RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Gaan op 'n padda-safari saam met Henry 23.09.2024 7:09
Jy loop letterlik die beste stories raak, het Mariska Spoormaker agtergekom toe sy op die Chokka Voetslaanroete vir Henry Maarman by die Dune Ridge Country House ontmoet, en hy haar op ‘n padda-safari geneem het.
Osoonverdunning en die weer 23.09.2024 9:35
Prof. Francois Engelbrecht praat oor die impak van osoonverdunning op die weerprosesse.
Heeljaar Kersfees 23.09.2024 1:26
Jane Malyon van Essex se kersboom staan heel jaar reg, ingeval haar 35 jarige en 40 jarige seuns by die huis opdaag. Daar is altyd ‘n kalkoen in die yskas, en die kerskouse is vol. Sy sê sy besef dis ‘n bietjie eksentriek.
Mostert se meul maal weer 20.09.2024 9:37
Andy Selfe vertel van Mostert se meul, die enigste werkende windmeul in Afrika. Die Vriende van Moster se Meul sorg dat die stene bly maal.
360 Speseryroete - Deel 53 20.09.2024 7:45
Koshistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor sojasous, wat reeds sedert 1662 in Japan gemaak word.
Basil van Stilbaai 20.09.2024 8:35
Haidee Muller-Isaacs gesels met Basil Koopman, plaasbestuurder van die Oudewerfskloof Olyfplaas op Stilbaai, wat onlangs die Agri-Werker van die Jaar-toekenning losgeslaan het.
Skei en vernietig alles 20.09.2024 1:01
In China maak mense op allerhande maniere geld uit egskeiding. Een so ‘n manier is om foto’s, gedruk op duursame bord, en huweliksmemorabilia te vernietig, en die proses op video vas te vang.
Louise se toeganklike kuns 19.09.2024 9:54
Haidee Muller-Isaacs gesels kunstenaar Louise Kluyts op Heidelberg oor watter rol kuns behoort te speel, en hoe sy hand bysit op die dorp sodat kuns in openbare spasies vir almal toeganklik kan wees.
Jonk 19 September 2024 19.09.2024 6:19
Dr. Chrisna Keyser praat oor die redes vir haarverlies.
Buurkrag 19.09.2024 1:24
‘n Man in Amerika sukkel met ‘n kragrekening wat styg, al doen hy wat. Toe die diensverskaffer gaan kyk wat gebeur, besef hulle hy betaal al 18 jaar lank sy bure se krag.
Swemafrigter Rocco Meiring 18.09.2024 9:49
Swemafrigter Rocco Meiring vertel vir Martelize Brink van swem in Suid-Afrika. Verskeie Olimpiese swemmers, onder andere Tatjana Smith, Kaylene Corbett en Erin Gallagher, word deur hom afgerig.
Bloedneus brul nog voort 18.09.2024 7:29
Vyf jaar gelede het Mariska Spoormaker in die Kougaberge kennis gemaak met Bloedneus, ’n stokou Isuzu-bakkie wat met drade en genade aanmekaar gesit is. Sy het nie gedink Bloedneus sou vyf jaar later nog loop nie, maar toe vind sy uit dié bielie brul nog vasberade voort.
Wat is allulose? 18.09.2024 8:06
Dieetkundige Saskia Zietsman vertel van allulose se plek tussen al die suikervervangers en versoeters.
Lego langer as twee dekades in die neus 18.09.2024 1:29
As sesjarige het Andi Norton van Arizona ’n Lego-stukkie in sy neus gedruk. Ná 26 jaar is dié vergete blokkie eindelik uit.
Êrens oorsee 17 September 2024 17.09.2024 8:46
Reinhardt van Zyl vertel van die eilandlewe op Mauritius, en hoe hy daar beland het.
Watter slange is die gevaarlikste? 17.09.2024 8:27
Dr. Simo Sauer vertel vir Johan Rademan van die vier hoofgroepe waarin slange gegroepeer word, en watter die gevaarlikes is.
Eko-toeganklikheid 17.09.2024 8:31
Therina Wentzel praat oor eko-toeganklikheid, soos rolstoeltoeganklike strande en staproetes.
Hoër koffiepryse is 'n stink storie 17.09.2024 1:14
Een van die redes vir hoë koffieprys is droogte. Dit veroorsaak dat Viëtnamese boere eerder durian vir die Chinese mark verbou. Dié vrug stink so, dat dit op openbare vervoer verbied word in Thailand, Japan, Singapoer en Hongkong.
Krokodilboerdery in die Paarl - Deel 1 16.09.2024 12:23
Kadys Prins gesels oor die wêreld se krokodilspesies, en hoe hy met krokodille boer.
Voetslaan maak skoonma’s vriendinne 16.09.2024 7:14
Sy is ’n Oos-Kaapse sakevrou en boervrou wat reeds ure op haar voete deurbring, maar noem net voetslaan in die berge, en Reneè Scheepers is daar. Vanjaar het sy vir die vyfde keer die uitdagende Baviaans Camino oor 95 km in vier dae aangepak, en sy sal dit weer doen, het sy aan Mariska Spoormaker gesê.
Herstel van die osoonlaag 16.09.2024 7:11
Prof. Francois Engelbrecht praat op Wêreld-Osoondag oor die verdunning en herstel van die osoonlaag.
Deense jaagduiwel vasgetrek 16.09.2024 1:19
‘n Deense motorfietsryer star 86 aanklagte in die gesig nadat owerhede na videomateriaal gekry het, wat hy met ‘n kamera op sy valhelm afgeneem het van sy eskapades in die saal.
Ouma kyk blomme 13.09.2024 12:31
Ouma gesels oor vanjaar se blomme, en haar Garries komvandaan. Margit Meyer-Rödenbeck se karakter toer die land vol.
360 Speseryroete - Deel 52 13.09.2024 8:59
Koshistorikus Hetta van Deventer-Terblanche gesels oor erfeniskos soos kwepers, Jan Ellis-poeding en Ou-vrou-onder-die-kombers.
Die Baviaanskloof se tannie Doesie 13.09.2024 7:59
Na ongeveer 20 kilometer se voetslaan oor die Baviaanskloofberge op die eerste dag van die Baviaans Camino, het Mariska Spoormaker vir tannie Doesie Human, bestuurder van die Doringkloof Boskamp, raakgeloop, en lekker gesels.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.