RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5345 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Tinarie van Wyk-Loots in drie produksies by KKNK 11.03.2025

Tinarie van Wyk-Loots vertel vir Martelize Brink van haar deelname aan vanjaar se KKNK. Sy is regisseur vir die debuut van Ingrid Winterbach se MOEDSWIL EN MUITERY, asook ’N BEGIN met die akteurspaar Cintaine Schutte en Carel Nel. Sy is ook op die verhoog te sien in Marianne Thamm se SONDE MET DIE SPOKE.

Museumliefde 11.03.2025

Shirley en Nicodemus Olivier gesels oor Nicodemus se ``ligte" obsessie met museums, en hoe hy uiteindelik vir haar ook aangesteek het. Shirley en hulle seun, Nicodemus jnr, is pas deur Nicodemus snr bederf met 'n museumtrippie na Pretoria. Daar het Shirley vir die heel eerste keer die Voortrekkermonument gesien, en 'n draai gegooi by Paul Kruger se huis. Sy was erg emosioneel, en absoluut gefassin...

Botox-verbod by komedieklub 11.03.2025

London se Top Secret komedieklub het ‘n verbod op botox geplaas. Komediante sukkel om die gehoor te lees as die gesigte nie emosie kan wys nie. Nou moet jy bewys jou gesig kan beweeg voordat jy toegang tot die vertonings kry.

Diefstal dryf Hannes na kaasmaak 10.03.2025

Was dit nie dat diefstal tydens die grendelperiode gemaak het dat hy sy onderneming gesluit het nie, sou Hannes Geyer seker nooit by kaasmaak uitgekom het nie. En deesdae praat die mense sommer van Hannes Haloumi, omdat sy haloumi verby lekker is, soos Mariska Spoormaker agtergekom het toe sy gaan proe het.

Elke sent tel - Deel 7 10.03.2025

Elke Brink van PSG Wealth R21 op Stellenbosch praat oor risikodekking. Hoe beskerm jy jouself en jou naastes?

'n Bier vir elke dag wat Trump president is 10.03.2025

‘n Kanadese brouery het ‘n presidensiële pak bier bekendgestel met 1,461 blikkies bier in. Dit is een blikkie per dag vir die res van president Donald Trump se termyn.

WOORDEDIEF help leerders met leesvaardighede 07.03.2025

Margit Meyer-Rödenbeck en Kerscha Titus gesels oor kinderteater, Woordedief, en die rol van kinderteater in opvoeding.

360 Speseryroete - Deel 74 07.03.2025

Kos- en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor salie.

Gerda se blokraaie en KI 07.03.2025

Gerda Engelbrecht is alombekend vir die blokraaie wat sy opstel vir 'n paar bekende tydskrifte en koerante. Haidee Muller-Isaacs het met haar gepraat oor kunsmatige intelligensie, en of daardeur bedreig voel. Gerda vertel van die dinge waarmee sy haarself besig hou, soos 'n nuwe podsending, selfs al is daar maar bitter min tyd in haar dag.

Bankfout van $81-triljoen 07.03.2025

Citibank het per ongeluk $81-triljoen in ‘n rekening gedeponeer. Die fout is darem opgetel, en soos die bank dit stel: daar was geen impak op die bank of die kliënt nie.

Eksotiese sampioene by skool gekweek 06.03.2025

Stefan Burger vertel hoe hulle oestersampioene kweek by die Jimmie Roos Skool op Dewetsdorp, en die lewenslesse wat die kinders daardeur leer.

Afrikaans 100 amptelik bekendgestel 06.03.2025

Afrikaans 100 se eeufeesbekendstelling het onlangs in die Iziko Museum in die hartjie van Kaapstad plaasgevind. Haidee Muller-Isaacs het gaan hoor wat alles beplan word.

Jonk 6 Maart 2025 06.03.2025

Dieetkundige Valpré Huisamen praat oor detoks, en of jou liggaam regtig hulp nodig het.

Speel met jou groente 06.03.2025

Een van Wene se bekendste orkeste se instrumente is groente! ‘n Wortel word ‘n blokfluit, en ‘n prei ‘n mandolien. Ná 27 jaar en 344 vertonings het hulle amptelik die Guiness Wêreldrekord vir die groente-orkes met die meeste vertonings.

Juffrou aan kinders: “Leer uit my lewe” 05.03.2025

As kind het Agusty Geel 95% brandwonde opgedoen, dit oorleef , gehoor sy sal nooit ‘n man kry nie, en dat sy te dom is om ná matriek verder te studeer. Tog het sy haarself as onderwyseres bekwaam, en 43 jaar lank onderwys gegee. Vir die leerlinge wat wou moed verloor, het sy gedeeltes van haar lewe gedeel om te wys ’n mens kan dinge oorkom. Mariska Spoormaker het met haar gesels.

Hof toe oor lees en skryf 05.03.2025

Aleysha Ortiz, ‘n 19-jarige in die VSA, neem die Hartford-onderwysraad en die stad Hartford hof toe vir nalatigheid. Daar is ook ‘n saak teen haar spesiale onderwys-saakbestuurder. Sy het wel hoërskool met lof geslaag, en studeer nou met ‘n beurs aan ‘n kollege, maar sy kan nie lees of skryf nie!

Êrens oorsee 4 Maart 2025 04.03.2025

Johan Bester vertel van die Golf van Mexiko/Amerika waar hy werk as helikoptervlieënier.

Wyn gemaak in glas 04.03.2025

Durbanville is vanjaar 200 jaar oud. Kan daar iets nuuts uit Durbanville kom? Ja, ’n nuwe manier van wynmaak! Thys Louw het die eerste 200 liter wyn, wat in ‘n rondebol-glasfles gemaak is, gebotteleer. Hoekom in glas en nie in staal, hout, keramiek of sement nie? Johan Rademan het pad Diemersdal toe gevat om uit te vind.

Hoenders te huur 04.03.2025

In Amerika met sy eiertekort kan jy nou twee henne vir ses maande huur vir $600. Vir die meer as R11 000 hoop jy vir sowat ‘n dosyn eiers per week.

Omdraaikans vir spesies op die rooilys 03.03.2025

Dr. Marienne de Villiers praat op Wêreld Natuurlewedag oor ‘n omdraaikans vir spesies op die rooilys, en suksesse wat behaal is met die kransaasvoël.

Missionvale-jeug swem vir 'n toekoms 03.03.2025

Jy kan jou pad oopswem na ‘n baie beter toekoms, leer Missionvale se kinders wat daagliks die uitdagings te bowe moet kom, wat gepaardgaan met werkloosheid en armoede. Die swemafrigter wat hulle só by die Missionvale Sorgsentrum inspireer, is Franklin Coetzee. Mariska Spoormaker het meer gaan uitvind.

Elke sent tel - Deel 6 03.03.2025

Elke Brink van PSG Wealth R21 op Stellenbosch praat oor die belangrikheid van begunstigdenominasies.

Wraak op verkeerde kar 03.03.2025

‘n 18-jarige vrou in Florida in de VSA met ‘n wrok teen haar eks, wou sy kar met spuitverf spuit. Dit was egter die buurman se kar wat deurgeloop het.

Fynbos en proteas van die Tuinroete 28.02.2025

Martelize Brink gesels met Suna van Greuning in Mosselbaai oor hulle fynbos- en proteaboerdery.

360 Speseryroete - Deel 73 28.02.2025

Kos- en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor kruisement.

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.