villiers vertel vir Martelize Brink van robbe, en wat die situasie met hondsdolheid onder die robbe is.
Zenobia Kloppers se boek oor rielmusiek 28.10.2024 4:59
Zenobia Kloppers vertel vir Martelize Brink van die eerste Rielmusiekboek waaraan sy tans werk.
Swendelaar steel tonne kaas 28.10.2024 0:47
‘n Engelse handelaar is uit 22 ton beleë Cheddar bedrieg deur iemand wat homself as ‘n groothandelaar voorgedoen het, wat aan ‘n Franse winkelgroep verskaf.
Die SAUK se klankargief 25.10.2024 12:04
Karen du Toit praat oor die SAUK se klankargief, en die behoefte om 100 jaar se klank te digitaliseer.
360 Speseryroete - Deel 57 25.10.2024 3:25
Hetta van Deventer-Terblanche praat oor sumac.
Kanada se kleindorpie-politiek 25.10.2024 1:11
Die dorp, Kyle, in Kanada moet binnekort ‘n nuwe burgemeester verkies. Geen kandidaat kom egter na vore vir die posisie nie. Buiten vir burgemeester is daar nog ‘n posisie beskikbaar op die stadsraad, maar ook daarin stel niemand belang nie.
’n Omgee-oog op Thornhill se weerloses 24.10.2024 7:24
Sy is al ‘n ouma, maar sy sal nooit haar honger en swaarkry as kind vergeet nie, sê Eunice Boesman van Thornhill. Dié dat sy vandag nog kinders help sover sy kan. Mariska Spoormaker het Eunice by haar en twee ander kollegas se MMB-naaldwerkprojek gaan opsoek.
Jonk 24 Oktober 2024 24.10.2024 8:27
Dr. Chrisna Keyser praat oor nie-sjirurgiese opsies om haarverlies te behandel.
Bankbedrog 24.10.2024 1:55
Swendelaars in Indië het ‘n vals banktak in die platteland opgerig. Nié om die bank se geld te steel nie. Hulle inkomste kom uit die omkoopgeld van mense wat vir die bank wil werk.
Reino Erasmus - 40 onder 40 23.10.2024 8:15
Reino Erasmus vertel vir Martelize Brink van sy verskeie belangstellings en projekte, wat maak dat hy al verskeie kere vereer is as een van 40 onder 40 om dop te hou.
Graham en Cynthia draf deur die lewe 23.10.2024 7:20
Graham en Cynthia Jooste word albei 60 in 2025. Dié Kaapse-paartjie is absoluut gaande oor wedlope. Cynthia skrik nie vir 'n groot marathon nie, en Graham hou van die 10km en 21 km-wedlope. Deesdae ondersteun hy maar liefs sy vrou vanaf die sypaadjie. Maar dan is daar die ander ding: Cynthia weier om op te hou draf, ten spyte van verskeie beserings en diabetes, en selfs al het die dokter haar al g...
Pizza en kokaïen 23.10.2024 1:36
‘n Duitse pizzeria is gesluit nadat hulle met hulle nommer 40 pizza op die spyskaart ook kokaïen bedien het!
Êrens oorsee 22 Oktober 2024 22.10.2024 12:06
Lalie Kossatz vertel van die lewe in Örnsköldsvik in Swede - van die gesonde leefstyl tot geblikte vrot vis.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.