RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5345 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

“Rugby is vir ouens wat nie kan skeer nie” 13.05.2025

’n Terloopse opmerking oor sy lang arms het gemaak dat ’n man van sy ernstige rugbybesering vergeet het, skape begin skeer het en toe ’n besigheid daaruit gebou het. Dit in kort is die verhaal van Tienie du Plessis, Suid-Afrikaanse skaapskeer-rekordhouer. Isak Klopper, bestuurder van skeeropleiding by die Nasionale Wolkwekersvereniging, vertel vir Mariska Spoormaker wat gebeur het.

Duikboot-sjef 13.05.2025

Jonathan Bodenstein vertel van die dae toe hy die sjef op die duikboot, die SAS Johanna van der Merwe, was. Dit staan deesdae as die SAS Assegaai bekend, wat Afrika se eerste duikbootmuseum is. Jonathan het sy opleiding in 1969 in Frankryk ontvang, terwyl die duikboot daar gebou is.

Drukkie-terapie 13.05.2025

Terapie neem vele vorme aan. Soms het jy net ‘n drukkie nodig, en daar is mense wie se werk dit is.

Jagluiperdhervesting 12.05.2025

David Boshoff vertel van die sukses wat hulle by die Dinokeng-natuurreservaat het met jagluiperds, en hoe van hulle diere weer by ander reservate hervestig word.

Vrouemonument huldig dié moeders 12.05.2025

Gister, op Moedersdag, is die moeders van die wêreld gehuldig. Daar is ook generasies moeders wat hulde verdien vir die wyse waarop hulle hulle kinders in oorlogtye beskerm het. Die Vrouemonument in Bloemfontein, wat ná die Tweede Anglo-Boereoorlog opgerig is, is ’n goeie huldiging, maar die stories bly hartseer, het Mariska Spoormaker gevind toe sy dié monument besoek het. Danè Swanepoel, kommuni...

Afghanistan staak skaak 12.05.2025

Afghanistan het ‘n verbod op die speel van skaak geplaas tot dat daar besluit word of dit wel teen die wet is. Dit word as dobbel beskou.

Handwerk kan wérk vir jou 09.05.2025

In ‘n tydperk van superslim tegnologie, kunsmatige intelligensie, videospeletjies en slimfone sou ‘n mens dink dat kreatiewe handwerk en kuns ernstig krimp, veral onder die jonger geslag. Tog het Mariska Spoormaker die teenoorgestelde ervaar toe sy haarself vasgeloop het in ’n groot skousaal vol kreatiewe handwerk. Alda Fourie, voorsitter van uitstallers by die Bloemskou, het saamgestap.

360 Speseryroete - Deel 80 09.05.2025

Kos-en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor die makroet- of Thai-lemmetjie.

Dinosouriër-handsakke? 09.05.2025

Daar word hard gewerk om T-Rex-leer in ‘n laboratorium te kweek, en teen die einde van die jaar vir handsakke beskikbaar te hê.

Agt jollie kêrels - 40 jaar later 08.05.2025

Digter, skrywer, akademikus en taalaktivis Fanie Olivier dissekteer sy eie AGT JOLLIE KÊRELS, wat Randall Wicomb 40 jaar gelede tydens die 60-jarige viering van Afrikaans gesing het.

Australiër praat Afrikaans 08.05.2025

Australiër Caleb Cambridge vertel vir Martelize Brink hoe hy twee jaar gelede begin Afrikaans leer het nadat hy sy meisie, Nina Marais, in Sydney ontmoet het.

Jonk 8 Mei 2025 08.05.2025

Dieetkundige Valpré Huisamen praat oor aanvullings en gee leefstylwenke om jou metabolisme jonk te hou.

Wasbeer met 'n dwelmpyp 08.05.2025

Die polisie het ‘n vrou in Ohio in ‘n roetinestop afgetrek. Daar sit haar troetelwasbeer toe met ‘n glas metamfetamienpyp in die bek!

Bloemskou se sterk hand 07.05.2025

Dit moet ‘n sterk hand wees wat al die toutjies van die Bloemskou bymekaar hou, want dit bied enigiets van stoetvee en saalperde tot vermaak, uitstallers, hoefsmid- en skeerkompetisies en vele meer. Dié sterk hand is Elmarie Prinsloo, bestuurshoof. Sy vertel vir Mariska Spoormaker dat sy 32 jaar gelede per ongeluk by die Bloemskou beland het.

Ds. Farren van die pienk kerk 07.05.2025

Ds. Farren Cloete van die pienk kerk op Lambertsbaai is bekend vir haar groot sosialemedia-teenwoordigheid, waar sy alles van grimeerwenke tot kosvideo’s deel. Haidee Muller-Isaacs gesels met haar oor skaapstertjies, en hoe die Lambertsbaai-gemeenskap haar, as die jongste dominee van die VGK-gemeenste, omarm het. Sy ondersteun ook die plaaslike besighede op die dorp.

Afrika se eerste duikbootmuseum 07.05.2025

Kommandeur Leon Steyn vertel vir Martelize Brink van Afrika se eerste duikbootmuseum in die vorm van die SAS Assegaai, wat nou oop is in Simonstad.

Duisende stokkielekkers op mamma se rekening 07.05.2025

‘n Graad 2-seun het sy ma se foon in die hande gekry, en 70 000 stokkielekkers is voor hulle deur afgelewer!

Êrens oorsee 6 Mei 2025 06.05.2025

Aletta Brown vertel van die lewe op ‘n plaas op Ghanzi in Botswana.

Wêreld-trekklavierdag 2025 06.05.2025

Louis Verwey gesels met Martelize Brink oor Wêreld-trekklavierdag, en ons luister na sy spel.

Onderwater-vliegtuig? 06.05.2025

‘n Amerikaanse vegvliegtuig het in die water beland toe dit in die Rooisee van ‘n vliegdekskip afgeval het.

Hoekom ‘n hoefsmid word? 05.05.2025

Of jy nou n man of ‘n vrou is, word ’n gekwalifiseerde hoefsmid, en jy maak internasionale loopbaangeleenthede vir jouself oop. Dit is een van vele interessante aspekte van dié bedryf, het Mariska Spoormaker gehoor toe sy gaan inloer het by die interprovinsiale hoefsmidkompetise by die Bloemskou.

Van Kimberley tot Birmingham, kerk tot kroeg 05.05.2025

Maria Vos se loopbaan as aktrise het langsaam begin met ‘n M-graad in Taalwetenskappe, wat ‘n besoek aan Amsterdam ingesluit het. Haar liefde vir drama neem haar na Birmingham in Engeland. Ons hoor haar talent op die oomblik in RSG se middagvervolgverhaal uit die pen van Eben Cruywagen, Sending van ver. Johan Rademan het met haar gesels.

Hoe't julle ontmoet? 5 Mei 2025 05.05.2025

Charmaine Botha vertel hoe sy en André mekaar ontmoet het, en die verrassingstroue wat hy gereël het. Sy het by die funksie opgedaag, sonder om te weet dit is vir haar troue.

Internasionale kleuterstudente 05.05.2025

In Japan verwelkom kleuterskole internasionale studente, veral die kinders van digitale nomades word geteiken.

Martin en Amanda Crous 30.04.2025

Haidee Muller-Isaacs loer in op die plaas De Wilge in die Nuyvallei, waar sy met eienaars Martin en Amanda Crous gesels. Hulle het in 2007 daarheen verhuis van Robertson af, en wil nooit hier wegtrek nie.

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.