RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5345 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Christof Berg by Woordfees 02.10.2024

Christof Berg vertel van grootword op ’n soutplaas, en toer oor die wêreld se verhoë. Hy gesels ook oor sy produksie, Verhale van ‘n Nomade: Die storie van Andries de Lange.

Dagbreek-straatmyl 01.10.2024

Kyla Jacobs, Lisha van Onselin en Francois Fouché gesels oor die Dagbreek-straatmyl, waar die twee vroue SA-landloopatlete verlede jaar eerste en tweede gekom het.

Leer meer oor wyn 01.10.2024

Wynmakers Narina Cloete, Danie Steytler en Shawn Mathyse vertel van die Woordfees-wynskool waar deelnemers hulle kennis kan verdiep oor Cap Classique, Chenin Blanc en Pinotage.

Mel Botes dans in die weerlig 01.10.2024

Mel Botes gesels oor sy musiekloopbaan en sy Dans in die weerlig-produksie by die Toyota US Woordfees.

Dylan Lewis-beeldetuin 01.10.2024

Hanlé Hill vertel van die Dylan Lewis-beeldetuin, waar sy toere tussen die bronsbeelde begelei.

Jak en Antoinette saam op verhoog 01.10.2024

Jak de Priester gesels oor sy projekte en die Koppieteefontein-produksie saam met Antoinette Pienaar by vanjaar se Toyota US Woordfees. Antoinette Pienaar gesels land en sand oor Koppieteefontein en die wysheid van Theefontein.

Drostdyteater vier tien jaar 30.09.2024

Ingrid Howard vertel vir Martelize Brink en Johan Rademan van haar wedervaringe as eienaar van die Drostdyteater, wat byna 10 jaar oud is.

Anrich en Xtine by Woordfees 30.09.2024

Anrich Herbst en Xtine vertel hoe hulle hul talente saamgooi op die verhoog en by ander projekte. By die Woordfees is beide te sien in 8 Misses Croon Sing, en Anrich is te sien in Roem: ‘n Musiekverhaal.

Proscenium-dramakompetisie 30.09.2024

Anina Lundie, Kobus Burger en Junior Khumalo praat oor die Proscenium-dramakompetisie en jeugteater waar leerders in aksie gesien kan word.

Miché van Wyk en René Cloete by Woordfees 30.09.2024

Miché van Wyk en René Cloete vertel van hulle produksie Suurdeeg. Miché vertel ook hoe sy met Danneline Ramsden werk in Skatkis Vol Stories en die kinderteater, Pampoenpit se groen gevoel.

Lize Beekman se pad met musiek en kuns 30.09.2024

Lize Beekman gesels oor haar pad met musiek. Sy vertel hoe sy haar eerstens as liedjieskrywer sien, en hoe sy die geleentheid gekry het om haar in ander vorme van kuns uit te druk.

Skattejag in die Karoo 27.09.2024

Adri Smit vertel stories van die Vergete Grootpad, en die Bossie Goud-skattejag.

360 Speseryroete - Deel 54 27.09.2024

Barbara Joubert praat oor kook met vinkel.

Tamagotchi is terug! 27.09.2024

Die negentigs se Tamagotchi-gier is weer hier. Anders as die ou weergawe van die elektroniese troeteldier, hoef die nuwes darem nie te sterf as dit ‘n halfdag sonder aandag is nie.

Mina se dankbaarheid 26.09.2024

Haidee Muller-Isaacs het Mina Conradie op Heidelberg raakgeloop. Mina is al jare lank 'n groot RSG-aanhanger. Dis nou sewe jaar na haar kankerstryd, en met Mina gaan dit baie goed. Op Heidelberg is sy bekend vir haar heerlike gebak. Sy vertel vir Haidee van haar dankbaarheid.

Oesterbaai se bobaas-kok 26.09.2024

Op Oesterbaai, ‘n kusdorpie in die Oos-Kaap, praat die mense van hulle eie Masterchef, Bokkie Lombard, wat, só sê hulle, beter as die bestes kan kook. Mariska Spoormaker het gaan inloer by sy Oester Kaya-gastehuis om self te proe.

Jonk 26 September 2024 26.09.2024

Bernice Venter praat oor die rol van DNS-ontleding in siektevoorkoming en -behandeling.

Pandaprobleme in Finland 26.09.2024

Om pandas aan te hou, is net te duur. Finland stuur ‘n pandapaar agt jaar vroeër terug China toe. Teen een-en-‘n-half-miljoen Euro per jaar, kos dit meer om die twee pandas te onderhou as al die ander diere in die dieretuin saam.

Henk Bierman vier 90 jaar 25.09.2024

Veteraanomroeper Henk Bierman vier sy 90ste verjaardag op 25 September in Stilbaai. Hy het saam met paar groot uitsaaigeeste gewerk, soos Leon Schuster, Ferdinand Deist, Nic Swanepoel en Fanus Rautenbach. Sy bynaam was “Die Pous”, want hy het baie godsdiensprogramme geskryf en aangebied. Johan Rademan het met hom gesels.

Delft se Ambassadors for the Community 25.09.2024

Mo April, Jade Davids en Luciano Goulfarris vertel vir Martelize Brink van die rol wat Ambassadors for the Community speel in die lewe van die jeug van Delft.

Tieners steel trein 25.09.2024

Twee New Yorkse tieners is in die knyp nadat hulle ‘n trein gesteel het. Hulle kon net 15 meter ver met dit ry, maar daar is skade waar hulle in iets vasgery het.

Êrens oorsee 24 September 2024 24.09.2024

Helené van Tonder gesels oor die lewe in Delhi, Indië. Die aanslag tot hofmaak is veral heelwat anders as wat op tuisbodem gebeur.

Oom Alfred se Dasjesdrift 24.09.2024

Haidee Muller-Isaacs gesels met oom Alfred Rademan oor die plaas Dasjesdrift, tussen Heidelberg en Witsand.

Speelgoed-heldesaal 24.09.2024

Die Strong Nasionale Museum van Speel in New York het ‘n heldesaal vir speelgoed. Vanjaar se 12 finaliste wat vir die heldesaal genomineer is, sluit My Litte Pony in, maar ook stokperde en ballonne.

Krokodilboerdery in die Paarl – Deel 2 23.09.2024

Kadys Prins gesels oor krokodilboerdery, en waarvoor die verskillende spesies se velle gebruik word.

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.