RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Landboubesproeiing - Deel 1 20.11.2024 10:57
Werner Booysen vertel vir Martelize Brink hoe effektief besproeiing in Suid-Afrika gedoen word. Meer as 60% van Suid-Afrika se watergebruik is vir landboudoeleindes.
Wasgoedophang is 'n spansport 20.11.2024 1:57
David en Jennifer Rush het ’n Guiness-Wêreldrekord opgestel vir wasgoedophang. Tien items is binne 51,8 sekondes gehang. Met 182 rekords, is David die persoon wat die meeste Guiness-Wêreldrekords op een slag hou.
Êrens oorsee 19 November 2024 19.11.2024 9:22
Johan Treurnich vertel vir Martelize Brink van die tweede duurste stad om in te woon, Sydney in Australië.
Ilse se reënboë 19.11.2024 7:07
Ilse Ruthford van Pniel het tydens haar kankerreis en ná Covid besef dat reënboë haar geweldig inspireer. Sy het foto's van allerhande reenboë geneem, en dit op haar sosiale blaaie begin deel. Sy het ‘n Instagram-blad, en mense wêreldwyd stuur nou vir haar foto's van reënboë. Met haar loopbaan gaan dit ook voor die wind. As besturende direkteur van 'n bemagtigingsmaatskappy het sy al verskeie toek...
Jenny stoom al amper 80 jaar voort 19.11.2024 10:58
Martelize Brink gesels met Sean Ekström van Atlantic Rail oor Jenny, die stoomlokomotief, wat in 1945 gebou is.
San Marino maak sokkergeskiedenis 19.11.2024 1:37
San Marino se nasionale sokkerspan het geskiedenis gemaak met hulle eerste wen ooit, weg van die huis af.
SA se mossels 18.11.2024 9:47
Vos Pienaar vertel vir Martelize Brink van Suid-Afrika se mosselbedryf, wat by Saldanha gevestig is.
“Kwaliteit kerkmusiek dáárom belangrik” 18.11.2024 7:02
Die bekende koordirigent, Hanlie Young, ook orrelis by die NG Kerk Hoogland in Gqeberha, sê kwaliteit kerkmusiek help om die kerk vol te hou. Nie net tydens eredienste nie, maar ook met die aanbieding van spesiale uitvoerings in die kerk. Die jongste uitvoering wat aangebied word, is Leef Jou Lied. Hanlie verduidelik aan Mariska Spoormaker waar dié titel vandaan kom.
Spinel en toermalyn 18.11.2024 10:20
Dr. Petre Prins praat oor spinel en toermalyn, twee minder bekende edelstene, wat toeneem in gewildheid en prys.
Vervalste wasgoedmiddel 18.11.2024 1:17
Twee Litauers is in Letland vasgetrek met 22 ton se vervalste Ariel-waspoeier en -wasgoedmiddel.
360 Speseryroete - Deel 60 15.11.2024 8:28
Koshistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor dragon.
Meneer Ben van Hoërskool Stellenbosch 15.11.2024 8:18
Ben Malan het pas ná universiteit by Hoërskool Stellenbosch aangesluit as onderwyser. Hy is al 30 jaar daar werksaam, en geniet steeds elke oomblik. Sy oudleerders praat steeds met soveel lof van hom. Haidee Muller-Isaacs het hom nadergehark vir 'n heerlike geselsie oor hoe hy dit regkry om in leerders se harte in te kruip.
'n "Beer" se vesekering 15.11.2024 1:56
In Kalifornië is vier mans vas nadat hulle versekeringseise ingestel het vir skade, wat ‘n beer glo aan drie motors aangerig het. ‘n Kenner het na die videobewyse gekyk, en gesê mens kan mos sien dis ‘n mens in ‘n beerpak. ‘n Beerpak is toe wel in een van die verdagtes se huis gevind.
Skaak maak Gideon ‘n beskuitbakker 14.11.2024 7:53
In 2006 is die Baaienaars, Gideon en Johanna Swanepoel, se drie seuns gekies om vir die SA-skaakspan in Griekeland te gaan speel. Geld groei nie aan bome nie, gevolglik het Gideon beskuit begin bak om die koste te help dek. Sedertdien het hy nooit ophou bak nie. Mariska Spoormaker het sy gemmerbeskuit geproe, verlief geraak daarop, en hom by die Crossways Farm Village-Markiedag gaan opsoek.
Jonk 14 November 2024 14.11.2024 9:06
Prof. Donita Africander praat oor perimenopouse en die simptome wat vroue ervaar.
Australiese man los sy vrou sonder paspoort in Soedan 14.11.2024 1:14
‘n Man van Australië is tot vier jaar tronkstraf gevonnis nadat hy sy gesin na Soedan geneem het vir vakansie, maar toe teruggevlieg het met sy vrou en kinders se paspoort. Hy het haar net daar gelos.
Êrens oorsee 12 November 2024 12.11.2024 11:21
Marli Coetzee vertel van die lewe in Suid-Korea, waar sy sedert 2019 Engels-klasse gee.
Frankford se vele passies 12.11.2024 8:22
Haidee Muller-Isaacs praat met Frankford Williams oor sy betrokkenheid by 'n verskeidenheid organisasies wat blindes en gestremdes dien. Frankford is voorsitter van Blind
Klei in skoonheidsprodukte 12.11.2024 7:45
Nicolene Dreyer vertel vir Martelize Brink van Kalahari-rooiklei en Kaapse witklei, wat in skoonheidsprodukte gebruik word.
Studente op fietse maak China bang 12.11.2024 2:14
Vier studente se nagtelike fietsrit na ‘n dorpie 50 km weg, het ’n sosialemedia-sensasie veroorsaak. Vrydagaand het tussen 100 000 200 000 jong mense per fiets die rit aangepak, en die owerhede onrustig gemaak.
Skoenlappers op Mosselbaai 11.11.2024 9:06
Martelize Brink besoek Earl White van die Butterfly Sanctuary op Mosselbaai. Hy verduidelik hoe hulle met skoenlappers teel, om bevolkings te versterk, en van die interessante wisselwerking tussen skoenlappers, plante en insekte.
Hartseer oor plaasskole wat verdwyn 11.11.2024 7:32
Krimpende leerdergetalle en begrotingsdruk het die afgelope paar jaar talle plaasskole laat sluit. Beulah Primêr tussen die Baviaanskloof- en Klein Winterhoekberge is een van die skole wat moes sluit. Anine Rathbone, voormalige hoof, sê ’n plaasskool is ’n gemeenskapshart, daarom is die sluitings daarvan so ’n hartseer saak.
Glimlag, jy's op kamera... 11.11.2024 1:02
’n Amerikaanse man het aspris in ‘n ander voertuig vasgery, en gesê dit was ‘n ongeluk. Videomateriaal van ‘n aanboordkamera op die slagoffer se motor, vertel egter ‘n ander storie op sosiale media.
Jurgie se lewe in Viëtnam 08.11.2024 9:56
Aartjie na sy vaartjie. Soos pa Jurgens Schoeman van LiveTheJourney, is sy seun, Jurgie, ook ‘n avonturier wat deesdae op die Vietnamese platteland woon. Daar het hy ‘n huis gebou, die taal aangeleer, ‘n sokkerspan begin en word hy selfs genooi om by troues te gaan sing. Hy vertel wat jy moet doen om in die land, vyf maal kleiner as Suid-Afrika, te integreer.
360 Speseryroete - Deel 59 08.11.2024 7:01
Koshistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor kook met tuinsurings.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.