RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
...en nou vir die skaap-haarkapper! 28.04.2025 5:44
Ons weet almal dat ‘n skaap wol en vleis gee, maar wie sou kon dink dat die Dormer en Suffolk met hulle eie haarkappers spog? Mariska Spoormaker het by die Bloemskou gaan kyk hoe dit gedoen word.
Tuine en Blomklubs 28.04.2025 7:12
Voel jy sterk oor omgewingsbewaring op n gemaklike rusbank of kom jy darem nog in n tuin, veral op n vakansiedag. Johan Rademan praat oor die amper vergete tradisie van Blom-en-Tuinklubs.
Hoe het julle ontmoet... 28 April 2025 28.04.2025 7:11
Neville Strohmenger vertel vir Martelize Brink in Hoe’t julle ontmoet? hoe hy en sy vrou Estelle bymekaar gekom het.
Ignatius se wêreldstorie 28 April 2025 28.04.2025 2:32
‘n Kunswerk wat Andy Warhol van Nederland se koningin Beatrix gemaak het, is per ongeluk weggegooi. Ses - en - veertig kunswerke is tydens opknappings aan ‘n stadsaal in ‘n kelder geberg in wielietjiedromme. Vullisverwyderaars het die dromme leeg gemaak.
Bloemfontein se liedjie-voorstad 25.04.2025 6:51
Wanneer laas het jy in ‘n woonbuurt gestap, en straat na straat die een na die ander volkspeleliedjie en volksliedjie weer begin onthou? Dit het met Mariska Spoormaker gebeur toe sy in Bloemfontein se Pellissierpark gaan stap het.
360 Speseryroete - Deel 79 25.04.2025 8:26
Kos-en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor kapokbos of wilderoosmaryn.
Jonk 24 April 2025 24.04.2025 2:53
Dieetkundige Valpré Huisamen vertel vir Martelize Brink in Jonk van die gebruik van pre- en probiotika.
Eerste kitsbank vir 'n land 24.04.2025 1:07
Op 15 April 2025 het Tuvalu, die klein landjie in die Stille oseaan hul eerste kitsbanke gekry.
Dr. Marlene le Roux - Kunstekaap Lief en Leed op Mamre 23.04.2025 9:17
Dr. Marlene le Roux vertel vir Martelize Brink van Kunstekaap se landelike uitreikprogram in Mamre waar hul werk saam met Lief en Leed. Kuns gaan platteland toe.
Dr. Chris Roets - Handelsmerke en sosiale media 23.04.2025 9:47
Dr. Chris Roets gesels met Martelize Brink oor die sosiale media interaksie tussen groot handelsmerke en die publiek. Luister hulle?
Ignatius se wêreldstorie 23 April 2025 23.04.2025 1:38
Vrydagaand is daar die geleentheid om weddenskappe te plaas op ‘n spermresies wat onder ‘n mikroskoop plaasvind. Die vreemde sportuitsending vind plaas met kommentaar om die aksie oor 200 mm te beskryf.
Êrens oorsee 22 April 2025 22.04.2025 9:00
Stian Louw vertel vir Martelize Brink in Êrens oorsee van die eilande om Dubai waar hy as mariene bioloog werk.
JR-Hein Buxman opvolg 22.04.2025 8:48
Intussen het Johan die man wat oorboord geval het opgespoor in Bloemfontein. Heinrich Buxman of Hein of Bux soos hy in die wermag genome is.
Esté Rabé van RAAF - By die pous se laaste mis 22.04.2025 3:21
RAAF was Sondag in die Vatikaanstad. Esté Rabé vertel van haar ervaring met die laaste sien van die Pous en die gevoel wat heers onder Italianers na sy heengaan.
Ignatius se wêreldstorie 22 April 2025 22.04.2025 1:01
Navorsing in Swede dui daarop dat salm wat blootgestel is aan antidepressante in die rivierwater, minder bang is. Dit maak dat hul gouer by die see uitkom, maar daar is hul minder versigtig vir predatore.
Hoe het julle ontmoet 21.04.2025 4:37
In Hoe’t julle ontmoet? vertel Ignatius Vlok vir Martelize Brink hoe hy sy vrou Celeste ontmoet het.
Ignatius se wêreldstorie 21 April 2025 21.04.2025 2:39
Met die Wêreld Ekspo 2025 word Japan se Oita lughawe vir 6 maande herdoop tot die Oita Hello Kitty lughawe.
Reis in Spanje 17.04.2025 11:43
André Pretorius vertel vir Martelize Brink oor reis deur Spanje wat hy verskeie kere oor 30 jaar besoek het.
Stamboom-rotte 17.04.2025 7:37
Wat op aarde is n stamboom-rot en wat sou hierdie grillerige knaagdiere só belangrik maak dat hulle selfs na die Bloemskou geneem word? Mariska Spoormaker het hieroor gepraat met Abigail Wiese, teler van diè rotte
Boerbok Vleis 17.04.2025 6:24
Die Suid-Afrikaanse boerbok is oor 70 jaar deur selektiewe teling in die land só goed ontwikkel dat diê bokras wêreldwyd gewild is, maar gaan nou na die supermark, dan kry jy nie bokvleis op die rak nie. Kobus Lotter, voorsitter van die SA Boerbok Telersvereniging het aan Mariska Spoormaker verduidelik hoekom dit so is.
Jonk 17 April 2025 17.04.2025 7:31
Dieetkundige Valpré Huisamen vertel vir Martelize Brink in Jonk van aanvullings vir breingesondheid .
Ignatius se wêreldstorie 17 April 2025 17.04.2025 1:15
In Florida is ‘n bruidskar oppad troue toe afgetrek oor ‘n spoed van 169 km per uur.
Kletskuier by ds Cecile Murray Louw 16.04.2025 9:15
Hoe bring taal ons nader aan mekaar pleks daarvan om ons van mekaar te vervreem? Haidee vind meer uit oor die prettige Kletskuier by ds Cecile Murray-Louw..
Rosette 16.04.2025 8:54
Gerty Rooms en Ruliet van Schalkwyk vertel vir Martelize Brink van die rosette en bande wat hul vir onder andere skoue en skoonheidskompetisies by Rushfords Rosettes op Kalbaskraal maak.
Ignatius se wereldstorie 16 April 2025 16.04.2025 2:03
In Amerika se Silicon Valley het iemand 12 voetoorgange se luidsprekersisteme herprogrameer om in plaas van Walk of Wait te sê, ‘n boodskap in die stemme van Elon Musk of Mark Zuckerberg te speel.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.