RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Eugene se eerbewys aan gevalle soldate 21.03.2025 12:20
Eugene Liebenberg vertel vir Martelize Brink van die eerbewys wat hy aan gevalle soldate bring. Hy soek grafte op, maak dit skoon, plaas blomme daarop en doen ‘n gebed vir die gestorwenes en hulle familie wat agtergebly het.
Dinamiet op die dorpsmark 21.03.2025 1:17
In Potosi in Bolivië kan jy wettig dinamiet op die dorp se mark koop!
Plan(t) teen misdaad 20.03.2025 6:44
Toe Mariska Spoormaker onlangs in Johannesburg was, het sy gehoor van ‘n man wat ‘n groot stuk munisipale grond naby sy huis in Claremont begin skoonmaak het om misdadige elemente uit te hou. Naderhand het dit groentetuine geword, en nou is daar selfs planne vir n natuurreservaatjie. Mariska het soontoe gegaan.
Jonk 20 Maart 2025 20.03.2025 8:33
Dieetkundige Valpré Huisamen praat oor menopouse, en aanvullings wat daarmee kan help.
Sukkelende swemmers toe al die tyd ganse! 20.03.2025 0:51
In Nieu-Seeland is ganse verwar met swemmers in nood. Ná 45 minute se soek het die polisie, kuswag en ‘n reddingshelikopter halt geroep.
Boomplaas en rugby in die are op De Aar 19.03.2025 11:23
De Waal Venter vertel vir Martelize Brink van Boomplaas by De Aar, en die familie se rugbyverbintenis.
Die berg wat in die see staan 19.03.2025 7:12
Die eerste mense het dit "berg wat in die see staan" genoem. Dié natuurwonder is al besing en berym én gestap. Johan Rademan het met Erns Grundlingh, gesoute voetslaner, oor Tafelberg gepraat.
SA karatekampioen op die spektrum 19.03.2025 12:00
Cecile Strydom vertel vir Martelize Brink van haar 13-jarige seun, Luke, wat op die outismespektrum is. Hy is 'n karatekampioen wat op pad na Japan is om Suid-Afrika te verteenwoordig.
Toe sê die TV hy is dood! 19.03.2025 1:20
‘n 78-jarige oudsokkerspeler het by sy vrou gehoor hy is glo dood. Ter nagedagtenis is daar ‘n minuut stilte gehandhaaf voor sy klub se eerste ligawedstryd wat op TV uitgesaai is.
Êrens oorsee 18 Maart 2025 18.03.2025 10:05
David Swanepoel gesels oor sy ervaring van Ballyconnell in County Cavan in Ierland.
Ontmoet Edward, trollietrekker van Johannesburg 18.03.2025 7:42
Sommige mense bedank en prys hulle, ander mense kla hulle blokkeer die verkeer met hulle reuse herwinningsakke op 'n wielietjiesonderstel. Maar wie is hierdie herwinnaars van Johannesburg wat hulleself trollietrekkers noem? Mariska Spoormaker het in die voorstad, Greenside, een voorgekeer.
Gewapen met 'n slang 18.03.2025 1:12
In Tennessee in die VSA het vier mense twee koningluislange, ook bekend as bolluislange, gebruik om ‘n winkelassitent by ‘n vulstasiewinkel se aandag af te trek om CBD-olie te steel.
Uilredding op Velddrif 17.03.2025 12:38
Jacques Nel vertel vir Martelize Brink van uilredding en -rehabilitasie by die Owl Orphange op Velddrif.
Betsie se kore 17.03.2025 8:58
Musiekonderwyser en koorbegeleier Betsie Ryke het ’n vertoning op Elgin gehad met ’n paar jeugkore uit die streek. Sy vertel vir Haidee Muller-Isaacs hoekom dit vir haar so belangrik is om die gemeenskap daar te dien.
Elke sent tel - Deel 8 17.03.2025 3:19
Elke Brink van PSG Wealth R21 op Stellenbosch praat oor boedelbeplanning en hoekom dit nodig is.
Ierse pubs die wêreld vol 17.03.2025 1:13
‘n Ier poog om elke Ierse pub in die wêreld te besoek. Hy was al by 97 in 47 lande.
DJ Hannelie 14.03.2025 10:43
Met twee kinders in die hoërskool, en in haar 50ste lewensjaar, het Hannelie van Eeden ‘n DJ-kursus aangepak.
360 Speseryroete - Deel 75 14.03.2025 11:16
Kos- en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor die Slow Food Ark of Taste.
Gom in die oë 14.03.2025 1:38
In Colorado in die VSA is voorvalle algemeen waar mense gom in hulle oë gooi. Die gom vir naels en wimpers se verpakking lyk baie soos dié van oogdruppels.
Peter West (69) pak 13e marathon met handfiets 13.03.2025 6:23
Peter West gesels oor sy 13 de Outeniqa Chair Challenge, waar hy die 42,2 km met sy handfiets aanpak.
Suster Annie, (nuwe) engel van Missionvale 13.03.2025 7:40
Die verhaal van Sister Ethel wat in 1987 uit Ierland na die Baai gekom en die Missionvale Sorgsentrum begin het, is een van volhoubare bystand aan mense in nood. Selfs vier jaar na haar afsterwe gaan die sorgsentrum van krag tot krag, en deesdae praat die mense van Missionvale se opvolg-engel, suster Annie van der Merwe. Mariska Spoormaker het haar by die sentrum gaan opsoek.
Jonk 13 Maart 2025 13.03.2025 6:54
Dieetkundige Valpré Huisamen praat oor antioksidante.
Doktersvoorskrif vir 'n museumbesoek 13.03.2025 1:25
In Switserland is daar deesdae doktersvoorskrifte om ‘n museum, kunsgalery of ‘n tuin te besoek.
Leatitia se inspirasiestories 12.03.2025 8:18
Sy doen haar ding ewe goed op die verhoog, voor en agter die TV-kameras, en agter 'n taxi se stuurwiel! En sy is mede-eienaar van haar familie se taxibesigheid. Leatitia Solomons het 'n nuwe TV-program vervaardig, wat sy ook gaan aanbied, waar sy die inspirasiestories van ander vertel. Haidee Muller-Isaacs het haar op Somerset-Wes raakgeloop.
Êrens oorsee 11 Maart 2025 11.03.2025 16:41
Dr. Francois Lategan vertel van die lewe in Brno, en die geskiedenis van die Tsjeggiese Republiek.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.