RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5345 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Jonk 19 Desember 2024 19.12.2024

Valpré Huisamen vertel vir Martelize Brink van vyf algemene aanvullings - Vitamien B12, Omega 3 vetsure, Kalsium, Yster en Vitamien D.

Muntmasjienmoeilikheid 19.12.2024

In Hongkong is daar soveel klagtes oor die onregverdige praktyke van muntmasjiene, waar jy met ‘n meganiese klou ‘n prys probeer vang, dat die verbruikerswaghond dit wil reguleer.

Lis(z)a se klavier 18.12.2024

Liza Joubert vertel vir Martelize Brink van haar kuiers met Koos Kombuis, wat gelei het tot sy lied, Lisa se klavier.

Die gebed en die mosterd-idee 18.12.2024

Meer as tien jaar gelede was die Baaienaar, Anthony Vieira Da Cruz, biddend op sy knieë opsoek na ‘n sake-idee wat hom sy eie baas sou maak. Die antwoord van “geloof soos ’n mosterdsaad” het by hom opgekom. Vandag het Mr Mustard, soos hy intussen naam vir homself gemaak het, al meer as 40 verskillende soorte mosterdsmake ontwikkel.

Landboubesproeiing - Deel 2 18.12.2024

Werner Booysen vertel vir Martelize Brink hoe effektief besproeiing in Suid-Afrika gedoen word. Meer as 60% van Suid-Afrika se watergebruik is vir landboudoeleindes. Dit neem 50 liter om ‘n lemoen te produseer en 70 liter vir ‘n appel.

TikToker maak of sy dooie suster is om ouma hartseer te spaar 18.12.2024

Op haar ouma se sterfbed kom Annie Niu met die sak patats vorendag. Sy het in oproepe haar voorgedoen as haar tweelingsuster, wat 5 jaar vantevore oorlede is. Die nuus van die dood is nie aan die ouma en oupa gebreek nie aangesien die familie bekommerd was oor die impak wat dit op die grootouers se gesondheid kon hê.

Êrens oorsee 17 Desember 2024 17.12.2024

Maja Plüdemann vertel van haar lewe in Düsseldorf, Duitsland, op die grens met Nederland.

Danie se oupa se trekklavier 17.12.2024

Haidee Muller-Isaacs gesels met Danie van Wyk oor sy geliefde oupa, dié se trekklavier, en sy Kersherinneringe op 'n klein Karoodorp.

Interessante soorte heuning 17.12.2024

Byeboer Hans Steenpoorte vertel van interessante soorte heuning uit verskillende lande, en hoe jy peste in byneste aanpak.

Ruimte-ryswyn 17.12.2024

Japan gaan ryswyn op die Internasionale Ruimtestasie maak. Hulle beplan om 100 ml saké vir ¥100-miljoen te verkoop, maar die idee is om later dit op die maan te maak, en aan maantoeriste te bedien.

Wat is waarde van die Voël van die Jaar-titel? 16.12.2024

André Botha van die Aasvoëls vir Afrika-program praat oor die waarde van die Voël van die Jaar-titel, aan die hand van die berghaan wat die 2024 voël van die jaar is.

Pringlebaai word ‘n fynbosbestemming 16.12.2024

Op Pringlebaai kraai fynbos omtrent koning. Eers was daar dr. Nicolette Louw wat erwe aangekoop het vir fynbosbewaring, en nou is daar ook ‘n bewaringsprojek om Pringlebaai ‘n fynbosbestemming te maak. Mariska Spoormaker gesels met Carel Laubscher, ‘n afgetrede weermaggeneraal wat aan hoof van dié projek staan.

Wat is sosiale beleggings? 16.12.2024

Graeme Wilkinson praat oor sosiale beleggings, en die impak wat dit het.

Lugbraaiers wat afluister 16.12.2024

Owerhede in Engeland het agtergekom dat daar drie modelle lugbraaiers is wat jou afluister, en die data na rekenaarbedieners in China stuur.

Ken jy Kookpot en Blaasgat? 13.12.2024

Die gety moet nét reg wees sodat Kaap St. Francis se Kookpot en Blaasgat tot hulle volle reg kan kom. So nie, sal mense verbystap en nie eers weet daar is ‘n Kookpot en ’n Blaasgat nie. Met die onlangse Chokka-Voetslaanuitdaging was Mariska Spoormaker gelukkig genoeg om dit te kon beleef. Sy het ’n plaaslike kenner, Pieter de Jongh, meer hieroor uitgevra.

360 Speseryroete - Deel 64 13.12.2024

Lydia Von Wielligh-Steyn vertel van die gebruik van speserye in parfuum.

Lizelle van Bersig 13.12.2024

Martelize Brink gesels met Lizelle Crous, eienaar van die plaas Bergsig in Mosselbaai en Mosselbaai Helikopters, oor haar man se erfenis, en haar drome vir die plaas.

Werkstres? Jy is afgedank... grappie! 13.12.2024

Yes Madam, ‘n Indiese onderneming in die skoonheidsbedryf, het mense ontstel toe hulle kamma-kamma werknemers wat gekla het oor stres by die werk, per e-pos afdank. Dit was toe net ‘n bemarkingsfoefie om hulle masseerdienste te adverteer.

Frank Opperman se karakters 12.12.2024

Frank Opperman praat oor van die karakters waaraan hy gekoppel word in verskillende dele van die land.

Xtine se juweliersware 12.12.2024

Haidee Muller-Isaacs het gaan inloer by Voorstad Studio, waar sy meer uitgevind het oor Xtine se pragtige en kleurryke juweliersware.

Scrabble-koning 12.12.2024

Nigel Richards van Nieu-Seeland hou vyf Engelstalige wêreldtitels, en hy was twee keer die Franse Scrabblekampioen, al praat hy nie Frans nie. Hy praat ook nie Spaans nie, maar is nou ook die Spaanse Scrabblekampioen.

Burre se droogtehulp 11.12.2024

Burre Burger vertel vir Martelize Brink van die droogte in die land, en sy ervaring met die droogtehulp wat sy organisasie bied.

Hoe kies mens 'n rolstoel? 11.12.2024

Haidee Muller-Isaacs loer in by CE Mobility in Maitland, Kaapstad, om meer uit te vind oor rolstoele. Hoe kies jy die regte een vir jou behoeftes indien jy een sou benodig?

Gesond met Esté 11.12.2024

Esté Rabé praat oor gesondheid in die feestyd, en die vyf pilare waarop sy glo gesondheid gebou is.

Wêreldrekord vir geskenke toedraai 11.12.2024

‘n Skamele 2 050 mense wat gelyktydig geskenke toedraai, was genoeg om ‘n nuwe Guinness Wereldrekord op te stel. En almal was nie eers in dieselfde plek nie. Dit was op elf plekke in vier lande. Dit voel soos ‘n rekord wat vra om gebreek te te word.

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.