RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5605 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Oct 30, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Kattemaai op 'n Griekse eiland 26.12.2024

Die Griekse eiland, Syros, het saam met 25 000 mense ook 3 000 straatkatte as inwoners. Hulle soek vrywilligers om minstens ‘n maand op ‘n slag daar te help om katte te versorg.

Bellville se kostuin 24.12.2024

Haidee Muller-Isaacs het gaan inloer by Bellville se heel eerste kostuin, waar 'n man wat voorheen haweloos was, vir haar vertel hoe groentekweek sy ganse lewe verander het. Hy woon deesdae saam met ander ywerige tuiniers in 'n ou pastorie in Bellville.

Replika Harry Potter-swaarde oortree Japan se wapenwet 24.12.2024

In Japan is ‘n replika van die Gryffindorswaard uit ‘n Harry Potter-film vir ‘n jaar lank verkoop. Owerhede het later besef die replika is skerp genoeg om ’n wapen te wees, wat wetgewing oortree. Die swaarde is nou herroep.

SA se skilpaaie 23.12.2024

Esther Matthew vertel vir Christelle van Tonder van Suid-Afrika se skilpaaie, en hoe gemaak as jou paaie met een kruis.

Jakes Gerwel se huis van skrywers en stories 23.12.2024

Aan die voet van die Bosberg in KwaNojoli, oftewel Somerset-Oos in die Oos-Kaap, staan die Paulet-skrywershuis. Dié historiese huis was eens ’n holte vir die baie besige voet van die bekende Jakes Gerwel, wat onder meer direkteur-generaal in Nelson Mandela se presidensiële kantoor was en ook rektor van die Universiteit van Wes Kaapland. Mariska Spoormaker het by die huis gaan inloer en gepraat met...

Visserman trek vrou uit 23.12.2024

‘n Visserman op Mosselbaai het tot ‘n vrou se redding gekom nadat ‘n seestroom haar meegesleur het. Die visserman het sy tot by haar ingegooi. Sy kabeljouhoek het in haar denim gehaak, en hy kon haar inkatrol vlakwater toe.

Bou blokkie bou 20.12.2024

Haidee Muller-Isaacs loer in by 'n boublokkie-uitstalling in Durbanville in die Kaap. Daar hoor sy meer oor bloublokkieklubs en mense wat passievol oor dié lekker stokperdjie is.

360 Speseryroete - Deel 65 20.12.2024

Koshistorikus Hetta van Deventer-Terblanche vertel van Grimod de La Reynière, Frankryk se eerste invloedryke kosskrywer.

Wat is jou (hof)naam? 20.12.2024

‘n Indiese paartjie se stryery oor ‘n seun se naam, het na drie jaar in die hof geëindig. Toe kies hulle uit ‘n lys name wat die hof voorgestel het...

Die De Jager-broers gaan terug skool toe 19.12.2024

Die bekende omroeper, Nic de Jager, se pa, AK de Jager, was die skoolhoof van Hoërskool Durbanville van 1953 tot 1951. Sy seun Jock, vandag 77, het sy eerste onderwyspos as wiskunde-onderwyser van 1971 tot 1978 ook by Durbanville bekleë. AK, die weermaggeneraal en seun van AK-senior, woon tans in Pretoria, en Marius, die jongste De Jager-broer, hy is nou 73), is deur sy pa se vakgebied geïnspireer...

Jonk 19 Desember 2024 19.12.2024

Valpré Huisamen vertel vir Martelize Brink van vyf algemene aanvullings - Vitamien B12, Omega 3 vetsure, Kalsium, Yster en Vitamien D.

Muntmasjienmoeilikheid 19.12.2024

In Hongkong is daar soveel klagtes oor die onregverdige praktyke van muntmasjiene, waar jy met ‘n meganiese klou ‘n prys probeer vang, dat die verbruikerswaghond dit wil reguleer.

Lis(z)a se klavier 18.12.2024

Liza Joubert vertel vir Martelize Brink van haar kuiers met Koos Kombuis, wat gelei het tot sy lied, Lisa se klavier.

Die gebed en die mosterd-idee 18.12.2024

Meer as tien jaar gelede was die Baaienaar, Anthony Vieira Da Cruz, biddend op sy knieë opsoek na ‘n sake-idee wat hom sy eie baas sou maak. Die antwoord van “geloof soos ’n mosterdsaad” het by hom opgekom. Vandag het Mr Mustard, soos hy intussen naam vir homself gemaak het, al meer as 40 verskillende soorte mosterdsmake ontwikkel.

Landboubesproeiing - Deel 2 18.12.2024

Werner Booysen vertel vir Martelize Brink hoe effektief besproeiing in Suid-Afrika gedoen word. Meer as 60% van Suid-Afrika se watergebruik is vir landboudoeleindes. Dit neem 50 liter om ‘n lemoen te produseer en 70 liter vir ‘n appel.

TikToker maak of sy dooie suster is om ouma hartseer te spaar 18.12.2024

Op haar ouma se sterfbed kom Annie Niu met die sak patats vorendag. Sy het in oproepe haar voorgedoen as haar tweelingsuster, wat 5 jaar vantevore oorlede is. Die nuus van die dood is nie aan die ouma en oupa gebreek nie aangesien die familie bekommerd was oor die impak wat dit op die grootouers se gesondheid kon hê.

Êrens oorsee 17 Desember 2024 17.12.2024

Maja Plüdemann vertel van haar lewe in Düsseldorf, Duitsland, op die grens met Nederland.

Danie se oupa se trekklavier 17.12.2024

Haidee Muller-Isaacs gesels met Danie van Wyk oor sy geliefde oupa, dié se trekklavier, en sy Kersherinneringe op 'n klein Karoodorp.

Interessante soorte heuning 17.12.2024

Byeboer Hans Steenpoorte vertel van interessante soorte heuning uit verskillende lande, en hoe jy peste in byneste aanpak.

Ruimte-ryswyn 17.12.2024

Japan gaan ryswyn op die Internasionale Ruimtestasie maak. Hulle beplan om 100 ml saké vir ¥100-miljoen te verkoop, maar die idee is om later dit op die maan te maak, en aan maantoeriste te bedien.

Wat is waarde van die Voël van die Jaar-titel? 16.12.2024

André Botha van die Aasvoëls vir Afrika-program praat oor die waarde van die Voël van die Jaar-titel, aan die hand van die berghaan wat die 2024 voël van die jaar is.

Pringlebaai word ‘n fynbosbestemming 16.12.2024

Op Pringlebaai kraai fynbos omtrent koning. Eers was daar dr. Nicolette Louw wat erwe aangekoop het vir fynbosbewaring, en nou is daar ook ‘n bewaringsprojek om Pringlebaai ‘n fynbosbestemming te maak. Mariska Spoormaker gesels met Carel Laubscher, ‘n afgetrede weermaggeneraal wat aan hoof van dié projek staan.

Wat is sosiale beleggings? 16.12.2024

Graeme Wilkinson praat oor sosiale beleggings, en die impak wat dit het.

Lugbraaiers wat afluister 16.12.2024

Owerhede in Engeland het agtergekom dat daar drie modelle lugbraaiers is wat jou afluister, en die data na rekenaarbedieners in China stuur.

Ken jy Kookpot en Blaasgat? 13.12.2024

Die gety moet nét reg wees sodat Kaap St. Francis se Kookpot en Blaasgat tot hulle volle reg kan kom. So nie, sal mense verbystap en nie eers weet daar is ‘n Kookpot en ’n Blaasgat nie. Met die onlangse Chokka-Voetslaanuitdaging was Mariska Spoormaker gelukkig genoeg om dit te kon beleef. Sy het ’n plaaslike kenner, Pieter de Jongh, meer hieroor uitgevra.

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.