RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Êrens oorsee 3 September 2024 03.09.2024 11:12
Annesu de Vos vertel vir Martelize Brink van haar ervaring van Kanada.
Juffrou Lani van Clanwilliam 03.09.2024 7:36
Haidee Muller-Isaacs gesels met Elanie Nieuwoudt, alombekend as juffrou Lani van Clanwilliam, wat die ekstra myl stap vir die kinders in haar gemeenskap.
Bedank namens my 03.09.2024 1:57
In Japan gebruik mense deesdae bedankingskonsultante, wat namens jou by die werk bedank.
Vra die veearts 02.09.2024 10:03
Veearts dr. Ingrid de Wet beantwoord luisteraars se dieregesondheidsvrae.
Brandt se handwerkskool 02.09.2024 7:39
Brandt Bester is 'n vaardige skrynwerker wat glo aan die bevordering van vakmanskap. Hy het twee jaar gelede ‘n handwerkskool begin, en intussen is daar al meer as 320 studente opgelei van oral oor in die land. Haidee Muller-Isaacs het by sy werkswinkel gaan inloer.
Tweedehandse voetuig-slenters 02.09.2024 7:17
Motorinspekteur Jacques Nel vertel vir Martelize Brink van die slenters met die verkoop van tweedehandse voertuie kom.
Toonstoei 02.09.2024 1:24
Die 50ste wêreld toonstoeikampioenskap het onlangs plaasgevind. Die verdedigende kampioene kon nie ontt(r)oon word nie.
Musiekprojek vir Mannenberg se kinders 30.08.2024 8:46
Charles Louw gesels vertel van die Mamela-projek in Mannenberg, wat musiekklasse gebruik om kinders van die Kaapse Vlakte se strate af te hou.
360 Speseryroete - Deel 50 30.08.2024 7:57
Koshistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor neutmuskaat.
Poskaart ná 121 jaar afgelewer 30.08.2024 1:37
121 jaar ná die datum waarop dit gepos is, is ‘n poskaart in Wallis afgelewer. Dit het daartoe gelei dat familie wat nie van mekaar geweet het nie, mekaar ontmoet het.
Wêrelddag teen kerntoetse 29.08.2024 12:46
Lydia Von Wielligh-Steyn praat oor die geskiedenis van kerntoetse oor die wêreld.
Wat is Boccia? 29.08.2024 1:40
Zelma Basson verduidelik wat Boccia, ‘n sport vir gestremdes, behels.
Raad teen motorkapings - Deel 3 29.08.2024 5:18
Hoe gemaak as jy dink jy word deur ‘n ander motor agtervolg. Johan Rademan het hieroor gepraat met Richard Brussow van die National Hijack Prevention Academy.
Jonk 29 Augustus 2024 29.08.2024 9:11
Fisioterapeut Lizanne Tucker praat oor beendigtheid en soepelheid van die ruggraat.
Slakplaasbelasting 29.08.2024 1:38
In Liverpool se sakekern word daar op een van die vloere van ‘n gebou met slakke geboer, maar die hof sê dis net ‘n manier om met ‘n landboupraktyk die belasting wat op die gebou betaal moet word, te verminder.
Eugenie-May gaan SA in Litaue verteenwoordig 28.08.2024 9:14
Eugenie-May Botha vertel vir Martelize Brink van die verskillende katogorieë waarin vroue aan liggaamsboukompetisies deelneem. Sy is deel van die Proteaspan wat in Oktober aan die wêreldkampioenskap in Litaue gaan deelneem.
Wilmer se ma 28.08.2024 9:36
Publisiteitsghoeroe Wilmer Muller vertel vir Haidee Muller-Isaacs van die nalatenskap van sy geliefde ma, Dalene, wat groot spore in die mediawêreld getrap het. As Afrikaanse taalspesialis het sy ma ’n blywende impak op hoe die media vandag nog met die taal omgaan.
Meer as goud 28.08.2024 1:57
Die Olimpiese medaljewenners is op verskillende maniere vir hulle prestasies vergoed. Atlete het van diamante en huise, tot dragtige koeie, lewenslange gratis treinkaartjies en kolonoskopieë ontvang.
Bakterieë maak stikstof vir boere 27.08.2024 8:18
Gerhard Vermaak vertel hoe landbouers bakterieë, eerder as chemie, inspan om stikstof in die grond te kry, en peste te beheer.
Speel vir albei spanne in een wedstryd? 27.08.2024 1:49
Danny Jansen het die eerste MLB-bofbalspeler in Amerika geword om beide spanne in een wedstryd te verteenwoordig. Reën het die wedstryd tussen die Toronto Blue Jays die Boston Red Sox onderbreek, en dit is eers 65 dae later voltooi. Intussen het Danny die Blue Jays verlaat en by die Red Sox aangesluit.
Die Wes-Kaap se varswatervisse 26.08.2024 13:14
Dr. Martine Jordaan vertel vir Martelize Brink van varswatervisse wat uniek is aan die Wes-Kaap. Ongelukkig is varswatervisse die mees bedreigde dieregroup is Suid-Afrika.
“Ek wil ’n stem aan renosters gee” 26.08.2024 8:35
Op die private wildplaas, Lombardini, buite Jeffreysbaai het Mariska Spoormaker gaan kyk of dit regtig waar is dat daar ‘n veldwagter is wat wilde renosters kan nader roep. Toe beleef sy self die unieke interaksie tussen die 25-jarige Justin Terblanche en die renosters, wat hy sy kinders noem.
Inbreker vas oor lees by die werk 26.08.2024 1:22
‘n Inbreker in Rome is vas toe hy tydens ‘n inbraak verdiep geraak het in sy slagoffer se boek oor Griekse mitologie.
’n Mensgemaakte hondehemel 23.08.2024 7:19
Op 'n Donderdagmiddag so skuins voor twee het Mariska Spoormaker haar verkyk aan die baie township-honde, wat stert in die lug padlangs draf na 'n leë perseel in St. Francisbaai se nywerheidsgebied. 'n Entjie verder het die meer gedweës, aan ’n leiband, met hulle mensemaats al in ‘n lang ry gestaan en wag. Mariska het stilgehou en gaan hoor wat gaan aan.
360 Speseryroete - Deel 49 23.08.2024 9:25
Koshistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor oumas en kaneel, en deel herhinneringe aan die gebruik van kaneel.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.