RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5345 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Rooibosmiere 17.10.2024

Johan Rademan hoor dat die rooibosteeplant en die mier soos vinkel en koljander is.

Jonk 17 Oktober 2024 17.10.2024

Prof. Donita Africander praat oor vroulike hormone, spesifiek die gebruik van menopouse-hormone.

'n Everest van trappe 17.10.2024

Sean Greasley van Las Vegas het ‘n nuwe Guiness Wêreldrekord verbeter toe hy in 22 uur, 57 minute en 2 sekondes die ekwiwalent van die hoogte van Berg Everest (8 848,86 meter) met trappe die vinnigste op en af geklim het.

Kim se aksiebelaaide loopbaan 16.10.2024

Kim Syster gesels oor haar grootword in die Mamre-omgewing, en aksiefilms wat haar inspireer het om ‘n aktrise te word. Kim is ambassadeur vir die Kaapstad Vlieërfees wat die aandag op geestesgesondheid vestig.

Gemeenskappe help om “hulle” blomreservaat beskerm 16.10.2024

Jare lank het die Van Stadens Veldblomreservaat buite die Baai deurgeloop onder diewe, wat die proteas en speldekussings stroop om te verkoop. Nou help gemeenskapslede om blomdiewe aan die kaak te stel. Mariska Spoormaker het gaan uitvind hoekom dit so is by Clyde Scott, munisipale natuurbewaringsbeampte en bestuurder van die reservaat.

Amerika se nommer 1 toilet 16.10.2024

In die VSA word die beste toiletgeriewe jaarliks aangewys in ‘n aanlynkompetisie. Vanjaar se wenner is die Maverik-vulstasie naby die Salt Lake City Internasionale Lughawe.

Êrens oorsee 15 Oktober 2024 15.10.2024

Karlien Theron vertel van die lewe in Bahrein, waar sy onderwys by ‘n Britse skool gee.

Jamestown Erfenismuseum open deure 15.10.2024

Haidee Muller-Isaacs gesels met Chrisben February oor die eerste fase van die Jamestown Museum in die 100 jaar oue Rynse Ou Skoolsaal. Sy het gaan loer hoe die planne vir die museum vorder. Die eerste fase is in September bekendgestel.

Heuning se aroma 15.10.2024

Heuningsommelier Natasha Lyon praat oor heuning se kleur, aroma en voorkoms.

Honde met 'n CV 15.10.2024

In China moet honde en katte met CV’s aansoek doen vir werk by dierekafees. Mense betaal toegang tot die kafees om interaksie met die diere te hê. Vir die diere is daar kos, maar dit is ook ‘n plek waar diere opgepas word, terwyl hulle eienaars by die werk is.

Voëlkyketiket 14.10.2024

Dr. Hanneline Smit-Robinson van Birdlife SA vertel vir Martelize Brink van die moets en moenies om voëls en ander voëlkykers in ag te neem.

Wat is ‘n slimdorpie? 14.10.2024

Wie het al gehoor van neo-ruralism, direk vertaal as neo-landelikheid? In leketaal opgesom kom dit neer op ‘n sogenaamde slim dorpie in ’n landelike gebied, wat al die voordele van ’n stad bied. In ander lande het sulke soort neo-landelike ontwikkelings al jare gelede begin posvat, maar in Suid-Afrika het dit eers later ingeskop danksy die grendelperiodes en mense wat van die huis af begin werk he...

Heuning se kleur en aroma 14.10.2024

Heuningsommelier Natasha Lyon praat oor heuning se kleur, aroma en voorkoms.

Crocs vir honde 14.10.2024

Crocs stel later vandeesmaand skoene vir honde bekend. Dit sal in twee kleure beskikbaar wees, en vir die eienaars sal daar ook skoene in daardie kleure beskikbaar wees.

360 Speseryroete - Deel 55 11.10.2024

Hetta van Deventer – Terblanche vertel vir Martelize Brink in die DrieSestig Speseryroete die verhaal van vinkel.

Natasha Lyon- Heuning sommelier 11.10.2024

Natasha Lyon vertel vir Martelize Brink hoe dit gekom het dat sy in Italië kwalifiseer het as Afrika se enigste heuning sommelier met die kwalifikasie.

Tannie Anna en haar Oesterbaai 11.10.2024

Op die eerste dag van die Tjokka-voetslaanuitdaging tussen Kaap St. Francis en Oesterbaai, het Mariska Spoormaker vir tannie Anna raakgeloop. Haar pa het in 1956 ’n gedeelte van sy melkplaas verkoop sodat die kusdorpie, Oesterbaai, ontwikkel kon word.

Afgedank oor 'n huwelik 11.10.2024

Die Vatikaan bank het twee werknemers afgedank omdat hulle getrou het. Sedert Mei vanjaar het die bank ‘n beleid dat werknemers nie met mekaar getroud mag wees nie.

Nuwe grens vir Italië en Switserland 10.10.2024

Die bakens vir die grens tussen Italië en Switserland in die Alpe is gletsers en sneeuvelde. Met die gletsers wat smelt het die twee lande nou op ‘n nuwe grens ooreengekom.

Dr. Ria Smit - Voorkomende geneeskunde 10.10.2024

Dr. Ria Smit gesels met Martelize Brink in Jonk oor voorkomende geneeskunde en siftingstoetse spesifiek gerig op vroue.

Petrus de Beer - 'n Gesteelde viool vind sy pad terug. 10.10.2024

Petrus de Beer vertel vir Martelize Brink hoe hy sy 128 jaar oue viool terug gekry het, na dit 2 jaar gelede gesteel is. Hy het die viool by sy ma gekry en op die herdenking van haar geboortedag het hy dit terug gekry.

Wie is Riana Scheepers? 10.10.2024

Haidee Muller-Isaacs gesels met Riana Scheepers om die mens agter die skrywer te leer ken.

Pink trees for Pauline 09.10.2024

Adri Jansen van Nieuwenhuizen gesels oor liedjieskryf en fondsinsameling ter ondersteuning van mense met kanker.

Grabouw se musiekjuffrou 09.10.2024

Haidee Muller-Isaacs gesels met Betsie Ryke almombekend as juffrou Betsie daar op Grabouw. Sy gesels oor musiekopleiding vir plaaskinders

Wat doen Mensa? 09.10.2024

Dr. Karen Nel vertel vir Martelize Brink van Mensa, die grootste en oudste hoë IK-vereniging ter wêreld.

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.