RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5345 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Is jou tersiêre opleidingsinstelling wettig? 21.01.2025

Dr. Hendrik Botha vertel vir Martelize Brink hoe om seker te maak dat ‘n tersiêre opleidingsinstelling wettig is, en voldoen aan regulasies.

Sjirurg doen sy eie vasektomie 21.01.2025

‘n Sjirurg in Taiwan het sy eie vasektomie gedoen, en die proses stap-vir-stap in ‘n video verduidelik terwyl hy die operasie uitvoer. Die video is al meer as tweemiljoen keer op Instagram gekyk.

Kogelberg Wild Rehabilitasiesentrum 20.01.2025

Corlie Hugo vertel van die Kogelberg Wild Rehabilitasiesentrum in die Wes-Kaap, wat nou oop is om beseerde wilde diere by te staan.

Unieke SA-huise dalk na Los Angeles 20.01.2025

Ná die verwoestende brande in Los Angeles, is die owerhede in gesprek met Baaienaar Hennie Botes om sy unieke Moladi-gietstukhuise as noodbehuising daar te gaan oprig. Hennie het in 1986 sy Moladi-gietstukhuise begin bou en gepatenteer, en vandag is dié gegote huise al in 28 lande opgerig. Hennie het aan Mariska Spoormaker verduidelik hoe dit gebeur het dat Los-Angeles se owerhede hom genader het.

Digitale nomades en die ekonomie 20.01.2025

Dawie Roodt, hoofekonoom van die Efficient-groep, praat oor die impak wat digitale nomades op die ekonomie het.

Geen lisensie want jy is dood! 20.01.2025

‘n Amerikaanse vrou wou haar bestuurderslisensie hernu, maar die verkeersowerhede lig haar toe in dat sy, volgens die stelsel, oorlede is. Haar mediese versekering dink toe ook sy is dood.

Sonja se plattelandse tandartsprojek 17.01.2025

Dr. Sonja Lewis, ’n tandarts van Kaapstad, en haar fisioterapeut-suster, Laurika, deel 'n praktyk in Kuilsrivier. Hulle wou terugploeg, veral op die platteland om behoeftige gemeenskappe te dien. Toe begin Sonja haar eie projek om gratis gesondheidsdienste te voorsien op klein plattelandse dorpies, met Laurika wat hand bysit aan die administratiewe kant. Sonja is ook nie bang om haar pelle in die...

360 Speseryroete - Deel 67 17.01.2025

Koshistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor bergamot.

Gratis hondeoppassers by museums 17.01.2025

In Italië is daar hondeoppassers by die museums beskikbaar, wat inwoners die geleentheid gee om tussen die land se kultuurskatte rond te loop - iets wat nié met honde kan gebeur nie.

Weet jy wie was dié Karel Landman? 16.01.2025

Name soos Andries Pretorius, Hendrik Potgieter, Piet Retief, Gerrit Maritz en Sarel Cilliers is sinoniem met die Groot Trek van 1835 -1840. Bitter min mense weet egter van Karel Landman, wat in 1838 'n trekgeselskap van meer as 700 mense uit die Oos-Kaapse Alexandriadistrik na Natal gelei het. Om wyer erkenning aan dié vergete trekleier te gee, het 'n toergids en geskienisnavorser van die Alexandr...

Rooibosdag 2025 16.01.2025

Lize du Preez en Ilze Bruwer praat op Nasionale Rooibosdag oor dié uniek Suid-Afrikaanse produk. Hulle preoe ook aan vrugtige koue tee.

Jonk 16 Januarie 2025 16.01.2025

Dieetkundige Valpré Huisamen praar oor die rol van berberien om suikervlakke te reguleer.

Yshokkie in Kenia 16.01.2025

Kenia se yshokkiespan, die Ysleeus, verteenwoordig hulle land as een van vyf Afrikalande by die Internasionale Yshokkiefederasie. Hulle enigste ysbaan is net ‘n kwart van ‘n Olimpiese baan.

Veelsydige Willem Botha 15.01.2025

Willem Botha vertel vir Martelize Brink hoe sy loopbaan se verskillende bane oor tyd ontwikkel het.

Herman se passie vir drama-ontwikkeling 15.01.2025

Haidee Muller-Isaacs gesels met Hoërskool Bellville se geliefde oud-drama-onderwyser Herman van der Westhuizen oor sy passie vir die ontwikkeling van rou talent, en die Proscenium-dramawedstryd wat hy organiseer.

Pynappel op pizza? Skud jou sak... 15.01.2025

‘n Pizzarestaurant in Norwich, Engeland, hou niks van die idee van pynappel op hulle produk nie. In die restaurant bedien hulle dit glad nie, maar vir aanlynbestellings deur ‘n afleweringsdiens sal hulle teen £100, sowat R2 300, dit vir jou as ‘n ekstra item op die pizza sit.

SA vroue in Tweede Wêreldoorlog 14.01.2025

Pringlebaai met sy kenmerkende berg, Hangklip, is deel van ’n baie interessante stuk geskiedenis uit die Tweede Wêreldoorlog. In kort is dit die spesiale vrouekorpse, wat onder meer as die Waasies, Airy’s Fairies en Freddie’s Coastal Girls bekendgestaan het. Dr. Wim Myburgh, afgetredene op Pringlebaai, het dit nagevors en ’n boek hieroor geskryf. Hy verduidelik aan Mariska Spoormaker wie die Waasi...

Trou vir Instagram? 14.01.2025

‘n Vrou in Australië se huwelik is nietig verklaar nadat haar verloofde van twee dae haar mislei het met ‘n verrassingstroue. Hy het gesê dit is slegs vir ‘n video vir Instagram. Twee maande later vind sy uit die troue is geldig.

SANCCOB se pikkewynrehabilitasie 13.01.2025

Martelize Brink het SANCCOB se rehabilitasiesentrum en skuiling vir pikkewyne besoek, waar Michelle Liebenberg, seniorrehabiliteerder, verduidelik watter pikkewyne permanent gehuisves word weens hulle beserings, en hoe lank die gerehabiliteerde pikkewyne moet kan swem voordat hulle in die natuur vrygelaat kan word.

Wat is neuroplastisiteit? 13.01.2025

Jolanda Jacobs verduidelik wat neuroplastisiteit is, en hoe jy jou brein kan herbedraad om dit 'n hupstoot te gee.

Moenie jou kersboom eet nie! 13.01.2025

Die stad Gent in België het inwoners aangeraai om, as deel van kersboomherwinning, die dennenaalde te eet. Die Federale Agentskap vir Voedselkettingveiligheid het toe uitgewys dat dit dodelik kan wees...

Janet se praatpoppe 10.01.2025

Haidee Muller-Isaacs loer in by poppeversamelaar, Janet Koekemoer-Jooste. Sy leer ken Janet se pratende poppe, wat al ouer as syself is. Janet herstel ook self haar poppe, en maak klere vir hulle. Die pop-parte is 'n duur storie, want dit word meestal ingevoer uit Amerika.

360 Speseryroete - Deel 66 10.01.2025

Lydia Von Wielligh-Steyn vertel verder van die gebruik van speserye in parfuum.

Benno-Lutz se Dak van Afrika-ervaring 09.01.2025

Benno-Lutz van der Merwe is n driekampatleet en ysterman. Hy het sonder motorfietservaring en met net ‘n week se voorbereiding, op die ingewing van die oomblik besluit om saam met ‘n vriend die Dak van Afrika te takel. Sal jy ook so iets verstommends radikaal in 2025 aanpak? Johan Rademan het gaan uitvind.

Jonk 9 Januarie 2025 09.01.2025

Valpré Huisamen, 'n geregistreerde dieetkundige, verduidelik hoe kreatien in jou liggaam funksioneer.

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.