RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Lize Jonck se kuns 08.01.2025 8:26
Martelize Brink het op Groot Brakriver by kunstenaar Lize Jonck ingeloer, en gesels oor haar pad van die gasvryheidsbedryf tot kunstenaar.
Hier is klimaatsverandering al lankal aan die gang 08.01.2025 7:35
Klimaatsverandering is deesdae die gonswoord, en ons hoor allerlei redes hoekom dit gebeur. Maar diep in die Winterhoek en Baviaanskloofberge ervaar boere al lankal klimaatsverandering. Meer as 40 jaar gelede het dit byvoorbeeld nog gereeld daar gesneeu en het die Grootrivier standhoudend geloop, onthou Bennie Rathbone van die gasteplaas Hadley. Mariska Spoormaker het met hom by 'n vleisbraaivuur...
Êrens oorsee 7 Januarie 2025 07.01.2025 9:54
Martelize Brink gesels met Petra Bainbridge oor haar lewe en werk op die Isle of Man.
Warnell se wedlope 07.01.2025 6:51
Warnell Engelbrecht sê hy het aan wedlope begin deelneem om hom uit die kwaad te hou. Hy het pas ‘n wedloop van 320 km voltooi. Hy vertel ook vir Haidee Muller-Isaacs van sy gehoorgestremdheid, hoe hy nog nooit toegelaat het dat dit hom terughou nie.
Suid-Soedan se aasvoëls 06.01.2025 15:08
André Botha, bestuurder van die Aasvoëls vir Afrika-program van die Trust vir Bedreigde Natuurlewe vertel van die aasvoëls in Suid-Soedan.
Meertaligheid + lees = meer werksgeleenthede 06.01.2025 7:20
Chumani Makunga van Oos-Londen se ouma het só geglo dat haar kleinkind meertalig moet wees, met die gevolg dat hy vandag Xhosa, Afrikaans en Engels vlot praat. Chumani se meertaligheid is ook goud werd vir die Small Projects Foundations, wat onder meer skoolkinders in die Oos-Kaap se oë toets, want hy kan met die leerlinge in hulle onderskeie moedertale kommunikeer. Mariska Spoormaker het hom tyde...
Beeldepark in fynbostuin 03.01.2025 7:08
Pringlebaai is seker die enigste dorp in die land wat ’n beeldepark in ’n fynboskatedraal by sy ingang het. Mariska Spoormaker het gaan inloer en daar die man agter die projek, Janko de Beer, ontmoet.
Ds. André se Simondium 02.01.2025 12:14
Elke keer wanneer Haidee Muller-Isaacs by ds. André Boezak inloer, is daar 'n storie te vertel. Dié keer het hy in sy grootwordplek, Simondium, se boksie gaan krap. Haidee was natuurlik die ene ore, want as ds. Boezak eers stories begin vertel, wíl 'n mens luister.
Skattejag in die Karoo en Kontrei 01.01.2025 5:27
Nuwejaarsvoornemens verdwyn gewoonlik vinniger as ys by ‘n braaivleisvuur, maar Adri Smit is vasbeslote om met ‘n skattejag, Ons Karoo en Kontrei, weer op die kaart te plaas. Sy deel haar entoesiasme met Johan Rademan, maar nooi ook alle plattelanders om te help met stories en geskiedenis van hulle omgewing.
Oppiwater-radioteater: MY WONDERLIKE MAN deur Joe Kleinhans 31.12.2024 32:13
Elke jaar tydens die Oppiwater Kunstefees kry die feesgangers ‘n blik agter die skerms van hoe ‘n radioteater opgeneem word. Johan Rademan is die regisseur van MY WONDERLIKE MAN, wat voor ‘n gehoor op die kunsteboot opgeneem is.
Sulayman se groot klavierpassie 30.12.2024 7:56
Die 31-jarige Sulayman Human is op Dysselsdorp buite Oudtshoorn gebore. Haidee Muller-Isaacs het laas met hom gesels toe hy nog besig was met my BMus-graad aan die Universiteit Stellenbosch. Hy het vanjaar die gesogte Pnina Salzman Memorial-toekenning in Israel ingepalm. Sulayman verwys glad nie na sy toekennings nie, maar Haidee het in die St. Saviour Katedraal op Oudtshoorn langs hom by die orre...
Trans-Agulhas opblaasboot-uitdaging 27.12.2024 10:39
Wilko du Preez vertel van die Trans-Agulhas opblaasboot-uitdaging waaraan hy en sy navigator, Duan Hough, deelneem. Duan het pas matriek voltooi.
Celeste Blaauw, die reisiger 27.12.2024 8:31
Die reisgogga het Celeste Blaauw in die jare sestig op kampus gebyt. Daai gogga het haar nooit gelos nie. Dit laat jou vooroordele oor ander verdwyn, sê sy. En, sy is 'n reisiger, nié 'n toeris nie vertel sy vir Haidee Muller-Isaacs.
Plastiekoë veroorsaak skade 27.12.2024 1:23
Die stad Bend in Oregon in die VSA vra dat inwoners nie plastiekoë op standbeelde en muurskilderye plak nie. Die gom rig skade aan, en dit kos geld om die oë te verwyder.
SA-calamari die beste, maar... 26.12.2024 7:30
Op jou restaurantbord is dit calamari, in die oseaan is dit inkvis, en in vissermanstaal is dit chokka wat in die Indiese oseaan tussen Oesterbaai en Nelson Mandelabaai gevang word. En dit is van die beste calamari in die wêreld – ’n lekkerny wat ongelukkig min Suid-Afrikaners beskore is, want dit word hoofsaaklik na Europa uitgevoer. Mariska Spoormaker het hieroor gepraat met Clive Cantor, calama...
Kattemaai op 'n Griekse eiland 26.12.2024 1:09
Die Griekse eiland, Syros, het saam met 25 000 mense ook 3 000 straatkatte as inwoners. Hulle soek vrywilligers om minstens ‘n maand op ‘n slag daar te help om katte te versorg.
Bellville se kostuin 24.12.2024 5:41
Haidee Muller-Isaacs het gaan inloer by Bellville se heel eerste kostuin, waar 'n man wat voorheen haweloos was, vir haar vertel hoe groentekweek sy ganse lewe verander het. Hy woon deesdae saam met ander ywerige tuiniers in 'n ou pastorie in Bellville.
Replika Harry Potter-swaarde oortree Japan se wapenwet 24.12.2024 1:40
In Japan is ‘n replika van die Gryffindorswaard uit ‘n Harry Potter-film vir ‘n jaar lank verkoop. Owerhede het later besef die replika is skerp genoeg om ’n wapen te wees, wat wetgewing oortree. Die swaarde is nou herroep.
SA se skilpaaie 23.12.2024 12:37
Esther Matthew vertel vir Christelle van Tonder van Suid-Afrika se skilpaaie, en hoe gemaak as jou paaie met een kruis.
Jakes Gerwel se huis van skrywers en stories 23.12.2024 7:35
Aan die voet van die Bosberg in KwaNojoli, oftewel Somerset-Oos in die Oos-Kaap, staan die Paulet-skrywershuis. Dié historiese huis was eens ’n holte vir die baie besige voet van die bekende Jakes Gerwel, wat onder meer direkteur-generaal in Nelson Mandela se presidensiële kantoor was en ook rektor van die Universiteit van Wes Kaapland. Mariska Spoormaker het by die huis gaan inloer en gepraat met...
Visserman trek vrou uit 23.12.2024 1:15
‘n Visserman op Mosselbaai het tot ‘n vrou se redding gekom nadat ‘n seestroom haar meegesleur het. Die visserman het sy tot by haar ingegooi. Sy kabeljouhoek het in haar denim gehaak, en hy kon haar inkatrol vlakwater toe.
Bou blokkie bou 20.12.2024 6:13
Haidee Muller-Isaacs loer in by 'n boublokkie-uitstalling in Durbanville in die Kaap. Daar hoor sy meer oor bloublokkieklubs en mense wat passievol oor dié lekker stokperdjie is.
360 Speseryroete - Deel 65 20.12.2024 5:17
Koshistorikus Hetta van Deventer-Terblanche vertel van Grimod de La Reynière, Frankryk se eerste invloedryke kosskrywer.
Wat is jou (hof)naam? 20.12.2024 1:33
‘n Indiese paartjie se stryery oor ‘n seun se naam, het na drie jaar in die hof geëindig. Toe kies hulle uit ‘n lys name wat die hof voorgestel het...
Die De Jager-broers gaan terug skool toe 19.12.2024 8:56
Die bekende omroeper, Nic de Jager, se pa, AK de Jager, was die skoolhoof van Hoërskool Durbanville van 1953 tot 1951. Sy seun Jock, vandag 77, het sy eerste onderwyspos as wiskunde-onderwyser van 1971 tot 1978 ook by Durbanville bekleë. AK, die weermaggeneraal en seun van AK-senior, woon tans in Pretoria, en Marius, die jongste De Jager-broer, hy is nou 73), is deur sy pa se vakgebied geïnspireer...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.