RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5345 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Werk toe met 'n vliegtuig 23.08.2024

Starbucks se nuwe bestuurshoof gaan pendel tussen sy huis in Kalifornië en die werk in Seattle, Washington. Dit is 1 600 km met die werk se vliegtuig.

Afrikaans in Pole 22.08.2024

Jakub Mercik vertel hoe dit gebeur het dat hy Afrikaans in Pole studeer het, en hoe hy sy eerste besoek aan Suid-Afrika ervaar.

Raad teen motorkapings - Deel 2 22.08.2024

Nie-geoutomatiseerde hekke en deure en motorhuisdeure skep gevaarlike ruimtes vir bestuurders wanneer hulle die motor moet verlaat. Wat doen jy byvoorbeeld met die motorsleutel. Richard Brussow van die National Hijack Prevention Academy gee raad.

Jonk 22 Augustus 2024 22.08.2024

Fisioterapeut Lizanne Tucker praat oor gewrigte, en wat jy kan doen om oor die langtermyn mobiel te bly.

Hond spring graf vry 22.08.2024

Die Franse akteur Alain Delon wat onlangs oorlede is, se familie het besluit om nié aan sy versoek te voldoen om sy gunsteling hond saam met hom te begrawe nie.

Jayden se verhoog 21.08.2024

Jayden Dickson praat oor sy aanslag tot die verhoog as akteur, sanger en danser.

Oom Stephen Isaacs se Swartland 21.08.2024

Haidee Muller-Isaacs gesels met oom Stephen Isaacs van Malmesbury, oor sy herinneringe van die Swartland en wat hy alles desjare gedoen het om die pot aan die kook te hou.

Bertie van Zinkplaat se organiese boerdery 21.08.2024

Bertie Coetzee vertel van sy organiese en regeneratiewe boerdery op Prieska. Hy gesels ook oor musiek en sy groep Zinkplaat, wat na jare weer opgetree het.

Vreemde versekeringseise 21.08.2024

‘n Versekeraar in die VSA het jaarliks ‘n toekenning vir die vreemdste troeteldierversekeringseis.

Êrens oorsee 20 Augustus 2024 20.08.2024

Wiaan Visser vertel van sy lewe in Wene, Oostenryk, die onlangse vloede in die land en die Taylor Swift-konsert wat gekanselleer is.

‘Bek- en-klouseer is meer as ‘n ekonomiese ramp’ 20.08.2024

In April vanjaar is die eerste geval van bek-en-klouseer in die Humansdorp-omgewing in die Oos-Kaap gediagnoseer. In Julie het die Kouga-munisipaliteit dit as 'n ekonomiese ramptoestand verklaar. Dit strek egter verder as geldelike verliese, want op emosionele vlak word die boere en gemeenskap erg deur die ramp geraak. ’n Plaaslike veearts, dr. Pieter Jansen van Vuuren, het met Mariska Spoormaker...

Mikrobes en klimaatsverandering 20.08.2024

Prof. Karin Jacobs praat oor die impak van klimaatsverandering op mikrobes, en hoe dit ingespan kan word om klimaatsverandering teë te werk.

Grootste foonversameling 20.08.2024

Wences Palau Fernandez van Barcelona se versameling van 3 615 selfone is die grootste ter wêreld.

Sien voëls met jou ore! 19.08.2024

Faansie Peacock vertel vir Martelize Brink van die wêreld van voëlgeluide, en hoe om voëls met nuwe ore te leer sien.

Petro Isaacs se hart van goud 19.08.2024

Petro Isaacs het 'n hart van goud. Desjare het sy haar roeping as verpleegster misgeloop, maar dit het haar oor die jare heen nie gekeer om in te gryp as daar siekte in haar binnekring was nie. Haidee Muller-Isaacs het by haar gaan kuier.

Kuns en geslagsgebaseerde geweld 19.08.2024

Dr. Mienke Fouché vertel hoe kuns as kragdadige hulpmiddel gebruik word om geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord aan te pak.

Vroue wys oerangoetang hoe om te borsvoed 19.08.2024

Dublin se dieretuin het 30 nuwe ma’s gevra om te help om ’n oerangoetang-ma wat sukkel, te wys hoe om haar kleintjie te borsvoed.

Cornelia se passie vir die jeug 16.08.2024

Haidee Muller-Isaacs vind meer uit oor Cornelia Faasen, die hoof van die Nasionale Afrikaanse Teaterinisiatief (NATi), en haar passie om geleenthede vir die jeug op die platteland te skep.

360 Speseryroete - Deel 48 16.08.2024

Koshistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat in Vrouemaand oor vroue in die speserybedryf. Sy vertel Elizabeth Dijkman, skrywer van Suid-Afrika se eerste resepteboek.

Robottaxi's toet vir mekaar 16.08.2024

‘n Wagarea vir selfbestuurtaxi’s het inwoners van San Francisco omgekrap toe die taxi’s vir mekaar begin toet as hul te aan mekaar kom. Veral om vier uur die oggend wil almal gelyk na hulle herlaaifasiliteit gaan. Daar is ’n YouTube-stroom waar jy die petalje kan dophou.

Dallas se Olimpiese beste 15.08.2024

Dallas Oberholzer vertel vir Martelize Brink van sy ervaring as 49-jarige skaatsplankryer, wat by die Olimpiese Spele sy persoonlike beste punt nog gekry het.

Raad teen motorkapings - Deel 1 15.08.2024

Meer as 60 motorvoertuigkapings per dag, 2 000 per maand. Sleutellose toegang is nou ‘n spoggerige luukse van nuwe motors, maar Richard Brussow, ‘n voormalige polisieman, wat in anti-kaping spesialiseer, waarsku hieroor.

Jonk 15 Augustus 2024 15.08.2024

Dr. Ria Smit praat oor gevorderde velbehandelings by ’n dokter, soos vullers en biostimulators.

Oorsese vakansie vir 'n straatveër 15.08.2024

‘n Straatveër in Engeland se werkgewer het gesê hy mag nie ‘n skenking van sowat £3000 van die gemeenskap aanvaar vir ‘n vakansie in Portugal nie. Toe reik ‘n reisagentskap ‘n kompetisie met ‘n £3000 vakansie na Portugal as prys uit. Die reëls is egter so spesifiek opgestel dat net die straatveër dit kon wen.

Om 200 jaar se geskrifte na te vors 14.08.2024

Die Durbanville Moedergemeente word in 2026 twee eeue oud. Dr. Jurie Joubert is besig om die publikasies van die afgelope 200 jaar na te vors, en hy gaan daaroor skryf. Hy vertel vir Haidee Muller-Isaacs van die proses en die uitdagings daarvan.

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.