RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5345 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Wene se worsstalletjies kry erfenisstatus 29.11.2024

Wene se worsstalletjies op straat het UNESCO-erfenisstatus ontvang. Hulle koffiewinkels en wyntavernes het reeds erfenisstatus.

Een dag, groot impak op klein dorpie 28.11.2024

Dit was 'n groot dag op die Karoo-dorpie, Pearston, toe verskeie organisasies, met gemeenskapsverbetering ten doel, hulle onderskeie dienste gesamentlik gelewer het aan die grondslagfase-leerlinge van Pearston en omliggende gebiede. Dié aksie is deel van die nuwe neiging waar organisasies saamwerk om gelyktydig hulle dienste aan ‘n gemeenskap te lewer ter wille van ‘n maksimum positiewe impak. Die...

Michelle se gin 28.11.2024

Michelle Coetzee se man het haar gevra wat sy wil doen nadat die kinders die huis verlaat. Sy het lank daaroor gedink, en op gin besluit. Lions Creek Boutique Distilleerder het agt gins ontwikkel, ‘n dubbelgoud gewen, en deesdae is daar ook mampoer en rum.

Jonk 28 November 2024 28.11.2024

Dr. Chrisna Keyser praat oor haarverlies en die impak van swangerskap, menopouse en kankerbehandeling. Sy vertel waar daar tog gehelp kan word.

Kalkoen op die strand 28.11.2024

By die Great Salt Lake Park en marina in Utah in die VSA het amptenare die inwoners op sosiale media daaraan herhinner dat die water in die meer se soutinhoud te hoog is om hul Dankseggingsdag-kalkoen in te pekel. Dit kom nadat ‘n kalkoen op die strand uitgespoel het...

Landbouskrywers se boer van die jaar 27.11.2024

André Brink vertel van sy plaas, Groot Phesantekraal, en sy aanslag tot landbou. Die SA Landbouskrywers het hom aangewys as hulle boer van die jaar.

Nuraan se lewensreis 27.11.2024

Nuraan Adams is 'n ma, ouma, maatskaplike werker en gemeenskapsaktivis van Worcester. Sy vertel vir Haidee Muller-Isaacs van haar lewensreis, en hoekom sy so 'n passievolle gemeenskapswerker is.

Nood-wiskunde 27.11.2024

‘n Tienjarige seun van Wisconsin in die VSA het die 911-noodnommer gebel sodat hulkle hom kan help met sy wiskundehuiswerk. Die 911-operateur kon nie per foon help nie, toe gaan ‘n adjunk-balju

Êrens oorsee 26 November 2024 26.11.2024

Nikki Crossan vertel vir Martelize Brink van die lewe en kos in Mexiko.

Is jy verslaaf aan kunsmatige intelligensie? 26.11.2024

Kunsmatige Intelligensie is skaars met ons, of daar is al mense wat verslaaf geraak het aan die gesprekke wat hulle met KI-geselsbotte voer. In Amerika het ma ’n regsgeding teen Character. AI begin nadat haar tienerseun glo daaraan verslaaf geraak en later selfdood gepleeg het. Wat is die gevaartekens van KI-verslawing? Mariska Spoormaker praat hieroor met Nelson Mandela Universiteit se prof. Dare...

Ard Matthews en Tanya van Graan 26.11.2024

Ard Matthews en Tanya van Graan vertel hoe hulle as paartjie bymekaar gekom het, en van Ard se eerste Afrikaanse lied, Die Rede, wat Tanya saam met hom sing.

7 lopies en 13 jaar in krieket 26.11.2024

Ivoorkus het die eerste internasionale manskrieketspan geword wat slegs enkelsyfer lopies in ‘n T20- wedstryd kon aanteken. Hulle het 7 lopies teen Nigerië gekry. Dan het het Vaibhav Suryavanshi op 13 die jongste speler geword om ’n IPL-kontrak te kry. Hy gaan vir die Rajasthan Royals speel.

Beoordeling by katskoue 25.11.2024

Leonard Ferreira vertel vir Martelize Brink van katskoue, en hoe die beoordeling daar plaasvind. Leonard teel katte, reël skoue en is gekwalifiseer om alle katrasse te beoordeel.

Helen se uithou en aanhou 25.11.2024

Helen Stalmeester werk al bykans 30 jaar in 'n bekende hoekkafee in die Kaapse Noordelike voorstede. Sy vertel vir Haidee Muller-Isaacs hoekom sy steeds na soveel jare uithou en aanhou, haar swaarkry grootworddae, en wat sy by haar oorlede ma geleer het.

Speelgoedbiblioteek 25.11.2024

Lize Marais vertel vir Martelize Brink van haar speelgoedbiblioteek, waar speelgoed vir twee weke op ‘n slag uitgeneem kan word. Hier is dit nie so bekend nie, maar die konsep is algemeen in ander lande.

Man probeer homself uit weermag eet 25.11.2024

In Suid-Korea het ‘n man ’n jaar opgeskorte vonnis gekry omdat hy diensplig probeer vermy het, deur opsetlik soveel te eet dat hy obees is en ver weg van gevaar ontplooi kan word.

Chardonnay in SA 22.11.2024

André Morgenthal vertel vir Martelize Brink hoe Chardonnay-stokkies die land ingekom het, die style wat hier te kry is, en wat die Chardonnay-stigting doen.

360 Speseryroete - Deel 61 22.11.2024

Koshistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor rissie-crunch in Sjinese kookkuns.

Lesse wat 'n butler ons kan leer 22.11.2024

‘n Butler is nie net ‘n simbool van luuksheid nie, maar ook ‘n meester van diens en persoonlike aandag. Ons kan baie waardevolle lesse leer uit die wêreld van ’n butler. Haidee Muller-Isaacs het meer uitgevind by Newton Cross, hoof van die SABA Internasionale Butlerskool.

Kleefband is die ster 22.11.2024

Kleefband het gister die nuus gehaal toe ‘n passasier daarmee vasgebind is, nadat hy tydens ‘n vlug die vliegtuig se deur wou oopmaak. Eergister se nuus was dat ‘n smokkelaar 300 tarantulas aan sy maag vas geplak het.

Robey Leibrandt en Richard van der Westhuizen se pa 21.11.2024

Die veelbesproke Tweede Wêreldoorlog-spioen van die Ossewabrandwag, Robey Leibrandt, het as bokser by die Berlyn Olimpiese Spele tot in die halfeindronde gevorder. Toe die oorlog kort daarna uitbreek, was daar verdeeldheid onder Suid-Afrikaners. Veg jy saam met Duitsland of Engeland?. Die regering was pro-Brittanje, en dit het daartoe gelei dat Leibrandt, as Nazi-ondersteuner die doodstraf opgelê...

Jonk 21 November 2024 21.11.2024

Dr. Chrisna Keyser praat oor die impak van behandelings op jou hare - van kleur en perms tot stywe poniesterte en vlegsels.

'n Piesang van $6,24 miljoen 21.11.2024

‘n Kunswerk wat bestaan uit ‘n piesang wat met kleefband teen ‘n muur vasgeplak is, het vir $6,24 miljoen dollar verkoop. Sotheby’s het bevestig vir daardie geld kry die nuwe eienaar ‘n rol kleefband, een piesang, ‘n sertifikaat van oorspronklikheid en instruksies van hoe jy die werk installeer.

Stef en Petronel sing saam 20.11.2024

Martelize Brink gesels met Stef Kruger en Petronel Baard op Groot Brakrivier oor hulle toekennings, hulle gesamentlike produksie, en hoekom hulle nie die kommersiële roete geneem het nie.

Om jou gewig en depressie weg te trap 20.11.2024

Op 40 het sy verby die spieël geloop, die grootte van haar lyf raakgesien, en in trane uitgebars. Hierna het Gerda Milford haar hare pienk gekleur, pienk oorbelle begin dra, en hard begin oefen om die kilogramme af te skud. Naderhand het sy agterkom sy is uit die diep gat van depressie, en vandag, 28 jaar later, ry sy steeds fiets en maak sy kaas! Mariska Spoormaker het by haar op St. Francisbaai...

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.