RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5345 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Vrystaatse Marcussen-orrel herstel 30.01.2025

Marius Coetzee vertel vir Martelize Brink van die Vyfde Liesbeth Schlumberger Orrelstoel, die Marcussen-orrel by die Universiteit Vrystaat wat herstel, is en die internasionale orreliste wat daar te hoor is.

Jonk 30 Januarie 2025 30.01.2025

Dieetkundige Valpré Huisamen praat oor aanvullings wat help met slaap, en die risiko’s verbonde aan die gebruik daarvan.

Wallis se onvanpaste noodoproepe 30.01.2025

Wallis se ambulansdiens het ‘n lys bekend gemaak van vreemde oproepe wat hulle in 2024 ontvang het. Dit sluit in van ‘n vinger wat vassit in ’n bierbottel, tot ‘n troetel alligator wat ontsnap het.

Marianne Thamm - joernalis en komediant 29.01.2025

Marianne Thamm gesels oor haar ervaring van die wêreld as ondersoekende joernalis, en hoe sy dít wat vir haar snaaks aan die wêreld is, verhoog toe neem as satiriese komediant.

SA se vierde beste skool is op die Kaapse Vlakte 29.01.2025

Edrees Alexander vertel vir Martelize Brink van Star College Bridgetown op die Kaapse Vlakte. Die skool het afgelope 25 jaar 100 % matriekslaagsyfer. Tans is die skool nommer 4 in die land, met 3,375 onderskeidings per matriekleerder.

"Skurk" te huur 29.01.2025

‘n Man in Maleisïe bied sy dienste aan om jou soos ‘n held te laat lyk. Hy sal jou metgesel teister, en dan kom jy tot die redding en verwilder hom vol brawade.

Êrens oorsee 28 Januarie 2025 28.01.2025

Jannie Fourie vertel vir Martelize Brink van die lewe in Suid-Soedan, waar hy die parkbestuurder is by die Boma Nasionale Park.

Aunty Care, want haar hart is so groot 28.01.2025

Tot haar aftrede het Carol Jantjies onder meer in die spysenieringsbedryf gewerk, maar stilsit in die pensioenjare was nie vir haar nie. Sy maak toe ‘n koskafee op Thornhill oop. Dít het haar oë oopgemaak vir die groot aantal kinders wat nie skool toe gaan nie, en boonop honger is. Soveel só dat sy bekend geword het as Aunty Care. Mariska Spoormaker het by haar gaan kuier.

Betaalde siekteverlof vir jou troeteldiere 28.01.2025

New York-stad oorweeg tans wetgewing, wat mense sal toelaat om betaalde siekteverlof te neem om na hulle troeteldiere om te sien.

Vra die veearts 27 Januarie 2025 27.01.2025

Veearts dr. Ingrid de Wet beantwoord luisteraars se vrae oor hulle troeteldiere.

Duin in die weg berei leerders voor vir universiteit 27.01.2025

Duin in die weg, 70 km stroomop van Upington, het ‘n wonderlike suksesverhaal. Advokaat Fef le Roux vertel van hierdie universiteit-voorbereidingsprogram vir leerders in die Noord-Kaap.

Elke sent tel - Deel 1 27.01.2025

Elke Brink van PSG Wealth R21 op Stellenbosch praat oor die belastingjaareinde en die belastingimplikasies wat dit vir individue inhou.

Erfenisgebiede op die maan 27.01.2025

Die Wêreld Monumentefonds het vir die eerste keer gewaarsku teen skade aan erfenisgebiede wat nie op die aarde is nie. Die maan het meer as 90 historiese gebiede, wat gekoppel word aan menslike aktiwiteite daar.

Andries van Pretoria 24.01.2025

Andries de Beer se eerste gedig oor sy ma verskyn in 1993 in sy laerskoolkoerant. In 2010 staan hy die eerste keer voor ’n mikrofoon, en begin om interkulturele musiek-en-poësie-aande reël. Johan Rademan het met Andries, ook bekend as Andries van Pretoria, gesels.

360 Speseryroete - Deel 68 24.01.2025

Koshistorikus Hetta van Deventer-Terblanche vertel van garnaalpasta, ’n gewilde gefermenteerde pasta of sous, uit Suidoos-Asië.

Kirsten Neuschäfer vereer 24.01.2025

Seiljagvaarder Kirsten Neuschäfer het pas van Brasilië af die Kaapse hawe ingevaar met haar seiljag, Minnehaha. Sy is die wenner van die 2022 Golden Globe-seiljagvaart om die wêreld. Hiervoor, en vir die redding van ’n mededinger, is sy met die Hertogin van Kent-toekenning vereer.

Die polisie, die dagga en die rotte 24.01.2025

Houston se polisie het meer as 400 000 pond se dagga, wat as bewysstukke gehou word. Dit lok egter rotte, wat behalwe vir skade aan die dwelms, ook skade aan ander bewysstukke aanrig.

Basil May se passies 23.01.2025

Basil May is 'n bekende in die Wes-Kaap se onderwyskringe. Hy vertel vir Haidee Muller-Isaacs van sy komvandaan, Swellendam, en van die tragiese gebeure toe sy suster op 13 oorlede is in 1975 se Swellendam-busramp. 42 jaar later, op die herdenking van dié tragedie, was Basil instrumenteel in die stigting van die Swellendam-beursfonds. Haidee het saam met hom 'n koppie koffie gedrink, en hom gepols...

Jonk 23 Januarie 2025 23.01.2025

Dieetkundige Valpré Huisamen vertel van inositol as ’n voedingsaanvulling, wat gereeld in haar praktyk voorgeskryf word.

Duur gedroogde skille 23.01.2025

In China word gedroogde mandarynskille in tradisionele medisyne, en in kos as geurmiddel gebruik. Van die chenpi wat 50 jaar oud is, kos R360 000 per kilogram!

Grootste byeenkoms in wêreld 22.01.2025

Helené van Tonder vertel vir Martelize Brink van die grootste saamtrek van mense wat tans in Indië plaasvind.

Gamtoos Water doen dit wéér 22.01.2025

Te midde van verskeie watervoorsieningsdienste wat ten gronde gaan, funksioneer Gamtoos Water in die Oos-Kaapse Gamtoosvallei voortreflik. Dié instansie is onder meer verantwoordelik vir waterlewering uit die Kougadam na die landboubedryf asook die Kouga- en die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit. Om die dam se waterkwaliteit uitstekend te help hou, het Gamtoos Water help sorg dat vier rioolsuiweri...

Hupse heuning 22.01.2025

Franse owerhede waarsku teen afrodisiacum heuning wat by die tonne daar gekonfiskeer word. Mense onderskat die gevare wat dit kan inhou.

Êrens oorsee 21 Januarie 2025 21.01.2025

Anet Pienaar-Vosloo vertel vir Martelize Brink van die lewe in Chateau d’Villebouche naby Treignat in Frankryk.

Spekkie, die sjef se vark 21.01.2025

Haidee Muller-Isaacs ontmoet sjef Bertus Basson se troetelvark, Spekkies. Dié is 'n vegetariër en 'n baie geliefde lid van die Basson-gesin.

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.