RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5345 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Êrens oorsee 10 Desember 2024 10.12.2024

Piëtke Visser vertel van haar lewe in Finland, die land van mere en saunas.

Pringlebaai se “private” fynbosreservaat 10.12.2024

Wanneer jy weer in Pringlebaai in die Wes-Kaap is, maak seker dat jy inloer by die private fynbosnatuurreservaat, wat oor bykans vier erwe strek. Die vrou agter hierdie stukkie uniekheid is dr. Nicolette Louw , ‘n plantfisioloog. Mariska Spoormaker het daar gaan kuier.

Gestremdes en geslagsgebaseerde geweld 10.12.2024

Therina Wentzel vertel vir Martelize Brink van die euwel van geslagsgebaseerde geweld in die gestremde gemeenskap, en die Nasionale Raad van en vir Mense met Gestremdhede se veldtogte.

Judy Garland se skoene vir miljoene verkoop 10.12.2024

Die robynkleurige skoene wat Judy Garland in The Wizard of Oz gedra is, is die duurste rolprentitem wat tot nog toe op ‘n veiling verkoop is. Die prys was $28 miljoen voor kommissie, wat die bedrag tot $32,5 dollar opgestoot het.

2025 se Voël van die Jaar 09.12.2024

Dr. Hanneline Smit-Robinson va Birdlife Africa vertel van die simbiose tussen die rooibekrenostervoël en hulle gasheerdiere. Dié voëls help selfs tot ‘n mate om renosters teen stropers te waarsku!

Eeue oue tradisies neffens superruimtetegnologie 09.12.2024

Die nedersetting, Skietfontein, waar Khoi-en-San-tradisies gehandhaaf word neffens supertegnologie om die buitenste hemelruim te verken, moet fyn bestuur word. Argitek Liza-Mari Potgieter sê dié tradisies is net so belangrik soos die modern tegnologie. Johan Rademan het met haar gesels oor tradisies in die Carnavon-omgewing.

Wat verg dit om 'n heuningboer te wees? 09.12.2024

Hans Steenpoorte vertel vir Martelize Brink van heuningboerdery, heuning wat ryp is, en die invloed van reën op die heuningoes.

Raygun skiet musiekspel af 09.12.2024

‘n Satiriese musiekblyspel oor Raygun se deelname aan die Olimpiese Spele is gestop deur Rachel Gunn se regspan. Hulle voer aan dat die kangaroehop- en sproeier-danspasies Raygun se intellektuele eiendom is, en nie gebruik mag word nie.

Liza the Pole Monkey 06.12.2024

Liza du Plessis, ook bekend as Liza the Pole Monkey, is n ywerige paalsport-entoesiasties. Sy is ‘n argitek wat spog met ’n meestersgraad, en het haar nasionale kleure in dié sportsoort verwerf, en ook 12de by die wêreldkampioenskappe geëindig. Dié groeiende sportsoort word dikwels gestigmatiseer as paaldans. Johan Rademan het met Liza gesels.

360 Speseryroete - Deel 63 06.12.2024

Koshistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor roosmaryn.

Ou liefde 06.12.2024

‘n 74-jarige albatros genaamd Wisdom is die oudste voël in die natuur waarvan mense weet. Nadat haar vorige mannetjie sedert 2021 nie meer gesien is nie, het sy nou ‘n nuwe mannetjie gekry, en het weer ‘n eier gelê. ‘n Ander storie van ou liefde is Bernie Littman en Marjorie Fiterman wat op 100 en 102 jarige ouderdom die pasgetroude paartjie met die hoogste gemiddelde ouderdom geword het, toe hull...

“Skei jou gewelddadige man” 05.12.2024

Dit is alweer die tyd vir die 16 Dae veldtog van Aktivisme vir Geen Geweld Teen Vroue en Kinders. In KwaNojoli, voorheen bekend as Somerset-Oos, het 'n vrou, wat net as Siena bekend wil staan, aan Mariska Spoormaker gesê sy het na agt jaar van erge mishandeling besluit om te skei, eerder as om ‘n klomp dode in haar huwelik te beleef.

Jonk 5 Desember 2024 05.12.2024

Dieetkundige Valpré Huisamen praat oor die gebruik van aanvullings tot jou dieet.

Dwartslat-slag vir 'n drie 05.12.2024

Tydens ’n sewes-rugbywedstryd tussen Meksiko en Bermuda is Diego Aguilar van Meksiko op die doellyn geduik, hy het die regoppaal getref, maar die drie gedruk. Toe val die dwarslat op sy kop...

Innovation for the Blind vervaardig radiodrama 04.12.2024

Stephané Botha praat oor Innovation for the Blind, en hulle samewerking met RSG vir ’n radiodrama, waar siggestremde persone die produksie behartig het.

Banze dans die wêreld in 04.12.2024

Banze Mutonkole is Kongolees, en wou van kleins af 'n danser word. Sy en haar gesin het na Van Rhynsdorp getrek uit hul tuisland, nadat haar pa daar 'n werk gekry het. Hier kon sy nie Engels of Afrikaans praat of verstaan nie, en binne 12 jaar het sy beide tale aangeleer. Sy is na dese 'n knap danser, en met die hulp van barmhartige Samaritane kon sy uiteindelik by 'n Kaapse kampus gaan studeer, w...

Michelinster-sjef se kerspasteie gesteel 04.12.2024

Michelinster-sjef Tommy Banks se pasteie was vir die kersmark bestem, maar toe word sy paneelwa met 2 500 pasteie gesteel.

Êrens oorsee 3 Desember 2024 03.12.2024

Maryke Musson vertel van die lewe in Ysland met die storms en vuurspuwende berg, wat sy daar beleef het. As jy daar in ‘n restourant Surf & Turf bestel, word daar vir jou walvis en perd voorgesit!

Watter kleur is ysbere se vel? 03.12.2024

Maryke Musson vertel vir Martelize Brink van ysbere. Dié bere het swart velle, en die hare is deurskynend, maar reflekteer lig, wat dit wit laat voorkom.

Brandon Cassels se liefde vir musiek 03.12.2024

Oos-Kapenaar Brandon Cassels se liefde vir musiek kom al van kleins af aan. Hy is deesdae ‘n dosent by 'n Kaapse instansie. Hy vertel vir Haidee Muller-Isaacs waar sy liefde vir klassieke kitaar ontstaan het. Eintlik wou hy as kind niks weet van die kitaar nie, want hy het niks gehou van sy ooms se manier van kitaarspeel nie. Hy leer steeds jong kinders en volwassenes om kitaar te speel. Dis vir h...

Hongkong hou pandafees 03.12.2024

Hongkong is oorval deur pandas. By die lughawe is daar 2 500 standbeelde van dié diere. Ná die fees sal die meeste opgeveil, en die geld die park geskenk word waar Hongkong se ses pandas aangehou word.

Martelize vlieg in 'n helikopter 02.12.2024

Martelize Brink neem ‘n helikopterrit oor Bergsig Reservaat saam met Mosselbaai Helikopters. Sy gesels met die vlieenier DB du Plooy, en ‘n Duitse toeris.

Skatkiste versteek in VSA 02.12.2024

Jon Collins-Black sorg vir avontuur. Hy het vyf skatkiste met ‘n waarde van meer as $2 miljoen in die VSA weggesteek. As jy sy boek, There’s Treasure Inside, koop, is daar leidrade om dit te kry. In die skatkiste is daar wel goud en edelstene, maar ook skaars Pokémon kaarte, sportmemorabilia en waardevolle medaljes en items wat aan Pablo Picasso, George Washington, Amelia Earhart en Jackie Kennedy...

Hou koers met Johann Groenewald se kaarte 29.11.2024

‘n Siviele-Ingenieur se wanderlust het hom voltyds van 2010 af in die karteringswêreld laat beland. Jy kan van die Kaap tot in Kaïro reis met Johann Groenewald – sonder om die pad byster te raak.

360 Speseryroete - Deel 62 29.11.2024

Koshistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor die gebruik van uie- en knoffelpoeier - ‘n gekonsetreerde smaak waarop sommige neersien.

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.