RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5605 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Oct 30, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Man probeer homself uit weermag eet 25.11.2024

In Suid-Korea het ‘n man ’n jaar opgeskorte vonnis gekry omdat hy diensplig probeer vermy het, deur opsetlik soveel te eet dat hy obees is en ver weg van gevaar ontplooi kan word.

Chardonnay in SA 22.11.2024

André Morgenthal vertel vir Martelize Brink hoe Chardonnay-stokkies die land ingekom het, die style wat hier te kry is, en wat die Chardonnay-stigting doen.

360 Speseryroete - Deel 61 22.11.2024

Koshistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor rissie-crunch in Sjinese kookkuns.

Lesse wat 'n butler ons kan leer 22.11.2024

‘n Butler is nie net ‘n simbool van luuksheid nie, maar ook ‘n meester van diens en persoonlike aandag. Ons kan baie waardevolle lesse leer uit die wêreld van ’n butler. Haidee Muller-Isaacs het meer uitgevind by Newton Cross, hoof van die SABA Internasionale Butlerskool.

Kleefband is die ster 22.11.2024

Kleefband het gister die nuus gehaal toe ‘n passasier daarmee vasgebind is, nadat hy tydens ‘n vlug die vliegtuig se deur wou oopmaak. Eergister se nuus was dat ‘n smokkelaar 300 tarantulas aan sy maag vas geplak het.

Robey Leibrandt en Richard van der Westhuizen se pa 21.11.2024

Die veelbesproke Tweede Wêreldoorlog-spioen van die Ossewabrandwag, Robey Leibrandt, het as bokser by die Berlyn Olimpiese Spele tot in die halfeindronde gevorder. Toe die oorlog kort daarna uitbreek, was daar verdeeldheid onder Suid-Afrikaners. Veg jy saam met Duitsland of Engeland?. Die regering was pro-Brittanje, en dit het daartoe gelei dat Leibrandt, as Nazi-ondersteuner die doodstraf opgelê...

Jonk 21 November 2024 21.11.2024

Dr. Chrisna Keyser praat oor die impak van behandelings op jou hare - van kleur en perms tot stywe poniesterte en vlegsels.

'n Piesang van $6,24 miljoen 21.11.2024

‘n Kunswerk wat bestaan uit ‘n piesang wat met kleefband teen ‘n muur vasgeplak is, het vir $6,24 miljoen dollar verkoop. Sotheby’s het bevestig vir daardie geld kry die nuwe eienaar ‘n rol kleefband, een piesang, ‘n sertifikaat van oorspronklikheid en instruksies van hoe jy die werk installeer.

Stef en Petronel sing saam 20.11.2024

Martelize Brink gesels met Stef Kruger en Petronel Baard op Groot Brakrivier oor hulle toekennings, hulle gesamentlike produksie, en hoekom hulle nie die kommersiële roete geneem het nie.

Om jou gewig en depressie weg te trap 20.11.2024

Op 40 het sy verby die spieël geloop, die grootte van haar lyf raakgesien, en in trane uitgebars. Hierna het Gerda Milford haar hare pienk gekleur, pienk oorbelle begin dra, en hard begin oefen om die kilogramme af te skud. Naderhand het sy agterkom sy is uit die diep gat van depressie, en vandag, 28 jaar later, ry sy steeds fiets en maak sy kaas! Mariska Spoormaker het by haar op St. Francisbaai...

Landboubesproeiing - Deel 1 20.11.2024

Werner Booysen vertel vir Martelize Brink hoe effektief besproeiing in Suid-Afrika gedoen word. Meer as 60% van Suid-Afrika se watergebruik is vir landboudoeleindes.

Wasgoedophang is 'n spansport 20.11.2024

David en Jennifer Rush het ’n Guiness-Wêreldrekord opgestel vir wasgoedophang. Tien items is binne 51,8 sekondes gehang. Met 182 rekords, is David die persoon wat die meeste Guiness-Wêreldrekords op een slag hou.

Êrens oorsee 19 November 2024 19.11.2024

Johan Treurnich vertel vir Martelize Brink van die tweede duurste stad om in te woon, Sydney in Australië.

Ilse se reënboë 19.11.2024

Ilse Ruthford van Pniel het tydens haar kankerreis en ná Covid besef dat reënboë haar geweldig inspireer. Sy het foto's van allerhande reenboë geneem, en dit op haar sosiale blaaie begin deel. Sy het ‘n Instagram-blad, en mense wêreldwyd stuur nou vir haar foto's van reënboë. Met haar loopbaan gaan dit ook voor die wind. As besturende direkteur van 'n bemagtigingsmaatskappy het sy al verskeie toek...

Jenny stoom al amper 80 jaar voort 19.11.2024

Martelize Brink gesels met Sean Ekström van Atlantic Rail oor Jenny, die stoomlokomotief, wat in 1945 gebou is.

San Marino maak sokkergeskiedenis 19.11.2024

San Marino se nasionale sokkerspan het geskiedenis gemaak met hulle eerste wen ooit, weg van die huis af.

SA se mossels 18.11.2024

Vos Pienaar vertel vir Martelize Brink van Suid-Afrika se mosselbedryf, wat by Saldanha gevestig is.

“Kwaliteit kerkmusiek dáárom belangrik” 18.11.2024

Die bekende koordirigent, Hanlie Young, ook orrelis by die NG Kerk Hoogland in Gqeberha, sê kwaliteit kerkmusiek help om die kerk vol te hou. Nie net tydens eredienste nie, maar ook met die aanbieding van spesiale uitvoerings in die kerk. Die jongste uitvoering wat aangebied word, is Leef Jou Lied. Hanlie verduidelik aan Mariska Spoormaker waar dié titel vandaan kom.

Spinel en toermalyn 18.11.2024

Dr. Petre Prins praat oor spinel en toermalyn, twee minder bekende edelstene, wat toeneem in gewildheid en prys.

Vervalste wasgoedmiddel 18.11.2024

Twee Litauers is in Letland vasgetrek met 22 ton se vervalste Ariel-waspoeier en -wasgoedmiddel.

360 Speseryroete - Deel 60 15.11.2024

Koshistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor dragon.

Meneer Ben van Hoërskool Stellenbosch 15.11.2024

Ben Malan het pas ná universiteit by Hoërskool Stellenbosch aangesluit as onderwyser. Hy is al 30 jaar daar werksaam, en geniet steeds elke oomblik. Sy oudleerders praat steeds met soveel lof van hom. Haidee Muller-Isaacs het hom nadergehark vir 'n heerlike geselsie oor hoe hy dit regkry om in leerders se harte in te kruip.

'n "Beer" se vesekering 15.11.2024

In Kalifornië is vier mans vas nadat hulle versekeringseise ingestel het vir skade, wat ‘n beer glo aan drie motors aangerig het. ‘n Kenner het na die videobewyse gekyk, en gesê mens kan mos sien dis ‘n mens in ‘n beerpak. ‘n Beerpak is toe wel in een van die verdagtes se huis gevind.

Skaak maak Gideon ‘n beskuitbakker 14.11.2024

In 2006 is die Baaienaars, Gideon en Johanna Swanepoel, se drie seuns gekies om vir die SA-skaakspan in Griekeland te gaan speel. Geld groei nie aan bome nie, gevolglik het Gideon beskuit begin bak om die koste te help dek. Sedertdien het hy nooit ophou bak nie. Mariska Spoormaker het sy gemmerbeskuit geproe, verlief geraak daarop, en hom by die Crossways Farm Village-Markiedag gaan opsoek.

Jonk 14 November 2024 14.11.2024

Prof. Donita Africander praat oor perimenopouse en die simptome wat vroue ervaar.

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.