RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5602 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Oct 29, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

360 Speseryroete - Deel 72 21.02.2025

Koshistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor bonekruid.

Munte vir muskiete 21.02.2025

‘n Dorp in die Filippyne bied 1 peso (sowat 32 Suid-Afrikaanse sent) aan vir elke vyf muskiete of larwes wat ingehandig word, lewend of dood, in ‘n poging om dengue-koors te bekamp.

Kunsafdrukke 20.02.2025

Kunstenaar Gerhard Human vertel vir Martelize Brink van kunsafdrukke, en wat hy by die Cape Town Art Fair uitstal.

“Só sal watervoorsiening beter werk” 20.02.2025

Met die weerpatrone wat al hoe meer onvoorspelbaar lyk, kan die Nelsona Mandelabaai-metro nie 50% waterinkomsteverliese bekostig soos wat nou die geval is nie, sê die Baaise ingenieur David Raymer. Hy is al meer as 30 jaar in die watervoorsieningsbedryf, en hy glo daar moet ’n oorwig kundiges en minder politieke verteenwoordigers op waterbestuursrade dien.

Jonk 20 Februarie 2025 20.02.2025

Dieetkundige Valpré Huisamen praat oor die karnivoordieet, en hoe om tekorte in die dieet te oorkom.

Grootste baksteenversameling 20.02.2025

‘n Amerikaanse man het amptelik die grootste baksteenversameling. Die oudste steen dateer uit 100 na Christus.

Pringlebaai se Hangkliphotel 19.02.2025

Haidee Muller-Isaacs vind meer uit oor die Hangkliphotel op Pringlebaai, wat die gemeenskap saambring. Woensdagaande is dit bring-en-braai. Dit gaan oor families wat saamwerk, wants dis nie een mens se "day job" nie. Tot die oumas loop rond om te bedien.

Watte vir sneeu 19.02.2025

China se Chengdu-sneeudorp sit met eier op die gesig nadat hulle watte gebruik het om sneeu na te boots in foto’s vir sosiale media. Dit volg ná buitengewone warm weer gesorg het dat die verwagte sneeu nie in die toersimedorp geval het nie.

Êrens oorsee 18 Februarie 2025 18.02.2025

Janes Struweg vertel vir Martelize Brink van die lewe in Stavanger in Noorweë. Hy sê dis ‘n mooi land met ‘n baie aktiewe bevolking, en die kos is baie soos boerekos.

Gedenkwaardige op Groot Brakrivier gerestoureer 18.02.2025

Laurette Swanepoel van Twin Trees vertel hoe hulle die vervalle gedenkwaardige gebou in Groot Brakrivier gerestoureer het.

Kunstenaar beeld Boerekrygsgevangenes se reis na Bermuda uit 18.02.2025

Tydens die Anglo-Boereoorlog van 1899 tot 1902 is ongeveer 25 000 Boerekrygsgevangenes en vreemdelingvrywilligers na kampe in Indië, Ceylon, St. Helena en Bermuda gestuur. Daar het min opgetekende persoonlike ervarings van dié reise bewaar gebly. Die kunstenaarsboek, NA BERMUDA, wat deur Franci Greyling saamgestel is, is ‘n uitbeelding van die krygsgevangenes se reiservarings na dié eilandgroep in...

Koskuns pla dorpsvaders 18.02.2025

‘n Bakker in die VSA is hof toe siende dat sy dorp kla oor die kunswerk teen sy bakkery se dak. Hy sê dié handewerk van hoërskoolleerders is kuns, terwyl die owerhede dit meer as ‘n naambord beskou.

Watter kleur is 'n verkleurmannetjie? 17.02.2025

Dr. Martine Jordaan praat oor verkleurmannetjies en die interessanthede oor hulle verkleuringsvermoë.

Marnus se Pringlebaai 17.02.2025

Motorredakteur Marnus Hattingh het Kaapstad se Noordelike voorstede en Tygervallei se woonstelle verruil vir Pringlebaai se grondstrate sonder straatligte. Hy is nie 'n dag spyt nie. Hy ry sy toetsmotors deur Clarence Drive, draf agter in die berge en is die plaaslike drafklub se “trail”-kaptein. Hy swem in die Palmietrivier, en jaag bobbejane uit kombuise voordat daar in die koskaste gekrap is.

Elke sent tel - Deel 4 17.02.2025

Elke Brink van PSG Wealth R21 op Stellenbosch verduidelik hoe ‘n optimale aftreestrategie lyk.

Koue oorlog in Noord-Amerika 17.02.2025

Die VSA en Kanada se onmin het die sportveld bereik. In ‘n yshokkiewedstryd tussen die twee lande het daar die naweek drie gevegte binne die eerste nege sekondes uitgebreek!

Gesteelde kitaar ná 22 jaar terug! 14.02.2025

Eintlik is hierdie storie te goed om waar te wees. Twee en twintig jaar gelede is die Baaise musikant, Cedric Lewis, se elektriese kitaar, ’n Fender Telecaster, gesteel. Toe kry hy die oproep wat sê: Ons het jou kitaar, kom haal dit. Mariska Spoormaker het by Cedric gaan kuier.

360 Speseryroete - Deel 71 14.02.2025

Koshistorikus Hetta van Deventer-Terblache praat oor die Koerdiese Liefdesappel, en die simboliese betekenis van kos.

104-jarige tronk toe vir verjaarsdag 14.02.2025

‘n Vrou in New York se versoek vir haar 104de verjaarsdag was ‘n besoek aan die tronk. Sy is toe daar “ingeboek”, maar is darem baie goed behandel.

Wêreld Gehoordag 2025 13.02.2025

Haidee Muller-Isaacs gesels met Lucrecia Petersen, 'n dosent in oudiologie, oor Wêreld Gehoordag, en sy gee 'n paar wenke oor oorgesondheid.

Honde onthou in liedjies 13.02.2025

Magda van Dyk vertel vir Martelize Brink dat sy al drie keer liedjies laat opneem het ter nagedagtenis aan haar hondekinders.

Jonk 13 Februarie 2025 13.02.2025

Dieetkundige Valpré Huisamen praat oor die rol van aanvullings vir hartgesondheid.

Stormloop na die sneeu 13.02.2025

Honderde wetstoepassers en weermaglede in Italië is ingeroep om die aanhangers van ’n TikTok-smaakmaker weg te hou van ’n ski-dorpie. Dit volg nadady haar 2 miljoen volgelinge aangemoedig het om die dorpie in te val. Sowat 10 000 van haar aanhangers het twee weke gelede amok gemaak by ‘n ander ski-oord.

Nelis se foto's 12.02.2025

Nelis Engelbercht vertel vir Haidee Muller-Isaacs hoe hy die lewe as skaapboer op Garies opgegee het vir die stadsliggies, en om sy groot passie, fotografie, na te jaag.

Suid-Afrika se mynredders 12.02.2025

Mannas Fourie vertel vir Martelize Brink van mynredding in Suid-Afrika - van wat die wet sê tot wat opleiding behels.

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.