RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Êrens oorsee 15 April 2025 15.04.2025 15:54
Coenie Visser vertel vir Martelize Brink in Êrens oorsee van die lewe in Bangkok, Thailand en sy belewenis van die onlangse aardbewing.
Is sosiale media goed of sleg vir dierewelsyn? 15.04.2025 6:16
Mariska gesels met Arnold Slabbert, natuurbewaarder van Wildline in Nelson Mandelabaai oor die invloed van sosiale media op dierewelsyn
Ignatius se wêreldstorie 15 April 2025 15.04.2025 1:14
Stropers is in die hof na hul reuse stropermiere uit Kenia probeer smokkel het. Die miere verkoop teen 220 dollar per mier.
Lambertsbaai se malgasse 14.04.2025 10:20
Dr. Gerhard Cilliers vertel vir Martelize Brink van die Kaapse malgasse by Lambertsbaai.
Instrumente se oorsprong 14.04.2025 6:23
Dr. Annien Shaw, ‘n lektor en violis van die US Konservatorium, vertel van drie lande waar 3 soorte instrumente in die klassieke musiekwêreld ontstaan het.
Elke Sent Tel - Deel 12 14.04.2025 4:25
Elke Brink van PSG Wealth R21 op Stellenbosch praat oor jou diversifikasie met bateklasse in ‘n portefeulje en hoe dit jou beskerm.
Alkohol maak vrugtevliegmannetjies meer aantreklik 14.04.2025 1:28
Navorsing wys dat vrugtevliegmannetjies meer aantreklik vir wyfies is as hulle alkohol drink.
Violis en vrygees 11.04.2025 5:30
Is vryheid nie maar tog ook gebondenheid nie? Johan Rademan gesels met ‘n vrygees wat aan die hoof staan van die Kaapstadste Filharmoniese Orkes se eerste violiste, Piet de Beer. Hy vertel van drie viole wat sy lewe verander het.
360 Speseryroete - Deel 78 11.04.2025 9:01
Kos-en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor boegoe.
Birgit se hart vir plattelandse onderwys 11.04.2025 6:27
Birgit Maloney gesels oor hoekom haar hart by 'n plattelandse kind lê, en hoekom sy besluit het om by 'n plattelandse skool te werk, in weerwil van al die uitdagings.
Pikkewyn veroorsaak heli-ongeluk 11.04.2025 1:28
Kort ná opstyging vanaf Bird Island het 'n pikkewyn in 'n boks op 'n passasier se skoot, vorentoe gegly en die helikopter se beheermeganismes getref, wat die helikopter laat neerstort het.
Oud en eensaam? Nie hier nie! 10.04.2025 7:12
Maatskaplike hulpwerker Charlo Blignault het jare gelede opgemerk hoe baie senior inwoners van die Oos-Kaapse dorpie, Thornhill, in hulle huise sit en vereensaam. Sy het besluit om plan te maak, en in 2006 het Klub Cha’lo tot stand gekom. Dis nou 19 jaar later, en steeds bly die klub ewe gesellig op dreef, het Mariska Spoormaker gevind.
Pioniersplante van die Karoo 10.04.2025 4:18
Martelize Brink gesels met De Waal Venter oor pioniersplante en miere se rol in die Karoo.
Jonk 10 April 2025 10.04.2025 7:39
Dieetkundige Valpré Huisamen praat oor kollageenaanvullings.
Jy het wát in die Uber vergeet?!? 10.04.2025 1:14
Uber het ‘n lys van items bekendgemaak wat die afgelope jaar in hulle voertuie agtergelaat is - van tien lewende krewe en ‘n honderd rooi rose tot ‘n urinaal.
Rylan se talent 09.04.2025 8:07
Die dertienjarige Rylan Lemmetuis het al verskeie sangkompetisies gewen - plaaslik en internasionaal. In Julie 2024 het hy die top vyf by die Wêreldkampioenskap vir Uitvoerende Kuns in Los Angeles, Amerika, gehaal.
Nordiese stap 09.04.2025 6:51
Lohra de Waal vertel vir Martelize Brink van Nordiese stap. en die rol daarvan in rehabilitasie.
TikTok-lughaweuitdaging 09.04.2025 1:12
Die TikTok-lughaweuitdaging behels dat jy slegs 15 tot 20 minute voor jou vlug by die lughawe aankom, in plaas van die voorgeskrewe twee of drie ure.
Êrens oorsee 8 April 2025 08.04.2025 10:24
Janke Kleynhans vertel van van die lewe in Leuven in België.
Van koeie melk tot boere-orkes 08.04.2025 7:05
Melkboer Johan Gerber vertel vir Haidee Muller-Isaacs van sy grootwordplek, Hoekwil net noord van Wildernis. Hy maak tussen die boerdery deur tyd om in 'n boere-orkes te speel.
Vaardigheidsontwikkeling vir gevangenes 08.04.2025 8:31
Phindile Zweni vertel vir Martelize Brink van SASAPO se vaardigheidsontwikkelingsprogramme vir gevangenes en oud-oortreders.
Miljoene se loterykaartjie in die slag met liefdadigheid 08.04.2025 1:24
‘n Vrou in Amerika het ‘n ou baadjie vir liefdadigheid geskenk. Later het sy besef dat haar loterywenkaartjie vir $2,5-miljoen in daardie baadjie se sak is...
Wat!? ’n Vierhoringskaap? 07.04.2025 6:31
Gedink ’n skaap is net n skaap soos ’n dorper, merino of dormer? O nee, daar is ook die vierhoringskaap. ’n Skaap met vier horings, hier, in Suid-Afrika. Mariska Spoormaker het by John Melville, president van die Bloemskou, gepraat waar dié unieke Swanepoelskaap teen einde April te sien sal wees.
Opwip-vervolgverhaal vir Afrikaans 100 07.04.2025 6:51
Johan Rademan vertel van SENDING VAN VER, RSG se nuwe Afrikaans 100 spesiale opwipmiddagvervolgverhaal van 23 episodes, waarvan hy die regie behartig het.
Elke sent tel - Deel 11 07.04.2025 4:34
Elke Brink van PSG Wealth R21 op Stellenbosch praat oor jou beleggingstrategie in onstuimige markte.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.