RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Aanlyntamheid 14.08.2024 6:38
Prof. Deon Tustin vertel van die Buro vir Marknavorsing se bevindinge oor aanlyntamheid.
Dwelmlekkers deur liefdadigheidsorganisasie versprei 14.08.2024 1:07
‘n Nieu-Seelandse liefdadigheidsorganisasie het ‘n anonieme skenking van lekkers. Nadat dit as deel van kospakkies versprei is, het hulle agtergekom dis eindlik die dwelm, metamfetamien, wat in dodelike dosisse in die lekkergoedpapiere toegedraai is.
Êrens oorsee 13 Augustus 2024 13.08.2024 8:26
Johan Schoeman vertel van sy lewe in Taipei, die hoofstad van Taiwan. Hy woon al 20 jaar daar.
Huishoudelike werkgewers se verantwoordelikheid met beserings 13.08.2024 14:10
Arbeidsregkenner Stephanie Cilliers praat oor huishoudelike werkgewers se verantwoordelikheid ingevolge die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -Siektes, as dit kom by beserings en aansteeklike siektes.
Miljoene dollar se hoendervlerkies kry voete 13.08.2024 1:00
‘n Vrou in Amerika is vas nadat sy tydens die Covidpandemie $1,5 miljoen se hoendervlerkies by ‘n studentevoedingskema gesteel het.
Geraasbesoedeling - Deel 4 12.08.2024 5:52
Dr. Liesl de Swardt praat oor jaghonde se gehoor, en hoe die impak van geraas daarop bestuur kan word.
Plante, kompos is Roja se lewe 12.08.2024 7:33
Op 'n perseel waar eers 'n skool gebou sou word, het Roja van Sea Vista-township, ‘n kwekerytjie aan die gang gekry. Mariska Spoormaker loer in waar Roja die groen afval van St. Francisbaai se tuindienste verwelkom, want hy meng dit met beesmis om sy gesogte kompos te maak.
Aktivisme deur kuns 12.08.2024 8:41
Prof. Anna-Marie Jansen van Vuuren vertel van die eerste internasionale konferensie oor kunsaktivisme, wat binnekort op plaaslike bodem plaasvind.
Legohaai in die net 12.08.2024 1:28
‘n Skeepshouer vol Lego is 27 jaar gelede oorboord. Daar was onder meer 52 800 Legohaaie in die houer. Die eerste een is in ‘n visnet gevang, en vorm nou deel van die Lego Lost at Sea-projek.
Elsa se waterbuffels 09.08.2024 6:07
Elsa Basson word die buffel-momager genoem by die Zandam Cheese kaasplaas naby Durbanville. Sy vertel vir Haidee Muller-Isaacs van die trop waterbuffels wat soos haar kinders is. Elkeen het sy eie persoonlikheid en manier van liefde betoon.
360 Speseryroete - Deel 47 09.08.2024 6:50
Koshistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat in Vrouemaand oor vroue in die speserybedryf. Sy vertel van die legendariese Zuleikha Mayat.
"Mag Marolien se dood nie tevergeefs wees nie" 09.08.2024 8:41
‘n Jaar nadat die Baai se geliefde pienk fisioterapeut, Marolien Schmidt, op Vrouedag in haar huis vermoor is, praat haar ma, Sineke Schmidt, met Mariska Spoormaker oor die tragiese voorval en die verandering wat sy hoop Vrouedag kan bring om die Suid-Afrikaanse vrou veilig te laat voel.
Dié draak soek nie 'n hond nie 09.08.2024 1:16
‘n Onderneming in China het in ‘n werksadvertensie spesifiseer dat mense wat in die Jaar van die Hond gebore is, nie moet aansoek doen nie. Die hoof van die onderneming is in die Jaar van die Draak gebore, en volgens Chinese astrologie is daar ‘n konflik tussen die Draak en die Hond.
Deon Fourie se geheime 08.08.2024 14:05
Johan Rademan ontdek ‘n paar geheime van Deon Fourie, die Springbokrugbyspeler wat op 35-jarige ouderdom die oudste debutant in die Groen-en-Goud geword het.
Die rekord-bul 08.08.2024 5:13
Antia van der Westhuizen vertel van Cyclone, die Boran-bul, wat vir 'n Suid-Afrikaanse rekord van R8 miljoen verkoop is.
Jonk 8 Augustus 2024 08.08.2024 11:58
Dr. Ria Smit vertel wat ‘n dokter kan doen om jou jonk te laat lyk, soos Botulinumtoksien-inspuitings.
Spesiale munte gesteel 08.08.2024 1:34
Australië stel binnekort 1 Dollar Bluey-munte bekend vir normale sirkulasie. Die munte is opgedra aan die kindertelevisiereeks, Bluey. ‘n Half ton van die munte is egter gesteel en aanlyn verkoop voor dit nog bekendgestel is.
Elana Meyer vertel van besoek aan Olimpiese Spele 07.08.2024 6:08
Martelize Brink gesels met Elana Meyer kort ná haar terugkeer van die Olimpiese Spele in Parys.
Vanessa se danspassies 07.08.2024 8:42
Vanessa Hendrickse is ’n skoolassistent, wat laat in haar lewe begin dansklasse bywoon het. Sy het intussen al 'n paar trofees gewen. Sy sê ‘n mens is nooit te oud om te leer nie. Dans laat haar fiks bly in haar vyftigs, en nou is sy eers vuur en vlam, vertel sy vir Haidee Muller-Isaacs.
Toep vir die Renosterveld 07.08.2024 7:14
Grant Forbes vertel van die wêreld se eerste Renosterveld-toep wat mense help om plante en diere van die kritiek bedreigde Renosterveld te identifiseer.
Disneylandkaartjie na 39 jaar steeds geldig 07.08.2024 1:42
Scott King het 39 jaar gelede ‘n kaartjie vir gratis toegang tot Disneyland gewen. Sy dogter het geen probleem gehad om dit na al die jare te gebruik nie.
Êrens oorsee 6 Augustus 2024 06.08.2024 10:56
Cheney Collins vertel van haar belewenis van Oslo, Noorweë, waar sy al sowat twee jaar woon.
Tiaan van Deventer se camera obscura 06.08.2024 9:07
Tiaan van Deventer vertel vir Martelize Brink van ‘n camera obscura. By Burning Man het hy een van byna 100 vierkante meter opgestel.
Parfuum vir jou poedel 06.08.2024 1:28
Dolce&Gabbana het ‘n nuwe parfuum bekend gestel. Fefé, teen $109 vir 100 ml, is nie vir mense nie, dis vir honde.
Geraasbesoedeling - Deel 3 05.08.2024 5:14
Veearts dr. Liesl de Swardt praat oor die impak van geraasbesoedeling op diere, vertel watter geluide honde die meeste pla.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.