RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Elke sent tel - Deel 3 10.02.2025 5:22
Elke Brink van PSG Wealth R21 op Stellenbosch praat oor buitelandse blootstelling in jou beleggingsportefeulje.
Slangnes in Sydney 10.02.2025 1:11
‘n Slangvanger in Sydney is ingeroep toe sowat ses giftige slange in ‘n tuin gesien is. Toe hy hulle begin vang, is hy met 102 slange daar weg!
Jan-Jan op pad Nederland toe 07.02.2025 12:40
Jan-Jan Joubert gesels met Martelize Brink voordat hy Nederland toe vertrek om aan sy doktorsgraad te gaan werk.
360 Speseryroete - Deel 70 07.02.2025 6:01
Koshistorikus Hetta van Deventer-Terblache praat oor basiliekruid met sy verskeie spesies en verskillende geurprofiele.
Piepklein biblioteek gee hoop 07.02.2025 7:03
Die piepklein Sandhills-biblioteek in die Hexriviervallei is plaaseienaar Mara Le Roux se droom om kinders en mense wat nie so bevoorreg is nie, vlerke te gee. Want deur te lees en om mense lief te maak vir lees, kan jy hulle wegneem uit ‘n harde wêreld van werklikheid en net vir daai klein tydjie in daardie droomwêreld laat leef waarin hulle kan vergeet. Dit bied ook die geleentheid om te verbete...
Ruk-en-rol, spoeg-en-plak 07.02.2025 1:21
Die Royal Mail vier 50 jaar sedert ACDC se album, High Voltage, vrygestel is met nuwe ACDC-seëls.
1956 Bentley te sien by skou 06.02.2025 5:49
Marike de Villiers vertel vir Martelize Brink van die uitsonderlike Bentley S1 van 1956, wat die naweek te sien is by die George Oumotor-skou.
Versigtig met die voëlbad se water! 06.02.2025 7:20
Maak baie seker van die gehalte water wat jy in jou visdam of voëlbad sit, want water wat te veel nutriënte bevat en skadelike bakterieë laat groei, kan giftig wees vir voëls. In Nelson Mandelabaai moes twee hamerkoppe onlangs vir botulisme, wat verlamming veroorsaak, behandel word. Arnold Slabbert van die Urban Raptor Project het vir Mariska Spoormaker hiervan vertel.
Jonk 6 Februarie 2025 06.02.2025 5:57
Dieetkundige Valpré Huisamen praat oor inflamasie, en watter aanvullings daarmee kan help.
Die Skotte en hul katte 06.02.2025 1:16
Die Skotse eerste minister, John Swinney, is vandeesweek genoodsaak om Skotte gerus te stel dat daar nie ‘n verbod op huiskatte geplaas sal word nie. Huiskatte vang onder andere bedreigde diere, en ‘n verslag van onafhanklikke kenners stel voor dat katte by die huis moet bly, op ‘n leiband moet wees, en nie in sekere gebiede toegelaat moet word nie.
Anzil se kreatiwiteit ken nie perke nie 05.02.2025 7:19
Die skrywer, Anzil Kulsen, glo in die krag van kreatiwiteit. Behalwe die stories wat sy skryf, is sy 'n kranige kleremaker, en maak sy die meeste van haar eie uitrustings self.
The Town’s House op Mosselbaai 05.02.2025 4:58
Martelize Brink gesels met Jessica van der Schyff by The Ttown’s House, die tweede oudste munisipale gebou op Mosselbaai. Deesdae word dit gebruik as afsetpunt vir plaaslike kunstenaars se produkte.
Amerikaanse eierroof 05.02.2025 1:26
Op 1 Februarie is 100 000 eiers by ‘n kleinhandelaar geroof. Voëlgriep in die VSA is verantwoordelik vir eiertekorte, wat dit baie duurder gemaak het.
Êrens oorsee 4 Februarie 2025 04.02.2025 9:49
Jacobus Diener vertel vir Martelize Brink van die lewe in Palapye, Botswana, waar hy ‘n dosent is. Hy vertel onder andere van mopaniwurms op die spyskaart, en die vieringe met die land se eerste gouemedalje by die 2024 Olimpiese Spele.
Toekomstige omgewingsleiers in Noord-Kaap opgelei 04.02.2025 7:50
Hy was die waarnemende rektor en visekanselier van die Universiteit Stellenbosch tot 2017. Hy het sy liefde vir wetenskap en wiskunde egter nie onder die maatemmer weggesteek nie. Johan Rademan het met prof. Leopoldt van Huysteen gesels nadat die Wêreld Ekonomiese Forum in Januarie THE FUTURE OF JOBS 2025-verslag vrygestel het. Omgewingsleierskap is vir die eerste maal onder die Top 10 drywers van...
Positief ná kanker 04.02.2025 9:45
Ronellé Foster gesels met Martelize Brink oor ‘n positiewe lewe nadat sy AML-leukemie oorleef het, en in remissie is. Sy het ‘n B+ (Be positive) projek en is die skrywer van KANKER HET MY LEWE GERED... VAN 'N DOODSBESTAAN.
Salm vir die voedselbank 04.02.2025 0:59
’n Voedselbank in New York het ‘n skenking van 13 000 lewende visse by ‘n salmplaas gekry, wat hulle bedrywighede beeïndig het.
Garnale (Shrimps en prawns) 03.02.2025 14:07
Marinekenner Maryke Musson vertel vir Martelize Brink van garnale. In Afrikaans is almal garnale, maar in Engels is die grootes “prawns” en die kleintjies “shrimp”.
Hierdie wesp is vlieg se moses 03.02.2025 7:48
Die vlieëplak en spuitgif is van die maniere om van lastige vlieë ontslae te raak, maar hoeveel mense is bewus van ’n klein swart wesp wat ’n vlieg se moses kan wees? Nagenoeg 20 jaar lank word dié wesp naby die Gamtoosriviermond in die Oos-Kaap geteel. Mariska Spoormaker het soontoe gery om meer te gaan uitvind by dr. Arno Moore van Bio-Insectaries South Africa.
Elke sent tel - Deel 2 03.02.2025 3:42
Elke Brink van PSG Wealth R21 op Stellenbosch praat oor die belastingvoordele van Artikel 10C.
Winskoop-Van Gogh 03.02.2025 1:21
‘n Skildery wat tydens ‘n huisskoonmaak in Minnesota vir $50 verkoop is, is volgens kenners ‘n ware Van Gogh.
Haidee pluk druiwe 31.01.2025 10:17
Haidee Muller-Isaacs en haar gesin het gaan druiwe pluk op die Klipheuwelplaas in die Hexriviervallei. Mara Le Roux het haar meer vertel oor hoe wit werk. Sy vind oor meer uit van die druiwekuur.
360 Speseryroete - Deel 69 31.01.2025 4:15
Koshistorikus Hetta van Deventer-Terblanche vertel van ají amarillo, ‘n rissie uit Suid-Amerika, wat aangewys is as die smaak wat jy in 2025 moet raak proe.
'n Berg is 'n persoon 31.01.2025 1:24
In Nieu Seeland is ‘n wet deurgevoer wat ‘n berg die regte van ‘n persoon gee. Dit is gedoen in erkenning van die land se eerste inwoners se beskouing dat die berg lewe, en ‘n voorsaat van hulle nasie is. In 2014 het ‘n woud dieselfde status gekry, en toe ‘n rivier in 2017.
Graaff-Reinet se Drostdy Hotel 30.01.2025 5:55
Luzaan Preston vertel vir Martelize Brink van die Drostdy Hotel op Graaff-Reinet, en die uitdagings om ‘n onderneming te bedryf in ‘n nasionale monument.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.