RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
'n Boom uit 1 000 jaar oue saad 09.10.2024 1:29
’n Boom, wat uit ‘n 1 000 jaar oue saad gegroei het, het na 14 jaar nog nie geblom nie. Die spesie is andersins uitgesterf. Toetse wys dat die boom medisinale eienskappe het, en heel moontlik gebruik is om ‘n medisinale balsem te maak waarna daar in historiese tekste verwys word.
Êrens oorsee 8 Oktober 2024 08.10.2024 13:24
Mark Murray vertel van die lewe in Florida in die VSA. Dis die stilte, kort voor orkaan Milton, die tweede orkaan in twee weke, hulle bereik.
Erkenning vir Baaise opknappingsprojekte 08.10.2024 7:38
Om ‘n binnestedelike gebied, wat haglik en gevaarlik geword het onder die konstante aanslag van verslaafdes, vandaliste en misdadigers, weer na sy ou glorie te herstel, verg ’n vasbyt waaroor min mense beskik. Steve de Beer, ‘n Baaise sakeman, is een van dié soort vasbyters met die Russelweg-herlewingsprojek. Hy is onlangs deur die plaaslike Herald-koerant met die toekenning vir gemeenskapsaktivis...
Die Panneman 08.10.2024 6:26
Die Panneman, David Coetzee, vertel vir Martelize Brink sy plaas het afgebrand, maar ‘n boer maak ‘n pan! Sy beskuitpanne is al die wêreld vol. ’n Kwarteeu jaar later het hy al 600 ton se sink tot beskuitpanne en -drukkers verwerk.
Skattejag ná drie dekades verby 08.10.2024 1:09
Ná 31 jaar kom ‘n skattejag tot ’n einde, toe ‘n wenner 12 raaisels opgelos het om sy hande op ‘n goue uil, ter waarde van €150 000 te lê.
Olifantmis beskerm bome 07.10.2024 10:59
Riaan van Zyl verduidelik hoe gefermenteerde olifantmis gebruik word om onder andere kremetartbome teen olifante te beskerm, wat die bome se bas eet.
Velddrif se bokkoms 07.10.2024 7:14
Bokkoms is ‘n soort visbiltong. Daar is nie so iets soos ‘n bokkomvis nie, sê Gert Aggenbach van Velddrif. Hy verduidelik watter soort vis gebruik word om bokkoms te maak.
Geestesgesondheid in die skoolstelsel 07.10.2024 7:14
Liesl Blomerus vertel hoe kinders se geestesgesondheid in die skoolstelsel hanteer word.
'n Verlore brief, en 'n interessante lewe 07.10.2024 1:27
‘n Brief wat 48 jaar gelede gepos is, is terugbesorg aan die sender. Dit was ‘n werksaansoek om ‘n motorfietswaaghals te word. Die dame het egter ‘n interessante lewe gelei, van slanghanteerder tot akrobatiese vlieënier en vlieginstrukteur.
Mètzi tree af 04.10.2024 4:23
RSG Aktualiteit se Mètzi van der Merwe gesels oor haar loopbaanhoogtepunte. Sy tree vanjaar af.
Nuwe boek oor diensplig 04.10.2024 14:06
Bun Booyens gesels oor Troep!, sy boek waarin hy ‘n middeweg probeer vind om mense se dienspligervarings weer te gee.
The Incredible Journey of Tinkerbell van Tonder 04.10.2024 5:51
Amanda Strydom vertel van haar produksie, The Incredible Journey of Tinkerbell van Tonder, en hoe sy 29 jaar gewag het om dit weer verhoog toe te bring.
Hedda Gabler en die musiek vir die produksie 04.10.2024 6:18
Rolanda Marais en Charl-Johan Lingenfelder vertel van die produksie, Hedda Gabler, waar die karakter praat sonder om haar woorde te filter, en Charl-Johan vertel van die musiek wat die dramaturg vir sy produksies voorskryf.
Asem deur die oor 04.10.2024 14:29
Lynthia Julius en Danie Marais gesels hulle Woordfees-produksie, Asem deur die oor.
Coffee Snobs se Trein na Pretoria by Woordfees 04.10.2024 3:34
Vernette Wessels gesels oor die Coffee Snobs se musiek, en vertel van Trein na Pretoria, hulle produksie by die Toyota US Woordfees.
Theunis Strydom skryf boek oor Capitec 03.10.2024 6:46
Theunis Strydom vertel van sy pad met Capitec as kliënt, en die proses om sy nuwe boek, Capitec: Stryd met die grotes, te skryf.
Pietman Geldenhuys se kreatiewe idees 03.10.2024 8:12
Pietman Geldenhuys vertel hoe hy nugter ‘n dronkrol aangepak het, en hoe hy sy kreatiewe idees op die pad vasvang.
Botaniese kuns op Stellenbosch 03.10.2024 7:01
Annerie Senekal vertel van die botaniese kuns- en fotografie-uitstalling wat vanjaar te sien is by die Stellenbosch Universiteit Botaniese Tuin.
Antoinette Kellermann en Chris van Niekerk by Woordfees 03.10.2024 6:51
Antoinette Kellermann en Chris van Niekerk gesels oor die uitdagings wat die tragikomedie, Die Stoele, bied en hoe hulle mekaar se vangnet is op die verhoog.
Babette Viljoen en Olga Leonard by Woordfees 03.10.2024 5:20
Babette Viljoen en Olga Leonard vertel vir Martelize Brink en Johan Rademan van hulle woordkunsproduksie met gedigtoonsettings, vertellings en film oor die werk van Olga Kirsch.
Isabella Niehaus en Louis Jansen van Vuuren se kookboeke 02.10.2024 10:51
Isabella Niehaus en Louis Jansen van Vuuren vertel van hul vegan-kookboek, Skepselkos, en hoe hul oor twee vastelande te werk gegaan het om die opvolg van hulle 2023 Gourmand World Cookbook Awards wenboek, Daar’s ‘n Vegan op my Verandah, saam te stel.
Frieda van den Heever by die Woordfees 02.10.2024 7:40
Frieda van den Heever gesels oor haar ervaring met die dood, en die invloed wat dit op haar werk het. Sy praat oor musiek, haar album, Spoorsny, en die digbundel, Die lewe is ‘n asem lank.
Kuns by die Woordfees 02.10.2024 7:36
Ilse Schwemer gesels oor die kuns wat te sien is by die Toyota US Woordfees, die IsArt-ateljee op Blaauwklippen, en ateljeebesoeke.
Marie Stander se houtskoolkuns 02.10.2024 7:15
Marie Stander vertel van haar werk met houtskool, en haar portretwerksessie in houtskool wat sy aanbied.
Beer Adriaanse by Woordfees 02.10.2024 4:16
Beer Adriaanse gesels oor sy ervaring van die Woordfees oor jare, werk saam met Marthinus Basson, en die toneelstuk, Kruispad, of Die Legend van die Goue Vis, waarin hy te sien is.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.