RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Lewensredding in SA 25.07.2024 6:46
Francois Sisam praat oor die werk van lewensredders in Suid-Afrika, en gee praktiese veiligheidswenke.
'n Belofte teen geslagsgeweld 25.07.2024 8:31
Haidee Muller-Isaacs hoor by Marlene le Roux van die #STEP-UP FOR CHANGE-belofte teen geslagsgeweld, en die Women's Humanity-fees, waar dit gedryf
Jonk 25 Julie 2024 25.07.2024 12:29
Dr. Ria Smit vertel wanneer jy na jou vel behoort te begin kyk.
Snoop Dogg by die Olimpiese spele 25.07.2024 1:07
Die Amerikaanse rymkletser, Snoop Dogg, sal die Olimpiese fakkel deur Parys se strate dra in die laaste fase voor die opening van die spele.
Mandri se eenvrou-huiskonserte 24.07.2024 11:16
Mandri Sutherland vertel van Hallo Sussa! en die eenvrouvertoning-huiskonserte wat sy doen.
Antieke Olimpiese Spele-munte 24.07.2024 7:14
Ons hoor hoekom getroude vroue nie die antieke Olimpiese Spele mag bygewoon het nie, en hoe antieke Olimpiese munstukke eksklusief lank voor Christus by die Spele verhandel is. Johan Rademan praat hieroor met Pierre Nortjé van die Numismatiese Vereniging van die Wes-Kaap.
Van slakkepos tot slakke in die pos 24.07.2024 0:53
Navorsers in Brittanje vra dat Britte naakslakke aan hulle pos om te help met navorsing oor slakbestande koring.
Êrens oorsee 23 Julie 2024 23.07.2024 9:29
Johanette Pelser vertel van haar werk lewe in Riaad, die hoofstad van Saoedi-Arabië, waar sy ‘n goewernante is.
Ma en dogter skep veilige hawe 23.07.2024 8:59
Haidee Muller-Isaacs kuier by Huis Jabes, 'n veilige hawe vir mishandelde vroue en kinders. Dit is begin deur Adri Klindt. Haar dogter, Annemie Marias, het besluit om in haar ma se voetspore te volg, en sy is ook na dese hier betrokke. Die huis se leuse is: omgee bring genesing.
So hoog soos 'n haai 23.07.2024 1:22
In Brasilië toets haaie positief vir kokaïene weens besoedeling in die water!
SA se mees bedreigde voëlspesie 22.07.2024 12:33
Dr. Hanneline Smit-Robinson van Birdlife SA vertel vir Martelize Brink van Suid-Afrika se mees bedreigde voëlspesie, die Vaalrivierlewerik.
Brandstofskepe in Baai “verdwyn” 22.07.2024 7:26
Net so stilletjies soos die drywende vulstasieskepe, of brandstofskepe, in 2016 in Algoabaai verskyn het, só stilletjies het hulle verdwyn. Toe die skepe nog daar was, was die omgewingswetenskaplike, Ronelle Friend, deel van die veldtog om die skepe uit die Baai te probeer kry. Mariska Spoormaker het met haar gepraat.
Geraasbesoedeling - Deel 1 22.07.2024 8:51
Dr. Alida Naude praat oor die impak van geraasbesoedeling op kinders.
Gaan kaas in Parys 22.07.2024 1:09
Parys het nou ‘n kaasmuseum waar jy die kase uit Frankryk se verskillende streke kan proe en ruik.
St. Francisbaai: die avonturier wat alles begin het 19.07.2024 7:17
Wie sou ooit kon dink dat die naam van die Oos-Kaapse kusdorp, St. Francisbaai, glad nie verband hou met die heiligverklaarde diereliefhebber, St. Francis van Assisi nie? Die plaaslike geskiedskrywer, Bartle Logie, het dié interessante feit genoem toe Mariska Spoormaker by hom gaan kuier het om die storie te hoor van Leighton Hullett, die man wat sy suikerboerdery in Kwazulu-Natal agtergelaat, en...
360 Speseryroete - Deel 44 19.07.2024 8:42
Hetta van Deventer-Terblanche vertel van Adobo, die Fillipynse/Spaanse suurmarinade, asook die Franse se Daube.
Letterlik enigiemand anders 19.07.2024 1:13
Sommige Amerikaners is nie tevrede met die keuse tussen Trump en Biden as volgende president nie. Party sê letterlik enigiemand anders. ‘n Man het toe sy naam amptelik verander na Literally Anybody Else, en Amerikaners kan nou vir hom as president stem!
Serpe vir Mandeladag 18.07.2024 7:00
Johan Vos vertel hoe 67 BLANKETS FOR MADELA DAY vandag serpe deur die land versprei.
Hoekom Q-W-E-R-T-Y jou sleutelbord? 18.07.2024 8:51
Van kleins af word jy die A-B-C geleer, maar as jy ‘n boodskap op jou selfoon of rekenaar stuur, is dit nie meer A-B-C-D-E nie, maar Q-W-E-R-T-Y. Het jy al gewonder waar die ABC verkeerd geloop het? Johan Rademan het gaan uitvind by die Kaapse Universiteit van Tegnologie.
Jonk 18 Julie 2024 18.07.2024 6:36
Dieetkundige Retha Harmse praat oor die rol van jou dermmikrobioom by langlewendheid en gesondheid.
Swangerskapstoets tydens werkskeuring? 18.07.2024 1:03
Verskeie Chinese ondernemings is in die knyp omdat hulle na bewering swangerskapstoetse gedoen het op kandidate as deel van die keuringsproses. Dié soort diskriminasie is ook in China onwettig.
Vicky van der Merwe op pad na Olimpiese Spele 17.07.2024 8:05
Vicky van der Merwe praat oor haar driekamp-loopbaan, en hoe sy ná die geboorte van haar seun weer topfiks en Afrikakampioen geword het. Nou is sy op pad Olimpiese Spele toe.
Kaap St. Francis se Harry die Strandloper 17.07.2024 8:09
Op die Oos-Kaapse kusdorpie, Kaap St. Francis, het Mariska Spoormaker saam met Harry die Strandloper deur die duine en seelangs tot by Sharkpoint geloop, om alles wat interessant is te hoor van dié kusstrook se natuur- en mense-geskiedenis. Toe hoor sy ook van ’n baie spesiale resonansie...
Wie loer so vir die slange? 17.07.2024 1:52
In Colorado in die VSA is daar ‘n nes van sowat 2 000 ratelslange, waar jy 24 uur ‘n dag hulle doen en late aanlyn kan dophou.
Êrens oorsee 16 Julie 2024 16.07.2024 8:50
Ryno Spence vertel vir Martelize Brink van sy lewe in Hanoi, Viëtnam.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.