RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Ouers op 100! 07.04.2025 1:23
Twee Galapagos-skilpaaie by die Philadelphia-dieretuin wat elk sowat 100 jaar oud is, het onlangs die eerste keer ouers geword.
Jellievisse in Tafelbaai 31.03.2025 7:28
Krish Lewis vertel van die pienk kwal-jellievisse wat tans so volop in Tafelbaai is.
Die waarde van leesterapie 31.03.2025 8:02
Haidee Muller-Isaacs gesels met Suzanne Van Zyl oor die waarde van leesterapie vir oud en jonk.
Elke sent tel - Deel 10 31.03.2025 3:26
Elke Brink van PSG Wealth R21 op Stellenbosch praat oor wat gebeur wanneer jy die beste dae op die mark misloop. As jy net die tien beste dae in die mark misloop oor ongeveer 25 jaar, is jou portefeulje omtrent 50% van wat dit kon wees!
Borsmelk (geur) roomys? 31.03.2025 1:01
‘n Amerikaanse maatskapppy wat babaprodukte vervaardig gaan oor nege maande borsmelkgeur roomys op die rak hê.
360 Speseryroete - Deel 77 28.03.2025 6:56
Kos-en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor sjokolade as 'n geurmiddel.
Nuutskepper van die Pienk Karoo 28.03.2025 7:40
Mariska Spoormaker het kennis gemaak met ‘n pienk Karoo, toe sy gaan fietsry het op die plaas Nagtegaalsfontein buite Colesberg. In hierdie omgewing is die sonsondergange nie net rooskleurig nie, daar was ook die slag van Pink Hill tydens die Anglo-Boereoorlog. Daar is selfs ook die Pink Hill Karoo kliphuis. Cornel Strydom van Nagtegaalsfontein, skepper van die besonderse kliphuis, vertel.
Paddington se probleme 28.03.2025 1:36
‘n Standbeeld van Paddington Bear is gevandaliseer in die tuisdorp van die skepper van die karakter.
Abundant Village bemagtig gemeenskappe 27.03.2025 8:12
Haidee Muller-Isaacs gesels met Anelia Louw oor die werk wat Abundant Village doen om gemeenskappe te bemagtig.
Jonk 27 Maart 2025 27.03.2025 5:49
Dieetkundige Valpré Huisamen praat oor die rol van elektroliete in die liggaam.
Afrikaanse woorde in Engelse woordeboek 27.03.2025 1:12
Die Oxford English Dictionary het ‘n paar Suid-Afrikaanse woorde wat nie ‘n Engelse ekwivalent het nie, opgeneem. Van die woorde is gatvol, zol en tjoekie.
Dolfie se storie van hoop 26.03.2025 8:12
Dolfie de Bruin was ’n straatkind, wie se ma hom verkoop het. Hy het in 'n grot geslaap op Mosselbaai, sy grootworddorp, toe wildvreemdes hulle oor hom ontferm het. Vandag is Dolfie die bestuurder by die Hoedjiesbaai Hotel op Saldanabaai, maar hy koester selfs nog groter drome. Hy vertel vir Haidee sy storie van hoop.
Salome se lapprodukte 26.03.2025 6:35
Salome Scheepers van Bushveld Crafts ontwerp en maak al haar lapprodukte met die hand. Sy voer dit onder andere na België uit.
Konflik in familieondernemings 26.03.2025 10:16
André Diederichs van die Family Business Association of South Africa (FABASA) praat oor die belangrike rol van familieondernemings in die ekonomie, en hoe om konflik binne die ondernemings te beperk.
Koop 'n woonstel, en ry 'n Porsche 26.03.2025 1:05
Eienaars van eiendom in ’n luukse woonstelblok in Australië het nie ‘n eie voertuig nodig nie. Hulle kan ‘n voertuig uit ‘n vloot Porsches bespreek.
Êrens oorsee 25 Maart 2025 25.03.2025 9:02
Bernelle Verster vertel van die eilandlewe op Portugal se Azores-eilande. Sy bly in Santo António de Nordestinho in die landelike Noordooste op die grootste eiland, São Miguel. Sy vertel onder andere van Portugese woorde wat hulle weg in Afrikaans gevind het.
Voël, die duiweboer van die Karoo 25.03.2025 7:18
In die omgewing van Colesberg hoor ‘n mens die storie van Voël Plaatjies, ‘n skaapwerker op die plaas Esperenza, wat ook ’n passievolle duiweboer is. Mariska Spoormaker het hom gaan opsoek.
Nuwe iris-spesie ontdek 25.03.2025 11:10
Dr. Brian du Preez vertel van ‘n nuwe iris-spesie wat hy op Stellenbosch ontdek het. Hy het dit Moraea anastasia genoem.
Vlieënier se paspoortprobleme 25.03.2025 1:08
‘n Internasionale vlug van die VSA na China moes ná twee ure in die lug omdraai omdat die vlieënier se paspoort nie saam op die vlug was nie!
'n Vis wat klim? 24.03.2025 10:42
Maryke Musson praat oor klimvisse wat in modder leef, en gereeld naby riviermondings voorkom.
Twee vriende en 'n redding in 1984 24.03.2025 6:45
Dr. Herman Burger en sakeman Leendert Hols is al twee dekades lank huisvriende. Hulle het onlangs eers agtergekom dat hulle saam ‘n vlugingenieur gered het tydens ‘n verdedigingsoefening in 1984 op die SAS Tafelberg.
Elke sent tel - Deel 9 24.03.2025 3:48
Elke Brink van PSG Wealth R21 op Stellenbosch praat oor wat moet jy in plek moet kry wanneer jy jou werkgewer verlaat.
Geen paspoort vir Pudsey Bear 24.03.2025 1:12
Eileen De Bont het vir fondsinsameling haar naam amptelik verander na Pudsey Bear. Dis die naam van die gelukbringer van die liefdadigheidsorganisasie vir wie die geld gegaan het. Eers kon sy nie ‘n paspoort kry nie, want haar naam is as ligsinnig beskou. Sestien jaar later is dit voorlopig nee, siende dat die naam kopieregwette mag oortree.
Reagan se musiek 21.03.2025 6:42
Reagan Diedericks se ma het namens hom musiek gekies. Vandag is hy innig daarbaar daarvoor, hoewel hy aanvanklik nie te gretig was om musieklesse te neem nie. Hy leer nou die jeug om musiekinstrumente te bespeel - van blaasinstrumente en klavier tot die marimba.
360 Speseryroete - Deel 76 21.03.2025 6:31
Kos-en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor Marmite.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.