RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Pa vergeet bruid 08.11.2024 1:03
‘n Britse pa het ‘n trougeselskap aan die lag gehad toe hy die paadjie afgestap, maar vergeet het om sy dogter, die bruid, saam te vat!
Van Reede-trompoppies se oorwinnings 07.11.2024 8:35
Die Van Reede-trompoppies het hulle plek in die geskiedenis bevestig met 'n onvergeetlike vertoning by die MWF-wêreldkampioenskappe, gevolg deur hulle triomf by die Trompoppies- en rasieleiersvereniging se nasionale kampioenskappe. Haidee Muller-Isaacs het op Oudtshoorn by hulle gaan kuier.
Jonk 7 November 2024 07.11.2024 8:38
Dr. Chrisna Keyser praat oor die sjirurgiese opsies in die behandeling van haarverlies. Ons hoor ook hoe hare reageer ná inplantings.
Michelinster-roomyswinkel 07.11.2024 1:54
Taiwan het die wêreld se enigste roomyswinkel met ‘n Michelinster. Geregte word daar teen verskillende temperature bedien, van 0 grade Celsius tot -196 grade Celsius.
Martin Viljoen se lewe en werk 06.11.2024 8:44
Martin Viljoen gesels oor sy werk as mediabestuurder by Stellenbosch Universiteit.
Klein vrou, gróót bakkie 06.11.2024 7:11
Sy kan skaars oor die stuurwiel kyk, só klein is sy, maar niks klink vir Rhona Africa mooier as die brul van haar blou 1985 Ford Cortina drie liter bakkie nie. Mariska Spoormaker het dié storie anderkant die Baviaanskloofberge raakgetrap tydens die Baviaans Fietstoer.
Grootste priemgetal nóg ontdek 06.11.2024 1:38
Die 36 jarig Luke Durant het ‘n nuwe priemgetal ontdek. ‘n Priemgetal is een wat net deur homself en een gedeel kan word, soos 2, 3, 5, 7 en 11. Hulle noem Luke se getal M136279841, en dit bestaan uit 41 024 320 syfers!
Êrens oorsee 5 November 2024 05.11.2024 9:00
Nico Collins vertel van die lewe in Noord-Dakota in die VSA.
Oudsthoorn en die Engelse 05.11.2024 6:11
Wat het die Engelse in die jare 30 en 40 op Oudtshoorn gemaak? Haidee Muller-Isaacs hoor by Johan Breunnisen hiervan, en ook van die gewilde Herrie-koerantjie wat al 30 jaar aan die gang is.
Medisinale sampioene 05.11.2024 7:32
Rochelle Coetzee praat oor medisinale sampioene, en Aether Apothocary wat met goud bekroon is by die Eco-Logic-toekennings.
Geblikte lug 05.11.2024 1:27
In Italië verkoop hul nou lug wat geblik is by Meer Como, as aandenking vir toeriste.
SA se vlermuise 04.11.2024 4:25
Dr. Caroline Lotter vertel van Suid-Afrika se verskillende vlermuise.
Kodering gratis na grondslagfase geneem 04.11.2024 7:45
Noudat die robotika- en kodering-kurrikulum aanvaar is, en teen 2026 uitgerol sal word in die grondslagfase, het Louise Greyling, ‘n onderwyseres van die Baai, die lesplanne vir skoliere in die grondslagfase opgestel. Deur die bemiddeling van Tangible Africa word dit gratis aan skole beskikbaar gestel, en onderwysersopleiding het reeds begin. Mariska Spoormaker het meer by Louise gaan uitvind.
Hello Kitty-superversamelaar 04.11.2024 1:11
Asaka Kanda van Tokio het ‘n Hello Kitty-versameling van meer as 10 000 items. Hello Kitty is vandeesmaand 50 jaar oud.
Eens vasgeketting, nou 100% werker 01.11.2024 6:59
Mariska Spoormaker vertel die storie van Bash, die skaaphond, wat uit sy erf in die Baai gesteel is. Hy het daarna drie jaar ‘n moeilike lewe aan ‘n ketting op Addo gehad. Hy is gered, en is nou pure werkende skaaphond op Ernie Deyzel se Karooplaas.
Gesonder beskuit 01.11.2024 6:20
Koskenner Heleen Meyer vertel vir Johan Rademan wat haar aanslag tot gesonder beskuit is.
360 Speseryroete - Deel 58 01.11.2024 6:54
Koshistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor sitroengras.
Roei daai pampoen! 01.11.2024 1:33
In die VSA is ‘n nuwe Guiness Wêreldrekord opgestel vir die langste afstand geroei in ‘n pampoenboot.
Sheena Paulus, nuwe landbouer van formaat 31.10.2024 7:21
Sy is die wenner van die Wes-Kaap Nuwe Toetreder tot Landbou-toekenning. Nou is Sheena Paulus, eienaar van die Tri Toad-kwekery in Phillipi, ook binnekort op pad Pretoria toe vir die finale rondte van dié gesogte kompetisie. Sy vertel vir Haidee Muller-Isaacs hoe sy besluit het om self die leisels te neem in ‘n wêreld waar vroue, volgens haar soms onderskat word.
Sjef Bertus se kosinspirasie 31.10.2024 3:34
Sjef Bertus Basson praat oor hoe hy inspirasie in London kry om kos vir Suid-Afrikaners te maak.
Spoke maak geld 31.10.2024 1:37
Hotelle slaan munt daaruit as dit ‘n reputasie het dat dit daar spook.
Armand se besige lewe 30.10.2024 5:01
Armand Aucamp vertel vir Martelize Brink van vry in Afrikaans met Koer-'n-Boer in die Boerwoud, asook Kleinsake, Groot Drome Seisoen 3, waarmee hy tans besig is.
Jakes Gerwel-stigting se boekprojek 30.10.2024 7:57
Theo Kemp, hoof van die Jakes Gerwel-stigting, vertel vir Haidee Muller-Isaacs van sy hart vir die plaaskinders van Somerset-Oos in die Oos-Kaap, en hoekom hy 'n beroep doen op almal wat kan, om oor die Kerstyd ook na dié behoeftiges uit te reik. Hy gesels oor die Stigting se boekprojek wat spesiaal in daardie geweste geloods is.
Vlermuis-skoonheid 30.10.2024 1:22
In die VSA word daar jaarliks ‘n kompetisie gehou waar mense stem vir die oulikste vlermuis. Die wenner word op Halloween aangekondig.
Êrens oorsee 29 Oktober 2024 29.10.2024 11:53
Werner Prinsloo vertel van die lewe in Singapoer.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.