RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Pynappel op pizza? Skud jou sak... 15.01.2025 1:18
‘n Pizzarestaurant in Norwich, Engeland, hou niks van die idee van pynappel op hulle produk nie. In die restaurant bedien hulle dit glad nie, maar vir aanlynbestellings deur ‘n afleweringsdiens sal hulle teen £100, sowat R2 300, dit vir jou as ‘n ekstra item op die pizza sit.
SA vroue in Tweede Wêreldoorlog 14.01.2025 7:06
Pringlebaai met sy kenmerkende berg, Hangklip, is deel van ’n baie interessante stuk geskiedenis uit die Tweede Wêreldoorlog. In kort is dit die spesiale vrouekorpse, wat onder meer as die Waasies, Airy’s Fairies en Freddie’s Coastal Girls bekendgestaan het. Dr. Wim Myburgh, afgetredene op Pringlebaai, het dit nagevors en ’n boek hieroor geskryf. Hy verduidelik aan Mariska Spoormaker wie die Waasi...
Trou vir Instagram? 14.01.2025 1:37
‘n Vrou in Australië se huwelik is nietig verklaar nadat haar verloofde van twee dae haar mislei het met ‘n verrassingstroue. Hy het gesê dit is slegs vir ‘n video vir Instagram. Twee maande later vind sy uit die troue is geldig.
SANCCOB se pikkewynrehabilitasie 13.01.2025 10:32
Martelize Brink het SANCCOB se rehabilitasiesentrum en skuiling vir pikkewyne besoek, waar Michelle Liebenberg, seniorrehabiliteerder, verduidelik watter pikkewyne permanent gehuisves word weens hulle beserings, en hoe lank die gerehabiliteerde pikkewyne moet kan swem voordat hulle in die natuur vrygelaat kan word.
Wat is neuroplastisiteit? 13.01.2025 7:06
Jolanda Jacobs verduidelik wat neuroplastisiteit is, en hoe jy jou brein kan herbedraad om dit 'n hupstoot te gee.
Moenie jou kersboom eet nie! 13.01.2025 1:16
Die stad Gent in België het inwoners aangeraai om, as deel van kersboomherwinning, die dennenaalde te eet. Die Federale Agentskap vir Voedselkettingveiligheid het toe uitgewys dat dit dodelik kan wees...
Janet se praatpoppe 10.01.2025 10:08
Haidee Muller-Isaacs loer in by poppeversamelaar, Janet Koekemoer-Jooste. Sy leer ken Janet se pratende poppe, wat al ouer as syself is. Janet herstel ook self haar poppe, en maak klere vir hulle. Die pop-parte is 'n duur storie, want dit word meestal ingevoer uit Amerika.
360 Speseryroete - Deel 66 10.01.2025 10:36
Lydia Von Wielligh-Steyn vertel verder van die gebruik van speserye in parfuum.
Benno-Lutz se Dak van Afrika-ervaring 09.01.2025 6:57
Benno-Lutz van der Merwe is n driekampatleet en ysterman. Hy het sonder motorfietservaring en met net ‘n week se voorbereiding, op die ingewing van die oomblik besluit om saam met ‘n vriend die Dak van Afrika te takel. Sal jy ook so iets verstommends radikaal in 2025 aanpak? Johan Rademan het gaan uitvind.
Jonk 9 Januarie 2025 09.01.2025 6:54
Valpré Huisamen, 'n geregistreerde dieetkundige, verduidelik hoe kreatien in jou liggaam funksioneer.
Lize Jonck se kuns 08.01.2025 8:26
Martelize Brink het op Groot Brakriver by kunstenaar Lize Jonck ingeloer, en gesels oor haar pad van die gasvryheidsbedryf tot kunstenaar.
Hier is klimaatsverandering al lankal aan die gang 08.01.2025 7:35
Klimaatsverandering is deesdae die gonswoord, en ons hoor allerlei redes hoekom dit gebeur. Maar diep in die Winterhoek en Baviaanskloofberge ervaar boere al lankal klimaatsverandering. Meer as 40 jaar gelede het dit byvoorbeeld nog gereeld daar gesneeu en het die Grootrivier standhoudend geloop, onthou Bennie Rathbone van die gasteplaas Hadley. Mariska Spoormaker het met hom by 'n vleisbraaivuur...
Êrens oorsee 7 Januarie 2025 07.01.2025 9:54
Martelize Brink gesels met Petra Bainbridge oor haar lewe en werk op die Isle of Man.
Warnell se wedlope 07.01.2025 6:51
Warnell Engelbrecht sê hy het aan wedlope begin deelneem om hom uit die kwaad te hou. Hy het pas ‘n wedloop van 320 km voltooi. Hy vertel ook vir Haidee Muller-Isaacs van sy gehoorgestremdheid, hoe hy nog nooit toegelaat het dat dit hom terughou nie.
Suid-Soedan se aasvoëls 06.01.2025 15:08
André Botha, bestuurder van die Aasvoëls vir Afrika-program van die Trust vir Bedreigde Natuurlewe vertel van die aasvoëls in Suid-Soedan.
Meertaligheid + lees = meer werksgeleenthede 06.01.2025 7:20
Chumani Makunga van Oos-Londen se ouma het só geglo dat haar kleinkind meertalig moet wees, met die gevolg dat hy vandag Xhosa, Afrikaans en Engels vlot praat. Chumani se meertaligheid is ook goud werd vir die Small Projects Foundations, wat onder meer skoolkinders in die Oos-Kaap se oë toets, want hy kan met die leerlinge in hulle onderskeie moedertale kommunikeer. Mariska Spoormaker het hom tyde...
Beeldepark in fynbostuin 03.01.2025 7:08
Pringlebaai is seker die enigste dorp in die land wat ’n beeldepark in ’n fynboskatedraal by sy ingang het. Mariska Spoormaker het gaan inloer en daar die man agter die projek, Janko de Beer, ontmoet.
Ds. André se Simondium 02.01.2025 12:14
Elke keer wanneer Haidee Muller-Isaacs by ds. André Boezak inloer, is daar 'n storie te vertel. Dié keer het hy in sy grootwordplek, Simondium, se boksie gaan krap. Haidee was natuurlik die ene ore, want as ds. Boezak eers stories begin vertel, wíl 'n mens luister.
Skattejag in die Karoo en Kontrei 01.01.2025 5:27
Nuwejaarsvoornemens verdwyn gewoonlik vinniger as ys by ‘n braaivleisvuur, maar Adri Smit is vasbeslote om met ‘n skattejag, Ons Karoo en Kontrei, weer op die kaart te plaas. Sy deel haar entoesiasme met Johan Rademan, maar nooi ook alle plattelanders om te help met stories en geskiedenis van hulle omgewing.
Oppiwater-radioteater: MY WONDERLIKE MAN deur Joe Kleinhans 31.12.2024 32:13
Elke jaar tydens die Oppiwater Kunstefees kry die feesgangers ‘n blik agter die skerms van hoe ‘n radioteater opgeneem word. Johan Rademan is die regisseur van MY WONDERLIKE MAN, wat voor ‘n gehoor op die kunsteboot opgeneem is.
Sulayman se groot klavierpassie 30.12.2024 7:56
Die 31-jarige Sulayman Human is op Dysselsdorp buite Oudtshoorn gebore. Haidee Muller-Isaacs het laas met hom gesels toe hy nog besig was met my BMus-graad aan die Universiteit Stellenbosch. Hy het vanjaar die gesogte Pnina Salzman Memorial-toekenning in Israel ingepalm. Sulayman verwys glad nie na sy toekennings nie, maar Haidee het in die St. Saviour Katedraal op Oudtshoorn langs hom by die orre...
Trans-Agulhas opblaasboot-uitdaging 27.12.2024 10:39
Wilko du Preez vertel van die Trans-Agulhas opblaasboot-uitdaging waaraan hy en sy navigator, Duan Hough, deelneem. Duan het pas matriek voltooi.
Celeste Blaauw, die reisiger 27.12.2024 8:31
Die reisgogga het Celeste Blaauw in die jare sestig op kampus gebyt. Daai gogga het haar nooit gelos nie. Dit laat jou vooroordele oor ander verdwyn, sê sy. En, sy is 'n reisiger, nié 'n toeris nie vertel sy vir Haidee Muller-Isaacs.
Plastiekoë veroorsaak skade 27.12.2024 1:23
Die stad Bend in Oregon in die VSA vra dat inwoners nie plastiekoë op standbeelde en muurskilderye plak nie. Die gom rig skade aan, en dit kos geld om die oë te verwyder.
SA-calamari die beste, maar... 26.12.2024 7:30
Op jou restaurantbord is dit calamari, in die oseaan is dit inkvis, en in vissermanstaal is dit chokka wat in die Indiese oseaan tussen Oesterbaai en Nelson Mandelabaai gevang word. En dit is van die beste calamari in die wêreld – ’n lekkerny wat ongelukkig min Suid-Afrikaners beskore is, want dit word hoofsaaklik na Europa uitgevoer. Mariska Spoormaker het hieroor gepraat met Clive Cantor, calama...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.