RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
360 Speseryroete - Deel 64 13.12.2024 8:49
Lydia Von Wielligh-Steyn vertel van die gebruik van speserye in parfuum.
Lizelle van Bersig 13.12.2024 7:40
Martelize Brink gesels met Lizelle Crous, eienaar van die plaas Bergsig in Mosselbaai en Mosselbaai Helikopters, oor haar man se erfenis, en haar drome vir die plaas.
Werkstres? Jy is afgedank... grappie! 13.12.2024 1:15
Yes Madam, ‘n Indiese onderneming in die skoonheidsbedryf, het mense ontstel toe hulle kamma-kamma werknemers wat gekla het oor stres by die werk, per e-pos afdank. Dit was toe net ‘n bemarkingsfoefie om hulle masseerdienste te adverteer.
Frank Opperman se karakters 12.12.2024 6:08
Frank Opperman praat oor van die karakters waaraan hy gekoppel word in verskillende dele van die land.
Xtine se juweliersware 12.12.2024 9:14
Haidee Muller-Isaacs het gaan inloer by Voorstad Studio, waar sy meer uitgevind het oor Xtine se pragtige en kleurryke juweliersware.
Scrabble-koning 12.12.2024 1:18
Nigel Richards van Nieu-Seeland hou vyf Engelstalige wêreldtitels, en hy was twee keer die Franse Scrabblekampioen, al praat hy nie Frans nie. Hy praat ook nie Spaans nie, maar is nou ook die Spaanse Scrabblekampioen.
Burre se droogtehulp 11.12.2024 11:41
Burre Burger vertel vir Martelize Brink van die droogte in die land, en sy ervaring met die droogtehulp wat sy organisasie bied.
Hoe kies mens 'n rolstoel? 11.12.2024 10:38
Haidee Muller-Isaacs loer in by CE Mobility in Maitland, Kaapstad, om meer uit te vind oor rolstoele. Hoe kies jy die regte een vir jou behoeftes indien jy een sou benodig?
Gesond met Esté 11.12.2024 5:31
Esté Rabé praat oor gesondheid in die feestyd, en die vyf pilare waarop sy glo gesondheid gebou is.
Wêreldrekord vir geskenke toedraai 11.12.2024 1:17
‘n Skamele 2 050 mense wat gelyktydig geskenke toedraai, was genoeg om ‘n nuwe Guinness Wereldrekord op te stel. En almal was nie eers in dieselfde plek nie. Dit was op elf plekke in vier lande. Dit voel soos ‘n rekord wat vra om gebreek te te word.
Êrens oorsee 10 Desember 2024 10.12.2024 11:21
Piëtke Visser vertel van haar lewe in Finland, die land van mere en saunas.
Pringlebaai se “private” fynbosreservaat 10.12.2024 7:23
Wanneer jy weer in Pringlebaai in die Wes-Kaap is, maak seker dat jy inloer by die private fynbosnatuurreservaat, wat oor bykans vier erwe strek. Die vrou agter hierdie stukkie uniekheid is dr. Nicolette Louw , ‘n plantfisioloog. Mariska Spoormaker het daar gaan kuier.
Gestremdes en geslagsgebaseerde geweld 10.12.2024 8:10
Therina Wentzel vertel vir Martelize Brink van die euwel van geslagsgebaseerde geweld in die gestremde gemeenskap, en die Nasionale Raad van en vir Mense met Gestremdhede se veldtogte.
Judy Garland se skoene vir miljoene verkoop 10.12.2024 1:15
Die robynkleurige skoene wat Judy Garland in The Wizard of Oz gedra is, is die duurste rolprentitem wat tot nog toe op ‘n veiling verkoop is. Die prys was $28 miljoen voor kommissie, wat die bedrag tot $32,5 dollar opgestoot het.
2025 se Voël van die Jaar 09.12.2024 6:19
Dr. Hanneline Smit-Robinson va Birdlife Africa vertel van die simbiose tussen die rooibekrenostervoël en hulle gasheerdiere. Dié voëls help selfs tot ‘n mate om renosters teen stropers te waarsku!
Eeue oue tradisies neffens superruimtetegnologie 09.12.2024 7:01
Die nedersetting, Skietfontein, waar Khoi-en-San-tradisies gehandhaaf word neffens supertegnologie om die buitenste hemelruim te verken, moet fyn bestuur word. Argitek Liza-Mari Potgieter sê dié tradisies is net so belangrik soos die modern tegnologie. Johan Rademan het met haar gesels oor tradisies in die Carnavon-omgewing.
Wat verg dit om 'n heuningboer te wees? 09.12.2024 10:59
Hans Steenpoorte vertel vir Martelize Brink van heuningboerdery, heuning wat ryp is, en die invloed van reën op die heuningoes.
Raygun skiet musiekspel af 09.12.2024 1:18
‘n Satiriese musiekblyspel oor Raygun se deelname aan die Olimpiese Spele is gestop deur Rachel Gunn se regspan. Hulle voer aan dat die kangaroehop- en sproeier-danspasies Raygun se intellektuele eiendom is, en nie gebruik mag word nie.
Liza the Pole Monkey 06.12.2024 9:48
Liza du Plessis, ook bekend as Liza the Pole Monkey, is n ywerige paalsport-entoesiasties. Sy is ‘n argitek wat spog met ’n meestersgraad, en het haar nasionale kleure in dié sportsoort verwerf, en ook 12de by die wêreldkampioenskappe geëindig. Dié groeiende sportsoort word dikwels gestigmatiseer as paaldans. Johan Rademan het met Liza gesels.
360 Speseryroete - Deel 63 06.12.2024 8:25
Koshistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor roosmaryn.
Ou liefde 06.12.2024 1:07
‘n 74-jarige albatros genaamd Wisdom is die oudste voël in die natuur waarvan mense weet. Nadat haar vorige mannetjie sedert 2021 nie meer gesien is nie, het sy nou ‘n nuwe mannetjie gekry, en het weer ‘n eier gelê. ‘n Ander storie van ou liefde is Bernie Littman en Marjorie Fiterman wat op 100 en 102 jarige ouderdom die pasgetroude paartjie met die hoogste gemiddelde ouderdom geword het, toe hull...
“Skei jou gewelddadige man” 05.12.2024 7:24
Dit is alweer die tyd vir die 16 Dae veldtog van Aktivisme vir Geen Geweld Teen Vroue en Kinders. In KwaNojoli, voorheen bekend as Somerset-Oos, het 'n vrou, wat net as Siena bekend wil staan, aan Mariska Spoormaker gesê sy het na agt jaar van erge mishandeling besluit om te skei, eerder as om ‘n klomp dode in haar huwelik te beleef.
Jonk 5 Desember 2024 05.12.2024 6:52
Dieetkundige Valpré Huisamen praat oor die gebruik van aanvullings tot jou dieet.
Dwartslat-slag vir 'n drie 05.12.2024 1:13
Tydens ’n sewes-rugbywedstryd tussen Meksiko en Bermuda is Diego Aguilar van Meksiko op die doellyn geduik, hy het die regoppaal getref, maar die drie gedruk. Toe val die dwarslat op sy kop...
Innovation for the Blind vervaardig radiodrama 04.12.2024 8:08
Stephané Botha praat oor Innovation for the Blind, en hulle samewerking met RSG vir ’n radiodrama, waar siggestremde persone die produksie behartig het.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.