RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
R1,2 miljoen-beloning vir 'n skaap 12.02.2025 2:08
Baanksy, Franschoek se skaap wat skilder, het verdwyn. ‘n Beloning van R1,2 miljoen word aangebied om die skaap terug te kry. Die gemiddelde prys van ‘n Baanksy-skildery is R35 000.
Êrens oorsee 11 Februarie 2025 11.02.2025 11:14
Prof. Herman Grobler gesels oor die lewe in Kazakstan, en sy kinders wat so gou aanpas in ‘n nuwe land.
"Ons help jou om jouself te help" 11.02.2025 7:45
Armoede en werkloosheid is ‘n harde realiteit in Missionvale, 'n woongebied in Nelson Mandelabaai. Tog glo die Missionvale Versorgingsentrum dat 100% liefdadigheid die boodskap uitstuur dat die ontvangers daarvaan nie in staat is om na hulleself om te sien nie. Gevolglik het die sentrum onder meer ’n vrywilligersprogram in plek waarbinne betalingsbewyse verdien kan word vir onder meer kos en klere...
Heuningbeoordeling in Frankryk 11.02.2025 8:10
Heuningsommelier Natasha Lyon vertel van haar ervaring as beoordeelaar by Frankryk se nasionale heuningkompetisie.
Bitcoinfortuin in stortingsterrein 11.02.2025 1:38
James Howells oorweeg dit om ‘n aanbod op ‘n stortingsterrein te maak. In dié stortingsterrein is ‘n hardeskyf met Bitcoin ter waarde van £600 miljoen, wat sy eksmeisie per ongeluk weggegooi het.
Stories om lesse vir kinders te leer 10.02.2025 8:34
Jurina Aucamp vertel vir Martelize Brink hoe sy diere in haar verhale gebruik om lesse aan kinders oor te dra.
Christa se narratiewe terapie 10.02.2025 6:41
Ons hoor hoe Christa Havenstein, 'n pianis en orrelis, narratiewe terapie begin studeer het. Johan Rademan het in die middel van die Suid-Atlantiese oseaan op St. Helena, 2 000km van die naaste Afrikakuslyn, met haar gesels toe sy danksy moderne kommunikasie haar klasse kon bywoon.
Elke sent tel - Deel 3 10.02.2025 5:22
Elke Brink van PSG Wealth R21 op Stellenbosch praat oor buitelandse blootstelling in jou beleggingsportefeulje.
Slangnes in Sydney 10.02.2025 1:11
‘n Slangvanger in Sydney is ingeroep toe sowat ses giftige slange in ‘n tuin gesien is. Toe hy hulle begin vang, is hy met 102 slange daar weg!
Jan-Jan op pad Nederland toe 07.02.2025 12:40
Jan-Jan Joubert gesels met Martelize Brink voordat hy Nederland toe vertrek om aan sy doktorsgraad te gaan werk.
360 Speseryroete - Deel 70 07.02.2025 6:01
Koshistorikus Hetta van Deventer-Terblache praat oor basiliekruid met sy verskeie spesies en verskillende geurprofiele.
Piepklein biblioteek gee hoop 07.02.2025 7:03
Die piepklein Sandhills-biblioteek in die Hexriviervallei is plaaseienaar Mara Le Roux se droom om kinders en mense wat nie so bevoorreg is nie, vlerke te gee. Want deur te lees en om mense lief te maak vir lees, kan jy hulle wegneem uit ‘n harde wêreld van werklikheid en net vir daai klein tydjie in daardie droomwêreld laat leef waarin hulle kan vergeet. Dit bied ook die geleentheid om te verbete...
Ruk-en-rol, spoeg-en-plak 07.02.2025 1:21
Die Royal Mail vier 50 jaar sedert ACDC se album, High Voltage, vrygestel is met nuwe ACDC-seëls.
1956 Bentley te sien by skou 06.02.2025 5:49
Marike de Villiers vertel vir Martelize Brink van die uitsonderlike Bentley S1 van 1956, wat die naweek te sien is by die George Oumotor-skou.
Versigtig met die voëlbad se water! 06.02.2025 7:20
Maak baie seker van die gehalte water wat jy in jou visdam of voëlbad sit, want water wat te veel nutriënte bevat en skadelike bakterieë laat groei, kan giftig wees vir voëls. In Nelson Mandelabaai moes twee hamerkoppe onlangs vir botulisme, wat verlamming veroorsaak, behandel word. Arnold Slabbert van die Urban Raptor Project het vir Mariska Spoormaker hiervan vertel.
Jonk 6 Februarie 2025 06.02.2025 5:57
Dieetkundige Valpré Huisamen praat oor inflamasie, en watter aanvullings daarmee kan help.
Die Skotte en hul katte 06.02.2025 1:16
Die Skotse eerste minister, John Swinney, is vandeesweek genoodsaak om Skotte gerus te stel dat daar nie ‘n verbod op huiskatte geplaas sal word nie. Huiskatte vang onder andere bedreigde diere, en ‘n verslag van onafhanklikke kenners stel voor dat katte by die huis moet bly, op ‘n leiband moet wees, en nie in sekere gebiede toegelaat moet word nie.
Anzil se kreatiwiteit ken nie perke nie 05.02.2025 7:19
Die skrywer, Anzil Kulsen, glo in die krag van kreatiwiteit. Behalwe die stories wat sy skryf, is sy 'n kranige kleremaker, en maak sy die meeste van haar eie uitrustings self.
The Town’s House op Mosselbaai 05.02.2025 4:58
Martelize Brink gesels met Jessica van der Schyff by The Ttown’s House, die tweede oudste munisipale gebou op Mosselbaai. Deesdae word dit gebruik as afsetpunt vir plaaslike kunstenaars se produkte.
Amerikaanse eierroof 05.02.2025 1:26
Op 1 Februarie is 100 000 eiers by ‘n kleinhandelaar geroof. Voëlgriep in die VSA is verantwoordelik vir eiertekorte, wat dit baie duurder gemaak het.
Êrens oorsee 4 Februarie 2025 04.02.2025 9:49
Jacobus Diener vertel vir Martelize Brink van die lewe in Palapye, Botswana, waar hy ‘n dosent is. Hy vertel onder andere van mopaniwurms op die spyskaart, en die vieringe met die land se eerste gouemedalje by die 2024 Olimpiese Spele.
Toekomstige omgewingsleiers in Noord-Kaap opgelei 04.02.2025 7:50
Hy was die waarnemende rektor en visekanselier van die Universiteit Stellenbosch tot 2017. Hy het sy liefde vir wetenskap en wiskunde egter nie onder die maatemmer weggesteek nie. Johan Rademan het met prof. Leopoldt van Huysteen gesels nadat die Wêreld Ekonomiese Forum in Januarie THE FUTURE OF JOBS 2025-verslag vrygestel het. Omgewingsleierskap is vir die eerste maal onder die Top 10 drywers van...
Positief ná kanker 04.02.2025 9:45
Ronellé Foster gesels met Martelize Brink oor ‘n positiewe lewe nadat sy AML-leukemie oorleef het, en in remissie is. Sy het ‘n B+ (Be positive) projek en is die skrywer van KANKER HET MY LEWE GERED... VAN 'N DOODSBESTAAN.
Salm vir die voedselbank 04.02.2025 0:59
’n Voedselbank in New York het ‘n skenking van 13 000 lewende visse by ‘n salmplaas gekry, wat hulle bedrywighede beeïndig het.
Garnale (Shrimps en prawns) 03.02.2025 14:07
Marinekenner Maryke Musson vertel vir Martelize Brink van garnale. In Afrikaans is almal garnale, maar in Engels is die grootes “prawns” en die kleintjies “shrimp”.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.