RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Dertig jaar lank verbly Popsy kinderharte 28.02.2025 6:59
Al 30 jaar lank laat sy kindertjies soos feetjies, prinsesse of konings voel, en hulle jil oor haar toertjies wat dinge laat verdwyn en verskyn. Dis Popsy die Nar, die vrou wat elke kinderhart gelukkig wil maak. Mariska Spoormaker het haar raakgeloop.
Skadevergoeding vir te veel advertensies 28.02.2025 1:49
‘n Man in Indië het skadevergoeding gekry by ’n filmteatergroep omdat daar te veel advertensies voor die film vertoon is. Die vertoning het later as geadverteer geëindig, wat veroorsaak het dat ‘n sakeoproep gemis het.
Wat het Timothée Chalamet en Mauritz Lotz gemeen? 27.02.2025 9:18
Timothée Chalamet is vir sy rol as Bob Dylan in die film, A Complete Unknown, vir ‘n Oscar genomineer. Hy moes leer kitaar speel, en Johan Rademan het ‘n merkwaardige ooreenkoms ontdek tussen Chalamet se leerproses, en Suid-Afrika se Mauritz Lotz se beginnersjare.
Medaljes onder die hamer 27.02.2025 5:14
Landon Coleske vertel van uitsonderlike medaljes wat op plaaslike bodem op veiling gaan wees - van ’n Anglo-Boereoorlog-medalje tot die gesogte Koningin Elizabeth II-kroningsmedalje.
Jonk 27 Februarie 2025 27.02.2025 8:18
Dieetkundige Valpré Huisamen praat oor GLP-1-produkte, soos Ozempic, wat geberuik word vir aptytbeheer en spierbewaring. Sy vertel watter aanvullings hand-aan-hand behoort te gaan met hierdie soort behandeling.
Rou om te eet 27.02.2025 1:10
‘n Begrafnisondernemer in China het mense wat ure tou staan... vir hulle kos. Mense glip in tussen die roubeklaers om hulle berugte noedels te eet. Toe dit sosiale media haal, het die sogenaamde foodies die rye lank begin maak.
Van ingenieur tot kelner tot sjef 26.02.2025 7:02
Sjef Emile Nel was ’n ingenieur, en het in die Verenigde Koninkryk in ’n restaurant begin werk en studeer. Hy praat oor die opleiding van studente in dié bedryf in die Tuinroete.
‘Leer uit my lewe’ - Depressielyer 26.02.2025 7:26
Baaienaar dr. Ambrose George leef al 60 jaar met depressie. Ná sy aftrede as hoof van Gelvan Park Hoërskool, het hy twee boeke geskryf oor sy ervaring met depressie, en wat ‘n mens kan doen om die diep neerslagtigheid teen te werk. Op 80-jarige ouderdom is hy besig met sy derde boek. Mariska Spoormaker het hom besoek.
Hondberg of berghond? 26.02.2025 1:04
‘n Man in China het ‘n sensasie veroorsaak toe hy ‘n foto op sosiale media plaas van ‘n berg wat soos ‘n hond lyk. Toeriste stroom nou soontoe om foto’s van hulle honde saam met die berghond te neem.
Êrens oorsee 25 Februarie 2025 25.02.2025 8:06
Bernard Jansen van Vuuren vertel van die lewe in Switserland. Hy bly in Ebikon, net buite Lusern.
Tom se burpee-optrek-wêreldrekord 25.02.2025 9:38
Tom Liebenberg wou die wêreldrekord breek vir die meeste burpie-optrekke in een uur. Die huidige wêreldrekord is 611, en Tom se teiken is 620. Hy het 613 gehaal, en natuurlik daardie rekord gebreek. Hy doen dit vir 'n goeie saak, en sy poging is reeds ingestuur na die Guiness Wêreldrekord-organisasie, nou wag hy maar...
Wat is die eggokamer-konsep? 25.02.2025 11:54
Dr. Daan le Roux praat oor die eggokamer-konsep. Dis 'n omgewing waar 'n persoon slegs inligting of menings teëkom wat hulle eie weerspieël en versterk.
Grimering vir polisiemans in Japan 25.02.2025 1:13
In Japan vorm grimering nou deel van mans in die polisie se opleiding.
Mossels monitor waterkwaliteit 24.02.2025 10:19
Maryke Musson praat oor aanwyserspesies, soos mossels en visse wat ingespan word om waterkwaliteit te monitor.
Deodat se houtperde 24.02.2025 7:30
Haidee Muller-Isaacs loer in by oudpolisieman en resieskarliefhebber, Deodat Kasner. Sy kyk wat hy alles uit hout bou in sy werkswinkel.
Elke sent tel - Deel 5 24.02.2025 3:59
Elke Brink van PSG Wealth R21 op Stellenbosch sê jy moet versigtig wees vir te veel kontant.
Krapkaartboerpot gewen met gesteelde kredietkaat 24.02.2025 1:42
‘n Man in Frankryk is op soek na die mense wat sy beursie gesteel het. Hulle het krapkaartjies met sy kredietkaart gekoop, en €500 000 gewen. Hulle kan dit egter nie opeis nie. Nou stel hy voor dat hulle met die kaartjie navore kom. Hy sal dan die boerpot opeis, en die helfte daarvan aan die diewe gee.
’n Aartappel-oplossing teen moeilikheid 21.02.2025 6:06
Gary Simm is 60 jaar oud, maar glad nie gereed vir pensioen nie. Nou stort hy sy hope oortollige energie in aartappels en markdae, want, sê hy, lekker kuier bring hom net in die moeilikheid by sy vrou Lana. Mariska Spoormaker het hom by ‘n markdag in Nelson Mandelabaai gaan opsoek.
360 Speseryroete - Deel 72 21.02.2025 8:06
Koshistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor bonekruid.
Munte vir muskiete 21.02.2025 1:19
‘n Dorp in die Filippyne bied 1 peso (sowat 32 Suid-Afrikaanse sent) aan vir elke vyf muskiete of larwes wat ingehandig word, lewend of dood, in ‘n poging om dengue-koors te bekamp.
Kunsafdrukke 20.02.2025 10:10
Kunstenaar Gerhard Human vertel vir Martelize Brink van kunsafdrukke, en wat hy by die Cape Town Art Fair uitstal.
“Só sal watervoorsiening beter werk” 20.02.2025 7:41
Met die weerpatrone wat al hoe meer onvoorspelbaar lyk, kan die Nelsona Mandelabaai-metro nie 50% waterinkomsteverliese bekostig soos wat nou die geval is nie, sê die Baaise ingenieur David Raymer. Hy is al meer as 30 jaar in die watervoorsieningsbedryf, en hy glo daar moet ’n oorwig kundiges en minder politieke verteenwoordigers op waterbestuursrade dien.
Jonk 20 Februarie 2025 20.02.2025 7:03
Dieetkundige Valpré Huisamen praat oor die karnivoordieet, en hoe om tekorte in die dieet te oorkom.
Grootste baksteenversameling 20.02.2025 1:28
‘n Amerikaanse man het amptelik die grootste baksteenversameling. Die oudste steen dateer uit 100 na Christus.
Pringlebaai se Hangkliphotel 19.02.2025 7:01
Haidee Muller-Isaacs vind meer uit oor die Hangkliphotel op Pringlebaai, wat die gemeenskap saambring. Woensdagaande is dit bring-en-braai. Dit gaan oor families wat saamwerk, wants dis nie een mens se "day job" nie. Tot die oumas loop rond om te bedien.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.