RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Banze dans die wêreld in 04.12.2024 5:06
Banze Mutonkole is Kongolees, en wou van kleins af 'n danser word. Sy en haar gesin het na Van Rhynsdorp getrek uit hul tuisland, nadat haar pa daar 'n werk gekry het. Hier kon sy nie Engels of Afrikaans praat of verstaan nie, en binne 12 jaar het sy beide tale aangeleer. Sy is na dese 'n knap danser, en met die hulp van barmhartige Samaritane kon sy uiteindelik by 'n Kaapse kampus gaan studeer, w...
Michelinster-sjef se kerspasteie gesteel 04.12.2024 1:06
Michelinster-sjef Tommy Banks se pasteie was vir die kersmark bestem, maar toe word sy paneelwa met 2 500 pasteie gesteel.
Êrens oorsee 3 Desember 2024 03.12.2024 9:45
Maryke Musson vertel van die lewe in Ysland met die storms en vuurspuwende berg, wat sy daar beleef het. As jy daar in ‘n restourant Surf & Turf bestel, word daar vir jou walvis en perd voorgesit!
Watter kleur is ysbere se vel? 03.12.2024 9:03
Maryke Musson vertel vir Martelize Brink van ysbere. Dié bere het swart velle, en die hare is deurskynend, maar reflekteer lig, wat dit wit laat voorkom.
Brandon Cassels se liefde vir musiek 03.12.2024 6:10
Oos-Kapenaar Brandon Cassels se liefde vir musiek kom al van kleins af aan. Hy is deesdae ‘n dosent by 'n Kaapse instansie. Hy vertel vir Haidee Muller-Isaacs waar sy liefde vir klassieke kitaar ontstaan het. Eintlik wou hy as kind niks weet van die kitaar nie, want hy het niks gehou van sy ooms se manier van kitaarspeel nie. Hy leer steeds jong kinders en volwassenes om kitaar te speel. Dis vir h...
Hongkong hou pandafees 03.12.2024 1:12
Hongkong is oorval deur pandas. By die lughawe is daar 2 500 standbeelde van dié diere. Ná die fees sal die meeste opgeveil, en die geld die park geskenk word waar Hongkong se ses pandas aangehou word.
Martelize vlieg in 'n helikopter 02.12.2024 1:47
Martelize Brink neem ‘n helikopterrit oor Bergsig Reservaat saam met Mosselbaai Helikopters. Sy gesels met die vlieenier DB du Plooy, en ‘n Duitse toeris.
Skatkiste versteek in VSA 02.12.2024 1:56
Jon Collins-Black sorg vir avontuur. Hy het vyf skatkiste met ‘n waarde van meer as $2 miljoen in die VSA weggesteek. As jy sy boek, There’s Treasure Inside, koop, is daar leidrade om dit te kry. In die skatkiste is daar wel goud en edelstene, maar ook skaars Pokémon kaarte, sportmemorabilia en waardevolle medaljes en items wat aan Pablo Picasso, George Washington, Amelia Earhart en Jackie Kennedy...
Hou koers met Johann Groenewald se kaarte 29.11.2024 6:56
‘n Siviele-Ingenieur se wanderlust het hom voltyds van 2010 af in die karteringswêreld laat beland. Jy kan van die Kaap tot in Kaïro reis met Johann Groenewald – sonder om die pad byster te raak.
360 Speseryroete - Deel 62 29.11.2024 9:30
Koshistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor die gebruik van uie- en knoffelpoeier - ‘n gekonsetreerde smaak waarop sommige neersien.
Wene se worsstalletjies kry erfenisstatus 29.11.2024 1:20
Wene se worsstalletjies op straat het UNESCO-erfenisstatus ontvang. Hulle koffiewinkels en wyntavernes het reeds erfenisstatus.
Een dag, groot impak op klein dorpie 28.11.2024 7:29
Dit was 'n groot dag op die Karoo-dorpie, Pearston, toe verskeie organisasies, met gemeenskapsverbetering ten doel, hulle onderskeie dienste gesamentlik gelewer het aan die grondslagfase-leerlinge van Pearston en omliggende gebiede. Dié aksie is deel van die nuwe neiging waar organisasies saamwerk om gelyktydig hulle dienste aan ‘n gemeenskap te lewer ter wille van ‘n maksimum positiewe impak. Die...
Michelle se gin 28.11.2024 9:46
Michelle Coetzee se man het haar gevra wat sy wil doen nadat die kinders die huis verlaat. Sy het lank daaroor gedink, en op gin besluit. Lions Creek Boutique Distilleerder het agt gins ontwikkel, ‘n dubbelgoud gewen, en deesdae is daar ook mampoer en rum.
Jonk 28 November 2024 28.11.2024 5:47
Dr. Chrisna Keyser praat oor haarverlies en die impak van swangerskap, menopouse en kankerbehandeling. Sy vertel waar daar tog gehelp kan word.
Kalkoen op die strand 28.11.2024 1:09
By die Great Salt Lake Park en marina in Utah in die VSA het amptenare die inwoners op sosiale media daaraan herhinner dat die water in die meer se soutinhoud te hoog is om hul Dankseggingsdag-kalkoen in te pekel. Dit kom nadat ‘n kalkoen op die strand uitgespoel het...
Landbouskrywers se boer van die jaar 27.11.2024 7:07
André Brink vertel van sy plaas, Groot Phesantekraal, en sy aanslag tot landbou. Die SA Landbouskrywers het hom aangewys as hulle boer van die jaar.
Nuraan se lewensreis 27.11.2024 7:15
Nuraan Adams is 'n ma, ouma, maatskaplike werker en gemeenskapsaktivis van Worcester. Sy vertel vir Haidee Muller-Isaacs van haar lewensreis, en hoekom sy so 'n passievolle gemeenskapswerker is.
Nood-wiskunde 27.11.2024 1:01
‘n Tienjarige seun van Wisconsin in die VSA het die 911-noodnommer gebel sodat hulkle hom kan help met sy wiskundehuiswerk. Die 911-operateur kon nie per foon help nie, toe gaan ‘n adjunk-balju
Êrens oorsee 26 November 2024 26.11.2024 9:45
Nikki Crossan vertel vir Martelize Brink van die lewe en kos in Mexiko.
Is jy verslaaf aan kunsmatige intelligensie? 26.11.2024 7:46
Kunsmatige Intelligensie is skaars met ons, of daar is al mense wat verslaaf geraak het aan die gesprekke wat hulle met KI-geselsbotte voer. In Amerika het ma ’n regsgeding teen Character. AI begin nadat haar tienerseun glo daaraan verslaaf geraak en later selfdood gepleeg het. Wat is die gevaartekens van KI-verslawing? Mariska Spoormaker praat hieroor met Nelson Mandela Universiteit se prof. Dare...
Ard Matthews en Tanya van Graan 26.11.2024 8:48
Ard Matthews en Tanya van Graan vertel hoe hulle as paartjie bymekaar gekom het, en van Ard se eerste Afrikaanse lied, Die Rede, wat Tanya saam met hom sing.
7 lopies en 13 jaar in krieket 26.11.2024 1:58
Ivoorkus het die eerste internasionale manskrieketspan geword wat slegs enkelsyfer lopies in ‘n T20- wedstryd kon aanteken. Hulle het 7 lopies teen Nigerië gekry. Dan het het Vaibhav Suryavanshi op 13 die jongste speler geword om ’n IPL-kontrak te kry. Hy gaan vir die Rajasthan Royals speel.
Beoordeling by katskoue 25.11.2024 9:26
Leonard Ferreira vertel vir Martelize Brink van katskoue, en hoe die beoordeling daar plaasvind. Leonard teel katte, reël skoue en is gekwalifiseer om alle katrasse te beoordeel.
Helen se uithou en aanhou 25.11.2024 5:30
Helen Stalmeester werk al bykans 30 jaar in 'n bekende hoekkafee in die Kaapse Noordelike voorstede. Sy vertel vir Haidee Muller-Isaacs hoekom sy steeds na soveel jare uithou en aanhou, haar swaarkry grootworddae, en wat sy by haar oorlede ma geleer het.
Speelgoedbiblioteek 25.11.2024 6:29
Lize Marais vertel vir Martelize Brink van haar speelgoedbiblioteek, waar speelgoed vir twee weke op ‘n slag uitgeneem kan word. Hier is dit nie so bekend nie, maar die konsep is algemeen in ander lande.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.