RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5345 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Denzil Swartz, wynmaker van formaat 29.10.2024

Haidee Muller-Isaacs gesels met Denzil Swartz, 'n wynmaker van formaat. Hy was 'n plaaskind wat die siklus wou verbreek, en het van jongs af vrae gevra waarvan sy ouers weggeskram het. Hy vertel vir Haidee sy storie van inspirasie en harde werk wat vrugte afwerp.

Timothée en Chalamet, die een is soos die ander 29.10.2024

Timothée Chalamet het ‘n opskudding veroorsaak toe hy opgedaag het by ‘n kompetisie vir mense wat soos Timothée Chalamet lyk.

Robbe langs SA se kus 28.10.2024

Pierre de Villiers vertel vir Martelize Brink van robbe, en wat die situasie met hondsdolheid onder die robbe is.

Zenobia Kloppers se boek oor rielmusiek 28.10.2024

Zenobia Kloppers vertel vir Martelize Brink van die eerste Rielmusiekboek waaraan sy tans werk.

Swendelaar steel tonne kaas 28.10.2024

‘n Engelse handelaar is uit 22 ton beleë Cheddar bedrieg deur iemand wat homself as ‘n groothandelaar voorgedoen het, wat aan ‘n Franse winkelgroep verskaf.

Die SAUK se klankargief 25.10.2024

Karen du Toit praat oor die SAUK se klankargief, en die behoefte om 100 jaar se klank te digitaliseer.

360 Speseryroete - Deel 57 25.10.2024

Hetta van Deventer-Terblanche praat oor sumac.

Kanada se kleindorpie-politiek 25.10.2024

Die dorp, Kyle, in Kanada moet binnekort ‘n nuwe burgemeester verkies. Geen kandidaat kom egter na vore vir die posisie nie. Buiten vir burgemeester is daar nog ‘n posisie beskikbaar op die stadsraad, maar ook daarin stel niemand belang nie.

’n Omgee-oog op Thornhill se weerloses 24.10.2024

Sy is al ‘n ouma, maar sy sal nooit haar honger en swaarkry as kind vergeet nie, sê Eunice Boesman van Thornhill. Dié dat sy vandag nog kinders help sover sy kan. Mariska Spoormaker het Eunice by haar en twee ander kollegas se MMB-naaldwerkprojek gaan opsoek.

Jonk 24 Oktober 2024 24.10.2024

Dr. Chrisna Keyser praat oor nie-sjirurgiese opsies om haarverlies te behandel.

Bankbedrog 24.10.2024

Swendelaars in Indië het ‘n vals banktak in die platteland opgerig. Nié om die bank se geld te steel nie. Hulle inkomste kom uit die omkoopgeld van mense wat vir die bank wil werk.

Reino Erasmus - 40 onder 40 23.10.2024

Reino Erasmus vertel vir Martelize Brink van sy verskeie belangstellings en projekte, wat maak dat hy al verskeie kere vereer is as een van 40 onder 40 om dop te hou.

Graham en Cynthia draf deur die lewe 23.10.2024

Graham en Cynthia Jooste word albei 60 in 2025. Dié Kaapse-paartjie is absoluut gaande oor wedlope. Cynthia skrik nie vir 'n groot marathon nie, en Graham hou van die 10km en 21 km-wedlope. Deesdae ondersteun hy maar liefs sy vrou vanaf die sypaadjie. Maar dan is daar die ander ding: Cynthia weier om op te hou draf, ten spyte van verskeie beserings en diabetes, en selfs al het die dokter haar al g...

Pizza en kokaïen 23.10.2024

‘n Duitse pizzeria is gesluit nadat hulle met hulle nommer 40 pizza op die spyskaart ook kokaïen bedien het!

Êrens oorsee 22 Oktober 2024 22.10.2024

Lalie Kossatz vertel van die lewe in Örnsköldsvik in Swede - van die gesonde leefstyl tot geblikte vrot vis.

Mej. Tiener - 31 jaar later 22.10.2024

Haidee Muller-Isaacs het Aloïse Nortjé onlangs op straat herken. Sy was in 1993 Huisgenoot se Mej. Tiener, toe sy 'n sewentienjarige plaasmeisie van George was. Jare later is Aloïse se dogter as Sarie se Nuwe Gesig 2023 gekroon. Haidee het by Aloïse gaan kuier om uit te vind wat sy deesdae alles doen.

Nuwe landbou-organisasie vir studente 22.10.2024

Meent Borcherds en Adriaan van Wyk vertel vir Martelize Brink van Stellenbosch Landbou, ‘n organisasie waar studente blootstelling kry aan die landboubedryf, weg van die boeke, waar hulle kan sosialiseer om netwerke te bou.

Sê vinnig koebaai! 22.10.2024

Die Dunedin-lughawe in Nieu-Seeland het ‘n beperking van drie minute op afskeiddrukkies in die aflaaigebied geplaas. Vir ‘n langer afskeid moet jy na die parkeergebied gaan.

Hier is honde jou stapgidse! 21.10.2024

Vroeër jare was Skollie, hond van die plaas Bo-Kloof in Baviaanskloof, wêreldbekend as ywerige stapgids wat besoekers op stap geneem het. Nou kan Oesterbaai in die Oos-Kaap weer spog met nie een nie, maar twee viervoetige stapgidse. Dit is Ruby en Charlie, twee skaaphonde wat stappers op die eerste dag van die Chokka voetslaan-uitdaging op die nagenoeg 18km-roete lei. Mariska Spoormaker het gaan s...

Skisofrenie en ondersteuning 21.10.2024

Chrisna Steenkamp vertel van haar belewenis van skisofrenie, en hoe belangrik dit vir jou ondersteuningsnetwerk is om ingelig te wees.

Amerika se barbeque-museum 21.10.2024

Kansas City kry volgende jaar die wêreld se eerste barbeque-museum.

David Kramer se Orpheus McAdoo weer op die planke 18.10.2024

In 1890 kom ‘n Afro-Amerikaner met sy vrou en die Virginia Jubilee Singers in Suid-Afrika toer. Tien jaar gelede het David Kramer se musiekblyspel oor dié man, Orpheus in Africa, groot byval gevind in die destydse Fugardteater. David en sy geselskap neem die produksie nou saam met Kaapstad Opera na ‘n nuwe vlak. Johan Rademan het van die laaste repetisies van Orpheus McAdoo bygewoon, en ‘n opgewon...

360 Speseryroete - Deel 56 18.10.2024

Hetta van Deventer-Terblanche praat oor die geskiedenis van beskuit.

Trourokmakers se Ozempic-uitdaging 18.10.2024

Die gebruik van Ozempic is ‘n uitdaging vir Amerikaanse trourokmakers. Aanstaande bruide verloor soveel gewig dat hulle rokke meer verstellings nodig het, maar daar word nie ekstra betaal vir die meer werk nie.

Van bedryfsingenieur tot bloemiste 17.10.2024

Corli Leonard vertel vir Martelize Brink van haar beroepskuif van bedryfsingenieur na bloemiste, en wat ‘n lewe met plante vir haar beteken.

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.