RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Watte vir sneeu 19.02.2025 1:26
China se Chengdu-sneeudorp sit met eier op die gesig nadat hulle watte gebruik het om sneeu na te boots in foto’s vir sosiale media. Dit volg ná buitengewone warm weer gesorg het dat die verwagte sneeu nie in die toersimedorp geval het nie.
Êrens oorsee 18 Februarie 2025 18.02.2025 7:59
Janes Struweg vertel vir Martelize Brink van die lewe in Stavanger in Noorweë. Hy sê dis ‘n mooi land met ‘n baie aktiewe bevolking, en die kos is baie soos boerekos.
Gedenkwaardige op Groot Brakrivier gerestoureer 18.02.2025 12:27
Laurette Swanepoel van Twin Trees vertel hoe hulle die vervalle gedenkwaardige gebou in Groot Brakrivier gerestoureer het.
Kunstenaar beeld Boerekrygsgevangenes se reis na Bermuda uit 18.02.2025 8:58
Tydens die Anglo-Boereoorlog van 1899 tot 1902 is ongeveer 25 000 Boerekrygsgevangenes en vreemdelingvrywilligers na kampe in Indië, Ceylon, St. Helena en Bermuda gestuur. Daar het min opgetekende persoonlike ervarings van dié reise bewaar gebly. Die kunstenaarsboek, NA BERMUDA, wat deur Franci Greyling saamgestel is, is ‘n uitbeelding van die krygsgevangenes se reiservarings na dié eilandgroep in...
Koskuns pla dorpsvaders 18.02.2025 1:09
‘n Bakker in die VSA is hof toe siende dat sy dorp kla oor die kunswerk teen sy bakkery se dak. Hy sê dié handewerk van hoërskoolleerders is kuns, terwyl die owerhede dit meer as ‘n naambord beskou.
Watter kleur is 'n verkleurmannetjie? 17.02.2025 8:41
Dr. Martine Jordaan praat oor verkleurmannetjies en die interessanthede oor hulle verkleuringsvermoë.
Marnus se Pringlebaai 17.02.2025 7:20
Motorredakteur Marnus Hattingh het Kaapstad se Noordelike voorstede en Tygervallei se woonstelle verruil vir Pringlebaai se grondstrate sonder straatligte. Hy is nie 'n dag spyt nie. Hy ry sy toetsmotors deur Clarence Drive, draf agter in die berge en is die plaaslike drafklub se “trail”-kaptein. Hy swem in die Palmietrivier, en jaag bobbejane uit kombuise voordat daar in die koskaste gekrap is.
Elke sent tel - Deel 4 17.02.2025 5:00
Elke Brink van PSG Wealth R21 op Stellenbosch verduidelik hoe ‘n optimale aftreestrategie lyk.
Koue oorlog in Noord-Amerika 17.02.2025 1:06
Die VSA en Kanada se onmin het die sportveld bereik. In ‘n yshokkiewedstryd tussen die twee lande het daar die naweek drie gevegte binne die eerste nege sekondes uitgebreek!
Gesteelde kitaar ná 22 jaar terug! 14.02.2025 7:05
Eintlik is hierdie storie te goed om waar te wees. Twee en twintig jaar gelede is die Baaise musikant, Cedric Lewis, se elektriese kitaar, ’n Fender Telecaster, gesteel. Toe kry hy die oproep wat sê: Ons het jou kitaar, kom haal dit. Mariska Spoormaker het by Cedric gaan kuier.
360 Speseryroete - Deel 71 14.02.2025 7:44
Koshistorikus Hetta van Deventer-Terblache praat oor die Koerdiese Liefdesappel, en die simboliese betekenis van kos.
104-jarige tronk toe vir verjaarsdag 14.02.2025 1:01
‘n Vrou in New York se versoek vir haar 104de verjaarsdag was ‘n besoek aan die tronk. Sy is toe daar “ingeboek”, maar is darem baie goed behandel.
Wêreld Gehoordag 2025 13.02.2025 9:08
Haidee Muller-Isaacs gesels met Lucrecia Petersen, 'n dosent in oudiologie, oor Wêreld Gehoordag, en sy gee 'n paar wenke oor oorgesondheid.
Honde onthou in liedjies 13.02.2025 4:14
Magda van Dyk vertel vir Martelize Brink dat sy al drie keer liedjies laat opneem het ter nagedagtenis aan haar hondekinders.
Jonk 13 Februarie 2025 13.02.2025 8:06
Dieetkundige Valpré Huisamen praat oor die rol van aanvullings vir hartgesondheid.
Stormloop na die sneeu 13.02.2025 1:34
Honderde wetstoepassers en weermaglede in Italië is ingeroep om die aanhangers van ’n TikTok-smaakmaker weg te hou van ’n ski-dorpie. Dit volg nadady haar 2 miljoen volgelinge aangemoedig het om die dorpie in te val. Sowat 10 000 van haar aanhangers het twee weke gelede amok gemaak by ‘n ander ski-oord.
Nelis se foto's 12.02.2025 7:57
Nelis Engelbercht vertel vir Haidee Muller-Isaacs hoe hy die lewe as skaapboer op Garies opgegee het vir die stadsliggies, en om sy groot passie, fotografie, na te jaag.
Suid-Afrika se mynredders 12.02.2025 10:24
Mannas Fourie vertel vir Martelize Brink van mynredding in Suid-Afrika - van wat die wet sê tot wat opleiding behels.
R1,2 miljoen-beloning vir 'n skaap 12.02.2025 2:08
Baanksy, Franschoek se skaap wat skilder, het verdwyn. ‘n Beloning van R1,2 miljoen word aangebied om die skaap terug te kry. Die gemiddelde prys van ‘n Baanksy-skildery is R35 000.
Êrens oorsee 11 Februarie 2025 11.02.2025 11:14
Prof. Herman Grobler gesels oor die lewe in Kazakstan, en sy kinders wat so gou aanpas in ‘n nuwe land.
"Ons help jou om jouself te help" 11.02.2025 7:45
Armoede en werkloosheid is ‘n harde realiteit in Missionvale, 'n woongebied in Nelson Mandelabaai. Tog glo die Missionvale Versorgingsentrum dat 100% liefdadigheid die boodskap uitstuur dat die ontvangers daarvaan nie in staat is om na hulleself om te sien nie. Gevolglik het die sentrum onder meer ’n vrywilligersprogram in plek waarbinne betalingsbewyse verdien kan word vir onder meer kos en klere...
Heuningbeoordeling in Frankryk 11.02.2025 8:10
Heuningsommelier Natasha Lyon vertel van haar ervaring as beoordeelaar by Frankryk se nasionale heuningkompetisie.
Bitcoinfortuin in stortingsterrein 11.02.2025 1:38
James Howells oorweeg dit om ‘n aanbod op ‘n stortingsterrein te maak. In dié stortingsterrein is ‘n hardeskyf met Bitcoin ter waarde van £600 miljoen, wat sy eksmeisie per ongeluk weggegooi het.
Stories om lesse vir kinders te leer 10.02.2025 8:34
Jurina Aucamp vertel vir Martelize Brink hoe sy diere in haar verhale gebruik om lesse aan kinders oor te dra.
Christa se narratiewe terapie 10.02.2025 6:41
Ons hoor hoe Christa Havenstein, 'n pianis en orrelis, narratiewe terapie begin studeer het. Johan Rademan het in die middel van die Suid-Atlantiese oseaan op St. Helena, 2 000km van die naaste Afrikakuslyn, met haar gesels toe sy danksy moderne kommunikasie haar klasse kon bywoon.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.