RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
$200 000 vir skoenlappers vang 13.09.2024 1:39
‘n Pa en seun van Italië is in Sri Lanka gevang toe hulle skoenlappers in ‘n nasionale park gevang het. Nou moet hulle $200 000 dollar opdok. Dis die land se grootste boete nog vir wildlewe-oortredings.
Demi-Leigh se lewe op twee kontinente 12.09.2024 9:13
Demi-Leigh Tebow gesels oor die lewe ná Mej. SA en Mej. Heelal, en hoe sy in die VSA aangepas het.
Jonk 12 September 2024 12.09.2024 7:36
Dieetkundige Valpré Huisamen praat oor voeding vir pynbeheer.
Vinnig, ver met 'n fiets 12.09.2024 1:35
Lael Wilcox hou die rekord vir ‘n vrou wat die vinnigste met ‘n fiets om die wêreld gery het. Sy het dit in 108 dae 12 ure en 12 minute gedoen. ‘n Ander dame is egter reeds 65 dae besig in haar poging vir die rekord.
Elani verjaag stres só 11.09.2024 10:09
Aktrise en digitale nomade, Elani Dekker, gesels oor die tol wat haar rol in Bloedhonde op haar geestesgesondheid geëis het, en die maniere wat sy gevind het om die lewe se stres beter te hanteer.
Melanie se passie 11.09.2024 8:50
Haidee Muller-Isaacs gesels met Melanie Mabotha, hoof van die Astra-skool vir kinders met gestremdhede. Sy is al langer as 20 jaar daar, vars uit die universiteit, toe die skool se sooie gespit is. En so word haar eerste pos toe 'n jarelange passie.
Van baie nulle tot nommer 1 11.09.2024 1:36
Rachael Gunn, of te wel Raygun, se Olimpiese deelname het ‘n gespot afgegee nadat sy drie keer nul gekry het met haar danse. Op die Wêreld Danssportfederasie se ranglys is sy egter nommer 1!
Niël se Heidelberg 10.09.2024 8:39
Haidee Muller-Isaacs gesels met die kabaretsanger en feeshoof, Niël Rademan, oor sy kinderdae op Heidelberg.
Van die plaas tot op die rak 10.09.2024 8:31
Heinrich Schultz praat oor waardekanaal-naspeurbaarheid van die plaas tot op die rak. Hoe maak jy seker landbouprodukte kom wel van waar daar gesê word dit kom?
Trou of tennis? 10.09.2024 1:10
Tennisspeler Lyudmyla Kichenok het beplan om op 4 September in New York te trou met haar dubbels-spanmaat se afrigter. Hulle het nie verwag om tot in die eindronde van die Amerikaanse Ope te vorder nie. Op die ou end moes die troue oorstaan sodat sy op die eindstryd op 6 September kon konsentreer, wat hulle toe gewen het.
Sorg vir senior diere 09.09.2024 12:46
Dr. Esmaré van der Walt vertel hoe jy jou troeteldier se goue jare, goeie jare kan maak.
Die waarde van ’n skaaphond 09.09.2024 8:02
In die hartjie van die Kougaberge het Mariska Spoormaker tydens haar Baviaans Camino met Pierre Strydom, boer en trotse baas van kampioen-skaaphonde, op sy plaas Mooigedacht gepraat. Pierre het ook gewys hoe sy kampioen-skaaphond Mac met skaap werk.
Die eerste Afrikaanse KI-musiekvideo 09.09.2024 9:36
Joe Botha vertel vir Martelize Brink van die eerste Afrikaanse musiekvideo wat met kunsmatige intelligensie gemaak is.
’n Vliegtuig, 'n slaggat en ‘n lamppaal 09.09.2024 1:21
In Algoa Park in Gqeberha het ‘n ligte vliegtuig ‘n noodlanding gemaak. ‘n Slaggat en ‘n spoedwal het gemaak dat die vliegtuig uitswaai en ‘n lamppaal tref.
Op Willowmore is die spoke vriendelik 06.09.2024 6:26
Mariska Spoormaker het onlangs die uitdagende Baviaans Camino aangepak, wat oor 95 kilometer oor die Baviaanskloofberge en die Kougaberge strek. Die aand voor dié vierdaagse staptog begin het, het Mariska in die Willow Historical Gastehuis oorgebly, en gehoor van spoke, dansmusiek en honde.
360 Speseryroete - Deel 51 06.09.2024 7:37
Koshistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor lourierblare .
San Marino se sokkerdroogte op einde 06.09.2024 1:27
San Marino het hul eerste kompeterende FIFA-wedstryd gewen. Só kom sokker se langste periode van 140 wedstryde sonder ‘n wen, tot ‘n einde.
Organisasie beskerm stedelike woude 05.09.2024 7:38
Boomkundige Riaan van Zyl vertel van Tree Keepers Cape Town, wat poog om stedelike woude te beskerm.
Ingenieur+ prokureur = organiese groente? 05.09.2024 7:17
In die landbougebied net buite Humansdorp het Mariska Spoormaker die bordjie, Papillon, gesien. Sy het daar ingedraai en die storie gehoor van ‘n siviele ingenieur en ’n prokureur, en hoekom hulle die wêreld van organiese groenteverbouing betree het.
Jonk 5 September 2024 05.09.2024 10:03
Dieetkundige Valpré Huisamen praat oor voeding vir beengesondheid.
Spanjaard klim en fiets in die Alpe 05.09.2024 0:59
Kilian Jornet van Spanje het in 19 dae 82 spitse in die Alpe, wat hoër as 4 000 m is, geklim, en per fiets van die een na die ander gery.
Para-atleet oppad na CrossFit-Spele 04.09.2024 7:33
Darren Thomas vertel vir Martelize Brink hoe hy CrossFit in sy rolstoel doen, en Suid-Afrika binnekort by die CrossFit-spele in Texas gaan verteenwoordig.
Vroue in die jagbedryf 04.09.2024 7:23
Meer vroue en gesinne jag deesdae. Goeie opleiding, agtergrond en etiek is egter ter sake. ‘n Beroepsjagter, Michelle Mostert, vertel hoe sy in die bedryf beland het, en opgelei is teen die agtergrond van die toenemende belangstelling onder vroue in die jagbedryf.
Blommekuns in die Overberg 04.09.2024 8:25
Marjolijn Malan vertel van blommekuns wat by Nampo Overberg se blomme-afdeling te sien sal wees.
Wat sê jou pynappel? 04.09.2024 2:12
In Spanje is daar ‘n nuwe gier waar jy tussen 19:00 en 20:00 in ‘n spesfieke winkelgroep met ‘n onderstebo pynappel in jou trollie loop, as jy beskikbaar is om ‘n verhouding aan te knoop.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.